UIT DIE HOOF SE KANTOOR - Laerskool Fairland

14
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 3 02 Februarie 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Ons dink aan een van ons nuwe leerders, Jacques Esterhuizen (gr. 2/16) wat baie ernstig siek is. Ons glo en vertrou dan ons Hemelse Vader julle hande styf vashou in hierdie moeilike tyd. Julle bly in ons gebede. Baie geluk aan Dean Benadie wat tot ondervoorsitter van die Goue Leeus laerskole skeidsregters se dagbestuur verkies is. Atletiek Top 20 Baie geluk aan ons altlete wat so puik presteer het. Julle het Laerskool Fairland se naam hoog gehou. Baie dankie aan ons personeel wat ook tydens hierdie byeenkoms gewerk het. LAERSKOOL FAIRLAND: KOMMUNIKASIE-KANAAL Wat die kommunikasie-kanaal betref, bring ons die volgende weer onder u aandag. Die portefeuljes van die skoolbestuur is soos volg: Hoof: Willie Goosen - Onderwysaangeleenthede Adjunkhoof: Ebbe le Roux - Dissipline: Gr. R gr. 7 Leerlingraad Veiligheid Sekuriteitskameras Departementshoof: Snr. Primêre Fase: Servaas Nel Akademie: Gr. 4 gr. 7 Departementshoof Grondslagfase: Marilet Vosloo - Akademie Gr. R gr. 3 Gr. R-sentrum Naskool Departementshoof: Opvoedkundige leiding: Dean Benadie - Opvoedkundige leiding Sport Noodplan Ander: Kultuurbestuurder: Erika Joubert Sportbestuurder: Ruan Basson Boelie Buster: Marilet Vosloo Remediërende onderrig: Eurette Theart Webtuiste: Jaco van Rooyen Die kontakbesonderhede van hierdie personeel is beskikbaar op die School Communicator.

Transcript of UIT DIE HOOF SE KANTOOR - Laerskool Fairland

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 3 02 Februarie 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Personalia Ons dink aan een van ons nuwe leerders, Jacques Esterhuizen (gr. 2/16) wat baie ernstig siek is. Ons glo en vertrou dan ons Hemelse Vader julle hande styf vashou in hierdie moeilike tyd. Julle bly in ons gebede.

Baie geluk aan Dean Benadie wat tot ondervoorsitter van die Goue Leeus laerskole skeidsregters se dagbestuur verkies is.

Atletiek – Top 20

Baie geluk aan ons altlete wat so puik presteer het. Julle het Laerskool Fairland se naam hoog gehou.

Baie dankie aan ons personeel wat ook tydens hierdie byeenkoms gewerk het.

LAERSKOOL FAIRLAND: KOMMUNIKASIE-KANAAL

Wat die kommunikasie-kanaal betref, bring ons die volgende weer onder u aandag. Die portefeuljes van die skoolbestuur is soos volg:

Hoof: Willie Goosen - Onderwysaangeleenthede Adjunkhoof: Ebbe le Roux - Dissipline: Gr. R – gr. 7 Leerlingraad Veiligheid Sekuriteitskameras Departementshoof: Snr. Primêre Fase: Servaas Nel Akademie: Gr. 4 – gr. 7 Departementshoof Grondslagfase: Marilet Vosloo - Akademie Gr. R – gr. 3 Gr. R-sentrum Naskool Departementshoof: Opvoedkundige leiding: Dean Benadie - Opvoedkundige leiding Sport Noodplan Ander:

Kultuurbestuurder: Erika Joubert Sportbestuurder: Ruan Basson Boelie Buster: Marilet Vosloo Remediërende onderrig: Eurette Theart Webtuiste: Jaco van Rooyen

Die kontakbesonderhede van hierdie personeel is beskikbaar op die School Communicator.

2

BELANGRIKE DATUMS

KULTUUR SPORT ALGEMEEN 11 Feb. Seniorkoor: Verpligte

werkswinkel 2 Feb. Atletiek: Interlaer 14 Feb. Sokkie: Gr. 6- en gr. 7-

leerders

18 & 25 Feb.

Juniorkoor: Verpligte Werkswinkel

7 Feb. Netbal: Inligtingsessie

(Ouers en Afrigters)

15 Feb. Fotodag: Gr. 2 - gr. 7-

individuele / boetie /sussie

27 Feb. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 1 – gr. 3)

10 Feb. Atletiek: Cluster 17 Feb. Medialeiers: Werkswinkel

28 Feb. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 4 & gr. 5)

13 Feb. Rugby: Proewe/Inligting-

sessie (Ouers en Afrigters)

17 Feb. Medialeier/Leesklub:

Oorslaap

1 Mrt. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 6 & gr. 7 – voorbereid en onvoorbereid)

14 Feb. Atletiek: Diskus / Spiesgooi

(Fonties)

24 Feb. Gr. R-koekverkoping

18 Feb. Atletiek: D10 (Ruimsig)

21 & 28 Feb. Netbal: Kliniek - Juniors

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

VERKEER OM DIE SKOOL

Ons doen ‘n dringende beroep op ons ouers met betrekking tot die verkeer rondom ons skool. Wees asseblief baie versigtig wanneer leerders soggens voor skool afgelaai en weer in die middae na skool opgelaai word.

Ons vra dat ons ouers die volgende verkeersreëls sal gehoorsaam:

- Die padverkeersreëls van die RSA is van toepassings op alle openbare paaie rondom die skool. - Moenie op die voetgangerstrepe by die gr. 1- en gr. 2-klasse en voor die hoofhek in Sewende-

laan stop om die kind op of af te laai nie. Dit versper aankomende verkeer se uitsig op die voetoorgang en plaas ons leerders in gevaar.

- Moenie met die motor te na aan die heining in Marketstraat stop nie. Die motors beset die sypaadjie wat die voetgangers nodig het om op te stap.

- Moenie voor die bure se opritte parkeer nie. Dit versper die uitgange. Dit skep vir die skool ‘n groot verleentheid as die persone nie betyds by hulle werke kan uitkom nie, veral as daar noodgevalle is en hulle word ingeperk deur ons ouers. Vermy asseblief die uitgange.

- Moenie teen die verkeer parkeer en dan so probeer uitkom nie. Die eenrigtingborde is aangebring om verkeersvloei te bevorder en as een persoon teen die vloei beweeg, word dit ‘n veiligheidsrisiko.

- Moenie op die stopstrate parkeer nie. - Ry asseblief stadig en wees op die uitkyk vir kinders. - Ons weet die parkeerspasies is beperk, maar ons vra asb. almal se samewerking in dié verband. - Laaste, maar sekerlik die belangrikste. Wees groot asseblief geduldig.

Om die verkeer te laat vlot vloei, is dit noodsaaklik dat alle ouers by die verkeersreëls sal hou. Sodoende kan die veiligheid van alle leerders en voetgangers verseker word.

Onthou asseblief dat Bernard daar vir u en u kind se veiligheid is – gehoorsaam asseblief die reëls wat hy moet toepas.

Voetbrug by Cornelisstraat

Ouers wie se kinders van die voetbrug gebruik maak, moet asseblief baie versigtig wees wanneer kinders afgelaai word en oor die brug beweeg. Ouers moet bedag en op die uitkyk wees vir enige ongerymdhede en dit dadelik aan die skool en Beagle Watch rapporteer. Ons is deurentyd in gesprek-voering met Beagle Watch, wat daagliks lede in siviele klere op en naby die brug aan diens het, rakende die veiligheid van ons leerders by die voetbrug.

U samewerking in hierdie verband word waardeer.

Ebbe le Roux Beheerliggaam en skoolbestuur

3

REDAKSIE

Vandat die skool weer begin het, besef ek skielik weer vir die eerste keer in ‘n lang tyd wat die waarde

van totale stilte is. Ons lewens word op ‘n daaglikse basis deurspek met geluide wat verband hou met

ons beroepe, kommunikasie en vervoer. Selfs die misdaadsyfer het ‘n effek op dit wat ons hoor, want die

meeste van ons se mage draai as ons skielik die sirene van ‘n ambulans of polisiemotor hoor. Dis eers

in absolute stilte wat jy bewus word van jou eie hartklop, van die natuurgeluide wat teen alle verwagtinge

in steeds hoorbaar is in die stad. By die skool hoor jy die duiwe se kleintjies in die drie lang palms en die

haantjie se kraai as hy oor die jong poumannetjies probeer baasspeel.

Wanneer dit só stil is, hoor ek ook my Skepper se stem en word ek bewus van iemand wat vreugdevol

lag, ‘n ander wat ernstige lewenslesse deel en nog iemand wat besig is om sy eenvoudige dagtaak te

verrig. Geluide wat LEWE uitklank. Ons kla dikwels oor tyd en die gebrek daarvan, oor hoe die tyd ons

inhaal of oor hoe ons wens die tyd wil verbygaan.

Wees stil. Luister na jou gedagtes, hoor hoe jou gewete met jou praat en neem waar al die dingetjies wat

die aarde met jou deel. Jy is geseënd, geliefde. Geseënd.

Erika

AKADEMIE

Eerste Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 10 Februarie Afrikaans Engels Engels Engels

Vr. 17 Februarie Wiskunde Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Vr. 24 Februarie Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde

Di. 23 Februarie Tegnologie

Vr. 3 Maart NW NW NW EBW

Vr. 10 Maart SW SW SW SW

Vr. 14 Maart

NW

KULTUUR

REDENAARS

Na afloop van die 2016 kultuurjaar, het ons tot die gevolgtrekking gekom dat daar ‘n beter manier is om die redenaarskompetisies toeganklik te maak vir almal. Daar is dus op die volgende besluit vir 2017:

Die interne redenaarskompetisie (soos voorheen) sal steeds op ‘n jaarlikse basis aangebied word om leerders te identifiseer vir deelname aan die ATKV se landswye kompetisie. Die temas en riglyne van die ATKV sal van toepassing wees. Die enigste verskil van vorige jare, is dat dit nou ook sal tel as ronde 1 van die Laerskool Fairland Kunswedstryd (LFK) en om daardie rede is die inskrywings nou oopgestel vir enige belangstellende redenaars.

Inskrywingsvorm is op die School Communicator beskikbaar. Voltooi en stuur asb. aan ons terug voor/op Vr. 27 Januarie sodat ons ‘n program van deelname kan opstel. Die datums vir die interne redenaarskompetisie is:

Ma. 27/02 gr.1-3; Di. 28/02 gr. 4-5; Wo. 01/03 gr. 6-7 (voorbereid en onvoorbereid)

Die eerste ronde van LFK is dus soos hierbo verduidelik.

Die tweede ronde is in kwartaal 2 en is vir slegs gr. 4-7 en is onvoorbereide toesprake. Die derde ronde is in kwartaal 3 en is groep-redenaars. Meer hieroor op ‘n latere stadium. Die belangrikste nou, is dat die leerders betyds inskryf vir interne redenaars. Ek herhaal weer die ATKV se temas. Onthou dat daar volledige inligting op hulle webtuiste verskyn oor tye en beoordelaars se kriteria.

4

Graad 1-3 Graad 4-5 Graad 6-7

Gogga Klei Spieël

Reënboog Note Krap

Blink Blou Klik

Lekker skryf aan daardie toesprake! Ons sien daarna uit om julle redenasies te hoor. As daar enige navrae is, skakel gerus vir juf. Tina Theunissen of myself hier by die skool. SENIORKOOR Neem asseblief kennis van die belangrike datums vir die volgende paar weke. Ons sien uit na ‘n heerlike jaar saam met elkeen van julle. Belangrike datums 11 Februarie - Verpligte werkswinkel 09:00 -16:00 (Ouervergadering 15:00-16:00) 10-12 Maart - Verpligte koorkamp. Verdere inligting sal volg. 22 April - Verpligte werkswinkel. Inligting sal volg.

JUNIORKOOR

Onthou asb. ons oefen op Dinsdae 15:30-17:00 in die saal.

Belangrike datums

18 en 25 Februarie - werkswinkels 10:00-14:00

Juff. Chrisné & Melissa

LFK: Visuele kuns

Rondte 1: Gr. 1-7: 15 Maart Rondte 2: Gr. 4-7: 23 Junie Rondte 3: Gr. 4-7: 08 September

Briewe in die verband sal later aan die ouers gestuur word.

LFK 2017 Kunswedstryd: 14-25 Augustus 2017 Finaal: 31 Augustus 2017

REVUE 2017

Finale oefening gr. R-7: Saterdag 13 Mei 2017

Hierdie is ‘n verpligte oefening vir almal. Dit is ‘n tegniese oefening om verhoogplasing, klank en beligting te finaliseer vir Maandag 15 Mei se opening. Maandag 15 Mei sal daar ‘n volle kleedrepetisie wees tydens skoolure. Die opening is Maandagaand 18:30.

Revue: Maandag 15 Mei 2017 – Vrydag 19 Mei 2017

Daar sal 2 vertonings wees Vrydag 19 Mei. ‘n DVD-opname sal op Woensdag 17 Mei gedoen word. Die laaste vertoning sal die gala-aand wees met genooide gaste.

N.B. !!

KOSTUUMGELD Die leerders se kostumering sal R150 elk kos. Dit word hulle eiendom aan die einde van die revue. Die kostuumgeld kan reeds betaal word in die skool se bankrekening. Die verwysing moet asb. FAMILIEKODE/REVUE wees. Stuur asb. dan ‘n bewys van betaling aan [email protected]. Baie dankie vir u samewerking in die verband!

5

GRATIS KLASSE IN DANS EN DRAMA (Inskrywingsvorm op School Communicator)

Ons wil graag in Februarie met hierdie gratis klasse by die skool begin en vra dat u die inskrywingsvorm sal voltooi en voor/op Vrydag 27 Januarie aan ons sal terugstuur, sodat ons die getalle kan bepaal. Leerders kan ook hulle inligting op ‘n stukkie papier skryf en vir juf. Erika in K36 inhandig.

TYE

DANS DRAMA

MAANDAE DONDERDAE

Gr. 5-6 14:15-15:00 Gr. 1 14:15-14:45

Gr.7 15:00-15:45 Gr. 2 14:45-15:15

WOENSDAE Gr. 3 15:15-16:00

Gr. 1-2 13:45-14:30 Gr. 4-5 16:00-17:00

Gr. 3-4 14:30-15:15 Gr. 6-7 17:00-18:00

Dans word aangebied deur Adeline Sauermann en Drama deur Suné Senekal. Beste wense vir ‘n heerlike kultuurjaar!

Inskrywingsvorms is op die School Communicator onder: Bronne / Kultuur: Algemeen beskikbaar.

Kultuuraanhaling vir die week! That’s the real trouble with the world, too many people grow up!

- Walt Disney

Erika Joubert

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017

POTCHEFSTROOM: Netbal: o/11- tot o/13A- en B-spanne: 2 – 7 April 2017 KONKA: Rugby: o/9A- & B-spanne: 27 – 29 Maart 2017 o/10A- & B-spanne: 30 Maart – 1 April 2017 o/11A- & B-spanne: 10 – 13 April 2017 1ste & 2de spanne: 3 – 6 April 2017 TENNIS (JUNIOR EN SENIOR)

Die top 8 junior seuns en top 8 junior dogters oefen by Philip en Lizahn.

Die top 12 senior seuns en top 12 senior dogters oefen by Jean en Ruan.

Hier is die oefenrooster tot en met Donderdag 2 Maart.

Dit is verpligte oefening en daar sal register by die oefening gehou word.

Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, sal hulle nie liga mag speel nie.

Dag Tyd Span Afrigter

Donderdag 2 Februarie Geen oefening a.g.v. die interlaer

Maandag 6 Februarie 07:00 – 08:00 Senior B Jean

Dinsdag 7 Februarie 06:30 – 07:30 Juniors Philip

Woensdag 8 Februarie 06:30 – 07:30 Juniors Philip/Lizahn

Donderdag 9 Februarie 06:30 – 07:30 Senior A Ruan

Maandag 13 Februarie 07:00 – 08:00 Juniors Philip

Dinsdag 14 Februarie 06:30 – 07:30 Senior B Jean

6

Dag Tyd Span Afrigter

Woensdag 15 Februarie 06:30 – 07:30 Juniors Philip/Lizahn

Donderdag 16 Februarie 06:30 – 07:30 Senior A Ruan

Maandag 20 Februarie 07:00 – 08:00 Senior A Jean

Dinsdag 21 Februarie 06:30 – 07:30 Juniors Philip

Woensdag 22 Februarie 06:30 – 07:30 Juniors Philip/Lizahn

Donderdag 23 Februarie 06:30 – 07:30 Senior B Ruan

Maandag 27 Februarie 07:00 – 08:00 Juniors Philip

Dinsdag 28 Februarie 06:30 – 07:30 Senior B Jean

Woensdag 1 Maart 06:30 – 07:30 Junior Philip/Lizahn

Donderdag 2 Maart 06:30 – 07:30 Senior A Ruan

Tennis-oefentye (Kwartaal 1 tot kwartaal 4)

AFRIGTERS SPAN Dag Plek

Philip Lawson Junior A + B (Seuns en Dogters)

Maandae / Dinsdae 06:30 - 07:30

Skool

Jean de Lange Senior A + B (Seuns en Dogters)

Maandae / Dinsdae 06:30 - 07:30

Skool

Marelize Nel / Marli Hollenbach Lizahn le Roux

Junior D Junior S

Karen Brits / Ansuné Malherbe Tineke Schutte (Voog)

Senior S Senior D

Lizahn le Roux / Ruan Basson BEGIN EERS 10 FEBRUARIE

Gr. 1 - gr. 3 13:00 – 14:00 (elke 2de Vrydag)

Skool

Ruan Basson BEGIN EERS 9 FEBRUARIE

Top 12 (Senior- en juniorspelers)

Donderdae / Vrydae 06:30 – 07:30

Skool

Wedstryde (3de kwartaal): Juniordogters: Woensdae Juniorseuns: Donderdae Wedstryde (1ste en 4de kwartaal): Seniordogters: Woensdae Seniorseuns: Donderdae

Belangrike datums 2 Feb. Seuns A vs KD Sandton Seuns B vs KD Sandton (tuis) 8 Feb. Dogters A vs Unika A (tuis) Dogters B vs bye 9 Feb. Seuns A vs Rivonia (tuis) Seuns B vs Bye 15 Feb. Dogters A vs Jan Celliers (tuis) Dogters B vs Unika (weg) 16 Feb. Seuns A vs Crawford Lonehill (weg) Seuns B vs Crawford Sandton (tuis)

22 Feb. Dogters A vs Louw Geldenhuys (tuis) Dogters B vs Parkview (tuis)

1 Mrt. Dogters A vs Fonties (tuis) Dogters B vs Randpark (weg)

2 Mrt. Seuns A vs Montrose (tuis) Seuns B vs Louw Geldenhuys (weg)

8 Mrt. Dogters A vs Crawford Sandton (weg) Dogters B vs King Robin Hills (tuis)

9 Mrt. Seuns A vs Bryneven (weg) Seuns B vs Jan Celliers (weg)

15 Mrt. Dogters A vs Crawford Lonehill (weg) Dogters B vs Fonties (tuis)

16 Mrt. Seuns A vs Jan Celliers (tuis) Seuns B vs bye

7 ATLETIEK Belangrike datums: 2 Februarie om 8:30 Interlaer te Ruimsig Atletiekstadion

Baie geluk aan Anroux Barnard (Gr. 4) wat ‘n nuwe o/10-seuns gewigstootrekord opgestel het gedurende die huissport-byeenkoms. Welgedaan Anroux!!

Fontainebleau Top 20- byeenkoms Baie geluk aan al ons atlete wat hul so goed van hul taak gekwyt het gedurende die Fontainebleau Top 20-byeenkoms te Ruimsig Stadion op Saterdag 28 Januarie 2017. Ons atlete het 16de geeïndig uit die

32 skole wat deelgeneem het. ‘n Spesiale woord van geluk aan ons 2 nuwe rekordhouers: Corné de

Fouw in die 1200 m seuns o/12 en Lourens Fourie in die gewigstoot seuns o/13. Ons is baie trots op julle! Dankie ook al die personeel wat as beamptes daar opgetree het.

LET WEL: BYEENKOMS VAN 3 FEBRUARIE (L/S RANDHART) IS AFGESTEL! Atletiekoefentye Maandae

Dinsdae en Woensdae

Junior-naellope (Maandag – Woensdag 07:00 - 07:30)

Dag Baan Ritme Vaartlek Maandag Gr. 1 Gr. 3 Gr. 2 Dinsdag Gr. 2 Gr. 1 Gr. 3 Woensdag Gr. 3 Gr. 2 Gr. 1

MIDDELAFSTANDE (800m; 1200m & 1500m) Oefentye: Maandae – Woensdae: 14:45 – 16:00 Donderdae: 14:00 – 15:00 Vrydae: 13:00 – 14:00

Atletiekdrag

Atlete neem gedurende vriendskaplike byeenkomste deel in KDA-drag of die skool se atletiekdrag. Die atletiekdrag en die KDA-drag lyk dieselfde behalwe dat die snitte verskil. Slegs groen “skins” mag tydens byeenkomste onder die atletiekdrag gedra word.

Ons doen ‘n beroep op ons ouers en leerders om vanaf die interlaerbyeenkoms slegs in die skool se atletiekdrag deel te neem. Die ou atletiekhempie met die oranje strepe is nie meer deel van die skool se atletiekdrag nie en dit word nie meer toegelaat om tydens byeenkomste gedra te word nie.

Die atletiekdrag is te koop by Constantia Skoolklere. Hulle telefoonnommer is 011 791 1300

Tyd 14:10 – 14:55 14:55 – 15:40 Naellope o/10 - o/13 Velditems o/10 - o/11 o/12 - o/13 Hekkies o/12 - o/13 o/10 - o/11 Middelafstande o/10 - o/13 o/10 - o/13

Tyd 13:40– 14:25 14:25 – 15:10

Naellope o/10 - o/13

Velditems o/10 - o/11 o/12 - o/13

Hekkies o/12 - o/13 o/10 - o/11

Middelafstande o/10 - o/13 o/10 - o/13

8 SWEM

Belangrike datum: Vrydag 3 Februarie om 14:00 by St Catherine’s Primary School

Swemgalas

Ons swemspan het op 27 Januarie tydens ‘n swemgala by Curro Aurora 4de geeïndig uit die 5

deelnemende skole. Baie dankie aan juff. Lizahn, Marelize en Marli wat by die gala betrokke was. Belangrike datums: 03; 10; 17 & 24 Februarie

Oefentye: Kwartaal 1 Begin op Maandag 30 Januarie Maandae Woensdae o/10 & o/11 15:15 – 16:16 15:15 – 16:15 o/12 & o/13 16:15 – 17:15 16:15 – 17:15

Northcliff Primary se swembad gaan gebruik word vir oefensessies. Alle inligting is op 25 Januarie op die School Communicator gelaai (Bronne / Sport: Swem).

Oefening by die skool is nie verpligtend vir leerders wat privaat swem nie. Oefening is hoofsaaklik vir ontwikkeling van leerders wat nie privaat kan swem nie.

RUGBY- EN NETBALVAARDIGHEDE

Oefentye:

16 Januarie - 8 Februarie (slegs leerders wat nie by die atletiek betrokke is nie)

Maandae:

Dinsdae en Woensdae:

SKAAK

Oefentye Begin op 9 Februarie (GESKUIF NA 9 FEB. A.G.V INTERLAER)

Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal)

TYE DONDERDAE Gr. 1(beginners) K.27 13:35 - 14:20 Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 14:00 - 15:00 Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 15:00 - 16:30 Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.31 15:00 - 16:30

Skaak: Wagklas-oefentye

Maandae en Donderdae 13:30 - 14:00 Dinsdae en Woensdae 13:00 - 13:30

Tyd 14:10 - 15:00 15:00 - 16:00 Dean, Student, Ruan en Micheal (Rugby) o/9 - o/11 o/12 - o/13 Bianca van Niekerk (Netbal) Bridgette Mabhude Bianca Haarhoff

o/10 - o/13

Tyd 13:45 - 14:45 14:45 - 15:45 Dean, Student, Ruan en Micheal (Rugby) o/9 - o/11 o/12 - o/13 Bianca van Niekerk (Netbal) Bridgette Mabhude Bianca Haarhoff

o/10 - o/13

9

ALGEMEEN

VERE-KAS

Vere-kas-tye:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Die klerebank gaan vanjaar die bottelgroen “skins” verkoop wat die leerders onder hulle sportklere/KDA-drag mag aantrek. Aanpasgroottes is by die Vere-kas beskikbaar en die tye is soos volg: Maandae en Donderdae (middae) 13:30 – 14:30 Dinsdae en Woensdae (middae) 13:00 – 14:00 Bestelvorms en pryse is op die School Communicator beskikbaar. Lillian Ankersmit - 082 324-5034 VALENTYNSVERKOPE

Valentynsverkope het reeds op 1 Februarie begin en duur tot 14 Februarie.

Daar is iets vir almal!

Geskenkies beskikbaar vanaf R5 tot R60.

Elke pouse net buite die snoepie.

Kom koop iets spesiaal vir iemand spesiaal!

10

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Blouklas: Diane Jonker Rooiklas: Reinhardt Otto Geelklas: Heidi Ferreira

Groenklas: F.J. Nel Persklas: Nathan Swanepoel Oranjeklas: Ruben Vorster

STER VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Lian de Jager Gr. 1/22: Wynand van Zyl Gr. 1/24: Luka Nieuwenhuizen

Gr. 1/25: Mieke Jonker Gr. 1/26: Lucca vd Gugten Gr. 1/27: Nicholas Troup Gr. 2/15 Mia Groeneveld Gr. 2/16: Nathan vd Berg Gr. 2/17: Zanelle Balt Gr. 2/18: Lika Human Gr. 2/21: Juhan Fourie Gr. 2/23: Divan Swanepoel Gr. 3/12: Xander Jackson Gr. 3/13: Luan Moolman Gr. 3/28: Hailey Armstrong Gr. 2/29: Ryan Esterhuizen Gr. 3/45: Paul Bester Gr. 3/46: William Eddie

GOEIE GEDRAG

Gr. 1/26 Nathan du Toit Gr. 4/49 Stuart Tappan en Mieke Raubenheimer Gr. 4/52 Lené Labuschagne en Dylan Engelbrecht

SLUITKASSIES

Die sluitkassies is ongelukkig reeds almal uitverhuur.

MAMMAS EN DOGTERS

Dit is amper alweer tyd vir ons jaarlikse ma en dogter-kamp!! Die opwinding loop hoog en ons beplan ‘n heerlike verrassing. Graag herinner ons julle aan die datum, 24 – 26 Maart 2017 te Buffelspoort. Onthou asb. om R50 per persoon in te betaal in die skool se rekening en gebruik asb. FAMILIEKODE/MA EN DOGTER as verwysing. Bewys van betaling moet asb. by juf. Karen Nel, kamer 12, ingehandig word.

Juf. Karen Nel

11 PA EN SEUN-KAMP

“SAVE THIS DATE”

UITNODIGING AAN ALLE FAIRLAND PA’S EN OUPAS NA DIE 2017 PA EN SEUN-KAMP. JAARGANG 25.

MANS SONDER SEUNS IS OOK WELKOM OM IN HIERDIE HEERLIKE ERVARING TE KOM DEEL .

Hierdie jaar kom ons bymekaar by ‘n splinternuwe kampplek. Ons gaan ook ‘n opwindende nuwe segment aanbied hierdie jaar.

“Watch this space!!” DATUM: 24 - 26 Maart 2017

TYE: Vrydag 14:00 tot Sondagmiddag

PLEK: Klub Koppisol, op die R82 tussen De Deur en Vereeniging

TEMA: My seun se pa Koördineerder : Jaco Fourie [email protected] / 083 6333 944

SKINS (HEMPIES) – BESTELVORM

Ons herinner ouers aan die brief wat vroeër hierdie week per e-pos aan hul gestuur is. Neem asb.

kennis van de inhoud daarvan. Die inligting is ook op die School Communicator beskikbaar onder

Bronne Algemeen.

TOUCH RUGBY

Sondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns

welkom.

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

Simone Swanepoel (gr. 5) het Saterdag 29 Januarie die Value Logistics 50km padfietsren in 2 ure en 12 minute klaargemaak. Dit was haar eerste fietsresies en sy het dit op ‘n tandem saam met haar pa gery. Die fietswedren vind elke jaar in die Meyertonarea plaas. Simone het dit terdeё geniet en het besluit om die sport verder op te neem en vanjaar nog ‘n paar fietswedrenne te doen.

ADVERTENSIES

TUPPERWARE

SMS my vir kosblikke, bottels en vele meer. Kirsti 0834636600

SAAMRY-GELEENTHEID

Ek is op soek na ‘n saamry-geleentheid vir my seun skool toe in die oggend? Vanaf 7 Knoppiesdoring straat, Randparkrif, Randburg na Laerskool Fairland. My kontak besonderhede is: 0828799581 / [email protected]

12

TRUE TRAILERS

Waentjies te huur. Vir inligting skakel 072 567-5486. Besoek gerus ons webtuiste:

www.truetrailers.co.za

WISKUNDE TUTORS

As jou kind hulp nodig het met wiskunde – moenie bang wees om te vra nie. Ons bied privaat tutorklasse

aan vir leerders vanaf gr. 4 tot gr. 7.

Kontak vir Zak (071 263-5600) of Jaco (076 037-8714) Bester.

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale

rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386

of [email protected].

TUINWOONSTEL TE HUUR

Tuinwoonstel in Pluimballaan te huur vanaf 1 Maart. Groot 1 slaapkamer, badkamer met aparte leefvetrek en kombuis. Eie tuin en onderdak parkeering. Ongelukkig geen diere, kinders of rookers. Huur R4800 sonder krag en R7200 deposito. kontak Mariette 0823353089

OP SOEK NA YSKAS OM TE KOOP

Algemene werker van Laerskool Fairland is op soek na ‘n tweedehandse yskas om te koop. Kontak

Lizzie by 072 829 8369

13

HUIS TE HUUR

3 Slaapkamerhuis met toesluit motorhuis, motorafdak, bediendekwartiere en stoorkamer te huur vanaf 1

Februarie 2017 vir R 8 000,00 uitsluitend W & L. Deposito vereis. Kontak Susan 083-256-1817

JUSTINE VEL SORG PRODUKTE Sy is kosbaar, sy is waardevol, ‘n vrou na haar man se hart, sy is ‘n Justine-vrou! Justine is een van Suid Afrika se premier velsorgprodukte, en lewer reeds 40 jaar spesiaale sorg vir Suid Afrikaners. Die velsorgprodukte is spesiaal ontwerp vir die Suid-Afrikaanse klimaat en het vele bewyse van tasbale voordele. Justine kompeteer met internasionale produkte. Kontak gerus vir Marlene by 083 701 3586 of [email protected] vir Justine se produkte soos Tissue olie, "Anti-Aging" produkte en daardie spesiale skoonheidsproduk vir die spesiale vriendin. Die eerste 5 bestellings kry 5% afslag! SAAMRY-GELEENTHEID Ek is op soek na ‘n saamry-geleentheid vir my seun van Laerskool Fairland na Hoërskool Linden in die middae? My kontakbesonderhede is: 0836318182 / [email protected] AKSIE-NETBAL Wil jou dogter aksie-netbal begin speel? Ons het o/10 (gebore in 2007) meisies nodig vir ons span. Skakel my vir meer inligting: Karen – 060 355 4499

15