André P. Brink se posisie in die Afrikaanse literêre sisteem van die 1960’s

16
TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 2015 57 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/tvl.v52i1.5 André P. Brink se posisie in die Afrikaanse literêre sisteem van die 1960’s Burgert A. Senekal Burgert A. Senekal is verbonde aan die Eenheid vir Taalfasilitering en Bemagtiging, Universiteit van die Vrystaat. E-pos: [email protected] André P. Brink ‘s position in the Afrikaans literary system of the 1960s This article investigates Andre P. Brink’s role and position in the Afrikaans literary system of the 1960s. It is found that Brink was a very active role player in drama and prose, both as a writer and as a critic, and his activity is compared with every other role player in these subsystems. The paper examines which texts were studied by the largest number of persons in the whole literary system as well as in the subsystems of the drama and prose, and it is indicated that Brink’s texts played an important role in this respect by garnering the attention of a large number of critics and literary historians. Finally, Brink’s texts are positioned in the entire Afrikaans literary system of the decade, and it is found that his works occupy a central position. Keywords: Keywords: Keywords: Keywords: Keywords: Afrikaans literature, André P. Brink, literary system, polysystem, Sestigers, social network analysis (SNA) Inleiding Die sestigs is alombekend as ’n tydperk in die Afrikaanse literatuur wat gepaard gegaan het met vernuwing en verset. Roos (55) merk byvoorbeeld op die “verset, konflik en stryd” wat deel uitmaak van hierdie periode in die Afrikaanse letterkunde. In tematiek, ideologie en styl het die Sestigers deur die literêre teks ’n aanval op die establishment geloots, wat voortgesit is in die daaropvolgende dekades. Een van die leiers van dié beweging was André P. Brink, wat Roos (56) trouens ook “spreekbuis, vertolker en prototipe van die Sestigers” noem, asook die “byna konkrete verpersoonliking van Sestig” (60). Die Afrikaanse literatuur is sedert die middel tagtigerjare van die vorige eeu as ’n sisteem benader, ’n siening waarvolgens “Die literêre werk […] nie as ’n outonome eenheid gesien [word] nie, maar as die produk van die literatuursisteem” (Senekal, Literatuuropvattings 34). Viljoen (“Die literêre sisteem van Dertig”, “Die Suid-Afrikaanse romansisteem”) en Senekal (Literatuuropvattings) baseer hul navorsing op dié van onder andere Even-Zohar (“Polysystem Theory”), wat aanvoer dat dit deur die interaksies tussen rolspelers binne die sisteem is dat ’n werk as literatuur gesien word. As sulks fokus die sisteemteorie nie bloot op intrinsieke kenmerke van die literêre werk nie, maar ook op die verhouding tussen die werk en entiteite buite die werk, byvoorbeeld die handelinge van kritici, uitgewerye, literêre pryse, akademici en dergelike, asook op die verhouding tussen die werk en sy omliggende konteks buite

Transcript of André P. Brink se posisie in die Afrikaanse literêre sisteem van die 1960’s

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 2015 57

DOI: http://dx.doi.org/10.4314/tvl.v52i1.5

André P. Brink se posisie in dieAfrikaanse literêre sisteem vandie 1960’s

Burgert A. SenekalBurgert A. Senekal is verbonde aandie Eenheid vir Taalfasilitering enBemagtiging, Universiteit van die

Vrystaat.E-pos: [email protected]

André P. Brink ‘s position in the Afrikaansliterary system of the 1960s

This article investigates Andre P. Brink’s role and position in the Afrikaans literary system of the 1960s. It is found that Brink wasa very active role player in drama and prose, both as a writer and as a critic, and his activity is compared with every other roleplayer in these subsystems. The paper examines which texts were studied by the largest number of persons in the whole literarysystem as well as in the subsystems of the drama and prose, and it is indicated that Brink’s texts played an important role inthis respect by garnering the attention of a large number of critics and literary historians. Finally, Brink’s texts are positioned inthe entire Afrikaans literary system of the decade, and it is found that his works occupy a central position. Keywords: Keywords: Keywords: Keywords: Keywords: Afrikaansliterature, André P. Brink, literary system, polysystem, Sestigers, social network analysis (SNA)

InleidingDie sestigs is alombekend as ’n tydperk in die Afrikaanse literatuur wat gepaardgegaan het met vernuwing en verset. Roos (55) merk byvoorbeeld op die “verset,konflik en stryd” wat deel uitmaak van hierdie periode in die Afrikaanse letterkunde.In tematiek, ideologie en styl het die Sestigers deur die literêre teks ’n aanval op dieestablishment geloots, wat voortgesit is in die daaropvolgende dekades. Een van dieleiers van dié beweging was André P. Brink, wat Roos (56) trouens ook “spreekbuis,vertolker en prototipe van die Sestigers” noem, asook die “byna konkreteverpersoonliking van Sestig” (60).

Die Afrikaanse literatuur is sedert die middel tagtigerjare van die vorige eeu as ’nsisteem benader, ’n siening waarvolgens “Die literêre werk […] nie as ’n outonomeeenheid gesien [word] nie, maar as die produk van die literatuursisteem” (Senekal,Literatuuropvattings 34). Viljoen (“Die literêre sisteem van Dertig”, “Die Suid-Afrikaanseromansisteem”) en Senekal (Literatuuropvattings) baseer hul navorsing op dié vanonder andere Even-Zohar (“Polysystem Theory”), wat aanvoer dat dit deur dieinteraksies tussen rolspelers binne die sisteem is dat ’n werk as literatuur gesien word.As sulks fokus die sisteemteorie nie bloot op intrinsieke kenmerke van die literêrewerk nie, maar ook op die verhouding tussen die werk en entiteite buite die werk,byvoorbeeld die handelinge van kritici, uitgewerye, literêre pryse, akademici endergelike, asook op die verhouding tussen die werk en sy omliggende konteks buite

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 201558

die literêre sisteem. Binne ’n sisteemteoretiese benadering val die klem dus op ver-houdinge, hetsy tussen entiteite binne die werk self, tussen entiteite binne die sisteem,of tussen entiteite binne die sisteem en die omgewing wat die sisteem omring (Viljoen,“Romansisteem” 12).

In navolging van Senekal (“Die Afrikaanse literêre sisteem”, “Die gebruik van dienetwerkteorie binne ’n sisteemteoretiese benadering tot die Afrikaanse letterkunde”,“’n Ontleding van Hertzogpryswenners se uitgeweryprofiele in terme van die Afri-kaanse literêre netwerk en met behulp van sosiale-netwerk-analise (SNA)”) word dieAfrikaanse literêre sisteem hier as ’n sosiale netwerk benader,1 en vir hierdie studie isSenekal en Van Aswegen (Bronne by die studie van Afrikaanse dramas 1900–1978, Bronneby die studie van die Afrikaanse digbundels 1900–1978) en Senekal en Engelbrecht (Bronneby die studie van Afrikaanse prosawerke 1900–1978) as bronne gebruik. Dié bronnelysteverskaf saam ’n omvattende opgawe van werke wat in Afrikaans verskyn het, sowel aswat oor dié werke verskyn het; die outeurs (Senekal en van Aswegen, Afrikaansedigbundels 1900–1978 5; Senekal en van Aswegen, Afrikaanse prosawerke 1900–1978 5;Senekal and Engelbrecht 5) skryf: “Feitlik alle literatuur oor die Afrikaanse [drama/digkuns/prosa] is geëkserpeer.” Geen pretensie van volledigheid word egter gemaaknie, en dit is betwyfelbaar of enige datastel ooit heeltemal volledig kan wees. On-gelukkig sluit hulle nie uitgewerye in nie, en aangesien uitgewerye ook ’n belangrikerol in die skepping en instandhouding van die literêre sisteem speel, is dié gevolglikbygevoeg. Alhoewel die data waarop hierdie studie gegrond is oorwegend uit Senekalen van Aswegen en Senekal en Engelbrecht saamgestel is, is dit dus tot ’n groot mateaangevul.

Die rolspelers wat in hierdie studie aan bod kom, sluit in skrywers, werke self,uitgewerye, kritici, letterkundiges, vaktydskrifte, populêre tydskrifte, koerante, en,waar verhandelings en proefskrifte ter sake is, universiteite. Die data is só geskakeldat daar aangedui word dat skrywer a boek b by uitgewer c gepubliseer het, watgeresenseer of bestudeer is deur persoon d, en dat die resensie of studie by die populêretydskrif, koerant of vaktydskrif e verskyn het.

Die vraag wat in hierdie studie gestel word, is: Watter entiteite was die aktiefste indie Afrikaanse literêre sisteem van Sestig, en hoe vergelyk André P. Brink en sy werkemet dié van ander entiteite? Verder word die posisie van Brink se werke binne diehele literêre sisteem van dié tydperk nagespeur, ten einde aan te toon dat sy bydrae assentraal tot die Afrikaanse literêre sisteem van die dekade geag kan word. Die artikelbehandel egter nie die inhoud, tematiek en dergelike van Brink se werke nie, aangesiendié reeds breedvoerig in vorige publikasies bespreek is (kyk byvoorbeeld Senekal,Donker weerlig).

Omdat die literêre sisteem van die 1960’s hier ter sprake is, en nie noodwendigslegs dié van die Sestigers (met ’n hoofletter) nie, word deurgaans slegs na die dekade,eerder as die generasie skrywers verwys.

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 2015 59

Die literêre sisteem van die 1960’s: ’n netwerkbenaderingDie aktiefste rolspelersAktiwiteit word in netwerke deur graadsentraliteit gemeet wat ’n aanduiding is vandie aantal direkte skakels waaroor ’n entiteit beskik (Freeman 238). In die geval vanskrywers beteken ’n hoë graadsentraliteit hier dat hulle ’n groot aantal werke ge-publiseer het, terwyl dit in die geval van kritici, letterkundiges en literatuurhistoricibeteken dat hulle werke oor ’n groot aantal skrywers gepubliseer het. In die geval van

Skrywers Graad

Mikro 27Venter, F. A. 16Brink, André P. 14De Vries, Abraham H. 11Louw, N. P. van Wyk 10Schoeman, Karel 9Van der Westhuizen, Vincent 9De Villiers, Louis S. 8Schoeman, P. J. 8Barnard, Chris 7Krige, Uys 7Louw, Anna M. 7Van Blerk, H. S. 7Viljoen, Susie Mey 7Grové, Henriëtte 6Rabie, Jan 6Van Niekerk, Dolf 6Blignault, Audrey B. 5De Klerk, W. A. 5Joubert, Elsa 5Leroux, Etienne 5Steenberg, Elsabé 5Van Heerden, Ernst 5Aucamp, Hennie 4Boerneef 4Breytenbach, Breyten 4De Villiers, C. G. S. 4Lombard, T. C. C. 4Opperman, D. J. 4Postma, Minnie 4Rall, Henk 4Rudolph, Anna Lemmer Badenhorst 4Rudolph, C. F. 4Serfontein, Dot 4

TTTTTabel 1abel 1abel 1abel 1abel 1: Graadsentraliteite van skrywers viral drie genres in die 1960’s.

werke beteken ’n hoë graadsentraliteit dat ’ngroot aantal letterkundiges, kritici en litera-tuurhistorici oor dié werke geskryf het.

In die eerste plek lyk die graadsentraliteitevan skrywers soos volg vir al drie genres inhierdie dekade. Slegs skrywers met ’n graad-sentraliteit van vier en meer is ingesluit (sientabel 1).

Dit beteken dat André P. Brink die derdemees produktiewe skrywer van die dekadewas, met in agneming van die drama, poësieén prosa, terwyl Mikro en F. A. Venter die pro-duktiefste was. Produktiwiteit is natuurlik nie’n aanduiding van ‘kwaliteit’ (hoe dit ook algemeet word) nie, en ook nie van invloed nie,en dus moet daar deurgaans gewaak word teenkwalitatiewe interpretasies van graadsen-traliteit.

Natuurlik is dit ook belangrik om dié skry-wers se produktiwiteit in terme van genre teondersoek, en in die volgende tabel is diegraadsentraliteite van skrywers van dramasweergegee. Slegs skrywers met ’n graadsen-traliteit van twee en meer word aangedui (sientabel 2).

Dit beteken dat Louis de Villiers die pro-duktiefste dramaturg van dié dekade was, enVan Wyk Louw tesame met Susie Mey Viljoendie tweede produktiefste, maar let daarop datBrink in die vierde plek is (tesame met Dirk deVilliers, B. Kock, Mikro en Mariechen Naudé).In hierdie subsisteem het Brink dus ’nrelatiewe groot kwantitatiewe bydrae gelewer.

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 201560

Die volgende tabel verskaf die graadsen-traliteite van die aktiefste digters in dié de-kade. Slegs digters met ’n graadsentraliteit vantwee en meer word aangedui (sien tabel 3).

Die mees produktiewe digters in dié de-kade is dus Uys Krige en T. C. C. Lombard,terwyl Breyten Breytenbach en D. J. Opper-man byvoorbeeld drie bundels elk publiseer,maar Brink self het nie ’n digbundel gepu-bliseer nie en het dus nie ’n bydrae tot diésubsisteem as skrywer gelewer nie.

Die volgende tabel verskaf die graadsen-traliteite van die aktiefste prosaskrywers vandié dekade. Slegs skrywers met ’n graadsen-traliteit van twee en meer word aangedui (sientabel 4).

In terme van die prosa is Mikro dus dieaktiefste (soos ook vir die hele literêre sisteem),en 24 van sy 27 totale publikasies is prosawer-ke (die oorblywende 3 is dramas). Hierteenooris Brink die derde aktiefste skrywer vanprosawerke, en die vierde produktiefste skry-wer van dramatekste, en dus moet sy totalebydrae as skrywer ook gesien word teen dieagtergrond van sy veelsydigheid. Brink is dusnie die mees produktiewe skrywer van diedekade nie, maar wel een van die produktiefsteskrywers en ook een van die veelsydigsteskrywers.

Skrywers is egter slegs een kategorie vanrolspelers wat bedrywig is binne die literêresisteem, en ander persone wat ’n daadwerk-like impak het, is kritici, literatuurhistorici,en letterkundiges, wat met hul publikasieswerke toelig en aan die breër publiek bekend-stel. Die kritici wat in dié dekade oor die groot-ste aantal werke gepubliseer het, word in tabel5 weergegee (10 en meer).

Rob Antonissen skryf dus by verre oor diegrootste getal werke, gevolg deur P. J. Nien-

Skrywers Graad

De Villiers, Louis S. 8Louw, N. P. van Wyk 7Viljoen, Susie Mey 7Rudolph, Anna Lemmer Badenhorst 4Smit, Bartho 4Beukes, Gerhard J. 3Brink, André P. 3De Kock, B. 3De Villiers, Dirk 3Mikro 3Naudé, Mariechen 3Brits, Jac J. 2De Clerq, E. S. 2De Klerk, W. A. 2De Villiers, D. G. en Prinsloo, A. 2Grové, Henriëtte 2Krige, Uys 2Martens, J. T. 2Murray, M .I. 2Retief, Joan 2Rudolph, Coenraad Frederik 2Terre Blanche, Eugene Ney 2Van Niekerk, Dolf 2

TTTTTabel 2abel 2abel 2abel 2abel 2: Graadsentraliteite vandramaturge in die 1960’s.

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 2015 61

aber en P. D. van der Walt. Let egter op Brinkse vierde posisie (saam met Louise Behrens):hy is nie alleen een van die mees produktieweskrywers nie, maar ook een van die meesaktiewe skrywers oor die letterkunde.

Soos in die geval hierbo, is dit ook be-langrik om te let op die bydraes wat kritici,literatuurhistorici en letterkundiges tot dieonderskeie subsisteme van die drama, poësieen prosa gelewer het.

In tabel 6 is die graadsentraliteite van diérolspelers met betrekking tot die drama weer-gegee (7 en meer).

Hier kan gesien word dat Brink die elfdeproduktiefste skrywer oor die drama was indié dekade, terwyl hy die vierde produktiefsteskrywer van dramas was. P. J. Nienaber en RobAntonissen domineer dié subsisteem as kriticien literatuurhistorici, maar het natuurlik nieself dramas in dié dekade geskryf nie. Louisde Villiers en N. P. van Wyk Louw, wat dieproduktiefste dramaturge in dié dekade was,figureer ook nie op hierdie lys nie, en dusmoet Brink se bydrae tot die dramasisteem inberekening bring dat hy aktief was as beideskrywer én kritikus.

In tabel 7 is die kritici, letterkundiges enliteratuurhistorici voorgestel wat die meesteoor die poësie geskryf het (10 en meer).

Rob Antonissen is dus met ’n beduidendevoorsprong die produktiefste skrywer oor diepoësie, gevolg deur Ernst Lindenberg. Let opBrink se posisie in die vyftiende plek: al hethy self geen poësie in dié dekade tot die sis-teem bygedra nie, lewer hy wel ’n bydrae totdie poësiesisteem as kritikus (alhoewel hy ooraansienlik minder bundels publiseer as dieander persone op dié lys).

Skrywers Graad

Krige, Uys 4Lombard, T. C. C. 4Boerneef 3Botes, D. P. M. 3Breytenbach, Breyten 3Opperman, D. J. 3Petersen, S. V. 3Philander, P. J. 3Van der Westhuizen, Vincent 3Eksteen, Louis 2Eybers, Elisabeth 2Grobbelaar, Pieter W. 2Jonker, Ingrid 2Kruger, G. J. 2Le Grange, C. 2Louw, George 2Martins, Harper 2Pretorius, S. J. 2Rall, Henk 2Rudolph, C. F. 2Small, Adam 2Toerien, Barend J. 2Van Heerden, Ernst 2Venter, P. de Waal 2Visser, A. J. J. 2Walters, M. M. 2Watermeyer, G. A. 2Weideman, George H. 2

TTTTTabel 3abel 3abel 3abel 3abel 3: Graadsentraliteite van digters indie 1960’s.

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 201562

Tabel 8 stel die persone voor wat oor diemeeste prosawerke geskryf het (10 en meer).

In die prosa is Brink dus die vierde ak-tiefste kritikus, terwyl hy die derde aktiefsteprosaskrywer was. Brink is dus ’n uitsonder-lik aktiewe rolspeler in die prosasisteem askritikus, maar soos in die vorige afdeling aan-gedui is, ook as skrywer.

’n Belangrike verdere toepassing vangraadsentraliteit is om te bepaal oor watterwerke die meeste persone skryf, aangesien ditnatuurlik ’n aanduiding is van die werke watdie wydste aandag van kritici, letterkundigesen literatuurhistorici ontvang het. Tabel 9verskaf die graadsentraliteite van werke watdeur 10 en meer persone bestudeer is (inslui-tend die drama, poësie en prosa).

Brink se Caesar en Lobola vir die lewefigureer dus onder die 5 werke waaroor diemeeste kritici, literatuurhistorici en letter-kundiges in dié dekade geskryf het, terwylDie ambassadeur ook op hierdie lys voorkom.Soos die graadsentraliteite van persone hier-bo verskil in terme van watter subsisteem inag geneem word, verskil die aandag wat teks-te gekry het natuurlik ook op grond vangenre.

In tabel 10 is die graadsentraliteite van dra-mas weergegee (5 en meer).

Ceasar is dus die drama waaroor die meestepersone in dié dekade geskryf het, tesame metDagboek van ’n soldaat en Putsonderwater. Dit isegter eers wanneer dié dramas se skrywersnagespeur word dat ’n patroon uit die verfkom (sien figuur 1).

Van Wyk Louw dra dus verreweg diemeeste werke by tot bogenoemde lys (7),terwyl Brink, De Klerk, en Smit elk drie bydra,en Opperman twee bydra. Hieruit kan gesienword dat, bo en behalwe die getal mense wat

Skrywers Graad

Mikro 24Venter, F. A. 16Brink, André P. 11De Vries, Abraham H. 11Schoeman, Karel 9Schoeman, P. J. 8Van Blerk, H. S. 7Barnard, Chris 6Louw, Anna M. 6Rabie, Jan 6Van der Westhuizen, Vincent 6Blignault, Audrey B. 5Joubert, Elsa 5Leroux, Etienne 5Aucamp, Hennie 4De Villiers, C. G. S. 4Grové, Henriëtte 4Postma, Minnie 4Serfontein, Dot 4Steenberg, Elsabé 4Van Niekerk, Dolf 4Bouwer, Alba 3De Klerk, W. A. 3Richard, Dirk G. 3Van Heerden, Ernst 3Vermaas, H. J. 3Franz, G. H. 2Heiberg, Anna-Louise 2Louw, N. P. van Wyk 2Meintjies, Johannes 2Nortjé, C. J. 2Rall, Henk 2Rudolph, C. F. 2Smit, Berta 2Van Bruggen, Jochem 2Van Niekerk, A. A. J. 2

TTTTTabel 4abel 4abel 4abel 4abel 4: Graadsentraliteite van prosa-skrywers in die 1960’s.

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 2015 63

Skrywers Graad

Antonissen, Rob 170Nienaber, P. J. 119Van der Walt, P. D. 78Behrens, Louise 61Brink, André P. 61Lindenberg, Ernst 50Blignault, Audrey B. 47Cloete, T. T. 43Joubert, Elsa 36Kannemeyer, J. C. 35Grové, A. P. 33Conradie, P. J. 30Van Rensburg, F. I. J. 25Smuts, J. P. 23Bisschoff, B. P. 22Van Heerden, Ernst 20Louw, W. E. G. 16Wiehahn, Rialette 16Kromhout, Jan 13Gilfillan, F. R. 12Nepgen, Rosa 12Snyman, Henning 12Schutte, R. 11Botha, Elize 10Lategan, F. V. 10Louw, N. P. van Wyk 10

TTTTTabel 5abel 5abel 5abel 5abel 5: Graadsentraliteite van kriticiin die 1960’s.

elke drama bestudeer het, Van Wyk Louw sedramas die meeste bestudeer is, gevolg deurDe Klerk, Smit en Brink. Terwyl Brink vroeëruitgewys is as ’n aktiewe rolspeler in die sub-sisteem van die drama, beide in sy rol as skry-wer en as kritikus, is dit ook duidelik dat sywerke aandag van ’n groot hoeveelheid kriti-ci, letterkundiges en literatuurhistorici ont-vang het.

Tabel 11 gee die graadsentraliteite vanprosawerke (5 en meer).

In die eerste plek is dit interessant om daar-op te let dat die lys van prosawerke waaroor 5en meer persone geskryf het aansienlik langeris as wat die geval is met die drama—iets watlaasgenoemde weer eens tipeer as die ‘stief-kind’ van die Afrikaanse letterkunde (kykbyvoorbeeld Hough 32 en Hambidge 3).Tweedens kan gesien word dat Brink se werkesoos Lobola vir die lewe en Die ambassaeur sterkop dié lys figureer, en wanneer al dié werkeaan hul skrywers geskakel word, domineerBrink duidelik die netwerk (5 tekste). Figuur2 verteenwoordig skrywers van die mees-bestudeerde prosawerke. Dié grafiek enbogenoemde lys verskil natuurlik op ’nbelangrike wyse: Die aantal persone wat oor’n teks geskryf het, word nie in die grafiek inag geneem nie, maar wel die aantal tekste wat’n skrywer geskryf het wat op die lys van mees-bestudeerde werke van die dekade is. Dítmaak ’n groot verskil in terme van kanoni-sering: Selfs wanneer ’n skrywer se teks heelbo aan bostaande lys is, is dit onwaarskynlikdat daardie skrywer gekanoniseer sal wordas hy nie verdere werke produseer wat óókwyd bestudeer word nie. Met ander woorde:’n Enkele teks lei selde tot ’n sentrale posisiein die literêre netwerk; dit is deur die pu-blikasie van ’n aantal tekste wat elk ’n be-

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 201564

Figuur 1Figuur 1Figuur 1Figuur 1Figuur 1: Skrywers van die mees-bestudeerde dramas.

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 2015 65

Figuur 2Figuur 2Figuur 2Figuur 2Figuur 2: Skrywers van die mees-bestudeerde prosawerke.

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 201566

Skrywers Graad

Antonissen, Rob 83Lindenberg, Ernst 34Grové, A. P. 30Cloete, T. T. 22Nienaber, P. J. 20Van Rensburg, F. I. J. 18Blignault, Audrey B. 13Van Heerden, Ernst 12Kromhout, Jan 11Gilfillan, F. R. 10Louw, W. E. G. 10Van der Walt, P. D. 10Joubert, Elsa 8Grobler, R. du P. 6Nienaber-Luitingh, M. 6Wiehahn, Rialette 6Brink, André P. 5Nepgen, Rosa 5Nienaber, C. J. M. 5

Skrywers Graad

Nienaber, P. J. 42Antonissen, Rob 33Conradie, P. J. 28Van der Walt, P. D. 13Kannemeyer, J. C. 12Cloete, T. T. 9Botha, Betty 8Bisschoff, B. P. 7Behrens, Louise 6Smuts, J. P. 6Van Heerden, Ernst 5Brink, André P. 3Burgers, M. P. O. 3De Klerk, W. J. 3Louw, W. E. G. 3Meiring, E. 3Van Rensburg, F. I. J. 3Wiehahn, Rialette 3

TTTTTabel 6abel 6abel 6abel 6abel 6: Graadsentraliteite van kriticivan drama in die 1960’s.

TTTTTabel 7abel 7abel 7abel 7abel 7: Graadsentraliteite van kriticivan poësie in die 1960’s.

langrike posisie in die netwerk inneem dat ’nskrywer gekanoniseer word. Dit is daarom juisbetekenisvol dat Brink, Leroux, Barnard enDe Vries só baie tekste tot die lys van mees-bestudeerde prosawerke bydra, omdat dit ’nblik gee op hul kanonisering. Skrywers wathier minder tekste bygedra het, funksioneerook in ander subsisteme en in ander periodes;wanneer dit nie die geval is nie, word hullenie gekanoniseer nie, byvoorbeeld Holleman(onder op figuur 2), wat min bestudeer is.

Uit bostaande ontleding is dit duidelik datBrink ’n uiters aktiewe rolspeler in die Afri-kaanse literêre sisteem van die 1960’s was, interme van hoeveel hy gepubliseer het, sowel asoor hoeveel skrywers hy gepubliseer het, asookhoeveel van sy werke onder die lys is van werkewat deur die grootste aantal persone bestu-deer is.

Al bogenoemde is egter slegs ’n kwanti-tatiewe meting, en soos in Senekal (’n Bespre-king van die Afrikaanse poësienetwerk sedert 2000)aangedui is, beteken graadsentraliteit opsigself nie dat ’n entiteit oor die algemeen indie sentrum van ’n sisteem funksioneer nie,en daarom word Brink se algehele sentraliteitin die volgende afdeling bespreek.

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 2015 67

Skrywers Graad

Nienaber, P. J. 57Van der Walt, P. D. 55Antonissen, Rob 54Brink, André P. 53Behrens, Louise 52Blignault, Audrey B. 33Joubert, Elsa 26Kannemeyer, J. C. 20Bisschoff, B. P. 14Lindenberg, Ernst 14Smuts, J. P. 14Cloete, T. T. 12Louw, N. P. van Wyk 10Snyman, Henning 10

TTTTTabel 8abel 8abel 8abel 8abel 8: Graadsentraliteite van kriticivan prosa in die 1960’s.

Werk Graad

Die vrou en die bees 14Sewe dae by die Silbersteins 14Dubbeldoor 13Geknelde land 18Caesar 12Dagboek van ’n soldaat 12Putsonderwater 12Raka 12Lobola vir die lewe 11Suid van die wind: die verhaal 11

van drie eilandeBedoelde land 10Die ambassadeur 10Die held 10Die ysterkoei moet sweet 10Een vir Azazel 10Offerland 10Periandros van Korinthe 10Sout van die aarde 10

TTTTTabel 9abel 9abel 9abel 9abel 9: Graadsentraliteite van werke watdeur 10 en meer persone bestu-deer is (insluitend drama, poësieen prosa) in die 1960’s.

SentraliteitOm ’n entiteit se algehele posisie binne dieliterêre sisteem te kan bepaal, kan tweemetodes gebruik word: nabyheidsentraliteit,en ’n kraggebaseerde uitleg. Eersgenoemdemeet hoe naby ’n entiteit aan elke anderentiteit in die netwerk is, en aangesien ’nentiteit in die sentrum altyd gemiddeld elkeander entiteit in die netwerk met ’n korterpad kan bereik as een op die periferie, isnabyheidsentraliteit ’n aanduiding vanalgemene sentraliteit. Indien Suid-Afrika sepadnetwerk byvoorbeeld as ’n netwerkvoorgestel word, sal Bloemfontein die stadwees met die hoogste nabyheidsentraliteit,aangesien die res van die land gemiddeldnader is aan Bloemfontein as aan enige anderstad. Johannesburg is byvoorbeeld naby aanPretoria, maar verder as Bloemfontein vanKaapstad en Oos-Londen. Dieselfde beginselgeld in ’n netwerk, en daarom kan gesê worddat die entiteite met die hoogste nabyheid-sentraliteit ook oor die algemeen tot diesentrum van die netwerk behoort.

’n Ander manier om sentraliteit te bepaal,is deur die gebruik van ’n kraggebaseerdeuitlegalgoritme, wat entiteite posisioneer opgrond van hul skakels. Kraggebaseerde uit-legalgoritmes benader die sisteem as ’n fisiesesisteem, en sien entiteite se skakels as kragtewat op entiteite inwerk. Suderman en Hallett(2654) skryf dat kraggebaseerde uitlegte “arealso known as spring embeddings since edges[ties] are modeled as springs that pull linkednodes [entities] together, or push unlinkednodes apart, until the layout reaches a state ofequilibrium.” Soos die netwerkteorie self iskraggebaseerde uitlegte veral sedert die 1960’sontwikkel, onder andere deur Eades, Kamadaen Kawai, en Fruchterman en Reingold, en

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 201568

Werk Graad

Caesar 12Dagboek van ’n soldaat 12Putsonderwater 12Die held 10Periandros van Korinthe 10Dias 9Die heks 9Germanicus 9Wanneer see en branders dreun 8Vermaak se kind 7Voëlvry: kroniekspel van ’n voortrek 7Die jaar van die vuur-os 6Kwart voor dagbreek: ’n 6

verhoogspel in drie bedryweLewenslyn 6Asterion: libretto vir ’n 5

radiofoniese operaBagasie: tripiek vir die toneel 5Don Juan onder die Boere 5Elders mooiweer en warm 5Kanna hy kô hystoe 5Koning-Eenoog; of Nie vir geleerdes 5Moeder Hanna 5Pa maak vir my ’n vlieër Pa 5

TTTTTabel 10abel 10abel 10abel 10abel 10: Graadsentraliteite van dramas indie 1960’s.

het dit multidissiplinêre toepassings (Kobou-rov 403). In ’n bespreking van die hedendaag-se poësie is byvoorbeeld uitgewys hoe ’n krag-gebaseerde uitleg sentraliteit en marginaliteitin ’n literêre sisteem kan bepaal (Senekal, Be-spreking).

Brink het die volgende werke tydens die1960’s gepubliseer:

1. Bagasie: tripiek vir die toneel (1965)2. Caesar (1961)3. Die ambassadeur (1963)4. Elders mooiweer en warm (1965)5. Lobola vir die lewe (1962)6. Midi: op reis deur Suid-Frankryk (1969)7. Miskien nooit: ’n somerspel (1967)8. Olé: Reisboek oor Spanje (1969)9. Orgie (1965)10. Parys-Parys: Retoer (1969)11. Pot-Pourri (1962)12. Sempre, diritto: Italiaanse reisjoernaal

(1963)

In die volgende grafiek (figuur 3) is dié werkese posisies in die hele Afrikaanse literêrenetwerk van die dekade aangedui (insluitenddie drama, poësie en prosa), en die nommersstem ooreen met dié op bostaande lys.

Dit kan dus duidelik gesien word dat diemeerderheid van Brink se werke binne diesentrum van die sisteem funksioneer, en daaris nie een werk wat ’n mens as ‘marginaal’ soukon bestempel nie, alhoewel Midi, Parys-Parysen Miskien nooit nie geheel en al binne diesentrum geposisioneer word nie. Die sentra-liteit van sy werke is te danke daaraan dat dieregte kritici aandag aan sy werke geskenk het,en dat hy by belangrike uitgewerye gepubli-seer het. Die uitleg in figuur 3 posisioneerentiteite op grond van al die skakels in dienetwerk, en dit is dus in die hele literêre

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 2015 69

Werk Graad

Die vrou en die bees 14Sewe dae by die Silbersteins 14Dubbeldoor 13Lobola vir die lewe 11Bedoelde land 10Die ambassadeur 10Een vir Azazel 10Offerland 10Sout van die aarde 10Die derde oog 9Die son struikel 9Een plus een 9Etikette op my koffer 9Die laer 8Die mugu 8Ons wag op die Kaptein 8Rustelose sjalom 8Die soekende mens 7Die soutryers en ander vertellinge 7Die staf van Monomotapa 7Die swerftog van die Helena 7Die wilde loot 7Dwaalstories 7Gelofteland 7Man in die middel 7Afrikaanse essayiste 6Die goue protea 6Die groot gryse 6Dorp in die Klein Karoo 6Mens-alleen 6Met ligter tred 6Skepsels 6Bekende onrus 5Die koperkan 5Drie vroue en ’n hond 5Duiwel-in-die-bos 5Dwaal 5Jaarringe: twaalf kortverhale 5Jaffie.’n eselsromannetjie 5Joernaal uit ’n gragtehuis 5Meulenhof se mense 5Olé: Reisboek oor Spanje 5Orgie 5Sempre, diritto: Italiaanse reisjoernaal 5Skrik kom huis toe 5Spitsuur 5Terug op die ver paaie 5

TTTTTabel 11abel 11abel 11abel 11abel 11: Graadsentraliteite van dramas in die1960’s.

sisteem van die dekade dat Brink se werke ’nsentrale rol inneem. Soos die polisisteemteorievoorstel dat die sentrum die literêre sisteemdomineer (Even-Zohar, “Polysystem Studies”89, 17), so stel die netwerkteorie ook dat diesentrum—soos visueel aangedui deur ’n krag-gebaseerde uitleg—die belangrikste rolspelersbevat: “there is an implicit assumption thatnodes in the center are important, while no-des on the periphery are less important”(Kobourov 397). Brink was dus self een vandie aktiefste rolspelers binne die literêre sis-teem van die 1960’s, as kritikus, literatuur-historikus, dramaturg én skrywer, en boonoptel sy werke onder dié waaroor die meesteander persone geskryf het. Sy werke self neemook bykans almal ’n sentrale posisie in diésisteem in, en op grond van sy werke se posisiekan hy as ’n sentrale skrywer van dié dekadegeag word. Dít is natuurlik geensins nuus nie;soos die reeds genoemde stellings van Hen-riette Roos aandui word Brink wyd geag as ’nsentrale rolspeler in dié tydperk. Wat egterhier van besondere belang is, is dat hierdieposisie van sentraliteit geensins beïnvloed kanword deur subjektiewe waardeoordele enliteratuuropvattings nie: “Networks are well-defined mathematical objects. Thus, analysispatterns can be implemented computation-ally, enabling automated and unbiasedhypothesis generation” (Merico, Gfeller andBader 923). Terwyl Brink hoog aangeslaanword in die gesaghebbende opinies vanletterkundiges, verskaf bogenoemde ’n wis-kundig-gefundeerde bewys dat hy sentraalbinne hierdie dekade gefunksioneer het.

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 201570

Figuur 3Figuur 3Figuur 3Figuur 3Figuur 3: Brink se werke in die literêre sisteem van Sestig.

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 2015 71

Dit is ook opvallend dat hier geen sprake is van ’n afsonderlike drama-, poësie- enprosasisteem nie, juis omdat dieselfde rolspelers—soos Brink self—in al drie subsistemefunksioneer. Wanneer daar na dié subsisteme verwys word, is dit dus op grond vangenre en nie omdat die sisteem van verhoudings op sigself ’n onderskeid tref nie. Watdié grafiek duidelik uitwys, is dat Brink nie uniek is in sy funksionering binneverskillende genresisteme nie; wat hom uniek maak in terme van netwerkstruktuuris dat hy so ’n aktiewe rolspeler in verskeie subsisteme is, asook in verskeie rolle(byvoorbeeld skrywer én kritikus).

SlotDié artikel het ondersoek ingestel na Brink se strukturele posisie in die Afrikaanseliterêre sisteem van die jare sestig, ten einde sy rol kwantitatief te vergelyk met dié vanander rolspelers in die sisteem. Daar is aangedui dat hy ’n besonderse produktieweskrywer en kritikus was, beide oor die algemeen as ten opsigte van die subsisteme vandie drama en die prosa. Alhoewel hy nie self ’n digbundel tot die poësiesisteembygedra het nie, het hy wel ook hier ’n rol gespeel as kritikus. Daar is ook aangeduidat hy die meeste werke gepubliseer het uit dié werke waaroor die grootste getalpersone geskryf het, wat beteken dat meer van sy werke aandag getrek het as wat diegeval is met ander skrywers. Laastens is ook met ’n kraggebaseerde uitleg aangeduidat die werke wat hy in dié dekade gepubliseer het, ook tot die sentrum van dienetwerk behoort.

Viljoen skryf dat “suiwer sinchronisme ’n illusie is, omdat elke sisteem sy verledeen sy toekoms het wat ‘inseparable elements’ van die sisteem is” (Viljoen,“Romansisteem” 23). Van Wyk Louw se belangrike rol in die dramasisteem kan juisdie gevolg wees daarvan dat hy teen die 1960’s reeds vir drie dekades ’n belangrikerolspeler in die Afrikaanse literêre sisteem was, terwyl hier onthou moet word datBrink eers in 1958 debuteer met Die meul teen die hang. Brink was dus teen die 1960’s ’nrelatiewe nuweling, maar soos dié artikel aangetoon het, het hy homself vinnig binnedie sentrum van die sisteem geposisioneer. Wat sy toekoms aanbetref, het Brink hierna’n nóg meer produktiewe rolspeler in die Afrikaanse literêre sisteem gespeel, sy werkis ook meer gereeld bestudeer, en natuurlik het hy in 2000 die Hertzogprys ontvang.Hy het ook sedert die 1970’s ’n aktiewer rol in die poësie begin speel, alhoewel slegsas kritikus, en uiteindelik het hy ook ’n belangrike posisie in die poësiesisteemingeneem deur die samestelling van die Groot Verseboek. Dié artikel het dus ’n tydsnitgebied op ’n belangrike periode in die Afrikaanse literêre sisteem en ook in Brink seloopbaan, maar die 1960’s was as’t ware die kiem van wat later die volwaardige Brink-loopbaan sou word.

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 52 (1) • 201572

Aantekening1. Om herhaling te voorkom, word hier nie ’n uiteensetting van die netwerkteorie gegee nie. ’n Meer

volledige uiteensetting is opgeneem in Senekal (“Die gebruik van die netwerkteorie binne ’nsisteemteoretiese benadering tot die Afrikaanse letterkunde: ’n Teorie-oorsig.”).

Geraadpleegde bronneEades, P. “A heuristic for graph drawing”. Congressus Numerantium 42 (1984): 149–60.Even-Zohar, I. 1979. “Polysystem Theory”. Poetics Today 1.1/2 (1979): 287–310.———. “Polysystem Studies”. Poetics Today 11.1 (1990): 1–94.Freeman, L. C. “Centrality in social networks conceptual clarification”. Social Networks 1.3 (1979): 215–39.Fruchterman, T. M. J. & E. M. Reingold. “Graph drawing by force-directed placement”. Software:

Practice and Experience 21.11 (1991): 1129–64.Hambidge, J. “Charles Fourie verdien al die gejuig”. Beeld, 8 Jun. 1995. 3.Hough, B. “Dramaturg word hengelaar en die gehoor ’n skool vis”. Rapport, 30 Sept. 2001. 32.Kamada, T. & S. Kawai. 1989. “An algorithm for drawing general undirected graphs”. Information

Processing Letters 31 (1989): 7–15.Kobourov, S. G. “Force-directed drawing algorithms”. Handbook of Graph Drawing and Visualization. Red.

R. Tamassia. Boca Raton, Florida: CRC Press, 2013. 383–408.Merico, D., D. Gfeller & G. D. Bader. “How to visually interpret biological data using networks”. Nature

biotechnology 27.10 (2009): 921–24.Roos, H. “Perspektief op die Afrikaanse prosa van die twintigste eeu”. Perspektief en profiel. Red. H. P. van

Coller. Pretoria: Van Schaik, 1998. 43–104.Senekal, B. A. “Die Afrikaanse literêre sisteem: ’n Eksperimentele benadering met behulp van Sosiale-

netwerk-analise (SNA)”. LitNet Akademies 9.3 (2012): 614–38.———. “’n Bespreking van die Afrikaanse poësienetwerk sedert 2000". 10 Mei 2013. <http://

www.litnet.co.za/Article/n-bespreking-van-die-afrikaanse-posienetwerk-sedert-2000>.———. “Die gebruik van die netwerkteorie binne ’n sisteemteoretiese benadering tot die Afrikaanse

letterkunde: ’n Teorie-oorsig”. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 53.4 (2013): 668–82.———. “’n Ontleding van Hertzogpryswenners se uitgeweryprofiele in terme van die Afrikaanse

literêre netwerk en met behulp van Sosiale-netwerk-analise (SNA)”. LitNet Akademies 10.3 (2013).<http://www.litnet. co.za/Article/n-ontleding-van-hertzogpryswenners-se-uitgeweryprofiele-in-terme-van-die-afrikaanse-literr>

Senekal, J. H. Donker weerlig. Literêre opstelle oor die werk van André P. Brink. Kenwyn: Juta & Kie, 1988.———. Literatuuropvattings: ‘wese’ en ‘waarhede’ van ’n nuwe literêre teorie. Bloemfontein: Universiteit van

die Oranje-Vrystaat, 1987.——— en E. Engelbrecht. Bronne by die studie van Afrikaanse prosawerke 1900–1978. Johannesburg: Perskor,

1984.——— en K. van Aswegen. Bronne by die studie van die Afrikaanse digbundels 1900–1978. Johannesburg:

Perskor, 1981.——— en K. van Aswegen. Bronne by die studie van Afrikaanse dramas 1900–1978. Johannesburg: Perskor,

1980.Suderman, M. & M. Hallett. “Tools for visually exploring biological networks”. Bioinformatics 23.20

(2007): 2651–9.Viljoen, H. “Die literêre sisteem van Dertig”. Literator 5.1 (1984): 65–74.———. “Die Suid-Afrikaanse romansisteem. ’n Vergelykende studie”. PhD-proefskrif, Potchefstroomse

U vir CHO, 1986.