ver.bintenisse uit die dienskontrak - University of Johannesburg
-
Upload
khangminh22 -
Category
Documents
-
view
0 -
download
0
Transcript of ver.bintenisse uit die dienskontrak - University of Johannesburg
COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION
o Attribution — You must give appropriate credit, provide a link to the license, and indicate if changes were made. You may do so in any reasonable manner, but not in any way that suggests the licensor endorses you or your use.
o NonCommercial — You may not use the material for commercial purposes.
o ShareAlike — If you remix, transform, or build upon the material, you must distribute your contributions under the same license as the original.
How to cite this thesis
Surname, Initial(s). (2012) Title of the thesis or dissertation. PhD. (Chemistry)/ M.Sc. (Physics)/ M.A. (Philosophy)/M.Com. (Finance) etc. [Unpublished]: University of Johannesburg. Retrieved from: https://ujdigispace.uj.ac.za (Accessed: Date).
VER.BINTENISSE UIT DIE
DIENSKONTRAK
F. J .VAN DER MERWE -- . V V
V -
,V
• VV VV • V - V
P V
V V
ft . V V
P -
ft ft VV_VV P
_ft_ I ft V ft ft I I
ft ,
ft ft
RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT • • R.AU
UNIVERSITEITS- BIBLIOTEEK Tel. 489-2165
V ER V AL DAT UM
ill/I Ill/il 111/ 1///11//111 /1//1 /// /11/i I/I/I//il 3 00299 1200 RiU RIB
DIE INVLOED VAN ONBILLIKE ARBEIDSPRAKTYKE
OP DIE VERBINTENISSE UIT DIE DIENSKONTRAK
deur
FRANCOIS JOHANNES VAN DER MERWE
Verhandeling
voorgeleA ter gedeeltelike voldoening
aan die vereistes vir die graad
MAGISTER IN DIE REGSGELEERDHEID
in die
FAKULTEIT REGSGELEERDHEID
RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT
NOVEMBER 1987
Studieleier: Prof. M.J. Oosthuizen
Mede-studieleier: Prof. J.M. Otto
S U M M A R Y
Legislation in respect of unfair labour practices was introduced into
South African Law by way of the Labour Relations Amendment Act 94 of
1979. This innovation was the result of the Commission of Inquiry
into Labour Legislation appointed under the chairmanship of prof. N.E.
Wiehahn in 1977.
This concept resembles the British law of unfair dismissal and the
American law of unfair labour practices, but differs in that it goes
even further. It was an effort to curtail the gross inequality of the
unbalanced position in Roman-Dutch common law, where managerial pre-
rogative reigns to the detriment of employees, economy and labour
relations in general.
In terms of sec 43 and 46 of the Labour Relations Act 28 of 1956, the
industrial court is vested with great, almost total, discretionary
powers in respect of unfair labour practices based on a virtually
limitless definition. The test to be applied is one of equity with
regard to all the circumstances of a particular case.
Although criticism has been expressed from many quarters the present
position in South African law is as follows: Any action by a party to
a contract of service can be queried in the industrial court on
grounds of the unfair effect(s) thereof on the aggrieved party.
In terms of this new legislated general duty to act fairly,
traditional rights and obligations have been affected drastically.
Labour actors now cannot base their actions and decisions solely on
contractual principles. It creates a serious question as to where the
line is to be drawn and causes general uncertainty. It is however
believed that the industrial court can fulfil its task in a praise-
worthy manner by following its previous decisions where possible.
This does not seem to happen, and it is doubted whether this legal
uncertainty can be terminated without drastic intervention by the
legislature, inter alia through codification of specific unfair
labour practices, something which has been addressed to a certain
extent by the Labour Relations Amendment Act of 1987.
The conclusion is that certain common law rights of the employer (and
obligations on the employee) have been curtailed; certain rights (and
obligations) have been newly created, whilst some traditional rights
(and obligations) have been confirmed. All are but manifestations of
the new general duty on all actors in labour relations to act fairly
in all labour matters.
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
Identifisering van die studieveld 1
Regte en verpligtinge uit die gemeenregtelilce
dienskontrak 4
Onbillike arbeidspraktyk: Ontstaan, ontwikkeling
en omskrywing 17
Die beregting van onbillike arbeidspraktyke deur
die nywerheidshof
4.1 Status quo - bevel 28
4.2 Vasstelling 32
Onbillike arbeidspraktyk vis-a-vis die
gemeenregtelike dienskontrak
5.1 Algemeen 34
5.2 Nywerheidshof en hooggeregshof 37
5.3 Die req op die handhawing van billike arbeids-
praktyke 43
5.4 Vaste termyn dienskontrakte 50
5.5 Ontslag van stakende werknemers 53
5.6 Aflegging weens besnoeiing 60
5.7 Selektiewe herindiensneming 68
5.8 Ontslag: Prosedurele en substantiewe elemente 74
5.9 Onderhandeling, konsultasie en goeie trou 84
5.10 Optrede in stryd met nywerheids- en ander
ooreenkomste 92
5.11 Bevele ten opsigte van spesifieke nakoming en
skadevergoeding; delik en genoegdoening 101
Sarnevatting en gevolgtrekking 104
7 Bibliografie en vonnisregister 116
1
2
3
4
5
VOORWOORD
Die re1s rondom onbillike arbeidspraktyke is 'n omstrede nuwigheid in
die Suid-Afrikaanse reg.
Die invoering van so 1 n nuwigheid binne enige regstelsel kan verrei-
kende gevolge heA met uiteindelik n verrykende of verarmende effek.
Om hierdie rede is besluit om die onderhawige studie aan te pak,
waarin gepoog sal word om sover moontlik hoofstukgewys antwoorde te
verskaf op die volgende vrae:
Wat behels hierdie studie?
Watter regte en verpligtinge ontstaari uit die dienskontrak?
Wat is 'n onbillike arbeidspraktyk?
Watter remedies is tot beskikking van die klaer?
Wat is die stand van die Suid-Afrikaanse positiewe reg?
Word nuwe regte en verpligtinge geskep?
Wat is die invloed van onbillike arbeidspraktyke op die tradislo-
nele regte en verpligtinge?
Hoofstukke 1 tot 4 dien as agtergrond tot die positiefregtelike studie
en gevolgtrekkings in hoofstukke 5 en 6.
F.J. van der Merwe
Johannesburg
November 1987
I L
1 IDENTIFISERING VAN DIE STUDIEVELD
Die diensverhouding in Suid-Afrika word in juridiese sin gerel deur
die beginsels van kontrak, wetgewende maatrels en regspraak
Wetgewing het vroeg in die twintigste eeu reeds begin om sekere
arbeidsaangeleenthede te real, terwyl regspraak deur die nywerheidshof
veral vanaf die begin van hierdie dekade dikwels die wenkbroue laat
hg het. Steeds ten grondslag, egter, is die gemeenregtelike karakter
van die dienskontrak.
Die gemeenregtelike karakter waarna verwys word, is die tradisionele
aard van die dienskontrak as verbintenisskeppende ooreenkoms waardeur
regte en verphigtinge oor en weer tussen die partye tot die ooreenkoms
geskep word, nie-nakoming waarvan lei tot gemeenregtelike of tradisio-
nele remedies gebaseer op kontrakbreuk
4 Elders het ek probeer aantoon dat die gemeenregtelike aard en
eienskappe van die dienskontrak met groot vrug aangewend kan word om
sekere vraagstukke op te los (by. die moontlike gelyktydigheid van
staking en 'n uitsluiting). Terselfdertycl gaan daar egter heelwat
stemme op wat waarsku teen die oorbeklemtoning van die kontraktuele
aard van die diensverhouding. So is Davis van mening dat 'n sekere
1
Sien oor bronne van die Arbeidsreg S.R. van Jaarsveld en W.N.
Coetzee SA Arbeidsreg Vol 1 45 e.v.
2 Oor die begrip "kontrak" stel S.R. van Jaarsveld Suid-Afrikaanse
Handeisreg Vol 1 21 dit soos volg: "Ooreenkomstig die feit dat
'n kontrak 'n bron van 'n verbintenis is, word daar ... voorkeur
verleen aan die omskrywing wat die kontrak sien as 'n ooreenkoms
wat tot 'n verbintenis aanleiding gee". J.C. de Wet en A.H. van
Wyk Kontraktereg en Handeisreg 3 en 4 noem kontrak "'n afspraak
gemaak met die bedoehing om 'n verbintenis of verbintenisse in
die lewe te roep" en voer dit as bron van verbintenisse terug na
die Romeinse Reg (Gaius Institutiones 3.88 en D.44..7.1).
3 Oor die gemeenregtehike remedies by kontrakbreuk bestaan daar
algemene eensgesindheid. Sien o.a. De Wet en Van Wyk hfst. 7 en
8 4F Van Jaarsveld hfst. 9 en Kerr Principles of the Law of
Contract hfst. 16 en 17.
4 "Stakings en Uitsluitings Tegelykertyd?" 1986 ILJ 259.
5 "Refusing to Step beyond the Confines of Contract: The
Jurisprudence of Adv. Erasmus S.C." 1985 ILJ 425 op 435.
2
6 lid van die nywerheidshof te verstrengel is in die gemenereg, dat as
gevoig van sy "steadfast commitment to the principles of ' pure '
contract" hy die doel van die post-Wiehahn wetgewing negeer en die
ontwikkeling van moderne aanvaarbare arbeidspraktyke fnuik. Ook
Munks onderskei twee denkrigtings onder die lede van die
nywerheidshof: "one of which (correctly it is submitted) applies
equity in a broad sense, whilst the other elevates sanctity of
contract to a level where equity is at times totally negated".
Poolman verwys ook na die dualisme van gemenereg teenoor statutre
reg: "In modern labour relations, the contract of service has been
placed in a subordinate role, and restricted in its field to regulate
labour relations. The status relationship created by labour law does
not exclude totally the element of private law contract. On the other
hand, the overemphasis of the importance of the contract element in
modern labour relations negates the importance of the public law
character of labour law".
Die gevoel bestaan dus onteenseglik dat kontraktuele "soewereiniteit" 10
hedendaags taboe is. Davis gaan sover as om te redeneer dat "the
law of master and servant was never a pure form of contractual law.
Similarly the modern form of labour law is not purely contractual
being based on two major features, namely on a contractual foundation
of the obligation to work and upon a number of imperative norms for
the protection of the worker. As a result of such norms the worker
enjoys rights derived from his status as a workman in contrast to
rights agreed between the parties to the contract".
11 Van Jaarsveld en Coetzee identifiseer die hedendaagse situasie as
6 Lid verwys hier na 'ri voorsittende beampte van die nywerheidshof
soos gerel deur art. 17(1) van Die Wet op Arbeidsverhoudinge 28
van 1956.
7 Hier word verwys na wetgewing wat deurgevoer is as uitvloeisel
van die voorstelle vervat in die verslag van die Kommissie van
Ondersoek na Arbeidswetgewing benoem op 21 Junie 1977 onder
voorsitterskap van prof. N.E. Wiehahn (die Wiehahn-kommissie).
8 "Selective Re-employment: An unfair Labour Practice?" 1986 lU
1 op 7.
9 Principles of Unfair Labour Practice 71.
10 1985 ILJ 434.
11 S.A. Arbeidsreq Vol 1 3.
3
"dat kollektiewe arbeidsbetrekkinge tussen werkgewers en werknemers
deur 'n gesofistikeerde sisteem van arbeidswetgewende maatre1s beheer
word, (terwyl) regsbetrekkinge tussen werkgewers en individuele
werknemers hoofsaaklik deur 'n relatief minder gekompliseerde stelsel
van dienskontraktuele beginsels gereguleer (word)".
Die waarheid is dat te midde van die dualistiese aard van individuele
arbeidsreg teenoor kollektiewe arbeidsreg, te midde van 'n debat oar
kontraktuele soewereiniteit versus moderne arbeidspraktyke en algemene
billikheid, te midde van gemenereg versus wettereg dit eenvoudig
aanvaar moet word dat die dienskontrak as gemeenregtelike verskynsel
die basis is van diensverhoudings en arbeidsbetrekkinge, maar dat
moderne wetgewing die gemeenregtelike posisie en daarom die
tradisionele verbintenisse uit die dienskontrak kan benvloed.
Waar wetgewing die gemeenregtelike karakter van die dienskontrak
benvloed, word die tradisionele verbintenisse en gepaardgaande regte
en verpligtinge benvloed, sodat die aard van die remedies 12
tradisioneel gebaseer op kontrakbreuk noodwendig oak benvloed word
In die hg hiervan, is die doel van hierdie werk am sekerlik die
grootste innoverende aspek van post-Wiehahnwetgewing, naamhik di in 13
verband met die onbilhike arbeidspraktyk , te ondersoek. In die
besander sal aandag gegee word aan die invloed van die onbihlike
arbeidspraktyk op die regte en verphigtinge voortspruitend uit die
dienskontrak.
12 Sien par. 2 hierbo op 1.
13 Die begrip ward later breedvaerig behandel.
4
2 REGTE EN VERPLIGTINGE UIT DIE GEMEENREGTELIKE DIENSKONTRAK
Dit is allereers noodsaaklik om die verbintenisse uit die dienskontrak
te ondersoek.
In die komplekse gendustrialiseerde samelewing van die moderne eeu 1
is dit van die grootste belang am die groot verskeidenheid soorte
kontrakte te oriderskei. Die vernaamste rede waarom die dienskontrak
("contract of master and servant"/"contract of service" teenoor
"contract for services" ) deeglik onderskei moet word, is die felt dat
feitlik die hele bestek van bestaande arbeidswetgewing net van
toepassing is op die werkqewer-werknemer verhouding, ennie op ander
verhoudings gebaseer op verwante vorms van kontrakte nie
Vir 'n dienskontrak om tot stand te kom, moet 4 daar consensus bestaan
tussen die partye oor wat hulle inderdaad beoog , en die ooreengekome
'n Interessante geheelbeeld van die geskiedenis van arbeids-
verhoudinge kom voor in die aantekeninge deur prof. N.E. Wiehahn
in die Volledige Wiehahn-verslaq 1982.
2 Sien o.a. Van Jaarsveld en Coetzee 63 e.v. en De Wet en Van Wyk
338 vir 'n bespreking van die onderskeie verwante kontraksoorte.
Dit is nie vir die doeleindes van hierdie werk nodig am hierdie
aangeleentheid te bespreek nie.
3 Sien P.A.K. le Roux "Identifying the Contract of Service" 1979 MB
50 e.v. waar hy pleit dat "we should perhaps consider ways of
lessening the legal consequences which flow from a contract being
characterized as one of service", na aanleiding daarvan dat die
onderskeid tussen die dienskontrak en ander kontraksoorte dikwels
baie rnoeilik is en beslis makliker in teorie as in die praktyk.
Sien ook P. Pauw "Aspects of the Contract of Service" 1979 MB
138. Soos dit in die Suid-Afrikaanse req noodsaaklik is vir 'n
dienskontrak om te bestaan voordat Die Wet op Arbeidsverhoudinge
of Die Ongevallewet 30 van 1941 van toepassing kan wees, word in
die Engelse req dieselfde vereis alvorens remedies onder die
arbeidswette ter sprake kom. Sien S. Anderman Unfair Dismissal
op 8.
4 Al die normale geldigheidsvereistes (soos vir enige kontrak) moet
naqekom word.
5
bedinge moet die erkende elemente van 'n dienskontrak bevat5.
Aihoewel daar letterlik 'n oorvloed van definisies is vir die 6
dienskontrak, verskil hulle hoofsaaklik net in bewoording . Die
volgende vier elemente kom oor die algemeen voor in al die
omskrywings:
- dienste word gelewer
- teen vergoeding
- onder gesag
- vir 'n termyn.
8 Die definisie van Van Jaarsveld en Coetzee bevat al hierdie elemente
en kan beskou word as die standaardomskrywing:
"' n Dienskontrak is 'n wederkerige kontrak ingevolgQ waarvan in
werknemer sy dienste vir 'n termyn en gewoonlik teen vergoeding onder
gesag tot beskikking van die werkgewer stel".
'n Interessante frase is "gewoonlik teen vergoeding". Die indruk word
geskep dat hoewel vergoeding in die moderne samelewing paslik is, dit
geen vereiste is vir die bestaan van 'n dienskontrak nie.
Die enigste huip wat die Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing bied ten
opsigte van die vergoedingsaspek, is te vinde in art. 1(1)(x1vii) en
5 Die onderskeidende/identifiserende elemente is die essentialia,
met ander woorde daardie eienskappe wat die betrokke kontrak juis
'n dienskontrak maak.
6 Sien Van Jaarsveld en Coetzee 53 vir nege verskillende
definisies.
7 Van Jaarsveld en Coetzee 74 vn. 17 beskou betaling van vergoeding
nie as 'n essentiale nie, maar verwys na ander menings.
Inderdaad is 'n dienskontrak in die moderne samelewing sonder
betaling van vergoeding feitlik ondenkbaar. Vergoeding (bepaal
of bepaalbaar) kan geldelik of in natura wees. Waar nie
uitdruklik ooreengekom is oar vergoeding nie, aanvaar die howe 'n
stilswyende beding dat die werknemer op 'n redelike en billike
loon/salaris geregtig is. Sien Van Jaarsveld en Coetzee vn. 35
op 76. Die feit dat die howe wel so 'n beding in 'n dienskontrak
"soek" is 'n aanduiding dat vergoeding tog gesien word as i n
wesenskenmerk (Middleton v Carr 1949 92) SA 374 (A)).
8 Ibid.
1(1)(xlix) van Die Wet op Arbeidsverhoudinge 28 van 1956. Die
woordomskrywing van "werknemer" lui naamlik soos volg: "Enige persoon
wat in diens is by of werk verrig vir enige werkgewer en beloning
ontvang of geregtig is om dit te ontvang en ... enige persoon
hoegenaamd wat op enige wyse help om die besigheid van 'n werkgewer
voort te sit of te drywe, en het 'in diens' en 'diens' ooreenstemmende
betekenisse". Arbeidsmakelaar word uitgesluit.
As "diens" dan 'n ooreenstemmende betekenis het, is 'n dienskontrak 'n
kontrak in terme waarvan enige persoon in diens is by of werk verrig
vir enige ander en beloning ontvang of geregtig is om dit te ontvang
en waar enige persoon hoegenaamd op enige wyse help om die besigheid
van 'n werkgewer voort te sit of te drywe (behaiwe in die geval van
dienste deur 'n arbeidsmakelaar). Die vier elemente hierbo word in
die eerste gedeelte van die omskrywing in beginsel bevestig, terwyl
die tweede gedeelte inhou dat enige persoon wat enigsins help om die
besigheid te dryf 'n werknemer is. Strenggesproke hoef hiervolgens
al vier elemente nie aanwesig te wees nie.
Die statutre omskrywing is wyd genoeg om enige persoon hoegenaamd in
te sluit wat help om die besigheid van die werkgewer te bevorder.
Persone wat tradisioneel nie beskou is as werknemers in juridiese sin
nie word nou ingesluit. Vir die doeleindes van Die Wet op Arbeids-
verhoudinge kan feitlik enige persoon wat 'n verband het met die voer
van i n werkgewer se besigheid beskou word as 'n werknemer.
Daar moet steeds 'n verbintenisskeppende ooreenkoms wees waarvolgens A
en B minstens ooreenkom dat B op een of ander wyse sal help orn die
besigheid van A voort te sit of te drywe. Dit is die minimum
vereiste.
Gemeenregtelik, egter, het die dienskontrak meer om die lyf. Dit is
na die gemeenregtelike posisie wat skrywers oor die kontraktereg
normaalweg verwys. Met verwysing na die aangehaalde definisie hierbo,
is 'n dienskontrak dus gesluit/aangegaan waar A en B ooreenkom dat B
diens sal lewer aan A onder gesag van A vir 'n bepaalde of bepaalbare
termyn (nie noodwendig teen vergoeding nie).
Deur sodanige sluiting van die kontrak word sekere regte en verplig-
tinge in die lewe geroep. 'n Req vir die een kontraksparty skep 'n
9 Sien art. 1(1 )(iii) van Wet 28 van 1956.
7
teenoorgestelde verpligting vir die ander kontraksparty, en 10
andersom . By die gemeenregtelike dienskontrak dus het A (werkgewer)
die req om dienslewering van B te vorder, onder A se gesag en vir 'n
tydperk. A staan nie noodwendig onder 'n verpligting om vergoeding te
lewer nie.
Terselfdertyd staan B (werknerner) onder 'n verpligting om diens te
lewer aan A vir i n tydperk en onder A se gesag. B het nie noodwendig
die req orn vergoeding te ontvang nie.
Dienslewering, termyn en gesag is essentialia 11
In die moderne samelewing is die oorgrote meerderheid van diens-
kontrakte nie so eenvoudig nie. Oor die algemeen bevat dienskontrakte
bepalings oor verlof, oortydwerk, mediese bystand,' huisvesting,11
dissip1inre prosedures en ander. Hierdie is incidentalia . Die reg
aanvaar ook dat 'n werkgewer waar moontlik veilige werksomstandighede
moet handhaaf en dat 'n werknemer lojaal moet wees teenoor sy werk-
gewer, hoewel dit waarskynlik nie spesifiek so ooreengekom is nie.
Hierdie is naturalia
Moderne dienskontrakte skep dus meermale verdere verbintenisse,
waarvan party redelik ingewikkeid kan wees.
Kortliks saamgevat is die tradisionele verpligtinge van die werkgewer
die volgende:
10 Hierdie aanvaarde beginsel is afkornstig vanaf die leerstuk van
subjektiewe regte. Sien onder andere J.D. van der Vyver en F.J.
van Zyl Inleiding tot die Regswetenskap 201
11 Ten opsigte van essentialia sien vn. 5 hierbo. Incidentalia is
bedinge wat deel van 'n kontrak word sodra die partye spesifiek
so ooreenkom, met ander woorde addisionele bedinge. Naturalia is
bedinge wat van regswe as deel van 'n kontrak beskou word maar
deur onderlinqe afspraak uitgesluit kan word. Sien onder andere
Van Jaarsveld 22. Naturalia word normaalweg nie uitdruklik
beding nie, maar vorm steeds deel van die kontrak, en het daarom
'n kontraktuele basis.
8
- Indiensnerning in 'n spesifieke pos 12
13 - Verskaffing van veilige werksomstandighede
- Nie-openbaarmaking van persoonlike inhigting 14
Dit moet onmiddellik vermeld word dat hierdie verpligtinge van die
werkgewer (en ooreenstemmende regte vir die werknemer) as sye
gemeenregtelike re1s gewysig of uitgebrei kan word deur wetgewing
12 'n Werknemer moet aangewerid word in 'n pos en vir take soos
ooreengekom. Aanstelling in, of latere verlaging na, 'n pos met
laer status, kan kontrakbreuk daarstel. Sien Van Jaarsveld en
Coetzee 73. Die algemene beginsel is dat 'n werkgewer bloot die
werknerner in diens moet neem en dat hy nie fisies werk hoef te
voorsien nie. Brassey "The Contractual Right to Work" 1982 lU
247 e.v. bespreek die ontwikkeling van hierdie beginsel met
verwysing die Engelse en Suid-Afrikaanse reg en lei af dat as
gevoig van beslissings soos Stewart Wrightson v Thorpe 1977 (2)
SA 943 (A) en Muzondo v University of Zimbabwe 1981 (4) SA 755
(Z) daar wel sprake is van 'n reg op fisiese werk, afhangende van
die "proper construction of the contract".
13 Sien Van Jaarsveld en Coetzee 81 : "Voordat 'n werkgewer
aanspreeklik kan wees, moet daar eers aan die vereistes vir die
bestaan van aanspreeklikheid voldoen word. Daar is twee
moontlikhede ten aansien van die aanspreeklikheid wat hier ter
sprake kom, naamlik op grond van kontrakbreuk of onregmatige
daad. In geval van kontrakbreuk het mens te doen met die
situasie waar die werkgewer 'n uitdruklike of stilswyende
verpligting op horn geneem het en sy versuim om die verpligting na
te kom, veroorsaak die gewraakte dade". Ten opsigte van
moontlike delik, is dit veral die skuldelement in die vorm van
nalatigheid/versuim aan die kant van die werkgewer wat van belang
is. Sien in hierdie verband in die algemeen veral J.C. van der
Walt Delict: Principles and Cases.
14 Sien gesag aangehaal deur Van Jaarsveld en Coetzee vn. 114 op 87.
Dit wil voorkom of skending van hierdie verpligting 'n
inbreukrnaking op die persoonlikheidsreg of reg op privaatheid van
'n werknemer sou daarstel.
15 Sien Van der Vyver en Van Zyl 97 en 98.
16 17 So is daar wetgewing wat veilige werksomstandighede , verlof
lone enonder sekere ornstandighede skadeloosstelling van sekere
werknemers 21 real. Verder kan daar ook "ondergeskikte huishoudelike
wetgewing" wees in die vorm van afgekondigde en moontlik uitgebreide22
nywerheidsooreenkomste , of ander kollektiewe arbeidsooreenkomste
Kortliks saamgevat. is die tradisionele verpligtinge van die werknemer
die volgende:
16 Onder andere Die Wet op Masjinerie en Beroepsveiligheid 6 van
1983.
17 Onder andere Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 3 van 1983.
18 Die Loonwet 5 van 1957.
19 Die Ongevallewet 30 van 1941 en Die Wet op Werkloosheidsverseke-
ring 30 van 1966.
20 Sekere groepe werknerners geniet nie die beskerming van sommige
van bogenoemde wette nie.
21 Van Jaarsveld en Coetzee 186. Sien oak S.A. Association of
Municipal Employees v City Council of Pretoria 1948 (1) SA 11 (T)
17.
22 Van Jaarsveld en Coetzee 192 e.v. Sien art 48 van Wet 28 van
1956.
23 Nt word aanvaar dat kollektiewe arbeidsooreenkomste buite die
nywerheidsraadstelsel om nie statutre regskrag verkry nie, maar
wel kontraktuele gebondenheid tussen die partye tot die
ooreenkoms teweegbring. Vir statutre regskrag is afkondiging in
die Staatskoerant nodig. Sien in die algemeen E. Pretorius
"Erkenning van Vakverenigirigs in Suid-Afrika" 1983 ILJ 237 oar
die verskillende soorte ooreenkomste buite die nywerheidsraad-
stelsel om.
1211
- Beskikbaarstelling 24
gesag
van arbeidskragte vir 'n tydperk onder
- Handhawing van bona fides 25
24 Die werknemer onderneem om 'n spesifieke taak te verrig. Hy moet
dus in staat wees om die ooreengekome werk te kan verrig. Hy
onderneern ook om alle redelike/regmatige bevele uit te voer wat
impliseer dat hy goeie gedrag sal operibaar en horn by re1s in
sake werksure, oortyd ens. sal hou. Sien o.a. Smit v Workmen's
Compensation Commissioner 1971 (1) SA 51 (A) op 26 oor die
ondergeskikte verband waarin 'n werknerner horn bevind ten opsigte
van beheer of kontrole deur 'n werkgewer. Le Roux 1979 MB 50 en
Pauw 1979 MB 138 verskil in hul interpretasie oor die effek van
die applhof se beslissing wat betref die ou "kontrole-toets" en
die ontwikkeling van 'n saamgestelde/afgewaterde kontrole-toets.
Van Jaarsveld en Coetzee 100 praat van 'n verpligting tot
gehoorsaamheid en onderdanigheid.
25 Hierdie wye verpligting ontstaan eintlik ex lege (Van Jaarsveld
en Coetzee bOA). Die werknerner moet waak teen botsing van
belange, misbruik van die diensverhouding vir eie gewin en
misbruik van die werkgewer se eiendom. Die ex lege vertrouens-
verhouding veronderstel ook dat handeisgeheime en persoonlike
inhigting aangaande die werkgewer nie deur die werknemer aan
derdes verskaf mag word nie. In hierdie verband moet die
"restraint of trade" - tipe ooreenkoms ook in gedagte gehou word.
Aihoewel bona fides ook geraak word, tree die "restraint" in na
beindiging van die dienskontrak. Sien Van Jaarsveld en Coetzee
103 vn. 58: "Indien 'n werknemer die diens van sy werkgewer
verlaat, bestaan daar geen verdere kontraktuele verhouding tussen
die partye nie sodat die vertrouensverpligting van die werknemer
verval. Indien daar ook geen verbodsklousule ten aansien van
mededinging in die betrokke dienskontrak vervat was nie, is die
enigste grand waarop 'n werkgewer nog teen 'n gewese werknemer
van horn kan optree indien eersgenoemde op 'n ongeoorloofde wyse
met horn in mededinging getree het, onregrnatige mededinging". 'n
Verbodsklousule is eintlik nie deel van die dienskontrak wat
verval by diensbeindiging nie, maar eerder 'n afsonderlike
aoreenkoms wat dan eers in werking tree.
11
Dit staan die partye by die individuele dienskontrak natuurlik vry om
addisionele regte en verpligtinge te beding, solank dit voldoen aan 26
die algemene geldigheidsvereistes vir kontrakte . Die opmerkings
hierbo oor die moontlike invloed van wetgewing, nywerheidsooreenkomste
of kollektiewe arbeidsooreenkomste is ook hier van toepassing op die
verpligtinge van die werknemer (en daarmee gepaardgaande regte vir die
werkgewer).
Die kontraktereg en sekere statutre voorskrifte re1 al die juridiese
beginsels van toepassing op verbintenisskeppende ooreenkomste wat tot
stand kom wanneer partye deur consensus afspreek om 'n idele regsband
in die lewe te roep waarkragtens een party bevoeg is om 'n prestasie
(dare, facere r non facere) te vorder van die ander party, wat op sy
beurt weer verplig is tot daardie prestasie.
Doen een party jets wat inbreuk maak op die ooreenkoms, pleeg hy27
kontrakbreuk. In die woorde van Van Jaarsveld : "' n Skuldenaar
pleeg kontrakbreuk as hy strydig met syverpligtinge ingevolge 'n
kontrak handell!. Die skrywers gaan verder
UKontrakbreuk het sekere gevolge en laat sekere remedies vir 'n
skuldeiser ontstaan wat wissel na gelang van die omstandighede.
Die eerste remedie is die afdwinging van die primre en Icon-
traktuele verpligting van die skuldenaar. Waar dit nie verkry
kan word nie, kan die skuldeiser skadevergoeding as surrogaat van 29
prestasie vorder . In beide gevalle mag die skuldeiser
bykornende skadevergoeding vorder, byvoorbeeld op grond van In
versuim cm te presteer, of die feit dat daadwerklike prestasie
nie geskied het nie. In sekere uitsonderingsgevalle kan die
skuldeiser uit die kontrak terugtree (die kontrak sogenaamd
kanselleer) en dan sy eie prestasie terugvorder (indien
toepaslik) en skadevergoeding eis".
26 Sien oor algemene geldigheidsvereistes van kontrakte onder andere
De Wet en Van Wyk hfst. 3 en 4.
27 Op 126.
28 Op 127.
29 Sien ook Isep Structural Engineering and Plating (Pty) Ltd v
Inland Exploration Co (Pty) Ltd 1981 4 SA 1 (A).
12
Ingewikkelde reels word aangewend om te bepaal watter remie(s) 30
beskikbaar is in elk van die erkende vyf vorme van kontrakbreuk
'n Diensverhouding ontstaan as gevoig van die sluiting van
dienskontrak. Sou een van die partye (werkgewer of werknemer) versuim 31
am die afspraak gestand te doen, pleeg hy kontrakbreuk . Teoreties
kan so 'n versuim enige vorm van kontrakbreuk aanneem. In die praktyk
is dit egter meestal die werknemers wat weier om diens te lewer of
onbevredigende diens lewer en die werkgewers wat summier ontslaan.
Die argument in kontraktuele sin lui dan meestal soos voig: Weiering
am te werk soos ooreengekom of lewering van onbevredigende diens is
ernstige kontrakbreuk in die vorm van repudiring of positiewe 32
wanprestasie respektiewelik wat aan die werkgewer die bevoegdheid
bied am die ooreenkoms te kanselleer.
In ander situasies weer, waar ontslag te wyte is aan 'nander rede as
beweerde kontrakbreuk deur die werknemers, voer die werkgewer aan dat
sy prerogatief heeltemal regmatig uitgeoefen is deur die nodige kennis
te gee of lone in plaas daarvan. Die argumente is, met ander woorde,
dat normale aanvaarde kontraktuele bevoegdhede uitgeoefen is.
Kontrakbreuk by diensverhoudings kom in die algemeen voor in die vorm
van repudiririg . Soos De Wet en Van Wyk dit stel: "Die grondsiag
30 Die vyf erkende vorme van kontrakbreuk is mora debitoris mora
creditoris, positiewe wanprestasie, repudiring en onmoontlik-
making van prestasie.
31 Sien Van Jaarsveld en Coetzee 88 e.v. en 108 e.v.
32 Sien De Wet en Van Wyk 161 en Van Jaarsveld 136.
33 Dieselfde beginsels geld in die Engelse Reg. Sien D.W. Crump
Dix and Crump on Contracts of Employment 43: "If an employer or
employee repudiates the contract of employment the relationship
may be terminated. A party to a contract is guilty of repudiato-
ry conduct if he acts in such a manner as to indicate that he no
longer considers himself bound by, or does not intend to comply
with, his obligations under it. Not every breach entitles the
innocent party to rescind the contract, but the misconduct must
be such as goes to the foundation or 'root' of the relationship
itself".
34 op 152. My tussenvoegsel.
13
van die leerstuk (van die beginsels random repudiring) is dat die
kontraksparty, wat op ondubbelsinnige wyse te kenne gee dat hy horn aan
die afspraak nie gaan hou nie, daardeur die verwagting wek dat die
doel, wat met die ooreenkoms beoog is, in ieder geval, wat horn betref,
nie bewerkstellig gaan word nie, en dat die ander horn derhalwe op sy
woord rnag neem, uit die kontrak mag terugtree en die repudieerder vir
skadevergoeding aanspreeklik rnag hou". Van Jaarsveld se definisie 35
stem in beginsel hiermee ooreen.
As 'n werkgewer of werknemer dan sodanig te kenne gee ten opsigte van
die regte en verpligtinge uit 'n dienskontrak soos hierbo bespreek,36
pleeg hy kontrakbreuk in die vorm van repudiring . Volgens algemene
kontraktuele beginsels beindig repudiring nie die kontrak per se
nie, maar kan die "onskuldige" party kies of hy dit aanvaar, en of hy 37
eerder wil aanspraak maak op spesifieke nakoming . Wat die
dienskontrak spesifiek aanbetref, geld die tradisionele beginsel (soos
35 op 139: "Onder repudiring word daar verstaan dat die skuldenaar
aan die skuldeiser te kenne gee dat hy sy verpligtings onder die
kontrak verwerp of repudieer. Hy kan dit uitdruklik doen deur te
verklaar dat hy nie gaan presteer nie, of hy kan dit stilswyend
of by implikasie doen, deur die bestaan van die ooreenkoms te
ontken, te ontken dat hy sekere verpligtinge ingevolge die
kontrak onderneem het, deur strydig met die ooreenkoms te handel,
deur voor te gee am daaruit terug te tree sander enige reg
daartoe of om 'n onvoldoende kennisgewing van huur- of
diensopsegging te gee. 'n Skuldenaar repudieer ook 'n kontrak as
hy sonder grand te kenne gee dat nakoming objektief onmoontlik
is, of dat dit vir horn persoonlik onmoontlik is, of op die dag
vir prestasie bepaal, onmoontlik sal wees am te presteer".
36 Repudiring vereis inderdaad meer as blote versuirn am te
presteer; daar moet 'n positiewe weiering wees. Sien De Wet en
Van Wyk 154. Sien oak Van Jaarsveld 139 oar die objektiewe
toets.
37 Sien Van Jaarsveld 139 en 140.
14
38 deur die howeontwikkel) dat spesifieke nakoming nie gelas word nie
39 Van Jaarsveld stel dit so: "Slegs vir die geval van dienskontrakte
sal die repudiring van sy verpligtings deur die werknemer of
werkgewer tot gevoig he dat die verhouding tussen die partye behandel 40
word asof die kontrak tot 'n einde gebring is " . By dienskontrakte
kom terugtrede dus algemeen vbor en is spesifieke nakoming die 41
uitsonderlike remedie . Twyfel word egter op hierdie standunt
gewerp deur die mylpaalbeslissings in die tweede Stag Packings - en 43
die Stewart Wrightson - sake ingevolge waarvan bevestig word dat,
enersyds, die hof steeds 'n diskresie voorbehou, en, andersyds, dat
normale kontraktuele beginsels onveranderd ook vir dienskontrakte
geld. In die beslissing van Benson v S.A. Mutual Life Assurance 44
Society bevestig die applhof pertinent die bevoegdheid van 'n hof
om 'n bevel tot spesifieke nakoming te gelas: "It is settled law that
the grant or refusal of such an order is entirely a matter for the
discretion of the court in which the claim is made". Alhoewel in casu
die aangeleentheid nie op 'ri dienskontrak betrekking gehad het nie,
maan die hof dat Engelse beginsels (waarvandaan die ou real teen
spesifieke nakoming van dienskontrakte onder andere afkomstig is) nie
sonder meer en onoordeelkundig soos in die verlede in die Suid-
Afrikaanse reg toegepas behoort te word nie. In Nash v Golden
38 Van Jaarsveld en Coetzee 89 en 108. Christie Law of Contract 510
stel dit besonder sterk: "It is settled law that no order for
the specific performance of a contract of employment will be
granted". Hy gee egter toe dat werknemers waarvan die diensver -
houding deur statuut gerel word in 'n effe anders posisie
verkeer. Die hof kan die ontslag van so 'n werknemer nietig
verklaar (op 511).
39 Op 140.
40 'n Omvattende studie van hierdie aangeleentheid is vervat in die
artikel van Brassey 1981 ILJ 57.
41 Sien Van Jaarsveld en Coetzee vn. 140 op 93.
42 N[JTW v Stag Packin2s (Pty) Ltd. 1982 ILJ 285 (T).
43 Stewart Wrightson (Pty) Ltd. v Thorpe 1977 (2) SA 943 (A).
44 1986 (1) SA 776 (A).
15
Dumps (Pty) Ltd 5 bevestig die applhof dat normale rels by
repudiasie geld en dat afhangende van die ornstandighede spesifieke
nakoming beveel kan word. In hierdie twee sake word dienskontrakte
nie uitgesonder nie, sodat aangevoer kan word dat by implikasie
hierdie beginsel ook geld vir dienskontrakte. Die hooggeregshof het
horn (in die duidelikste woorde) in Myburgh v Danilskuil 46
Munisipaliteit die bevoegdheid toege±en om normale reals by
kontrakbreuk ook op dienskontrakte toe te pas: "Na aanleiding van die
beslissing (in Stag Packings) en die gesag waarop daarin gesteun word,
is ek van oordeel dat ek regtens wel geregtig is om 'n bevel toe te
staan waarkragtens die respondent gelas word om die applikante weer in
haar pos te stel ... By 'n beslissing van die vraag moet ek egter die
besondere omstandighede van die onderhawige diensverhouding oorweeg I'
Dit is interessant dat hierdie teenstrydige standpunte ook voorkom in
45 1985 (3) SA 1 (A). Sien 22D-G: "Where one party to a contract,
without lawful grounds, indicates to the other party in words or
by conduct a deliberate and unequivocal intention no longer to be
bound by the contract, he is said to "repudiate" the contract
(see Van Rooyen v Minister van Openbare Werke en Gemeenskapsbou
1978 (2) SA 835 (A) at 845A-B). Where that happens, the other
party to the contract may elect to accept the repudiation and
rescind the contract. If he does so, the contract comes to an
end upon communication of his acceptance of repudiation and
rescission to the party who has repudiated (see Joubert Law of
South Africa vol. 5 para 226). The consequence of this is that
the rights and obligations of the parties in regard to the
further performance of the contract come to an end and the only
forms of relief available to the party aggrieved are, in
appropriate cases, claims for restitution and for damages.
Where, however, a right to performance under the contract has
accrued to one party prior to rescission, this right is not
affected by the rescission and may be enforced despite
rescission".
46 1985 (3) SA 335 (NK) 347A. My tussenvoegsel.
16
47 die Engelse Reg
Kontrakbreuk deur een party stel horn ook aanspreeklik vir 48
skadevergoeding teenoor die ander party . Skadevergoeding is die
mees algernene remedie by kontrakbreuk. Dit is daarop gemik am die
benadeelde party in die posisie te Was waarin hy sou gewees het as
die kontrak behoorlik uitgevoer is . Skade moet natuurlik bewys 50
word
Die aangeleentheid random spesifieke nakoming word in hoofstuk vyf
weer opgeneem.
47 Crump 44: "It is probable that it is not necessary for
repudiation by an employer of the employment contract to be
'accepted' by the employee to bring it to an end. In Sanders v
Ernest A. Neale Ltd. Sir John Donaldson said '... the obvious,
and indeed the only, explanation is that repudiation of a
contract of employment is an exception to the general rule. It
terminates the contract without the necessity for acceptance by
the injured party'. The opposing view that the usual rule of
contract law applies, namely that the injured party has the right
to elect to bring the contract to an end by clearly showing that
he considers himself released from the obligations, does have
some support but the special nature of employment contracts is
now generally accepted. There may be certain situations where a
contract of employment can survive a wrongful dismissal by the
employer but such cases are likely to be extremely rare. In
practice, however, the employee has little alternative but to
treat the contract as at an end, and claim damages for wrongful
dismissal since he will not be able to render the service
required by the contract, and is under a duty to mitigate the
loss consequent upon his employer's breach".
48 Skadevergoeding as remedie by kontrakbreuk staan onaangetas in
die arbeidsreg. Sien Van Jaarsveld en Coetzee 108 en 111.
49 Christie 523.
50 Ibid 524.
17
3 ONBILLIKE ARBEIDSPRAKTYK: ONTSTAAN, ONTWIKKELING EN OMSKRYWING
In die voorafgaande gedeeltes is telkens verwys na tradisionele regte
en verpligtinge, tradisionele verbintenisse en die tradisionele diens-
kontrak. Dit behoort nou duidelik te wees dat hiermee nie alleen na
die regsposisie voor die "Wiehahn-era" verwys word nie, maar inder-
daad na die basiese gemeenregtelike dienskontrak soos ontwikkel uit
die Romeinsregtelike locatlo conductio operarum sonder enige
wetteregtelike benvloeding. Dit word immers gese dat: "Individual
labour relations are still regulated by the common-law contract of
service with the idea of absolute right of 'freedom of contract',
paying virtually no regard in practice to the protection of the
employee aainst the misuse of circumstances or his position of
dependence"
Dat die gemeenregtelike dienskontrak die basis van die moderne
arbeidsreg en -verhoudinge is, is waar . Dat tradisioneel vanuit 'n
streng kontraktuele oogpunt geredeneer is dat nie-nakoming van 'n pug
deur werkgewer of werknemer kontrakbreuk daarstel en dat afhangende
van die aard of ems van die kontrakbreuk, normale remedies tot 5
beskikking van die onskuldige party is, is ook waar . Om egter aan te
voer dat die regsposisie in 1987 steeds een is waarin die kontrak
telkens sevier is 'n ongunstige veralgemening.
Die posisie dat in die arbeidsverhouding 'n magsonewewigtigheid
bestaan, waar die werkgewer beskou word as sou hy die rnaghebber wees,
die kapitaal besit, die werknemer se doen en late in die werksituasie
Met "Wiehahn-era" word bedoel die tydperk en arbeidsregtelike
ontwikkeling sedert die aanwysing van die Kommissie in 1977 tot
en met vandag, terwyl sommige van die aanbevelings wat nie germ-
plementeer is nie steeds deur die Nasionale Mannekragkommissie
oorweeg word.
2 De Wet en Van Wyk op 338.
3 Poolman op 198.
4 Sien bl. 1 hierbo.
5 Stewart Wrightson v Thorpe 1977(2) SA 943 (A); R. v Smit 1955(1)
SA (K) 241; Ngewu, Masondo v Union Co-operative Bark and Sugar
Co. Ltd. 1982 (4) SA (N) 402; Raad van Mynvakbonde v Kamer van
Mynwese 1984 ILJ 344 (IC); Marievale Consolidated Mines Ltd. v
NUM 1986 ILJ 108 (W).
HK
beheer en in die meeste gevalle 'n (totale) req van ontslag oor die
werker sou he , en waar die werknemer maar eenvoudig die
bestuursprerogatiewe slaafs moet gedoog, het verander . Wiehahn toon
oortuigend aan hoe die eeue-oue groei van die gevoel teen die
uitbuiting, misbruik en inqevaarstelling van werknemers ontwikkel het
in die ses basiese arbeidsdemokratiese "regte", met die doel om
gelykheid of ewewigtigheid tussen die posisies van werkgewer en
werknemer te verkry Die strewe na voldoende beskerming van die
werknemer het eindelik die Staat genoop am in te gryp en dit lei tot
wat internasionaal bekend staan as die tripartisme van staat,
werkgewer en werknemer. Die Staat poog hedendaags om deur sy
betrokkenheid en deur middel van regulering 'n ewewigtigheid in die
werkgewer-werknemer verhouding te handhaaf.
Die ontwikkeling van koilektiewe arbeidsreg kom neer op die
geleidelike afskaling van die suiwer kontraktuele basis van die
diensverhouding. Dit is juis moderne wetgewing in die vorm van veral
die telkens gewysigde rIet op Arbeidsverhoudinge 28 van 1956 en
spesifiek betrekiike vars bepalings rondom onbillike arbeidspraktyke
wat die beweerde tradisionele onewewigtigheid in 'n groot mate herstel
het.
Juis omdat die kontraktueie aard van die diensverhouding die oorsaak
van die onewewigtigheid was, het eksterne ingrype ten einde die
onewewigtigheid te herstel ook e n invloed op die kontraktuele aard van
die diensverhouding, en daarom ook op die verbintenisse voortspruitend
uit die dienskontrak.
Hierbo is verwys na die betreklik vars bepalings rondom onbillike
arbeidspraktyke. Om hierdie innovasie van die tagtigerjare in sy
voile omvang te begryp, is dit nodig am vas te stel waar die gedagte
vandaan kom, wat inderdaad bepaal word, en wat die trefwydte daarvan
is.
6 Aantekeninge tot volledige Wiehahn-verslag par. 2.14 en 2.15.
7 Sien P. Pretorius: "Status quo Relief and the Industrial Court:
The Sacred Cow Tethered" 1983 ILJ 167 waarin sekere nuwer bepa--
lings van Die Wet op Arbeidsverhoudinqe geloof word as 'n knie-
haltering van vroer onbeperkte bestuursprerogatiewe.
8 Sien vfl. 6.
19
Die Wiehahn-kommissie is ongetwyfeld die vader van die gedagte van die
Suid-Afrikaanse onbillike arbeidspraktyk. Reeds vroeg in die verslag
staan opgeteken dat die belange van individue en groepe werkers
behartig moet word onder andere deur oorleg tussen 'n werkgewer en sy
werknemers alvorens enige veranderings in gevestigde werkspraktyke
aangebring word, met toevlug tot die nywerheidshof vir enige party wat
verontreg voel. Verdere doelstellings is uitspraak deur die
nywerheidshof oor bewerings van onhillike afdanking, 'n paslike
wysiging van die bepalings van art. 43 van Die Wet op
Nywerheidsversoening van 1956 wat die Minister magtig am werknemers in
diens te herstel of am hulle bedinge en voorwaardes van diens te
herstel, en die ontwikkeling van wetgewing insake billike
arbe idsprak tyke.
Verder, onder die opskrif "Instelling van 'n nuwe nywerheidshof" 10
beveel die Kommissie aan dat sekere geregtelike funksies aan die
nywerheidshof oorgedra word. Hieronder val die verhoor van beweerde
gevalle van onrelmatige en ongewenste arbeidspraktyke soos ongereg -
verdigde of onbillike veranderings in die gevestigde samestelling van
'n werkgewer se werkerskorps of ander optrede wat nywerheidsvrede
bedreig of tot ontevredenheid kan lei asook die ondersoek en verhoor
van beweerde gevalle van onbillike ontslag of onregverdige verande-
rings in diensvoorwaardes. Dit word in die vooruitsig gestel dat die
nywerheidshof 'n bran van gewysdes opbou wat by wyse van geregtelike
presedent sal bydra tot die formulering van riglyne vir billike
arbeidspraktyke.
11 In die Witskrif oar Deel 1 aanvaar die regering van die dag al
hierdie aanbevelings. Uit die teks word twee besonder insiggewende
stellings aangehaal, waarvan die tweede 'n kwalifikasie vanaf
regeringskant bevat:
"71 Die gewysigde stelsel van nywerheidsverhoudinge wat deur
die Kommissie voorsien word, is vir sy suksesvolle funksionering
in hog mate afhanklik van die bestaan van 'n onpartydige
9 Deel I par. 3.159.
10 Deel I par. 4.28.
11 Witskrif oor Deel I hfst. 3 par. 6.13 en hfst. 4 par. 7.
20
regsprekende instansie wat benewens suiwer juridiese oorwegings 12
ook billikheidsoorwegings in aanmerking kan neem ... .11
"6.13.3 Ten tweede aanvaar die regering dat ofskoon dit duidelik
is dat wetgewing insake billike arbeidspraktyke 'n uiters
waardevolle bydrae sou kon lewer tot 'n gladde oorgang na die
nuwe bedeling, sodanige wetsbepalings uiteraard alleen met
verloop van tyd en na gelang van ondervinding geformuleer sal kan
word. So kan byvoorbeeld die regskeppende rol van die 13
voorgestelde nuwe nywerheidshof nie vooruitgeloop word nie ."
Hieruit is dit duidelik dat die regering op daardie stadium 'n ho
premie geplaas het op die gedagte van billikheid, dat erken is dat
billikheidsoorwegings inderdaad tradisionele juridiese beginsels mag
benvloed, maar dat die formulering van die regsposisie rondom14
onbillike arbeidspraktyke 'n onsekerheid is wat tyd mag .neem om uit
te klaar. Hierdie huiwering is waarskynlik een van die redes waarom
onbillike arbeidspraktyke wat die statutre omskrywing aanbetref tans
steeds reaksie ultiok.
Dit is as gevoig van Deel I van die Versiag dat die begrip "onbillike
arbeidspraktyk" sy eerste verskyning gemaak het. Die Wysigingswet op
Nywerheidsversoening 94 van 1979 het 'n "onbehoorlike arbeidspraktyk"
omskryf as enige praktyk wat volgens die oordeel van die nywerheidshof
'n onbehoorlike arbeidspraktyk is. Die feitlik grenslose omskrywing
het groot kritiek uitgelok: "This definition ... amounted to 15
delegated legislation pure and simple .. ." . Ook Reichman en 16
Mureinik praat van raaiselagtigheid en duisterheid en pleit vir 'n
gewysigde omskrywing met verwysing na die Arnerikaanse wetgewing rondom
onbillike arbeidspraktyke.
12 Witskrif oor Deel I hfst. 4 par. 7.1. My beklemtoning.
13 Ibid hfst. 3 par. 6.13.3.
14 Die regering se standpunt in hierdie opsig kom neer op 'n
huiwering om wetteregtelik te lei en 'n voorkeur aan 'n proses
waardeur die howe presedente moet skep en handhaaf.
15 C de Witt Labour Law for Managers Vol. 1 No. 9 en 10, par. 2 op
3.
16 "Unfair Labour Practices" 1980 ILJ 1
21
Die Wysigingswet op Nywerheidsversoening 95 van 1980 het "onbehoorlik"
na "onbillik" verander en 'n nuwe breedvoeriger omskrywing verskaf.17
'n Verdere klein wysiging voig in 1982 , sodat die woordomskrywing
ooreenkomstig art. 1(1)(xx) van Die Wet op Arbeidsverhoudinge 28 van
1956 nou soos voig lees:
"(a) enige arbeidspraktyk of enige verandering in enige arbeids-
praktyk, uitgesonderd 'n staking of 'n uitsluiting wat die
uitwerking het of kan he dat -
enige werknemer of kias werknemers onregverdig daardeur
geraak word of kari word of dat sy of hul werkgeleent-
hede, werksekerheid of fisiese, ekonomiese, morele of
sosiale welsyn daardeur benadeel of in gevaar gestel
word of kan word;
die besigheid van enige werkgewer of kias werkgewers
onregverdig daardeur geraak of ontwrig word of kan
word;
arbeidsonrus daardeur geskep of bevorder word of kan
word;
die verhouding tussen werkgewer en werknemer nadelig
daardeur geraak word of kari word; of
(b) enige ander arbeidspraktyk of enige ander verandering in
enige arbeidspraktyk wat 'n uitwerking het of kan he wat
soortgelyk of verwant is aan 'n uitwerking in paragraaf (a)
genoem;"
18 Steeds is 'n aantal skrywers nie tevrede nie. Le Roux is van mening
dat aihoewel die n' iwe definisie gemik is op duideliker ri?lyne, dit
steeds geweldig wyd is en weinig leiding verskaf. Mureinik stel dit
so: "Plainly, this definition is open texture in the extreme • .", en
17 Viktimisasie was volgens die 1980 wysiging uitgesonder saam met
stakings en uitsluitings as synde nie onbillike arbeidspraktyke
nie. In 1982 is viktimisasie as uitsondering verwyder sodat dit
nou wel 'n onbillike arbeidspraktyk kan konstateer.
18 "The unfair labour practice, the minister and the industrial
court" 1983 MB 154.
22
beskou die vraag na die (a)(iii) en (a)(iv) subartikels dieselfde as
om die hof te vra na sy mening rakende 'n arbeidsverhoudingbeleid. 20
Louw het dit daarteen dat geen voorbeelde genoem word nie. Die
omskrywing is so wyd dat feitlik enige dispuut een insake onbillike
arbeidspraktyk kan wees.
Die definisie van die begrip is omstrede. Dit is duidelik dat dit in
hoofsaak gaan oor die kwalifiserende "onbillikheid" van die praktyk. 21
Poolman stel dit so: "Every labour practice must adhere to the
requirements of 'fairness'". Die Wet op Arbeidsverhoudinge bied 22
sekere remedies in gevalle van arbeidspraktyke wat onbillik is. Die
nywerheidshof besluit wanneer 'n praktyk onbillik is. Dit hang dus
grootliks af van die persepsies van die onderskeie voorsittende
beamptes. Wat vir een in bepaalde omstandighede onbillik mag wees,
mag weer vir 'n ander nie wees nie.
23 Die probleem is daarom eintlik een van inkonsekwentheid. Poolman is
van mening dat verskillende arbeidspraktyke vir onbillikheid of
bill±kheid getoets moet kan word "with reasonable certainty and
accuracy".
24 In een van sy publikasies doen die Kamer van Mynwese as die grootste
enkele verteenwoordiger van werkgewers in die Suid-Afrikaanse
mynbedryf 'n oproep vir 'n duideliker ornskrywing sodat werkgewers
groter sekerheid kan he oor die vraag na wanneer 'n handeling deur 'n
werkgewer onbillik sal wees.
Daar is twee moontlikhede waarvolgens konsekwentheid of sekerheid en
akkuraatheid na my mening verkry kan word. Enersyds deur die skep en
navolging van presedente en andersyds deur kodifisering.
Dit was een van die spesifieke aanbevelings van die Wiehahn-kommissie
dat die nywerheidshof "'n bron van geiysdes opbou wat by wyse van
geregtelike presedent sou bydra tot die formulering van riglyne vir
20
"The unfair labour practice - the case for codification" 1985 MB
157.
21 op 3 .
22 Later word hierop teruggekom.
23 Ibid.
24 "Industrial Relations in S.A. - a new era" 1986 Mining Survey 1/4
op 63.
23
19 "Unfair labour practice: update" 1980 ILJ 113. 25
billike arbeidspraktyke" en dat wetgewing ocr onbillike
arbeidspraktyke moet ontwikkel onder andere"met 'n belangrike bydrae 26
deur die beslissing van die nywerheidshof"
Die nywerheidshof lewer gereeld uitsprake waarin daar na vorige 27
beslissings van dieselfde hof verwys word . Ten spyte hiervan is
daar by meerdere geleenthede kritiek uitgespreek teen die feit dat die
beslissings inkonsekwent is omdat (sommige) lede verskillende28
denkrigtings aanhang wat onversoenbaar is . 'n Ondersoek toon ook
25 Sien vn 1 hierbo.
26 Versiag Deel 5 par. 4.129.3.
27 In die veelbesproke beslissing van NUM v Marievale Consolidated
Mines Ltd. 1986 ILJ 123 op 135 e.v. verwys die nywerheidshof met
goedkeuring na die faktore wat neergel& is in Raad van Mynvak-
bonde v Kamer van Mynwese 1984 ILJ 44 (IC) op 361 om die diens-
beindiging van stakende werkers te toets vir moontlike
onbillikheid. Sien ook van die beslissings met betrekking tot
"retrenchment": [JAMAWU v Fodens (SA) (Pty) Ltd. 1983 ILJ 212
(IC); Shezi v Consolidated Frame Cotton Corp. 1984 ILJ 3 (IC);
Gurnede v Richdens (Pty) Ltd. 1984 ILJ 84 (IC). Dit moet in
gedagte gehou word dat die nywerheidshof nie gebind word aan eie
vorige beslissings nie. Sien Van Jaarsveld en Coetzee 296.
28 Sien Munks op 7, Davis op 425 en Davis "Legal Certainly and the
Industrial Court" 1985 ILJ 271 op 274: "It is ... this cavalier
approach to previous judgments of the court that is undermining
the ability of the court to develop a clear and certain body of
industrial law as envisaged by the Wiehahn Commission ..."
24
29 redelik maklik dat die ideaal van presedentskepping steeds nie
30 verwesenlik is nie
Aihoewel dit aanvaar word dat hierdie inkonsekwentheid soms onnodig
is, mag die hele doel van die wetgewing rondom onbillike arbeidsprak-
tyke nie gel'gnoreer word nie. Na my mening sou 'n geaag na
konsekwentheid die hele gedagte van soepelheid verongeluk . Die
buigsaamheid van die begrip is juis daar om die nywerheidshof in staat
te stel om dit te kan toepas op enige mooritlike stel feite, waar alle
omstandighede in ag geneem kan en nioet word. Dit gaan oar "justice in 32
the particular event"
33 Die Wiehahn-kommissie bespreek die term "billik" soos voig:
"Die gebruik van hierdie wye en gerieflike vae term is natuurlik
nie altyd gelukkig nie omdat dit die beregter in staat stel am I n
vertolking in 'n bepaalde geval te gee wat hoegenaamd nie verband
hou met logika of beginsel nie. In sy Middel-Engelse oarsprong
29 Van der Vyver en Van Zyl 109 e.v. noem hofuitsprake as een van
die ontstaansbronne van die Suid-Afrikaanse reg, en wel uit
hoofde van die stare decisis-rel, wat daarop neerkom dat 'n hof
onder die meeste omstandighede gebonde is aan ander hofuitsprake.
Wanneer hierdie rel toegepas word, word presedentereq geskep
(op 121), en dit betref alleen regsvrae. "Die gemelde real kom
in hooftrekke daarop neer dat 'n hof ... onder bepaalde
omstandighede gebonde is am 'n vorige uitspraak of uitsprake van
'n gelyke haf na te volg, tensy die hof oortuig is dat die vorige
uitspraak of uitsprake klaarblyklik verkeerd is . . ." (op 110).
Dit kan geredeneer word dat omdat die nywerheidshof nie 'n
horhof is nie, of selfs glad nie 'n geregshof nie, die
presedenteleer nie geld nie. Oak word die indruk soms geskep dat
sy wye billikheidsdiskresie in elk geval 'n afwyking van hierdie
beginsel regverdig. Ongelukkig word regsekerheid so in die wiele
gery.
30 Hierdie aangeleentheid word later deeglik ondersoek.
31 Sien Van der Merwe 264.
32 Ehiers "Dispute settling and Unfair Labour Practices" 1982 lET
11.
33 Versiag Deel 5 par. 4.127.3.
Om
het die woord "fair" 'n neutrale betekenis gehad wat gedui het op
"clear" of "unblemished"; in sy toepassing op die verhouding
tussen mense het die woord sedertdien I n kwasie-geregtelike kon-
notasie gekry. Vandag se bronne stel die woord gelyk met ander
soos: "equitable", "equity", "unbiased", "reasonable", "impar -
tial", "balanced", "just", "honest", "free from irregularities",
of "according .to the rules". Dit wil voorkom asof die konsep in
arbeidsverband gesien moet word as jets wat betrekking het op
praktyke wat in ooreenstemming is met die leerstellings van
geregtigheid - nie in die streng regsin nie maar in 'n ietwat
brer sin, as 'n uitdrukking van die natuurlike sin van gereg-
tigheid van die gemeenskap. Die taak van beregting in 'n bepaal-
de geval sou dus wees om die feite van die geval te meet aan die
maatstaf van die beregter se subjektiewe vertolking van wat die
gemeenskap se sin van geregtigheid in 'n bepaalde geval sou wees.
Min of geen objektiewe maatstawwe sou vir die beregter beskikbaar
wees nie".
Dit is baie duidelik hieruit dat die bedoeling was om 'n baie wye
begrip daar te stel wat soepel genoeg is om toepaslik te wees op enige
denkbare feitestel. Om dieselfde rede moet die oproepe van Reichman34
en Mureinik na 'n omskrywing gebaseer odie kasui'stiek van die
Arnerikaanse reg en die aanbeveling van Louw van 'n herformuleerde
definisie gebaseer op spesifieke onbillike arbeidspraktyke soos ge-
dentifiseer deur die Nasionale Mannekragkomrnissie met omsigtigheid
benader word. Laasgenoemde outeur sien aanhangers van die status quo36
as idealiste , hoofsaaklik omdat die nywerheidshof nie algemene37
riglyne wil neerl e nie en nie 'n akademiese standpunt wil formuleer
nie. Hierdie onwilligheid van die hof is na my mening aanvaarbaar,
mits vorige beslissing waar en sover moontlik wel nagevoig word. Wat
kan immers 'n beter algemene riglyn wees as di vervat in die
woordbepaling van onbillike arbeidspraktyk?
34 op 1 e.v.
35 op 159 e.v.
36 Ibid.
37 Ibid op 159.
In die geweldige gekompliseerde hedendaagse arbeidsverhoudingeis 'n
beperkende ornskrywing van die begrip nie aanbevelenswaardig nie .
Nuwe omskrywing wat duideliker riglyne aanbied en sekere spesifieke
praktyke omskryf sou alleenlik aanvaarbaar wees indien dit ook 'n 39
algemene verbodsbepaling bevat . So 'n algemene bepaling sou seker-
ilk oorkoepelend kon wees, sodat dieselfde tipe kritiek verwag sou kon
word as di rakende die huidige omskrywing. Oak kan mens iou afvra of
'n omskrywing van 'n omstrede verreikende beginsel ooit anders as
ornstrede sal wees, en of alle regsgeleerdes terselfdertyd tevrede
gestel kan word. Nogtans moet regsekerheid altyd 'n hog prioriteit
geniet, en moet voortdurende ondersoek en moontlike aanpassing van die
definisie goedgekeur word, veral am die regskeppende rol wat die
nywerheidshof horn ingevolge die feitlik grenslose bestaande definisie
toegeelen het te beperk.
Gedagtig aan die status quo en aan die persepsiologiese probleem 40
random die term "billikheid", moet met Ehiers saamgestem word:
"It can be deduced that because 'unfairness' has a very wide
meaning, it is just about impracticable if not impossible to
compile a list of the unfairnesses that are conceivable. The
question of whether an unfairness exists can only be decided by
considering all the circumstances surrounding a particular al-
leged unfair labour practice
Dit is egter duidelik dat die hele konsep van onbillike arbeidspraktyk
deur die wetgewer in heroorweging geneem gaan word sodat 'n (hopelik)
38 Van der Merwe op 264. In die woorde van Poolman op 11: "The law
cannot anticipate the boundaries of fairness or unfairness of
labour practices. The complex nature of labour practices does
not allow for such rigid regulation of what is fair or unfair in
any particular circumstance".
39 Die konsep van 1986 en Die Wysigingswetsontwerp op
Arbeidsverhoudinge bevat spesifieke ge!dentifiseerde onbillike
arbeidspraktyke sowel as 'n algemene oorkoepelende omskrywing.
40 Op 13.
21
41 duideliker omskrywing mag voig . Intusseri bly die voorvereistes van
42 Munks onontbeerlik:
"(It) is submitted that the present definition is not inadequate
provided that the industrial court is manned by experts in labour
law, and that serious endeavours are made to develop a body of
judicial precedent to contribute to the formulation of fair
employment guidelines . .
Dit is interessant dat die Wiehahn-kommissie tog 'n kode opgestel het43
as "riglyne" wat nie in wetgewing beslag gevind het nie. Hierdie
kode was ook nie vervat in die finale aanbevelings van die Kommissie
insake die beginsel van onbillike arbeidspraktyk nie.
41 Sien Die Wysigingswetsontwerp op Arbeidsverhoudinge soos
gepubliseer aan die einde van 1987.
42 op2.
43 Verslag Deel 5 par. 4.127.21.
W.
4 DIE BEREGTING VAN ONBILLIKE ARBEIDSPRAKTYKE DEUR DIE NYWERHEIDSHOF
'n Arbeidspraktyk wat 'n uitwerking het wat genoem word in die
woordomskrywingsartikel en sodoende gedentifiseer word as onbillik
teen 5f werkgewer f werknemer kan in die nywerheidshof voorkom as
rede vir die verlening van 'n tydelike interim bevel of as oorsaak van
'n finale vasstelling. Ingevolge Die Wet op Arbeidsverhoudinge, korn
onbillike arbeidspraktyke ter sprake in die nywerheidshof ooreen-
komstig art. 17(11)(bA) en 17(11)(f). Die hof kan 'n status quo bevel
verleen waar 'n onbillike arbeidspraktyk voor horn dien ingevolge art.
43, of 'n vasstelling maak waar 'n onbillike arbeidspraktyk gevolge
art. 46 na horn verwys is.
4.1 Status quo-bevel
Art. 43 real onder andere dat enige party by 'n geskil aangaande "' n
beweerde onbillike arbeidspraktyk" (nadat die party die geskil na I n
regsbevoegde nywerheidsraad verwys het of in die afwesigheid van een
aansoek gedoen het om die instelling van 'n versoeningsraad) by die
hof aansoek kan doen om 'n bevel wat gelas dat die beweerde onbillike
arbeidspraktyk nie ingevoer word nie, of indien die praktyk ingevoer
is, die arbeidspraktyke wat voor sodanige invoering bestaan het,
herstel word. Dit is daarom 'n bevel gemik op die handhawing van die
status quo ante . Hierdie remedie is tydelik , en is uitdruklik gerig
op die aanwending en uitputtirig van die oncierl-iandelingsmeganismes
'n Onbillike arbeidspraktyk word gel'dentifiseer aan die
uitwerking daarvan. Dit is dus 'n effek - benadering. Sien
Poolman op 12 en Mynwerkersunie v O'Okiep Copper Co. Ltd. 1983
ILJ op 144 e.v. waar verwys word na " results '1 Die wetgewer poog
om handelinge wat sekere onbillike gevolge mag h, te reguleer.
2 Munks op 3 verklaar: "(The) vast majority of applications before
the industrial court are status quo applications which frequently
allege the perpetration of unfair labour practices but do not
result in unfair labour practice determinations".
3 Van Jaarsveld en Coetzee op 302. Hierdie outeurs wys ook daarop
dat 'n art. 43 bevel eintlik 'n bevel tot spesifieke nakoming is,
naar wel op 'n tydelike basis.
29
inherent aan die Wet. Pretorius stel dit so: it In all applications under s 43 the status quo order is granted on the premise that the
machinery of the Act should be exhausted before the condition of
employment giving rise to the dispute is imposed by force" 5
Tensy die hof die bevel terugtrek bly dit van krag totdat:
die betrokke nywerheidsraad of versoeningsraad die geskil besleg
het, of
ingeval van onvermog van die raad om die geskil te besleg, die
hof die geskil vasstel, of
'n tydperk van 14 dae verstryk het vanaf die datum van die
Minister se besluit om nie die instelling van 'n versoeningsraad
goed te keur nie
welke gebeurtenis ookal eerste plaasvind, met die voorbehoud dat die
maksimum duur 90 dae is, welke periode deur die hof verleng kan word.
Van groat belang is die gebruik van die woord "beweerde" in die teks
van art 43(1)(c). Reichrnan en Mureinik wys daarop dat "the word
'alleged' must be read adverbially as modifying the objective 'unfair'
rather than adjectivally as qualifying the noun 'practice'". Meer korrekte Afrikaans sou na my mening gewees het "'beweerdelik'
onbillike arbeidspraktyk". Daar bestaan egter eensgesindheid dat dit
die bedoeling van die wetgewer was dat dit gaan oor beweerde
onhillikheid. Soos Van Jaarsveld en Coetzee dit stel: "' n Werknemer
4 1983 ILJ 180.
5 Beide die hooggeregshof (Consolidated Frame Cotton Corp. Ltd. v
President Industrial Court & Others 1986 ILJ 285 (N) op 294 A -
D) en die nywerheidshof (NUM v Unisel Gold Mines Ltd. 1986 lU
398 (IC) op 404 D) het twyfel uitgespreek oar die "maklike" toets
vir die verlening van 'n art. 43 bevel geformuleer deur
Pretorius. Dit wil voorkom asof die hof die standaard interdik-
toets verkies. Die beslissing van Eriksen Motors (Welkom) v
Protea Motors 1973 (3) SA 685 (A) op 691 word dikwels as gesag
gebruik. Sien ook Poolman op 222 e.v. Tog is daar beslissings
wat 'n tendens verteenwoordig om weg te beweeg van die interdik-
toets.
6 Art. 46.
7 1980 ILJ 18.
8 Op 302.
30
hoef dus slegs te 7 seA7 dat I n bepaalde praktyk onbillik is, dan
bestaan daar I n geskil soos beoog in hierdie artikel". Aan die jurisdiksionele vereiste word dus maklik voldoen. Of die praktyk ter
sprake in der waarheid wel onbillik is, word eers deur die hof bepaal
wanneer hy die aangeleentheid aanhoor. Pretorius is van mening dat
genoernde bewoording beteken dat waar 'n party erken dat 'n dispuut
bestaan rnaar ontken dat dit 'n onbillike arbeidspraktyk raak,
laasgenoemde ontkenning irrelevant is. "It is only at this stage for
the applicant to allege such an unfair labour practice . ..".
Omdat die hof 'n status quo - bevel "kan" toestaan, kom daar 'n
stadium waarop 'n besluit geneem moet word ten opsigte van die
"beweerde onhillike arbeidspraktyk". Die onbillikheid van die
prosedure of handeling moet dan noodwendig in aanmerking geneem word,
en die beginsel word grootliks gehandhaaf dat die applikant die onus
dra orn voor die hof 'n onbillike arbeidspraktyk op 'n prima facie - 10
grondsiag te bewys
Dit is duidelik dat die tydelike remedie soos gebied deur art. 43
verreikend is. Pretorius is van mening dat hierdie bepaling 'n
heilige koei, naamlik bestuursprerogatief, kniehalter : 'n Werkgewer
se bevoegdheid om betreklik maklik ooreenkomstig die bepalings van 'n
9 1983 ITJ 181.
10 Sien vn. 5 hierbo. In Kioof Gold Mines Co. Ltd. v NUM and others
1987 (1) SA 598 (T) het R Spoelstra bevind dat daar nie sprake is
van 'n bewyslas insake die meriete van 'n art. 43(4)-aansoek nie.
Op 606 D: "... I hold that, save for the jurisdictional facts
and subject to s 43(3)(a) in a s 43 application, none of the
parties carries an onus in the sense of finally satisfying the
industrial cost that such party is entitled to succeed on the
application as opposed to an evidentiary burden of adducing
evidence in support of his contentions or submissions to the
industrial court". 'n "Evidentiary burden of proof" bestaan wel,
en blykbaar op alle partye. Verder redeneer die hof dat
getuienis wat dui op die potensile mislukking van die aansoek om
instelling van 'n versoeningsraad deur die applikant, die saak
van die respondent kan bevoordeel in art. 43-aansoeke. In
hierdie opsig rus 'n bewyslas op die respondent.
11 1983 ILJ 167.
31
dienskontrak en normale kontraktuele beginsels 'n handeling te verrig
wat die werknemer(s) mag benadeel ('n tradisionele bestuurspreroga-
tief) word gekniehalter deurdat die benadeelde werknemer(s) betreklik
maklik 'n status quo - bevel kan verkry wat die werkgewershandeling
tydelik opskort of herstel.
Die onderliggende. beginsel dat die Wet geskilbeslegtingsmasjinerie 12
bevat wat eers uitgeput moet word , bring mee dat direkte toegang tot
die nywerheidshot, hoewel effe makliker in die geval van onhillike 13
arbeidspraktyke , grootliks nie beskikbaar is nie. Die enigste
moontlikheid van direkte toegang is waar die nywerheidsraad of parte
die Minister verwittig dat die geskil nie opgelos sal kan word nie ,
met ander woorde waar daar wat dit aanbetref, eenstemmigheid is. Waar
die partye nie so kan ooreenkom nie, of waar geen nywerheidsraad met
jurisdiksie bestaan nie, loop die pad na die nywerheidshof via 'n
versoeningsraad.
15 16 17 Le Roux , Reichman en Mureinik en Laborius kritiseer die feit dat
toegang tot die hof normaalweg 'n ompad loop. Die algemene gevoel
onder hierdie skrywers is dat die Minister se diskresionre magte ten
opsigte van die besluit oor die instelling van 'n versoeningsraad 18
12 Sien o.a. Versiag Deel I par. 4.25.1.
13 Sien art. 35(4)(a); 35(6)(c) en 35(5).
14 Art. 46(9)(d).
15 1983 MB 154 op 155.
16 1980 ILJ 1 op 23.
17 "Accent on Access" 1985 ILJ 140 e.v.
18 Art. 35(4), (5) en (6).
32
inderdaad lei tot ! posisie waar 'n applikant wat gebuk gaan onder 'n
beweerde onbillike arbeidspraktyk effektief weerhou kan word van
toegang tot die hof deur die Minister Se weiering orn 'n versoenins-
raad in te stel, of deur sy beperking van die opdrag aan die raad
Beide Le Roux en Laborius pleit om die skrapping van die verpligte
tweestadiumprosedure. Huidiglik word vereis dat 'n dispuut eers na I n
nywerheidsraad of versoeninsraad verwys moet wees voordat die hof die
aangeleentheid sal aanhoor
4.2 Vasstelling
'n Status quo - bevel is 'n tydelike remedie. Die hof kan in die
geval van beweerde onbillike arbeidspraktyke egter ook die geskil
finaal besleg indien die nywerheidsraad of versoeningsraad nie die
geskil kan oplos nie (indien die geskil wel voor so 'n raad gedien 21
het) . Dit vind ook plaas waar die partye tot die geskii ooreenkom
dat die hof direk genader kan word en hulle die Minister aldus 22
mug . In hierdie gevalle geskied "vasstelling" van die geskil:
Die beweerde onbillike arbeidspraktyk word nou finaal bereg. Omdat
regte en verpligtinge nou blywend aangetas word nadat die beslegtings-
19 Sien Raad van Mynvakbonde v Minister van Mannekrag 1983 (4) SA 29
(T) en Zuke v Minister of Manpower 1985 (6) ILJ 193 (D) vir
botsende beslissings. In eersgenoernde saak was die Hooggeregshof
in 'n hersieningsgeding nie bereid am die Minister se diskresie
ten opsigte van sy opdrag aan die versoeningsraad, dat die geskil
geag word nie 'n onhillike arbeidspraktyk te raak nie, te heperk
nie. In Zuke weer was die hooggeregshof van mening dat die
Minister se diskresje nie so ver strek dat dit so 'n voorbehoud
kan insluit nie. As laasgenoemde nagevoig word, kan dit beteken
dat die diskresie van die Minister heelwat ingekort word. Sien
die indirekte bevestiging van laasgenoemde standpunt in Chamber
of Mines v NUM & Another 1986 ILJ 344 (T). Die Wysigingswets-
ontwerp op Arbeidsverhoudinge van 1987 voorsien 'n drastiese
beperking van die Minister se diskresie.
20 Moses Nkadimeng v Raleigh Cycles 1981 ILJ 43 (IC); Grafton
Furniture Manufacturers v ICFMI 1982 ILJ 294 (IC).
21 Art. 46 (9)(a).
22 Art. 46 (9)(d).
33
meganisrnes vrugteloos uitgeput is, sal die applikant die onbillikheid
van die praktyk moet bewys. "The industrial court may then determine
whether or not the act constitutes an unfair labour practice and may 23
grant certain orders in pursuance of this finding"
Alhoewel die nywerheidshof by sy bevoegdhede ingevolge art. 43(2) en
46(9) van die Wet 'n diskresie uitoefen, is dit vanweg die tydelike
teenoor finale aarc1 van die bevele (onderskeidelik) logies dat die hof
heelwaarskynlik deegliker oorweging sal verleen aan die afweging van 24
belange ingevolge laasgenoemde artikel . Die las rus nou op die
applikant am te bewys dat 'n onbillike arbeidspraktyk wel begaan is.
23 Pretorius 1983 ILJ 181. Sien SA. Diamond Workers' Union v S.A.
Diamond Cutters' Association 1980 ILJ vir die nywerheidshof se
interpretasie van die betekenis van vasstelling. Sien UAMAWtJ V
Fodens 1983 ILJ 212 (IC) vir 'n goeie voorbeeld van 'n vas-
stelling.
24 Sien Landman 1986 MB 39: "(The) court has considerable more
latitude regarding the merits of the case at the interim stage
than at the stage of final determination. At the latter stage
the implications for the parties and society are of such
considerable importance that a more cautions approach will
generally be adopted".
34
5 ONBILLIKE ARBEIDSPRAKTYK VIS-A-VIS DIE GEMEENREGTELIKE
DIENSKONTRAK
5.1 ALGEMEEN
Alvorens die werklike invloed van onbillike arbeidspraktyke op die
verhintenisse uit ' n dienskontrak beoordeel word, is dit nodig am
ondersoek in te stel na die gevalle waar die nywerheidshof bevind het
dat 'n handeling/daad deur 'n party binne arbeidsverhoudinge wel ' n
onbillike arbeidspraktyk daargestel het. Alleenlik deur te let op
elke feitlike situasie en die hof se bevinding in daardie geval, en
dit dan te vergelyk met tradisionele reals van die kontraktereg wat
toepaslik is in so ' n geval, kan standpunt ingeneem word oar die
werklike invloed van onbillike arbeidspraktyke op die verbintenisse
uit die dienskontrak.
Telkens wanneer ' n onbillike arbeidspraktyk voor die nywerheidshof
beweer word, ondersoek die hof alle relevante feite am tot ' n
beslissing te kom . Omstandighede verskil van geval tat geval. Omdat
ondersoek ingestel word onder andere na die oorsake van ' n dispuut,
die onderskeie eise, reaksies daarop, moontlike onderhandelinge,
ultimatums, eierigting en veral die algemene instelling of houding van
die partye jens die dispuut, is dit te verstane dat die hof selde
bereid is am algemene riglyne neer te 1 e 'n Stel omstaidighede word
Poolman 202: "From the meaning of fairness, the various
statutory specified criteria imply various forms in the
miscarriage of justice. Justice (and equity) vests the court
with wide discretion in determining what in the particular
circumstances would be just and equitable. The word ' justice '
clearly has a wider connotation than 'lawful' and permits the
court to consider circumstances that are usually excluded by
strict law".
2 Die Wiehahn - kommissie het dit in die vooruitsig gestel dat die
nywerheidshof juis riglyne neerl ~e in die vorm van presedente.
-35
3 in sy totaliteit beskou
4 Landman wys daarop dat daar tog sekere algemene faktore identifi-
seerbaar is waarna die howe oplet, aihoewel dit dikwels onmoontlik is
am vas te stel aan watter faktore die swaarste gewig verleen is . Dit
wil dus voorkom asof die nywerheidshof in die algemeen tog let op sy
vorige beslissings , veral wat die faktore wat in aanmerking geneem
word aanbetref, maar dat die hot 'n volkome diskresie voorbehou om
nadat daardie faktore in ag geneem is, die dispuut te bereg
ooreenkomstig die hot se gevoel op daardie oomblik en onder daardie
bepaalde ornstandighede. Anders gestel: Die hof (by monde van sy
3 Landman "The dismissal of striking workers: An analysis of
industrial court decisions" 1986 MB 39: "The courts ... consider
all relevant facts in determining whether the applicants ... are
entitled to the relief they seek. Invariably this involves an
evaluation of the facts and circumstances of the case, including
the attitude of the parties". Sien Parsons "The establishment
and functions of the industrial court" 1982 ILJ 1 op 8: "(It) is
stated that the general courts must apply legal principles in
their hearings and findings, but in most labour cases
sociological, economic, political, psychological and other
aspects are as important as the legal aspect. It will therefore
be appreciated that the court has an unenviable task".
4 1986 MB 39.
5 Sekere tendense is waarneembaar. Nogtans is verwarring soms
bespeurbaar. Hieronder word aangedui dat ten opsigte van
dissiplinre prosedures byvoorbeeld beslis is dat, enersyds, een
of ander vorm van verhoor noodsaaklik is, en, andersyds, dat 'n
verhoor geen vereiste is nie.
6 Sien Cameron "The right to a hearing before dismissal - Part 1"
1986 ILJ 183 op 191: "The doctrine of precedent is not overtly
applied in the industrial court. But it is quite apparent that
in the court's practice account is taken of earlier decisions •1I• Parsons 1982 ILJ 1 op 2 wys daarop dat dit juis een van
die aanbevelings van die Wiehahn-kommissie was dat die
nywerheidshof regspraak opbou "which would by judicial precedent
contribute to the formulation of fair employment guide-lines".
36
voorsittende beampte) het in die laaste instansie die uitsluitlike
diskresie am te bereg ooreenkomstig sy persepsie van wat in daardie
spesifieke geval en onder daardie spesifieke omstandighede billik is.
7 Sien Poolman 43: "As an abstraction 'fairness' is an ambiguous
concept and delves deep into morality. This means that different
persons will have different conceptions of fairness". Deurgaans
in sy werk rnaak hy gebruik van begrippe soos "reasonable",
"just", "equitable" ens, as sinonieme vir "fair". Dikwels is die
gebruik van die begrippe inkonsekwent. Dit bevestig maar net die
groot trefwydte van die byvoeglike naamwoord "onbillik" in
hierdie verband. Sien oak Munks se gedagte van "equity in a
broad sense" 1986 ILJ 7. Anderman 107 wys daarop dat die Engelse
"industrial tribunals enjoy considerable discretion" wanneer
vasgestel word of 'n werkgewer redelik opgetree het in 'n besluit
om 'n werknemer se diens te beindig.
37
5.2 NYWERHEIDSEOF EN HOOGGEREOSHOF
Dit is belangrik om vas te stel hoe ornvangryk die "magte" van die
nywerheidshof is en of dit oar die bevoegdheid beskik am die gemenereg
wel te benvloed. Die bevoegdheid van die nywerheidshof is uniek. Sy
spesiale statutre bevoegdheid am onbillike arbeidspraktyke te bereg
op grond van ander beginsels as di waarmee die burgerlike howe werk,
is duidelik. Die hooggeregshof het in Marievale Consolidated Mines
Ltd. v President of Industrial Court bevind dat die nywerheidshof in
die uitvoering van sy pligte wyer moet ondersoek instel en inderdaad
buite die grense van die gemeenregtelike kontrak rnoet beweeg. Die
applhof bevestig in Consolidated Frame Cotton Corp. Ltd. v President
of Industrial Court dat die nywerheidshof as spesiale kwasi-judisile
liggaam die uitdruklike statutre bevoegdheid het om die aspekte van
billikheid en redelikheid te ondersoek en te oorweeg. In die woorde
van Cameron "The 'whole field of proper labour relations' is
characterised by an inherent flexibility, and natural justice should
not be led into 'the trap of strict legalism'".
4 In Consolidated Frame Cotton Corp. v Minister of Manpower and Others
word erken dat die nywerheidshof ten opsigte van die diensverhouding
oar wyer bevoegdhede beskik as die gewone howe en kan bereg met
inagneming van beginsels anders as die streng gebaseer op kontrak
"The unfair labour practice jurisdiction of the industrial court
is not concerned solely with contractual obligation".
Dieselfde applikant doen in Consolidated Frame Cotton Corp. Ltd. v 6
President Industrial Court and Others aansoek vir 'n bevel dat
indiensherstelling nie moontlik is waar personeelaflegging plaasgevind
het nie en die pos van die afgelegde werknemer inderdaad afgeskaf is
nie.
1 1986 ILJ 152 (T).
2 1986 ILJ 429 (A).
"drakoniese magte".
3 1986 ILJ 183 op 188.
4 1984 ILJ 309 (D).
5 316 E.
6 1985 ILJ 7 (N).
7 8E.
Daar word verwys na die nywerheidshof se
Die hof ondersoek die algemene bevoegdhede van die nywerheidshof
ingevolge art. 43(4) en art. 46(9) en redeneer
"The real question to be decided in this application is whether
it is competent for the industrial couft under s 43(4)(b)(i) to
order an employer to reinstate in his employ an employee whose
employment has been terminated by the employer because of the
employee's redundancy, i.e. because the employer does not have
work for the employee and therefore does not want to continue
employing him
I come to the conclusion that where a dispute has arisen
concerning the termination of an employee's employment, it is
competent for the industrial court to make an order requiring the
employer to reinstate the employee in his employ, •despite the
fact that the employee's employment was terminated through
redundancy and the position in which reinstatement is sought no
longer exists and the employer is unwilling to have the employee
reinstated".
Die aansoek word van die hand gewys in wat na my mening 'n indirekte
bevestiging is van die statutre diskresie van die nywerheidshof. Die
nywerheidshof kan sover gaan om herindiensrieming te gelas selfs waar
die pos van die werknerner afgeskaf is en waar die werkgewer die
werknemer nie sinvol kan aanwend nie.
Die hooggeregshof behou natuurlik steeds sy inherente jurisdiksie en
daar kan gese word dat in die burgerlike howe kontraktuele
soewereiniteit steeds gehandhaaf word, behalwe waar dit gaan oor
hersiening van nywerheidshofbeslissirigs. So verwys die hof in Ngewu,
Masondo v Union Co-op Bark and Sugar Co. Ltd goedkeurend na onder 'U
andere die beslissing van R v Smit en Schierhout v Minister of 11
Justice en die tradisionele onwilligheid van die howe om spesifieke
nakoming van dienskontrakte te gelas, en beskou die werkstopsetting in
casu as repudiring van hul dienskontrakte deur die werknemers en
daarom kontrakbreuk vergestalt in 'n staking.
8 l2Ee.v.
9 1983 ILJ 41 (N).
10 1955 (1) SA 239 (C).
11 1926 AD 99.
Wei
Hierdie standpunt is verder gevoer in Marievale Consolidated Mines 12
Ltd. v NUM waar beslis is dat selfs in geval van 'n wettige staking
'n werkgewer oar die bevoegdheid beskik om die werkers se repudiasie
van hul dienskontrakte te aanvaar en terug te tree uit die kontrak,
met ander woorde, om die kontrak te beindig. Die Wet op Arbeids-
verhoudinge verander nie die gemenereg nie en werknemers word nie 'n
"req orn te staak" gegun nie. Dit wil egter uit die volgende woorde
voorkom asof die hof kennis daarvan geneem het dat dieselfde aange-
leentheid voor die nywerheidshof 'n ander dimensie kan aanneem: "In
my view the applicant is correct when it submits that what may or may
not happen in the industrial court is problematic, hypothetical and
speculative and that there is no judicial basis on which I should 13
consider a stay or postponement"
Inderdaad word dan voorts in die nywerheidshof in NUN v Marievale 14
Consolidated Mines Ltd bevind dat die diensbeindigings in die hg
van al die omringende omstandighede onbillik was en word die "wettige" 15
stakers herindiensgestel. Die hof redeneer soos volg
"This court is accordingly not requested to rule on the
lawfulness or otherwise of a dismissal, but is in fact requested
to rule on the fairness and equity of a dismissal.
It follows that this court has statutory jurisdiction derived
from the provisions of s 43 of the Act to look wider than the
mere lawfulness or otherwise of a dismissal
In the application referred to above the Supreme Court decided on
common-law principles that the contracts of employment had been
lawfully terminated rendering in turn the evictions of the
employees from the hostel lawful.
In view of the aforegoing this court has by no means reversed the
orders handed down by the Supreme Court, it merely considered an
application for which it specifically is clad with jurisdiction
so to do thereby ordering the reinstatement of the dismissed
12 1986 ILJ 108 (W).
13 122 E.
14 1986 ILJ 123 (IC).
15 147 C e.v.
40
employees deciding on principles of fairness and equity in so
ordering".
'n Sekerlik verwarde mynbestuur voer die aangeleentheid verder en
steun in die hooggeregshof in Marievale Consolidated Mines Ltd. v lb
President of the Industrial Court and Others onder andere op res
iudicata na aanleiding van die vroere beslissing in die Witwaters-
randse plaaslike afdeling. Met verwysing na die voorafgaande
uitspraak in die nywerheidshof beslis R Goldstone soos voig:
"The industrial court granted relief to the NUM on the basis that
the lawfulness of the dismissal of the striking employees did not
preclude their reinstatement under s 43 of the Act
The industrial court held that the conduct of the applicant
constituted an unfair labour practice as defined in. s 1 of the
Act. It held further that the employees had been unfairly
dismissed. It was on the basis of those findings that it made
the reinstatement order
In my opinion, the approach of applicant's counsel to labour
relations demonstrates a lack of appreciation of the nature and
purpose of the Act. It assumes that any lawful act, no matter
how unfair or inequitable, may not be queried or interfered with
by the industrial court
Industrial conciliation is not a new doctrine in South Africa
That the provisions of legislation relating to industrial conci-
liation do not relate solely to the enforcement of legal rights
has been recognized for some decades
The industrial court is not a court of law
In respect of orders made under s 43 of the Act no appeal lies to
the Supreme Court. In the present proceedings, the applicant
seeks to set aside the order of the industrial court by means of
a common-law review
The attack made upon the order of the industrial court related to
what are now commonly called the 'jurisdictional facts'. The
16 1986 ILJ 152 (T).
41
attack, as I have found, was not justified. No attack was
launched on the merits of the decision of the industrial court
and wisely so, in my opinion. The reasons furnished by the
industrial court indicate that the members thereof applied their
minds to the issues conscientiously and thoroughly".
Die hooggeregshof ag dit nie nodig om die beslissing van die
nywerheidshof te wysig nie. Die wye bevoegdhede van die nywerheidshof
wat sy onbillike arbeidspraktyk-jurisdiksie betref en in hierdie
feitestel sy bevoegdheid om herindiensstelling van "wettig"-stakende
werkers op grond van billikheidsoorwegings te gelas, word bevestig.
Uit die deeglike beredenering van die aanyeleentheid is dit duidelik
dat appal teen 'n onbillike arbeidspraktykherstelbevel of -
vasstellingsorder na die hooggeregshof nie moontlik is nie. So 'n
bevel deur die nywerheidshof kan net op hersienirig geneem word
ingevolge die spesifieke rels wat op hersienings betrekking het. Dit
blyk ook dat die hooggeregshof nie ligtelik 'n onbillike
arbeidspraktykbevel van die nywerheidshof sal wysig nie, klaarblyklik
omdat erken en aanvaar word dat sulke aansoeke deur die nywerheidshof
op ander gronde bereg word as di'e wat die hooggeregshof gebruik. Die
nywerheidshof bereg beweerde onbillike arbeidspraktyke met behuip van
'n spesifieke statutre billikheidstoets, wat wyer strek en ingrypend
kan inwerk op tradisionele beregting deur die hooggeregshof op 17
regsgronde . Effe simplisties gestel: Die hooggeregshof werk
hoofsaaklik met regsbeginsels en die nywerheidshof hoofsaaklik met
billikheidsgronde, veral wat onbillike arbeidspraktyke aanbetref; die
hooggeregshof ondersoek regmatigheid, die nywerheidshof eerder
billikheid. Aihoewel die stelling waarheid bevat, is dit simplisties
omdat die nywerheidshof tog ook "regsgronde" oorweeg, byvoorbeeld
substantiewe en prosedurele geregtigheid by summiere ontslag.
Eersgenoemde betref onder andere normale rels van die kontraktereg
en laasgenoemde onder andere re1s van natuurlike geregtigheid.
Die reeks Marievale-beslissings kan die indruk skep dat die
nywerheidshof nie gebonde is aan hooggeregshofbeslissings nie. Dit
blyk ook daaruit dat die hooggeregshof dit aanvaar dat die
nywerheidshof nie noodwendig sy presedente ingevolge die stare decisis
17 Sien L. du Preez Instituut vir Personeelbestuur Tydskrif Mel 1986
bi. 12.
42
-re1 sal navoig nie. (Hierdie felt behoort nie te geld ten opsigte
van regsvrae nie, maar alleen ten opsigte van daardie aangeleenthede
waar billikheidsoorwegings die deursiag gee). Dit sluit ook aan by
die beginsel vervat in die Wet dat appal op nywerheidshofbeslissings
in die algemeen nie moontlik is nie. Die nywerheidshof is dus 'n
spesialishof wat spesialisuitsrake lewer op spesialisgronde. Daarom
beskik dit oor drakoniese magte
Na my mening is daar egter weinig gronde om die nywerheidshof anders
te behandel as ander kwasi-judisile liggame of laer howe, en behoort
een of ander vorm van appal tog te bestaan. Hierdie moontlikheid 19
geniet tans sterk oorweging
18 Sien Consolidated Frame Cotton Corp. Ltd. v President, Industrial
Court 1984 ILJ 489 (A) op 495 D-E.
19 Die voorgestelde Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge van 1987 rel
onder andere die instelling van 'n spesiale arbeidshof as
applliggaam vir die nywerheidshof.
43
5.3 DIE REG OP DIE HANDHAWING VAN BILLIKE ARBEIDSPRAKTYKE
Die Suid-Afrikaanse reg het ongetwyfeld baie ver gevorder met die
hervorming van die onewewigtige arbeidsverhoudinge van ouds om
huidiglik te staan op die beginsel dat bowe alles arbeidsoptrede altyd
billik moet wees. Sommige akteurs binne arbeidsverhoudinge kan hul
nie sonder meer beroep op die tradisionele beginsel van die
kontraktereg as regverdiging vir regmatige optrede ingevolge die
dienskontrak nie. Rekening moet gehou word met die billikheid van die
optrede.
Dit is 'n baie belangrike nuwe beginsel wat ingevoer is. Hierdie
beginsel blyk net so grondliggend te wees as di'e waarna Poolman
verwys: "Fundamental to any system of labour law and labour relations
is the recognition of the six subjective public law rights of labour
relations •.. also referred to as the six basic elements of labour
relations, or simply labour law rights". Wiehahn in sy Aantekeninge
verwys na die ses arbeidsdemokratiese regte wat deel is van die
werknemer se persoonlikheid. Ofskoon terininologie verskil, is dit
seker dat die regering hierdie beginsels aanvaar het as basiese
Sekere groepe werknemers is steeds uitgesluit van die werking van
Die Wet op Arbeidsverhoudinge. In Khan and Others v Rainbow
Chicken Farms (Pty) Ltd. 1985 ILJ 60 (IC) het die respondent
aangevoer dat die werknemers wat hoofsaaklik diens gelewer het as
hoenderslagters plaasarbeiders is en daarom nie die nywerheidshof
ingevolge die Wet kan nader om regshulp nie. Die hof bevind op
die spesifieke feite anders.
2 Op 2. Sien ook vn. 5 op 2.
3 Tot die Versiag par. 2.15 en 2.13. Sien Poolman se analise 84
e.v., asook Claassen "Die sogenaamde privaatregtelike 'reg om te
staak" 1983 THRHR 32 e.v. waar hy verkies om te praat van
stakingsbevoegdheid; 'n werknemer beskik onder sekere
orastandighede oor die vryheid om te staak as deel van sy
handelingsvryheid.
44
4 elemente waarvoor voorsiening gemaak word in die arbeidswetgewing
Daar word op verskillende maniere voorsiening gemaak vir die
geldigheid van die beginsels van die "reg" om te werk, te assosieer,
kollektief te beding, arbeid terug te hou, beskerm te word en te
ontwikke]. : "Not all those rights have been entrenched in labour
legislation. The right to work is an important example of a non-
entrenched labour law right. Those rights that have been entrenched,
such as the right to associate and the right to bargain collectively
are therefore directly protected against infringement by specific
relevant provisions of labour legislation ... The right to work is
indirectly , protected against infringement by unfair labour
practices"3 . Wetgewing insake onbillike arbeidspraktyke is ingevoer
om sekere van hierdie "internasionale regte" wat voorheen nie
spesifiek verskans was nie, te dek. Werknemers kan nou aanspraak maak
op hierdie "regte" juis op grond van onbillike arbeidspraktyke. As
een van hierdie regte 'n werknemer oritken of ontneem word, kan hy
daarop aanspraak maak met behuip van statutre bepalings rondom
onbillike arbeidspraktyke
Onbillike arbeidspraktyke skep dus nuwe regte en verpligtinge tussen
werkgewer en werknerner, gebaseer op die nuwe statutre beginsel dat
geen akteur in arbeidsverhoudinge op wie Die Wet op Arbeidsverhoudinge
van toepassing is onbillik mag optree nie. Dit impliseer dat hierdie
4 Versiag Witskrif oor Deel 5 par. 4.51. Sien Poolman 3: "Imme-
diately the contract of employment comes into existence all la-
bour rights ... are protected against infringement by inter alia,
unfair labour practices". Sekere groepe werknemers word egter
uitgesluit van die remedies van die Wet, en juis daarom kan nie
summier van "regte" in 'n verabsoluteerde sin gepraat word nie.
5 Poolman 2.
6 Sien Poolman p 201 : "The test of reasonableness and fairness
implies that an unfair labour practice is an interference with
one or other of the rights of labour relations".
45
akteurs billik moet optree - 'n "duty to act fairly" 7 . Meer
spesifiek: Daar rus 'n pug op akteurs binne arbeidsverhoudinge (op
wie die Wet van toepassing is) om arbeidspraktyke te bedryf wat nie
onbillik is nie in terme van die definisie vervat in die Wet.
Hierdie verpligting (asook sy gepaardgaande reg) is as gevoig van die
geweldige omvangrykheid van die definisie van onbillike arbeidspraktyk
eintlik 'n enkele oorkoepelende verpligting (en reg) . As algemene
verpligting om binne die arbeidsreg soos gerel deur die Wet altyd
billike praktyke te bedryf, omvat die verpligting feitlik elke
denkbare positiewe of negatiewe dadigheid. Geen denkbare handeling
7 Poolman verwys telkens in sy werk na hierdie pug. Hy wys daarop
dat billikheid 'n grondbeginsel is van die Suid-Afrikaanse reg.
Dit is egter belangrik om te onthou dat wat die Suid-Afrikaanse
arbeidsreg aanbetref met sy tradisionele onewewigtigheid, die
idee van onbillikheid en die algemene pug om billik te handel
die gevoig is van soesifieke wetgewing rakende onbillike ar-
beidspraktyke. Poolman 9 lei af dat die maatstaf om onbilli-
ke arbeidspraktyke te meet di is van objektiewe redelikheid
binne die bepaalde omstandighede, gebaseer op die algemene pug
om billik op te tree.
8 Ten opsigte van die Eritse "ekwivalent" vir onbillike
arbeidspraktyke skryf Anderrnan op v: "The right to complain of
unfair dismissal is the statutory employment right most
frequently litigated. It is one of the few individual employment
rights that purports to place limits on managerial discretion to
decide who to dismiss and for what reasons. It therefore
provides a study of the potential cutting edge of labour
legislation into managerial prerogatives". Dit is dus 'n enkele
reg wat van toepassing kan wees op talle feitestelle. Crump Dix
and Crump on Contracts of Employment op 157 verwys ook na hierdie
reg : "An employee who is the subject of the unfair dismissal
provisions has a right not to be unfairly dismissed by his
employer and if he claims that he is so dismissed, he can make a
complaint to an industrial tribunal. These tribunals have
exclusive jurisdiction to hear such complaints". Sien ook
Poolman 221: "In relation to labour practices, there rests a
general duty to act fairly on the tripartite parties. All else
is but a particular application of the general rule".
4b
binne sy bepaalde omstandighede mag onbillik wees nie. Die
nywerheidshof self het al te kenne gegee dat feitlik elke dispuut
binne arbeidsverhoudinge beskou kan word as 'n dispuut aangaande 'n
onbillike arbeidspraktyk
Hierdie nuwe reg en verpligting, wat net ter sprake kom waar 'n
werknemer-werkgewer verhouding bestaan, met ander woorde waar in
dienskontrak gesluit is en die Wet van toepassing is, binvloed
noodwendig die reeds bestaande regte en verp1itinge wat ontstaan het11
as gevoig van die sluiting van die dienskontrak . Soos Munks dit
stel na aanleiding van die nywerheidshofbeslissing in Raad van12
Mynvakbonde v Kamer van Mynwese van SA : "The court also stated that
where the industrial court determines in a particular case that (a
practice) constitutes an unfair labour practice, the common law
contractual position is replaced by the court's statutory powers of
equity".
Anders gestel: Kontraktuele soewereniteit word gehandhaaf totdat,
afhangende van die spesifieke feit en omstandighede voor die hof, dit
seker is dat 'n onbillike arbeidspraktyk "gepleeg" is, in welke geval
die statutére bevoegdheid van die nywerheidshof soos verleen deur die
bepalings van die Wet rondom onbillike arbeidspraktyke oorneem. Die
nuwe statutre reg en verligting kom dan ter sprake, gebaseer op
"equity in a broad sense" . Wanneer 'n onbillike arbeidspraktyk
beweer word, behoort die hof am praktiese redes eers vas te stel of
die beweerde daad in der waarheid wel 'n onbillike arbeidspraktyk
kanstateer. Indien wel, word kontraktuele beginsels versag. Indien
nie, word kontraktuele beginsels gehandhaaf. (Dit is in effek ook die
mening van BL Landman in die Raad van Mynvakbonde - beslissing).
9 MAWU v A. Mauchie (Pty) Ltd. 1980 ILJ 227.
10 Sien my redenasies hierbo.
11 1986 ILJ 10.
12 1984 ILJ 344 (IC).
13 Munks 1986 ILJ 7. Sien oak Poolman 43-44. Dit moet deurgaans in
gedagte gehou word dat die Wet ook voorsiening maak vir ander
geskilbeslegtingsmasj merle, byvoorbeeld nywerheidsrade en
versoeningsrade, wat ook billikheidsbeginsels mag oorweeg.
4]
In die praktyk is
op die tradisionel
wat akteurs binne
nou ontoelaatbaar
arbeidspraktyk.
14 die invloed van hierdie nuwe reg en verpligting
verbintenisse uit die dienskontrak grotesk. Dit
arbeidsverhoudinge vroer regmatiglik kon doen, is
as daardie handeling tipeer word as 'n onbillike
Soos hierbo geredeneer, is daar talle verskillende situasies of
feitestelle moontlik waarbinne 'n akteur in die arbeidsverhoudinge as 15
regsubjek sou kon aanspraak maak op sy "reg op die handhawing van
billike arbeidspraktyke". Hierdie reg is statutr, huite-om die 16
gemenereg geskep. Wiehahn sien die mens se arbeidsvermod as deel
van sy persoonlikheid. Hierdie reg is egter nie 'n fundamentele
mensereg (soos die req op bestaan) nie; nog rninder is dit 'n
persoonlikheidsreg wat saam met die mens by geboorte ontstaan en saam
met die mens by sterfte tot niet gaan. Dit is eerder na aanleiding
van die Wet nou fundamenteel tot die werkgewer-werknemer verhouding.
Dit is dus nie 'n subjektiewe reg, met as objek arbeidsvermo (deel
van die persoonhikheid) nie, maar bloot 'n gevoig wat intree na
sluiting van 'n dienskontrak tussen persone waarop die Wet van
toepassing is. Hierdie req of verpligting kom cieliswaar nie
noodwendig uitdruklik ter sprake nie, maar na my mening is dit
ongetwyfeld hierdie req wat oorweeg word telkens wanneer die
14 Dit is interessant dat die Nasionale Mannekraqkommissie in sy
verslaq 46 van 1985 by die bespreking van 'n gewysiqde definisie
van onbillike arbeidspraktyk dit as riglyn stel dat die
herformuleerde definisie nuwe regte behoort te skep. My argument
is juis dat 'n nuwe omvattende en wye reg geskep is deur die
definisie soos inqevoer in 1979 en daarna gewysig. De Kock
Industrial Laws of South Africa op 622 is egter korrek waar hy
s: "The concept of 'unfair labour practice' is strictly a
statutory one, having no independent significance and giving
rise to no legal rights and obligations outside of those
prescribed or allowed by statute or through the mechanisms of
the new procedures" (My beklemtoning).
15 As draer van regte en verpligtirige.
16 Aantekeninge par. 2.13.
17 nywerheidshof sy jurisdiksie uitoefen in terme van artikel 43 of 46.
Vanweg die wye gelding van hierdie "nuwe" reg in die Suid-Afrikaanse
arbeidsmilieu (sowel as soortgelyke beginsels in ander Westerse
state), kan geredeneer word dat daar sprake is van 'n sewende
arbeidsdemokratiese reg, te wete die reg op billike arbeidspraktyke.
Dit moet steeds onthou word dat hierdie arbeidsdemokratiese reg beperk
is tot sekere kiasse werknemers en werkgewers, sodat dit inderdaad nie
so wyd geld as byvoorbeeld die req om te assosleer of die reg om
kollektief te beding nie.
Die regte van een regsubjek word beperk deur die regte van ander 18
regsubjekte . Hierdie nuwe statutre req kan daarom nie onbeperk
uitgeoefen word nie, en daar moet gewaak word teen inbreuk op die
regte van die teenparty in die diensverhouding. Alhoewel die
brefwydte van die req op die handhawing van billike arbeidspraktyke
ten opsigte van beide werkgewers en werknemers baie wyd is, is dit
duidelik dat hierdie req nie absoluut en sonder grense is nie.
Die hof is onwillig am streng reals van optrede vir werkgewer en
werknemer neer te l& wat sou verseker dat partye presies weet watter
spesifieke dade of lates onbillike arbeidspraktyke daarstel, met ander
woorde presies wat hulle regte en verpligtinge is. Hierdie houding
17 Drie resente beslissings (twee in die hooggeregshof en een in die
nywerheidshof) na aanleiding van dieselfde feitestel is geweldig
insiggewerid oak wat die jurisdiksie van laasgenoernde hof
aanbetref. (Sien Marievale Consolidated Mines v NUM 1986 ILJ 108
(W); NUM v Marievale Consolidated Mines 1986 lU (IC); Marie-
vale Consolidated Mines v President of Industrial Court 1986 lU
152 (T)). Opgesom in die woorde van Louw 1986 MB 48 : "The
Supreme Court had decided on common law principles that the
contracts of employment were lawfully terminated. The industrial
court, in ordering reinstatements ... did not reverse the
decision handed down by the Supreme Court. It merely considered
an application for which it was statutorily clad with
jurisdiction so to do". Die hooggeregshof het dit in sy tweede
beslissing aanvaar.
18 Poolman 87.
49
19 bevat rneriete . Dit
redelik gedetailleerde
binne bepaalde ornstandi
probleem is natuurlik
billikheid te handhaaf.
is eerder die taak van die nywerheidshof om
riglyne neer te ,e wat aangewend kan ward om
hede vas te stel wat oribillik mag wees . Die
om die fyn balans tussen regsekerheid en
Hieronder voig 'n bespreking van die feitestelle wat, onder bepaalde
omstandighede, reeds deur die nywerheidshof getdentifiseer is as
onbillike arbeidspraktyke.
19 Sien NUM v Driefontein Cons. Ltd. 1984 ILJ 101 (IC) 145 D.
20 Sien Cameron 1986 ILJ 190.
50
5.4 VASTE TERMYN DIENSKONTRAKTE
Uit die agttien sake wat in die eerste jaar van die bestaan van die
nywerheidshof voorgekom het, het een gehandel oor 'n beweerde
onbillike arbeidspraktyk . Buiten enkele preliminre aangeleenthede
was die uiteindelike vraag in MAWU v A. Mauchie (Pty) Ltd. t/a
Precision Tools of die nie-hernuwing van 'n dienskontrak by
verstryking van die vaste termyn daarvan (waar dit gewone praktyk was
om die dienskontrakte jaarliks te hernieu en 'n verwagting geskep is
dat die kontrak wel hernieu sal word) met die beweerde doel om van die
werknemer ontslae te raak vanwe sy vakverenigingaktiwiteite, 'n
onbillike arbeidspraktyk kan wees. Die applikant het beweer dat die
handeling deur die werkgewer 'n vorm van verborge viktimisasie was
terwyl die respondent aangevoer het dat dit 'n poging was om, sonder
am 'n vorige interdik te minag, van die werknemer ontslae te raak
vanweg sy swak werkiewering. 'n Belangrike argument deur die
respondent, naamlik dat die feite soos beweer deur die applikant in
beginsel nie 'n onbillike arbeidspraktyk kan daarstel nie word deur
die hof verwerp. In hoc casu, egter, bevind die hof dat die versuim
om die werknemer vir 'n verdere jaar in diens te neem nie 'n onbillike 5
arbeidspraktyk was nie . Die effek van hierdie beslissing was dus dat
in beginsel die nie-hernuwing van 'n vaste termyn dienskontrak 'n
onbillike arbeidspraktyk sou kon wees.
6 In UAMAWU v Fodens (SA) , waar 39 afsonderlike dade en praktyke deur
die applikante beweer is onbillike arbeidspraktyke te wees, word onder
andere bevind dat die summiere ontslag van die vierde applikant voor
die verstryking van die vaste termyn van sy dienskontrak 'n onbillike
1 Die nywerheidshof is op 1 Oktober 1979 ingestel.
2 Parsons 8.
3 1980 ILJ 227 (IC).
4 Sien Maponya v Precision Tools (W) van 19 Junie 1979
(ongerapporteer).
5 Sien Cheadle 1980 ILJ 200 op 202: "By letting the matter proceed
to evidence, it is clear that, given the right facts, the alleged
unfair labour practice could contribute an 'unfair labour
practice' for the purpose of s 1 of the ct".
6 1983 ILJ 212 (IC).
51
arbeidspraktyk was, en wel omdat die respondent nie op 'n oorwig van
waarskynlikheid kon aantoon dat die ontslag substantiefgesproke
geregverdig was nie. Die diensverhouding moes rninstens tot by die
verstryking van die vasgestelde termyn verloop het.
Die versuim om jaarlikse dienskontrakte van trekarbeiders te hernieu,
kom ter sprake in MAWU v Screene Wire Weaving Manufacturers (Pty)
Ltd. IF 'n aansoek ingevolge art. 46. Die applikante gooi die aansoek
oar die boeg van onbillike aflegging/besnoeiing van personeel. Die
hof voer aan dat diensbeindiging by afloop van 'n vaste termyn
dienskontrak nie sinoniem is met "retrenchment" nie, maar bevirid dat
die versuim van die werkgewer am die werknemers redelike kennis te gee
van 'n voorneme am nie hul jaarlikse dienskontrak ooreenkomstig
gebruik te hernieu nie, 'n onbillike arbeidspraktyk daargestel het.
8 In Mtshamba & Others v Boland Houtnywerhede identifiseer die hof in
'n art. 46 - aansoek elemente soos kontinutteit van diensverhoudings,
sekuriteit van kontinuteit en verwagtinge van kontinuteit as
aanleidend tot talle gedinge in die nywerheidshof. Hierdie is
realiteite van moderne arheidsverhoudinge. Dit is daarom te verwagte
dat "the lack of adequate and timeous notice of non-renewal to persons
who reasonably expected to be re-employed and who the respondent in
the circumstances probably knew entertained such expectations, could
also ... amount to an unfair labour practice.. •h
Twee aspekte kan onderskei word. Enersyds blyk die beginsel
gehandhaaf te word dat 'n dienskontrak wat vir 'n bepaalde termyn
gesluit is nie eensydiglik beindig kan word voor verstryking van die
termyn nie, behaiwe waar dit dien as remedie in geval van kontrakbreuk
deur die ander party. Wat dit aanbetref, geld dieselfde beginsels by 10
vaste termyn kontrakte as by ander dienskontrakte . Regmatige
beindiging in ooreensteinming met terugtredingsbeginsels by
kontrakbreuk wat oak billik is, kan wel vervroegde opsegging van die
dienstermyn teweegbring.
7 1985 ILJ 75 (IC).
8 1986 ILJ 563 (IC).
9 571 C-D.
10 Sien SEAWU and Others v Trident Steel 1986 ILJ 16 op 95 C-D.
52
Die tweede aspek is nie-hernuwing na afloop van die termyn. Die
beginsel blyk gehandhaaf te word dat waar 'n verwagting geskep is dat
die dienskontrak vir 'n verdere termyn hernieu gaan word, met ander
woorde, 'n nuwe dienskontrak gesluit gaan word, uitvoering aan so
verwagting gegee behoort te word. Andersins moet vroegtydig kennis
van die teendeel ggee word. Die argument herinner ook aan 'n
moontlike stilswyende onderneming om verdere dienskontak te sluit.
Dit sou moontlik wees om 'n stilswyende ooreenkoms tot 'n verdere
vaste dienstermyn te konstrueer. Na my mening sou dit egter moeilik
bewysbaar wees, en beslis afhang van die omstandighede
Eensydige opsegging van 'n dienskontrak sonder regruatige rede en nie-
hernuwing waar 'n verwagting geskep is, is onbillik en kan daarom 'n
onbillike arbeidspraktyk wees. Hierdie eisgrond is waarskynlik meer
voordelig vir die klaer as een gebaseer op kontrak omdat, enersyds,
die bewyslas ligter is (veral by status guo-bevele) en, andersyds, die
nywerheidshof meer geneg is om spesifieke nakoming te gelas as
burgerlike howe.
11 De Wet en Van Wyk 28: "In kwaliteit verskil die stilswyende
wilsverklaring nie van die uitdruklike nie, en die stilswyende
wilsverklaring het juridies dieselfde waarde as die uitdruklike
Of bepaalde gedrag 'n (stilswyende) wilsverklaring is, is
natuurlik 'n feitelike vraag, wat onder omstandighede moeilik kan
wees om te beslis, maar dit beteken nie dat die stilswyende
wilsverklaring daarom regtens onbestaanbaar is nie".
53
5.5 ONTSLAG VAN STAKENDE WERKNEMERS
In Mabuso & Others v D Cooper Corp. (Pty) Ltd. is beweer dat ontslag
nadat werknemers onwettig gestaak het omdat die werkgewer geweier het
om met verteenwoordigers van hul vakverenigings te praat, 'n onbillike
arbeidspraktyk was, en is herindiensstelling ingevolge art.
43(4)(b)(iii) in die eérste alterriatief aangevra.
Die hof WY nie veel aandag aan die ingewikkelde kwessie van summiere
diensbeindiging, onwettige stakings, weiering om met vakverenigings
te onderhandel en beweerde onbillike arbeidspraktyke binne een
feitestel nie en lei betreklik maklik af dat die werkgewer se
handelinge voor die plaasvind van die staking nie genoegsame rede vir
staking was nie. Dear word beslis dat, omdat die werknemers ernstige
kontrakbreuk gepleeg het en ander beskikbare we gehad het om die
geskil to probeer besleg, die aansoek van die hand gewys moet word en
die ontslag derhaiwe nie 'n onbillike arbeidspraktyk daarstel nie.
2 In SA Chemical Workers Union v Pharma Natura (Pty) Ltd. is in die
alternatief beweer dat ontslag van onwettig-stakende werkers 'n
onbillike arbeidspraktyk daarstel, omdat die werkgewer onredelik
geweier het om met 'n verteenwoordigende vakvereniging te onderhandel.
Op die feite word bevind dat die werkgewer se aise dat sekere
voorvereistes eers nagekom rnoet word voordat verteenwoordigers vir
onderhandeling deur die werknemers verkies kan word nie onredelik was
nie. Die werkiemers se optrede was uitdagend daarop gemik om die
werkgewer tot sekere eise to laat instem. Hulle optrede was daarom 'n
staking op sterkte waarvan hul diens beindig is en op die spesifieke
feite word regshulp geweier, die ontslag synde nie 'n onbillike
arbeidspraktyk nie.
Dit wil voorkom asof in hierdie beslissing besondere kiem geplaas is
op die houding of instelling van die werknemers jens die geskil. Die
feit dat die staking onwettig was ingevolge die bepalings van art. 65,
wat beteken dat geskilbeslegtingsmasjinerie nie aangewend is nie, blyk
ook deursiaggewend te wees.
In albei beslissings het die hof die rede vir die werksopsetting
1. 1986 ILJ 473 (IC).
2 1985 ILJ 520 (IC).
54
deeglik ondersoek. Die kiem dat die werkgewers se optrede nie
genoegsame rede was vir staking nie, herinner aan die kontraktuele
toetse van ems of "vital part" of "goes to the root of the
contract" . Die aanleidende oorsaak tot die staking was nie van so
aard dat dit die staking geregverdig het nie. Juis omdat die
werkgewers se optrede in albei gevalle nie ernstig genoeg was om
terugtrede te regverdig nie en inderdaad geen kontrakbreuk daargestel
het nie, kan die werknemers nie hul arbeid weerhou nie. i n Mens sou
kon se dat, by implikasie, 'n "reg" om te staak bestaan ( ' n soort
terugtredingsreg) sodra die werkgewer se optrede ernstig/onbillik
genoeg is.
Dit word bevestig dat die stakings inderdaad kontrakbreuk was aan die
kant van die werknemers wat die werkgewers die bevoegdheid. verleen het
om die dienskontrakte te kanselleer. Terselfdertyd word die
werkgewers se optrede as redelik bestempel en di van die werknerners
as onredelik; die kontrakbreuk deur die werknemers was onredelik en
die terugtrede deur die werkgewers redelik.
Die terugtrede in beide gevalle was 'n re lelike uitoefening van sy
hevoegdhede deur die werkgewer en derhaiwe stel dit nie 'n onbillike
arbeidspraktyk daar nie. Gerneenregte].ike reals van die kontraktereg
is dus bevestig, en wel nadat die statutre billikheidstoets aangewend
is (wat tradisioneel nie 'ri deursiaggewende faktor in die kontraktereg
was nie).
Net soos in die Pharma Natura-beslissing bevind die hof in EAWU V
Tubecon Africa dat die regmatige ontslag van onwettige stakers nie
onbillik was nie omdat die beginsel van art. 65, dat staking alleenlik
'n laaste uitweg mag wees, nie nagevolg is nie. Die gemeenregtelike
bevoegdheid om werksopsetting as repudiring van 'n dienskontrak te
aanvaar, word bevestig; maar weer eens om redes ontleen aan Die Wet
op Arbeidsverhoudinge eerder as aan die gemenereg.
Die nywerheidshof verwys in die belangrike NUM v Marievale
3 Ernstige kontrakbreuk kan lei tot terugtrede. Hierdie
uitdrukkings is deur die howe ontwikkel om die ems van
kontrakbreuk uit te druk.
4 lCD (1) 19.
55
5 Consolidated Mines Ltd.-beslissing na die faktore neergel in die
beslissing van Raad van Mynvakbonde v Kamer van Mynwese van S.A. om
vas te stel of stakende werknemers billikerwys ontslaan is. Hierdie
faktore is die volgende:
"a) Die oorsaak, aard, omvang en doel van die betrokke staking.
Die omstandighede. van die werknemer of werknemers.
Die omstandighede van die werkgewer.
Die duur van die staking.
Die uitwerking en uitslag van die staking.
Die doel van die Wet en in besonder die beginsel van kollektiewe
bedinging.
Die aanwesigheid of afwesigheid van onderhandelinge ter goeder
trou tussen die twee partye tydens die staking.
Die bepalings van die betrokke diensooreenkoms
Die gedrag van die werknemers tydens die staking .. ."
Met behuip van hierdie faktore, en afhangende van die hof se
interpretasie en toepassing daarvari op die feite van 'n besondere
geval, kan die hot beslis of die beindiging van diens van stakende
werkers 'n onhillike arbeidspraktyk aan die kant van die werkgewer
konstateer.
Die omstandighede waaronder ontslag plaasgevind het, word ondersoek
met behuip van die faktore hierbo genoem. In die Marievale-saak het
die nywerheidshof hierdie werkswyse gevoig en die gevolgtrekking
bereik dat die diensbeindiging van wettig-stakende werknemers in
daardie spesifieke feitestel onder daardie spesifieke omstandighede
onbillik was: "After due consideration of all the facts and
circumstances including the essential fact that the strike action had
been brought within the provisions of s 65 of the Act the court came
to the conclusion that the employees had been unfairly dismissed
it would be fair and equitable in the circumstances to reinstate the
employees". Die uitdrukking "essential fact" getuig daarvan dat die
5 1986 ILJ 123 (IC) op 135 e.v.
6 1984 ILJ 344 (IC) op 36 IC.
7 Die staking het voldoen aan die vereistes van art. 65 sodat daar
geen strafregtelike sanksie aan kleef nie. Gevoiglik is die
staking "wettig". Sien Van der Merwe op 259.
8 1986 ILJ 123 (IC) op 152A.
56
wettigheid van die staking in hierdie geval 'n deursiaggewende feit
was. In die pleitstukke sowel as die finale gevolgtrekking van die
hof word nie uitdruklik daarop gewys dat dit hier gaan oor
onbillike arbeidspraktyk nie. Die hof praat eerder van
diensbeindiging en herindierisstelling, begrippe wat nie in art.
43(1)(c) of art. 43(4)(b)(ijj) (waar dit spesifiek gaan oar onbillike
arbeidspraktyke) voorkom nie. Nogtans word deurgaans verwys na
onbillikheid, 'n begrip wat weer nie voorkom in art. 43(1 )(a) en (b)
of verwante bepalings nie. Die hof se onbillike arbeidspraktyk-
jurisdiksie blyk deurgaans uit die ondertone van die beslissing. Die
aansoek is immers gebring vir regshulp ingevolge art. 43(4)(b)(iii) en
43(4)(b)(i) gesamentlik, dit is vir herstel van arbeidspraktyke wat
bestaan het voor die invoering van 'n beweerde onbillike
arbeidspraktyk en herindiensstellirig op voorwaardes nie rninder gunstig
nie as di wat gegeld het voor die diensbeindiging. Indirek word
beslis dat die diensbeindiging in casu 'n onbillike arbeidspraktyk
was . Dit is ongelukkig dat die hof soms regshulp toestaan na
aanleiding van 'n handeling wat onbillik getipeer word sander am
uitdruklik te verklaar dat 'n onbillike arbeidspraktyk soos in art.
43(1)(c) bedoel prima facie bewys is al dan nie.
In die Raad van Mynvakbonde-uitspraak het die hof aanvanklik die
gemeenregtelike posisie bevestig, deur te erken dat aihoewel deelname
aan 'n wettige staking maontlike misdaad riegeer, 'n wettige staking
steeds weiering am te werk kanstateer met daaruitvoortvlaeieride
potensile gerneenregtelike remedies gebaseer op kontrakbreuk. Die
deur vir die daaropvalgende Marievale-beslissing is egter opgemaak met
9 Dit is interessant dat Van Jaarsveld en Coetzee op 302 aanvaer
dat artikel 43(1)(a) tot (C) in die alternatief gestel word, dat
"'n geskil aangaande skorsing of diensbeindiging nie oak 'n
beweerde anbillike arbeidspraktyk geskil kan wees nie". Niks
verhoed natuurlik die applikant am sy aansaek in die alternatief
te farmuleer nie. In die Marievale-beslissing is die regshulp in
terme van art. 43(1)(a) en 43(1)(c) nie in die alternatief
gestel nie, maar eerder as oorvleuelend. Vanweg die wye
omskrywing van onbillike arbeidspraktyk is sulke oarvleueling te
verwagte.
57
die stelling: "Myns insiens is dit heel moontlik en sal dit 'n
logiese ontwikkeling wees orn in gepaste omstandighede die regmatige
afdanking van 'n werknerner of werknerners wat aan 'n regmatige staking
deelneem as 'n onbillike arbeidspraktyk te beskou. Ek kan egter nie
genoeg beklerntoon nie dat dit slegs in gepaste ornstandighede sal wees
dat so 'n afdanking as 'n onbillike arbeidspraktyk beskou word
Die Marievale-beslissing het 'n aanpassing van die gernenereg binne die
diensverhouding teweeggebring. Die bevoegdheid van die werkgewer orn
'n stakingsdaad as repudiring van die dienskontrak te beskou, dit te
aanvaar en uit die kontrak terug te tree, heelternal onafhanklik van 11
nakorning van art. 65 al dan nie , word nou nie meer streng
kontraktueel gerel nie.
Hierdie bevoegdheid van die werkgewer moet teenswoordig die toets van
billikheid in al die ornstandighede deurstaan. Anders gestel: Indien
ontslag beoordeel op die feite en ornstandighede van die bepaalde
staking neerkorn op 'n onbillike arbeidspraktyk, kan die normale
eleksiebevoedgheid van die werkgewer horn ontneern word. Dit vind
natuurlik nie outornaties plaas nie, maar slegs as die werknemer(s) die
ontslag in die nywerheidshofaanveg, en die hof inderdaad 'n onbillike 12
arbeidspraktykbevel toestaan
Aihoewel die wettigheid van die staking slegs een van 'n aantal
faktore is wat in ag geneern word orn die billikheid van die ontslag te
beoordeel, is dit in die Marievale-beslissing besonder sterk
beklerntoon. Die afleiding sou gemaak kon word dat onwettige stakers
nie sulke beskerming geniet nie, tensy daar grondige rede bestaan
waarorn die hepalings van art. 65 nie nagekorn is nie. Dit los
natuurlik die teoretiese rnoontlikheid oop dat selfs onwettig-stakende
werkers sorns beskerm kan word.
In MAWU v Natal Die Casting Co (Pty) Ltd. 13
was die wettigheid van
staking na aanleiding waarvan werknerners ontslaan is, onder andere in
geskil. Die applikante voer aan dat selfs al is 'n staking onwettig
10 361A.
11 R v Smit 1955(1) SA 139 (IC).
12 Hierdie is die logiese gevolgtrekking uit die Marievale-sage.
13 1986 ILJ 520 (IC).
dit nie noodwendig beteken dat die daaropvolgende ontslag billik is
nie. Stakers behoort nie onbeskerm te staan bloot omdat die staking
onwettig was nie; eerder omdat die masjinerie van die Wet nie
aangewend is nie. Die hof vind dit egter nie nodig om horn hieroor uit
te spreek nie omdat bevind word dat die staking wettig was en na
aanwending van die Raad van Mynvakbonde-faktore word bevind dat die
ontslag neerkom op 'n onbillike arbeidspraktyk. Onder andere steun14
die hof op 'n Hart-dictum dat 'n staking wat plaasvind ingevolge die
bepalings van die Wet 'n "legitimate instrument of industrial action"15
is, en die mening van Poolman dat 'n stakingsreg 'n bestanddeel van
vryheid van assosiasie en kollektiewe bedinging is.
Dit wil dus voorkorn asof 'n staking wat wettig is neerkorn op die
uitoefening van 'n stakingsreg wat die gemeenregtelike bevoegdheid om
dit as kontrakbreuk te beskou en terug te tree kan uitkanselleer.
Daarteenoor moet in gedagte gehou word dat ander faktore ook ter
sprake kom by die toepassing van die Raad van Mynvakbonde-toets. Waar
die gedrag van die stakers oproerig is en geweld of grootskaalse
intimidasie teweegbring of waar die werknerners mala fide optree in
onderhandelinge, is dit heel moontlik dat hul nie tegemoetgekom sal
word deur die hof nie, selfs waar die staking wettig is.
Die onderskeid wat getref word tussen wettige en onwettige stakings
ten opsigte van regshulp na ontslag geniet pertinent aandag in 16
SACWU v Pharma Natura (Pty) Ltd. . Die hof aanvaar dat onder die
pesifieke ornstandighede en feite van die bepaalde geval die ontslag
van onwettige stakers nie 'n onbillike arbeidspraktyk was nie. Obiter
word egter bygevoeg dat dit verkeerd sou wees om aan te voer dat die
nywerheidshof nooit onwettige stakers tegemoet sal kom in geval van
ontslag rue. Voordat sulke regshulp toegestaan word sal 'n sterk saak
egter uitgemaak moet word waarom die rnasjinerie van die Wet nie
behoorlik ingespan is nie. Daar behoort minstens gelet te word op die
volgende faktore:
14 1985 ILJ 472 (IC) op 494.
15 125.
16 1986 ILJ 696 (IC).
59
- die relevante omstandighede wat aanleiding gegee het tot die
onwettige staking moes nie deur die werknemers veroorsaak gewees
het nie;
- omstandighede moes sodanig gewees het dat die staking die enigste
uitweg was;
- geen ander redelike.uitweg rnoes beskikbaar gewees het nie.
Hierdie mening van die nywerheidshof staan teenoor die stellin van
die hooggeregshof in Tshabalala v Minister of Health and Welfare dat
'n hofbevel tot herindiensstelling van 'n ontslane werker wat
deelgeneem het aan 'n onwettige staking, as 'n "matter of public
policy" nie toegestaan behoort te word nie. In die hg van 'n ander 18
bevinding van die hooggeregshof dat die nywerheidshof die bevoegdheid
het om bepaalde bevindings te maak op unieke statutre regsgronde, kan
aanvaar word dat hierdie redenasie van die hooggeregshof nie summier
ondersteun sal word nie.
Die regsposisie is dus huidighik dat in beginsel 'n staking
repudiring van 'n dienskontrak daarstel, maar, afhangende van die
bepaalde omstandighede en deur te toets met behuip van
uitgekristahliseerde riglyne, indien die ontslag voig op 'n wettige
staking en dit onbillik is, mag die ontslag 'n onbihlike
arbeidspraktyk wees. Obiter is ook al te kenrie gegee dat ontslag as
gevoig van 'n onwettige staking oak onbilhik mag wees in welke geval
die voorgestelde toetsriglyne effens strenger blyk te wees.
Die nywerheidshof i-iet op grond van sy onbilhike arbeidspraktyk-
jurisdiksie 'n aanpassing van die gemenereg ontwikkel in soverre dat
in bepaalde gevalle die remedies as gevoig van kontrakbreuk by
stakings nie konsekwent toegepas word nie.
17 1986 ILJ 168 (W).
18 Marievale Consolidated Mines v President of Industrial Court 1986
ILJ 152 (T). Sien ook die bespreking hierbo van die verhouding
tussen die nywerheidshof en die hooggeregshof.
M.
5.6 AFLEGGING WEENS BESNOEIING
Moderne ekonorniese realiteit het teweeggebring dat personeelbesnoeiing
vername onderwerp van verskil is tussen werkgewers en werknemers.
Enersyds poog die bestuur om hul ondernemings winsgewend te bedryf;
andersyds het die werkerskorps belang by 'n voortgesette inkomste om
in die behoeftes van hulle en hul afhanklikes te voorsien.
Tradisioneel was die beginsel eenvoudig dat 'n werknemer tevrede moes
wees met die beindiging van sy diens solank die werkgewer 6f die
nodige kennis Of vergoeding in die plek daarvan gegee het. Die
beginsel was dat 'n werkgewer kon "hire and fire" na hartelus solank
dit ooreenkomstig die bepalings van die dienskontrak geskied het
Die rede vir die opsegging van die ooreenkoms was irrelevant. In die
hedendaagse praktyk reel nie alleen dienskontrakte die diensverhouding
nie, maar kan ander ooreenkomste ook belangrike invloede h,
byvoorbeeld nywerheidsooreenkomste en ander kollektiewe
arbeidsooreenkomste. Onder andere word prosedures en maatstawwe vir
personeelvermindering deesdae in ingewikkelde erkenningsooreenkomste
neerge1.
2 In SA Diamond Workers Union v The Master Diamond Cutters Association
is vir die eerste keer voor die nywerheidshof beweer dat aflegging van
personeel 'n onbillike arbeidspraktyk is. Die hof bevind in 'n
vasstellingsgeding dat onder andere die aflegging van sekere geskoolde
diamantslypers wel 'n onbillike arbeidspraktyk was, vanweg die
werkgewers se nalate orn hul te hou by 'n afbakeningsooreenkoms op
nywerheidsvlak. Die aflegging is onbillik omdat dit die uitvloeisel
was van die feit dat die werkgewers nie ooreengekome prosedures gevoig
het nie.
In 'n aantal van die beweerde onbillike arbeidspraktyke in die
beslissing van UAMAWU v Fodens (SA) word verwys na "retrenchments".
Die werkgewer het onder andere aangevoer dat hy oor die bevoegdheid
1 Beindiging van 'n dienskontrak deur kennisgewing/opsegging
geskied kragtens ooreenkoms. Sien Van Jaarsveld en Coetzee 123.
2 1982 ILJ 87 (IC).
3 1983 ILJ 212 (IC).
61
beskik am in die afwesigheid van 'n afleggingsprosedure aan daaglikse
werkers net 24 uur kennis te gee. Van die werkers was
fabrieksvloerverteenwoordigers. Die vakvereniging het beweer dat daar
'n pUg op die werkgewer was am aflegging vooraf met eersgenoemde te
bespreek. Die hof verwys na 'n aantal Engelse beslissings en,
aihoewel erken word dat die rationes nie noodwendig en onvoorwaardelik
hier te lande geld nie, word bevind dat die riglyne tog aangewend kan
word. "The more important of those principles can be said to be:
proper prior warning of proposed retrenchments; fair application of
agreed retrenchment selection criteria; prior consultation with
representative trade unions; adeuate steps to look for alternative
employment; and first in last out"
In die hg van die besondere feite van die geval word bevind dat die
aflegging 'n onbillike arbeidspraktyk was, met spesifieke verwysing
daarna dat die algernene riglyne nie nagevolg is nie en die respondent
oor die algemeen duidehik vyandiggesind was. Die hof waarsku besonder
sterk teen 'n slaafse navolging van sy beshissings. Omstandighede in
toekomstige gedinge mag sodanig verskil dat dieselfde beweerde
handehinge dalk dan nie onbillike arbeidspraktyke mag daarstel nie.
In 1984 heweer 'n bestuurslid van die stadsraad in die 5
ongerapporteerde Phillips_v Durban City Council-saak dat die
afskaffing van sy pos teweeg sou bring dat hy binnekort oortollig sou
wees, en dat hy geensins geraadpleeg is insake die moontlike
uitwerking van die werkgewer se reorganisasiepoging op sy dienskontrak
nie. Die hof staan 'n status quo-bevel toe waarvolgens die werkgewer
verhoed word om sy reorganisasiebesluit te implementeer alvorens hy 'n
poging aangewend het am die geskil deur die masjinerie van die Wet op
te los. Hier word pertinent uiting gegee aan die beginsel dat die
werkgewer in individuele gevalle met die betrokke werknemer moet
konsulteer.
In die beslissing van Shezi, Nxumalo and Zuke v Consolidated Frame
Cotton Corp. Ltd. maak die hof gebruik van riglyne voorgestel deur
sekere werkgewersorganisasies en vooraanstaande praktisyns am af te
4 230 D-C.
5 lCD (1) 48.
6 1984 ILJ 3 (IC).
IN
lei dat die aflegging van die applikante onbillik was ingevolge die
bepaling van art. 43 en dat die applikante "prima facie established an
entitlement to reinstatement which may be open to some doubt" Die
hof is van meningdat die bronne waarna verwys is dui op die volgende
algemene beginsels
" considering possible ways to avoid retrenchment such as
transfers, eliminating overtime, working short-time;
* consultation with employee representatives as regards the
criteria to be applied in selecting the employees to be
retrenched;
* the establishment of criteria for selection which so far as
possible do not depend solely upon the opinion of the person
making the selection but can be objectively checked against such
things as attendance records, efficiency at the job, experience
or length of service;
* sufficient prior warning of the employee representatives and the
employees who may be affected;
* ensuring that the selection is fairly made in accordance with the
criteria, and consideration of any representations employee
representatives may make as to such selection;
* consulting the employee to be retrenched."
Dieselfde bronne vir beginsels van toepassing op personeelbesnoeiin
waarna in Shezi verwys is word oak in Gumede v Richdens (Pty) Ltd
geraadpleeg, met 'n verdere verwysing na 'n Engelse kode dat
werkgewers in samewerking met werknemers (of hulle verteenwoordigers) 10
aan die volgende gehoor moet gee
give as much warning as practicable to the employees
concerned and to the Department of Employment;
7 14 G-H.
8 12 H-13A.
9 1984 ILJ 84 (IC).
10 90 F-I.
63
consider introducing schemes for voluntary redundancy,
retirement, transfer to other establishments within the
undertaking and a phased rundown of employment;
establish which employees are to be made redundant and the
order of discharge;
offer to help employees in finding other work in co-
operation with the Department of Employment and allowing
reasonable time off for the purpose; and
decide how and when to make the facts public, ensuring that
no announcement is made before their employees and their
representatives and trade unions have been informed."
Die hof gee toe dat al hierdie bloot riglyne is en nie noodwendig
streng nagevoig hoef te word nie. Dit word slegs aanbeveel.om gesonde
arbeidsverhoudirige te bevorder. Die crux van die aangeleentheid is
immers nie die feit dat besnoei is nie, maar wel die wyse waarop die
aflegging gedoen is. Dit is dus die metode wat aan sulke riglyne
getoets behoort te word.
Die feite wat aanleiding gegee het tot 'n status quo-aansoek (vir
herindiensstelling) in NUTW v Sea Gift Surfware Manufacturers was
kortliks die volgende: In weerwil van 'n ooreenkoms met die applikant
dat die respondent nie eensydiglik drastiese arbeidsoptrede sal
implementeer nie, het laasgenoemde sonder om enigsins met die
vakvereniging te konsulteer op enkele ure kennisgewing 80% van sy
werkerskorps afgele en later weer 'n gedeelte herindiensgeneem. Een
van die vernaamste redes vir die daaropvolgende indiensnemingsbevel
ingevolge art. 43(4)(b) was die respondent se onvermog om ter goeder
trou vooraf met die applikant te konsulteer. In die hg hiervan was
die aflegging onbillik.
'n Status quo-bevel word aangevra in BCAWU v Johnson Tiles (Pty) Ltd 12
wat die respondent inter alia verhoed om voort te gaan met
personeelbesnoeiing wat teenstrydig is met 'n ooreengekome prosedure,
alternatiewelik wat die respondent beveel om te hou by die
afleggingsriglyne neergele in die hezi-beslissing. Die hof spreek
horn nie spesifiek uit oor die riglyne en die wenslikheid daarvan nie,
11 1984 ILJ 101 (IC).
12 1985 ILJ 210 (IC).
64
maar bevind dat die besnoeiing wat geskied het op vier dae
kennisgewing in plaas van die ooreengekome twee weke, 'n onbillike
arbeidspraktyk was.
13 Ook in GWU v Dorbyl Marine bevind die hof dat 'n kennisgewingstermyn
van een dag onredelik was. Dit was verder onbillik dat die aflegging
as 'n fait accompli aari die werknemerdeurgegee is, so-ook die feit
dat met die vakvereniging wel oor ander aangeleenthede soos dissipline
en griewe gekommunikeer is, maar nie ten opsigte van aflegging nie.
Die hof formuleer 'n verdere beginsel naamlik dat hoe meer
gespesialiseerd die beroep is, hoe langer behoort die
kennisgewingstermyn te wees, omdat dit in so 'n geval waarskynlik
moeiliker sal wees om 'n alternatiewe betrekking te vind.
14 In die feitestel voor die hof in Gonya v Besterecta (Pty) Ltd. was
daar geen georganiseerde verteenwoordiging f in die vorm van
vakvereniging f werkeraad wat die belange van die werkerskorps
verteenwoordig het nie. Die werkgewer het na 'n paar omsendskrywes
waarin gewaarsku is dat personeelbesnoeiing oorweeg mag word onder
andere die applikant ontslaan. Die hof beslis dat die respondent se
late om f 'n werkeraad saam te stel met wie gesprek gevoer kan word
ten opsigte van aflegging Of met elke betrokke werknemer afsonderlik
te kommunikeer, 'n onbillike arbeidspraktyk op 'n prima fade basis
daargestel het.
15 In Ngwenya v Alfred Mcalpine & Son Ltd. bevind die hof dat aihoewel
die terme van die afleggingsooreenkoms tussen respondent en die
vakvereniging kwalik beskou kan word as redelik, die respondent
opgetree het in ooreenstemming met die ooreenkorns wat op 'n vrywillige
basis gesluit is, en dat geen onbillike arbeidspraktyk daarop op
prima facie-basis bedryf is nie. Die navolging van die ooreengekome
prosedure word beskou as die crux van die aangeleentheid, maar die hof
wys spesifiek op die feite dat die sluiting van die myn deur
ekonomiese realiteite genoodsaak is, dat konsultasie plaasgevind het
en dat die werknemers onredelike else gestel het.
13 1985 ILJ 52 (IC).
14 1986 ILJ 39 (IC).
15 1986 ILJ 442 (IC).
[;1
16 In die beslissing van Liebenbergh v Franz Falke Textiles (Pty) Ltd
is die hof be!nvloed deur die respondent se pogings om die werkers wat
geselekteer was vir aflegging so ver moontlik tegemoet te kom:
Alternatiewe soos geen rekrutering, korter skofte en geen oortyd is
eers oorweeg, onderhandelinge met die vakvereniging insake voordele
het geskied, lang keniisperiodes het verloop, vier weke se betaalde
verlof sodat alternatiewe werk gevind kan word is verleen en ander
werkgewers is genader oni betrekkings te vind vir die afgelegde
personeel. Daarteenoor is enkeles van die gesejJekteerde personeel nie
ontslaan nie. Die hof bevind dat die gespesialiseerdheid van hul
vaardighede (wat aangevoer is as rede vir hul indienshouding) nie
bewys is 'n onbillike selekteringsmaatstaf te wees nie.
17 In MWASA v SABC is bevind dat die werkgewer in twee opsigte tekort
geskied het om aan die standaarde van 'n redelike werkgewer te voldoen
wat personeelbesnoeiing aanbetref, te wete deurdat onvoldoende kennis
gegee is aan werknemers van 'n spesifieke voorneme om af te 1e en
deurdat behoorlike konsultasie nie met die werknemers gevoer is nie.
18 In McLaughlin v GKN Mills (Pty) Ltd. erken die hof dat die
uitgekristalliseerde riglyne van toepassing op "retrenchment" nie
meganies op alle feitestelle toegepas kan word nie, maar bevind dat 19
in casu die werkgewer in weerwil van die wete dat riglyne wel
bestaan versuim het om met werknemers voor aflegging te konsulteer, 20
nie die LIFO beginsel toegepas het nie en nie alternatiewe
kostebesparende aksies ondersoek het nie.
Die nalate om twee van die aanvaarde riglyne wat personeelbesnoeiing
onderle na tevoig, word alternatiewelik in Hadebe v Romatex
Industrials Ltd. bevind onbillike arbeidspraktyke ingevolge art.
46(9) te wees, te wete versuim om vooraf met die werknemers of hul
verteenwoordigers te konsulteer, asook die versuim om voldoende kennis
16 1986 ILJ 513 (IC).
17 1986 ILJ 754 (IC).
18 1986 ILJ 721 (IC).
19 Die hof verwys spesifiek na Cheadle 1985 ILJ 127.
20 "Last in, first out".
21 1986 ILJ 726 (IC).
M.
te gee aan werknemers van die voorneme am hul te besnoei. Die hof
neem verder standpunt in dat 'n vakvereniging wat verteenwoordigend is
nie noodwendig formeel erken hoef te wees alvorens 'n werkgewer met
horn behoort te konsulteer nie.
Die betekenis van die begrip "retrenchment" het aandag geniet in die
applhofbeslissirig van Consolidated Frame Cotton Corp Ltd v The 22
President (IC) . Dit word omskryf as 'n vermindering in die aantal
personeel weens oortolligheid, wat nie noodwendig met die afskaffing
van poste gepaardgaan nie. Die nywerheidshof as spesialishof beskik
oor verreikende magte en kan teoreties herindiensneming gelas ten
spyte van die feit dat 'n pos afgeskaf is of dat die werkgewer om
ekonomiese redes die werknemer nie meer kan bekostig nie.
Dit is duidelik dat die feite van geval tot geval mag verskil. Dit is
egter ook duidelik dat in al die beslissings wat hierbo bespreek is
die hof gepoog het orn sekere basiese riglyne so ver doenlik na te
voig . Cheadle het na 'n studie van 'n aantal beslissings die
riglyne so gedentifiseer:
"k the employer must consider ways to avoid or minimize retrenchment * the employer must give sufficient prior warning to a recognized
or representative trade union of the pending retrenchment
22 1986 ILJ 489 (A). Brassey et alia 279 verwys ook na
"retrenchment" as "dismissal because the employee is redundant",
en lys 'n aantal moontlike oorsake van oortolligheid. Dit wil
voorkom asof die riglyne van toepassing op personeelaflegging nie
toepaslik is waar 'n diensverhouding beindig word am ander redes
as blote oortolligheid nie, byvoorbeeld by kiassieke gevalle van
ontslag.
23 In die woorde van Brassey 280: "The court's method has been
simply to derive certain general principles of fair retrenchment
from diverse sources and to evaluate the circumstances of any
particular retrenchment in the light of those principles. The
court appears to have justified its reliance on these principles
on the grounds that they promote 'sound labour relations'".
24 1985 ILJ 127.
M.
* the employer must consult with such a trade union prior to the
retrenchment
* if no criteria are agreed, the employer must apply fair and
objective selection criteria
* the employer must give sufficient prior warning to the employee
selected for retrenchment
* the employer must consult with the affected employee and consider
any representations made on his behalf by the trade union.
Hierdie riglyne is geen absolute regsreJs nie. In die woorde van die
Gumede-beslissing: Die riglyne hoef nie noodwendig nagevoig te word
nie, maar is aanbevelenswaardig. Dit sal bewys moet word dat enige
afwykings billik en redelik was onder die bepaalde omstandighede.
Drie aspekte verdien in sommige beslissings besondere kiem: waar op
'n prosedure ooreengekom is, moet daardie prosedure nagevolg word;
konsultasie moet geskied, en 'n redelike kennisgewingstermyn moet
verloop alvorens besnoei word. Eersgenoemde herinner aan kontraktuele
beginsels, hoewel die genoemde prosedures normaalweg buite-om die
dienskontrak en wel op kollektiewe viak beding word. Die vereistes
dat konsultasie vooraf moet geskied en kennis vooraf gegee moet word,
is vreemd aan die geinenereg, en bring mee dat 'n werkgewer se
bevoegdhede beperk word deurdat hy nie soos tradisioneel die diens van
'n werknerner kan be1indig deur kennis te gee of lone in plaas daarvan
te betaal nie; bestuursprerogatief word dus ingekort. Gemeenregtelik
is aanvaar dat dienskoritrak beindig kan word deur opsegging, wat
impliseer dat 'n ooreengekome of redelike tydperk kennis gegee moet
word, maar die nywerheidshof vereis teenswoordig ook kennis van 'n
voorneme om te besnoei en wel ten opsigte van 'n klas of groep
werknemers. Hierdie verpligting op die werkgewer raak dus nie
noodwendig individuele gevalle nie.
5.7 SELEKTIEWE HERINDIENSNEMING
Dit gebeur dikwels dat werknemers wat ontslaan is later weer deur
dieselfde werkgewer in diens geneem word. Redes hiervoor kan onder
andere wees dat die werkgewer voel dat die slagoffers genoeg " gestraf "
is, of dat hy nie gekikte plaasvervangers kan opspoor nie, of dat hy
nie kan bekostig om nuwe werknemers op te lei nie. Werknemers wat nie
intussen ander diensverhoudings betree het nie sal normaalweg die
herindiensneming met blydskap aanvaar. 'n Probleem ontstaan egter
wanneer die werkgewer besluit om net 'n deel van die werknemers wat op
dieselfde grondslag ontslaan is, herindiens te neem. Na sy mening kan
die poging om net die produktiewer of vriendeliker of beter werknemers
her aan te stel grondige en voldoende regverdiging wees. • Daarteenoor
kan die benadeelde groep die mening huldig dat hul weglating onbillik
is.
Dit is inderdaad so 'n toestand wat aanleiding gegee het tot die
aansoek voor die nywerheidshof in Ngobeni v Vetsak (Co-op) Ltd . Na
die herindiensneming van ongeveer 71% van werknemers wat as gevoig van
deelname aan 'n onwettige staking ontslaan is, het die orige 29% van
die groep aansoek gedoen om herindiensstelling ingevolge art.
43(4)(b)(iij) van die Wet. Die hof, by monde van EL Erasmus Sc,
beklemtoon die feit dat die diensbeindiging van alle deelnemers (na
aanleiding van die staking) en die latere herindiensneming van
sommiges twee aparte aangeleenthede is, en dat die selektiewe
herindiensneming van die 71% gewese stakers nie 'n onbillike
arbeidspraktyk daarstel nie. Die selektiewe herindiensneming kan nie
gekoppel word aan die moontlike onbillikheid van die ontslag nie
Herindiensneming, selektief al dan nie, is dus 'n bestuursprerogatief.
Dit is immers ' n algemene moderne besigheidsbeginsel dat 'n werkgewer
kan aanstel wie hy goeddink ("to hire at will"), 'n beginsel wat
verband hou met handels- en kontrakteervryheid. Volgens die hof geld
drasties verskillende beginsels by herindiensneming teenoor ontslag,
en ten opsigte van eersgenoemde: "Fairness doesn't enter the
picture ... Here purely personal likes or dislikes often play a
role"
1 1984 ILJ 205 (IC).
2 Sien die sterk kritiek uitgespreek deur Munks 1986 ILJ 1 op 8.
3 213 D-G.
M.
Hierdie redenasie kom neer op 'n "rigid interpretation of contractual
sovereignty" en behoort nie ongekwalifiseerd nagevolg te word nie.
Dit is die algehele diensverhouding met al sy aspekte, ook
herindiensneming, en nie net die ontslagelement nie, wat billik moet
wees
Die beslissing in Die Raad van Mynvakbonde v Die Kamer van Mynwese van SA is in die algemeen belangrik omdat die hof riglyne geformuleer
het waarteen gerneet kan word of die regmatige afdanking van werknemers
wat aan 'n wettige staking deelneem as 'n onbillike arbeidspraktyk
beskou kan word. Die hof was ook nie bereid om horn uit te spreek oor
die bewering dat 'n kiousule in 'n standaard- dienskontrak, in sy aard
en uitwerking neerkom op 'n onbillike arbeidspraktyk nie. So 'n bevel
sou neerkom op 'n algemeen bindende en abstrakte reel, wat volgens die
hof nie die doel van sy onbillike arbeidspraktyk-jurisdiksie is nie.
Dit is in die toepassing of gevoig van 'n praktyk waar die beweerde
onbillikheid gesoek moet word - nie in die blote bestaan van
diensvoorwaarde nie. Ten spyte van sy onwilligheid am 'n algemene
beginsel te formuleer, maak BL Landman nogtans obiter die volgende
stelling: "So ook mag die selektiewe herindiensneming van stakende
werkers 'n onbillike arbeidspraktyk daarstel" . Die hof erken verder
dat ingeval van 'n bevinding dat selektiewe herindiensneming I n onbillike arbeidspraktyk is, die gemeenregtelike kontraktuele
beginsels vervang word deur die nywerheidshof se unieke statutre
bevoegdhede gegrond op billikheidsbeginsels. Die rigiede toepassing
van kontraktuele beginsels soos in die Vetsak-beslissing word
effektiewelik bevraagteken.
8 Die feite voor die hof in Ntuli and Others v Litemaster Products Ltd.
4 Sien vn 5.
5 Sien Munks 1986 ILJ 10 "But in truth this is not an idea of two
completely different contracts with completely 'different
consequences' , for the same parties are involved and there is in
essence only one employment relationship. Moreover the notion of
reinstatement suggests the revival of the initial contract and
not the conclusion of a separate contract".
6 1984 ILJ 344 (IC).
7 361 I.
8 1985 IUJ 508 (IC).
70
was die volgende : Sporadiese werkstopsetting wat soms met opmarse
gepaard gegaan bet, het op die werkgewer se perseel voorgekom. Tydens
so'n geleentheid het die werkgewer sy arbeidsmag toegang tot die
perseel geweier en vereis dat elke werknemer 'n persoonlike onderhoud
met die bestuur moet voer voordat hy toegelaat sal word om sy werk te
hervat. Di wat geweier het am hul te onderwerp aan die ondervraging
is summier ontslaan, waarna 'n selektiewe herindiensnemingsproses
begin is ingevolge waarvan werknemers wat deelgeneem bet aan die "go-
slow", die wat deel gehad bet aan geweldpleging, die wat bevele negeer
het en die met onbevredigende werkrekords nie herindiensgeneem is nie.
Die applikante het gevolglik 'n art. 46(9)- aansoek geloods dat die
werknemers wat nie herindiensgeneem is nie in diens herstel word en/of
dat beweerde onbillike arbeidspraktyke herstel word wat soos voig
geformuleer is: "The selective emplo'ment procedure which took
place ... contributes an unfair procedure and accordingly the
dismissals that flowed from it are unfair, and is in itself an unfair
labour practice".
Hierdie formulering is nie heeltemal suiwer nie, maar die hof skei
nogtans die ontslag en die selektiewe herindiensneming en bevind dat
beide prosesse in die hg van al die omstandighede onbihhik was. Die
wyse waarop herindiensgeneem is, het neergekom op 'n onbillike
arbeidspraktyk. Bestuursprerogatief het dus ook nie onbeperkte vre
teuels wanneer dit gaan oar selektiewe herindiensneming nie. Munks
maak die volgende opmerking : "It is respectfully submitted that the
court should have gone further and held that the employer's failure to
consult with its employees on the criteria to be adopted was unfair,
and in this regard some of the general principles pertaining to
retrenchment would have been appropriate". Hierdie mening
verteenwoordig 'n ingrypende beperking op 'n werkgewer se tradisionele
bevoegdheid om vryelik en na willekeur in diens te neem.
11 Aihoewel die klem in die beslissing in SEAWUSA v Trident Steel geval
het op die onbillikheid van selektiewe ontslag van werknemers wat
geweier het am oortyd te werk, maak die hof die stelling dat
9 510 D.
10 1986 ILJ 13.
11 1986 ILJ 86 (Ic).
71
indiensneming as 'n rel nie onbillik kan wees nie, omdat die
nywerheidshof nie oor die bevoegdheid beskik om aan 'n werkgewer voor
te skryf wie hy rnoet of mag in diens neem nie. Indiensneming sou
alleen onbillik kan wees waar die selektiwiteit deel van 'n komplot
vorrn om die klaer se diens op 'n kiandestiene manier te beindig, met
ander woorde 'n vorm van konstruktiewe ontslag. Dit is dan in
werklikheid die ontslag se billikheid wat bevraagteken word en nie die
effektiewe selektiewe herindiensneming van ander nie.
Die klinies-gemeenregtelike redenasie van die hof in Vetsak en Trident
Steel word die nekslag toegedien in MAWU v Transvaal Pressed Nuts,12
Bolts and Rivets (Pty) Ltd , waar BL John uitdruklik die tweekontrak-
redenasie verwerp. Hy beklemtoon die gedagte dat die nywerheidshof
eerder begaan is oor billikheid as oor regmatigheid en die algemene
beginsel dat in geval van onbillikheid (al was die handeling
gemeenregtelikgesproke regmatig) die benadeelde geregtig is op huip
ingevolge Die Wet op Arbeidsverhoudinge: Waar 'n werkgewer sommige
gewese werknemers herindiensneem op "onregverdigbare" of subjektiewe
gronde behoort die handeling neer te kom op 'n onbillike 13
arbeidspraktyk . Daar word met goedkeuring verwys na soortgelyke
beginsels van die Britse en Aiiierikaanse regstelsels en 'n
herindiensnem.ingsbevel word toegestaan ingevolge art. 46(9). In casu14
het die hof sekere riglyne soos deur Munks geformuleer met
12 1986 ILJ 704 (IC).
13 In die resente opspraakwekkende nywerheidshofbeslissing van
MAWU v BTR Sarmcol (flog ongerapporteer) is beslis dat dit nie op
selektiewe herindiensneming neerkom nie as 'n werkgewer 'n
bepaalde termyn vir aansoek van herindiensneming beskikbaar stel
en sommige ontslane werknemers dan nie herindiensgeneem word nie
weens hul versuim om binne die bepaalde termyn aan te meld. Die
daarstel van 'n sperdatum is dus nie 'n onbillike kriterium nie,
solank dit geld ten opsigte van alle ontslane werknemers. Die
termyn sal natuurlik 'n redelike tydperk moet bevat.
14 "Selective re-employment: An unfair labour practice?" 1986 ILJ
1. Die ondersoek wat Munks loods is die volgende: "What is the
legal position of a group of employees who are excluded from an
offer of re-employment or reinstatement on a selective basis,
after having been validly and legally dismissed or retrenched en
masse?"
72
goedkeuring aangewend:
* Die aard van die kollektiewe bedingingsverhouding tussen die
partye en toepaslike kontraktuele bedinge. * Moontlike aanwending van onderhandelings- en versoenings-
prosedures deur die partye. * Die gedrag van die partye onderskeidelik voor sowel as na
diensbeindiging. * Operasionele omstandighede van die werkgewer (ekonomiese
omstandighede, verliese, ensovoorts). * Die omstandighede van die werknemer. * Die aanwesigheid van enige diskriminerende of viktimiserende
praktyke aan werkgewerskant of intimidasie aan werknemerskant. * Die tydsverloop tussen diensbeindiging en herindiensneming. * Onverantwoordeljkhejd in werknemersgeledere. * Die invloed van die diensbeindigings en herindiensnemings op
arbeidsmag en bestuur. * Die werkgewer se houding jens werknemers wat nie
herindiensgeneem word nie. * Die noodsaaklikheid van personeelbesnoeiing, die graad van
substantiewe en prosedurele billikheid, objektief beoordeel, met
inagneming van die algemene billikheidsmaatstaf. * Die mate van onderlinge beraadslaging. * Die redelikheid van die kriteria aangewend om te onderskei tussen
die werknemers wat herindiensgeneem word en die ander, asook die
mate van eenvormigheid in die hantering van diensbeindigings.
Net soos in die geval van ander groepe riglyne is dit natuurlik
belangrik om hierdie dertiental nie noodwendig rigied toe te pas nie.
Dit is bloot voorgestelde riglyne wat aanpasbaar moet wees om by enige 15
unieke feitestel toepasbaar te wees
16 Volgens Brassey is die beslissings teen sogenaamde selektiewe
ontslag of selektiewe herindiensneming niks anders nie as 'n
toepassing van die beginsel van eenvormigheid: "It is inherently
15 Munks 16: "... it is not feasible to lay down a definite
statement of law in abstract".
16 272.
73
unfair to penalize some and not others when all are guilty of the same
misconduct' t .
Die benadering van BL Erasmus, om ontslag en selektiewe
herindiensneming te skei en onafhanklik van mekaar te beoordeel, kom
neer op 'n te strenge toepassing van die gemenereg : Na ontslag is
die diensverhouding tesame met die dienskontrak beindig en is die
werkgewer vry om nuwe werknemers na hartelus in diens te neem. Die
latere neiging van die nywerheidshof om die totale diensverhouding te
beskou eerder as sekere skeibare aspekte, is 'n vernuwing wat net
moontlik gemaak is deur die moderne wetgewing rondom onbillike
arbeidspraktyke. In die hg van al die omstandighede van die bepaalde
geval moet gevra word of die optrede van die werkgewer di was wat
die nywerheidshof aan 'n redelike werkgewer onder dieselfde
omstandighede sou toeskryf. Hierdie toets sluit noodwendig vrae in
SOOS : Wat was die aard van die verhouding tussen werkgewer en
werknemer? Wat was die werkgewer se motief? Dit is bepaald moontlik
om uit getuienis voor die hof 'n geheelbeeld van die diensverhouding,
wat in die weegskaal hang, te kry.
74
5.8 ONTSLAG PROSEDURELE EN SUBSTANTIEWE ELEMENTE
Ontslag is die bestuursprerogatief wat die meeste in die nywerheidshof
aangeveg word. Voordat wysigings in Die Wet op Arbeidsverhoudinge
aangebring is wat werknerners in staat stel orn hul te beroep op die
onbillikheid van ontslag was die tradisionele beginsels betreklik
eenvoudig en algerneen aanvaar. 'n Dienskontrak kon beindig word deur
onderlinge ooreenkorns, dit wil se deur wilsooreenstemming (ook
eensydige opsegging ingevolge die terme van die kontrak), deur
onrnoontlikheid van prestasie, as gevoig van insolvensie of
ooreenkornstig sekere statutare bepalings . Boonop het die reals
rondorn kontrakbreuk dit vir 'n benadeelde party moontlik gernaak orn ult
'n dienskontrak terug te tree, en was die oortreder as 'n real nie
geregtig op spesifieke nakoming in die sin van terugplasing in diens
nie
3 Van Jaarsveld en Coetzee rnaak 'n onderskeid tussen onregmatige
beindiging van 'n dienskontrak (op rnaterieelregtelike gronde) en
onbillike beindiging van 'n dienskontrak (op prosedurile gronde),
en vervoig dat in eersgenoemde geval die ontslane werknerner regsaksie
kan instel gebaseer op kontraktuele beginsels, of op bepalings in Die
Wet op Arbeidsverhoudinge, terwyl in laasgenoernde geval die werknerner
sal moet staat rnaak op die statuut alleen. Hierdie siening is korrek,
rnaar in die praktyk word feitlik elke ontslag wat aangeveg word in
die nywerheidshof bereg ooreenkomstig die hof se wye diskresionre
magte voortspruitend uit bepalings rondorn onbillike arbeidspraktyke.
Die nywerheidshof het horn reeds in 'n rnagdorn beslissings uitgespreek
1 Sien Van Jaarsveld & Coetzee 122 e.v. vir 'n volledige bespreking
van die beginsels wat geld ten opsigte van die beindiging van I n
individuele dienskontrak.
2 In hoofstuk 2 hierbo is 'n bespreking van die gemeenregtelike
beginsels rondom kontrakbreuk by dienskontrakte, en word
spesifiek gewys op 'n ontwikkeling in die siviele howe weg van
die "reel teen herindiensstelling/spesifieke nakoming".
3 128/9.
75
oar die noodsaaklikheid van billike ontslag 4
. Dit het betrekking op
die rede vir die ontslag (substantiewe element) sowel as op die wyse
waarop die ontslag plaasgevind het (prosedurele element).
Wat die substantiewe element aanbetref, wil dit voorkom asof beginsels
in hoofsaak aan die gemenereg ontleen is, met ander woarde: Het die
werkgewer materieelgesprake en ooreenkomstig die kontraktereg die
bevoegdheid am uit die kontrak terug te tree? Hier geld algemene
beginsels watin verband staan met die tradisianele verpligtinge van
die werknemer in hoof saak, met die voorbehoud dat die hof se
billikheidsgevoel oak bevredig moet word wat die rede vir ontslag
betref.
Wat die prosedurele element aanbetref, wil dit voorkom asof beginsels
aan die administratiefreg, en meer bepaald die re1s van natuurlike
geregtigheid, ontleen is. Op die billikheid van die prases ward
besondere kiem geplaas. Die haf sal 'n applikant tegemoetkom wat
substantiefgesproke "regmatiglik" maar prosedureelgesproke "onbillik",
ontslaan is. Hierin verskil die uitgangspunte van die nywerheidshof
teenoor die van die hooggeregshof
7 SUBSTANTIEWE ELEMENT
Die rede vir die ontslag hau gewoonlik verband met beginsels van die
gemenereg, bedinge in individuele dienskontrakte, statutre bepalings,
bepalings in nywerheidsoareenkomste, loonvasstellings of dissiplinre
kodes. Die onus rus op die werkgewer on te bewys dat die antslag
geregverdig is , en dit is natuurlik die ware rede wat die hof soek en
toets. Nie alleen moet die rede vir die ontslag geldig wees nie, maar
die optrede aan die kant van die werknemer moet oak ernstig genoeg
4 Brassey 378 vn 2: "In this regard the jurisdiction of the
industrial court differs from that of the supreme court since the
industrial court is not limited to taking into account only legal
principles".
5 Sien hoofstuk 2 hierbo.
6 Sien hoafstuk 5.2 hierba vir 'n volledige bespreking van die
verhouding nywerheidshof/hooggeregshof.
7 Brassey 384: "It is imperative that a valid reason should have
existed for the dismissal of an employee".
8 Sien Robbertze v Matthew Rustenburq Refineries 1986 ILJ 14 (IC).
76
wees vir die werkgewer om terug te tree uit die dienskontrak. Die
uitgangspunt is immers dat ontslag 'n laaste toeviug behoort te wees.
9 In Wahi v AECI word regshulp aangevra ingevolge art. 43(4)(b)(i) deur
'n werknemer wat ontslaan is na aanleiding van 'n bakleiery met 'n
mede-werknerner. Die hof beskou eerstens die vraag of die ontslag
onder die bepaalde omstandighede geregverdig was (die substantiewe
element) en korn tot die gevolgtrekking dat die oorwig van
waarskynlikheid ten gunste van die applikant is, veral omdat 'n sterk
rnoontlikheid bestaan het dat hy in selfverdediging opgetree het en
omdat die besigheid van die werkgewer geen skade gely het nie. Die
ontslag was dus substantiefgesproke onbillik.
10 In MAWU v Barlows is sekere werknemers deur die respondent verwittig
dat hulle diensverhoudings beindig word in ooreenstemming met die
bepalings van die onderskeie dienskontrakte. Volgens die beginsels
van die kontraktereg was die ontslag regmatig, maar die hof wys
pertinent daarop dat die nywerheidshof horn nie alleenlik bepaal tot
die regrnatigheidsvraag nie; eerder word die redelikheid en billikheid
van die ontslag beskou.
Die feite wat aanleiding egee het tot die beslissing van NUM v
Driefontein Consolidated Ltd was die volgende Mynwerkers is
ontslaan op grond van hul weiering om in 'n deel van die myn te werk
wat volgens hul (verkeerde) mening onveilig was. In die tweede
alternatief word beweer dat hul ontslag 'n onbillike arbeidspraktyk
daargestel het omdat hul daarop geregtig was om nie te werk nie solank
die werkgewer versuim het orn redelike stappe te doen om hul deur 'n
geloofwaardige persoon te laat oortuig dat die area veilig was. Die
hof bevind dat hierdie versuirn deur die werkgewer, veral in die hg
daarvan dat die staatsmyninspekteur die area veihig verklaar het, nie
prima facie neerkom op 'n onbilhike arbeidspraktyk nie. By imphikasie
dus was die ontslag regmatig omdat die werkgewer bloat sy
terugtredingsreg uitgeoefen het as reaksie op die werkers se
kontrakbreuk in die vorm van weiering om te werk (of weiering om
wettige bevel uit te voer).
9 1983 ILJ 298 (IC).
10 1983 ILJ 283 (IC).
11 1984 ILJ 118 (IC).
77
12 In Pillay v C.G. Smith Sugar Ltd word onder andere beweer dat die
applikant geen handeling verrig het wat antslag geregverdig het nie.
Hierteenoor het die werkgewer aangevoer dat sy optrede wel geregverdig
was veral omdat die werknerner in 'n ondersoek skuldig bevind is aan
diefstal en/of onwettige besit van brandstof wat aan die werkgewer
behoort het. Die hot ondersoek die aangeleentheid onder andere met
behuip van 'n bandopname van die interne ondersoek en bevind dat die
werkgewer voldoende bewys gelewer het dat die ontslag geregverdig was
omdat uit getuienis in geheel dit blyk dat diefstal of ongemagtigde
besit van eiendom van die werkgewer wel gepleeg is. Die hof erken dat
die sanksie opgele in die hg van die goeie en lang diensrekord van
die werknemer uitermate streng mag voorkom, maar is nie bereid am die
"presedent" te skep dat 'n werknerner van sy werkgewer mag steel sander
dat gerneenregtehike gevolge intree nie. In hierdie besondere geval
was die ontslag materielgesien regmatig. Die gerneenregtelike
beginsel van handhawing van vertroue of eerbaarheid of bona fides is
gehandhaaf.
Aihoewel die nywerheidshof horn normaalweg wend tot die gemenereg by
die beoordehing van die substantiewe element, moet aanvaar word dat hy
vanweg sy wye diskresie ingevolge die onbillike arbeidspraktyk-
jurisdiksie oak algemene bihlikheidsbeginsels kan oorweeg. Dit gebeur
dan oak geredehik dat addisioneel gelet word op indikators wat 'n
aanduiding kan gee dat die werkgewer nie opgetree het soos 'n fiktiewe
redehike werkgewer onder dieselfde omstandighede nie, en dit betref 13
ahle omringende omstandighede . So word gelet op vorige insidente,
bestaande praktyk, kondonering, differensiring of diskriminasie,
benadeling, beide werkgewer en werknerner se houding en dade,
betroubaarheid, senioriteit, blaamwaardigheid, diensrekord, 14
arbeidsonrus, politieke anrus, bona fide vrese, en nag meer
12 1985 ILJ 530 (IC).
13 Brassey 338: "When assessing the substantive validity of a
dismissal the court seems to take account of various factors.
These factors should not be viewed in isolation, but in the light
of all the facts and circumstances of a given case ... these
factors do not constitute a closed category and are not
exhaustive
14 Ibid e.v.
vlI
Hierdie lys is geen numerus clausus nie.
15 PROSEDtJRELE ELEMENT
Die twee elemente word in die uitspraak in NAAWU v Pretoria Precision
Castings (Pty) Ltd 16
knap onderskei. 'n Werknemer is ontslaan nadat
hy 'n ernstige oortreding begaan het waarteen alle werknemers
herhaaldelik en uiteindelik finaal gewaarsku is. Die hof bevind dat
die ontslag (in gemeenregtelike sin) regmatig was omdat die applikant
deeglik bewus was van die gevaar van sy oortreding, die waarskuwings
daarteen en die moontlike gevolge. Die hof erken dat die wangedrag
in casu gelykstaan aan ernstige pligversuim wat ontslag regverdig maar
beklemtoon verder dat Die Wet op Arbeidsverhoudinge addisioneel vereis
dat die ontslag oak billik moet wees wat die proses aanbetref. Waar
neergelegde prosedures bestaan, behoort die werkgewer dit na te valg.
Waar prosedures binne 'n onderneming nie neergel e is nie, moet die
beginsel van audi alteram partem minstens toegepas word. Die hof
staan geen spesifieke proses voor nie, rnaar meen dat die volgende in
ag geneem moet ward :
* die gevolg-konsep in die definisie van onbillike arbeidspraktyk; * die inherente buigbaarheidsbeginsel binne moderne arbeids-
verhoudinge; * die gedagte dat natuurlike geregtigheid die slaggate van die
streng juridiese behoort te vermy; * die ideaal dat optrede nooit onredelike of wispelturige gevolge
behoort te h e nie; * billike behandeling is in die openbare belang; * billikheid erken menswaardigheid.
In die spesifieke feite voor die hof het die applikant n6g ten opsigte
van bevinding ng ten opsigte van sanksie die geleentheid gehad om sy
saak te stel, en daarom was die ontslag prosessueelgesien onbillik.
Die uitgangspunt van die hof in Larcombe v Natal Nylon Industries 17
(Pty) Ltd was dat dit nie voldoende is dat diensbeindiging regmatig
15 Brassey 407: "The procedural validity of a dismissal relates to
the requirement that a dismissal must also be fair from a
procedural point of view".
16 1985 ILJ 369 (IC).
17 1986 ILJ 326 (IC).
79
geskied om billik te wees nie. Die hof moet verder ondersoek of die
diensbeindiging "justified, reasonable and correct, having regard to
the equities of the case" was. 'n Wye algemene billikheidstoets moet
bevredig word, en in casu het die werkgewer se versuim om die
applikant die geleentheid te gee om te antwoord op beskuldigings
veroorsaak dat die ontlag in sy gehee.l gesien onbillik was.
Die nywerheidshof plaas besondere kiem op die beginsel dat 'n
werknemer minstens die geleentheid moet he om sy saak te kan stel. 18
Cameron praat van sy "reg" op 'n verhoor voor ontslag. In die 19
beslissing van Lefu and Others v Western Areas Gold Mining Co. Ltd.
het die hof egter geredeneer dat dit geen uitgemaakte saak is dat 'n
werknemer onvoorwaardelik geregtig is op 'n dissiplinre verhoor
nie. Omstandighede mag byvoorbeeld bestaan sodat dit nie redelikerwys
van die werkgewer verwag kan word om die werknemer die geleentheid te 20
gun am sy saak te stel nie . Ontslag sander geleentheid vir die
werknemer am sy saak te stel ("homself te verdedig") KAN 'n onbillike
arbeidspraktyk daarstel, afhangende van die omstandighede. Dit blyk
dat die haf in casu grater gewig verleen aan die rede vir die ontslag,
en daar word geredeneer dat indien die ontslag geoorloof was ("meriete
het"), die prosedure minder belangrik is. Daarteenoor bend die haf 21
in NtJM and Another v Western Areas Gold Mininq Co. Ltd. dat in
gevalle van potensile diensbeindiging na aanleiding van wangedrag
18 "The right to a hearing before dismissal" 1986 lU 1: "On one
point ... the industrial court has probably came as close to
being decisive, unequivocal en emphatic as its structural role
and the diversity of the personalities who staff it will allow.
That is the requirement that an employee, before he or she is
dismissed, should be accorded some farm of opportunity to answer
the allegations or considerations which would otherwise lead to a
dismissal".
19 1985 ILJ 307 (IC).
20 Die hof steun sterk op paragraaf 7 van die "ILO Termination of
Employment Convention (1982)".
21 1985 ILJ 380 (IC).
80
dit noodsaaklik is dat 'n verhoorprosedure 22
gevoig word. So word 'n
werkgewer in die posisie gestel am die meriete van die werknemer se
optrede te beoordeel nadat alle feite en omstandighede ondersoek is.
Die bevoegdheid van die werkgewer om te dissiplineer word bevestig.
Dit is egter ook die verantwoordelikheid van die werkgewer om
"nywerheidsgeregtigheld" te laat geskied wanneer hy dissiplineer. In
die uitvoering hiervan moet hy toesien dat sy optrede di& is van 'n
redelike werkgewer in die bepaalde omstandighede. Indien 'n redelike
werkgewer tot dieselfde gevolgtrekking sou gekom het na 'n behoorlike
ondersoek, behoort die hof nie in te meng nie. Die voorsittende
beampte van die nywerheidshof moet dus beslis of'n redelike werkgewer
tot dieselfde gevolgtrekking sou gekom het.
Die toets is dus een van "die redelike werkgewer" se fiktiewe optrede
binne die bepaalde ornstandighede van die geval.
Die beginsel dat 'n dissiplinre ondersoek moet plaasvind is bevestig23
in MAWU v Stobar Reinforcin NUM v Transvaal Navigation Colleries 24
NUM v Unisel Gold Mines Ltd en SALDDAWU v Advance Laundries
t/a Stork Napkins 26
. In Rampersad v BB Bread Ltd 21
word bevind dat
waar 'n interne verhoorprosedure neergel e is dit imperatief is dat die
prosedure nagevoig word, so nie word 'n onbillike arbeidspraktyk 28
gepleeg. In Pillay v C.G. Smith Sugar Ltd verwys die hof met
goedkeuring na 'n spesifieke dissiplinre ondersoek soos vervat in 'n
bandopname wat by die hof ingedien is.
'n Billike verhoor moet dus plaasvind. In die beslissin van
Robbertze v Matthew Rustenburg Refineries (Wadeville) Edms. Bpk.
22 In die moderne praktyk volg die verhoor dikwels die stappe van
strafsaak: Aanklag, getuies vir die vervolging (= werkgewer),
kruisondervraging, getuies vir die verdediging (= werknemer),
kruisondervraging, opsomrning, versagting, ensovoorts.
23 1983 ILJ 84 (IC).
24 1986 ILJ 393 (IC).
25 1986 ILJ 375 (IC).
26 1985 ILJ 544 (IC).
27 1986 ILJ 367 (IC). Sien ook SFAWU v Delmas Chickens 1986 lU
678 (IC) en NUM v Blinkpan Collieries 1986 ILJ 579 (IC).
28 1985 ILJ 530 (IC).
29 1986 ILJ 64 (IC).
rI
formuleer BL Landman die volgende noodsaaklike faktore:
"1 Die werknemer moet die kiag teen horn meegedeel word.
2 Hy moet 'n geleentheid gegun word orn sy kant van die saak te
stel.
3 Die tribunaal, instansie of persoon wat die kiag aanhoor moet ter
goeder trou optree.
4 Die tribunaal, instansie of persoon moet sy pligte eerlik en
onpartydig vervul".
30
BL Bulbulia gaan in die beslissing van Mahiangu v CIM Deltak verder
en forrnuleer 'n tiental bestanddele van 'n prosedureel-billike verhoor:
1 die req om ingelig te word insake die kiag;
2 die reg op 'n spoedige verhoor;
3 die req op voldoende vooraf kennis;
4 die reg orn getuies te roep;
6 die reg op 'n tolk;
7 die req op die bekendmakinq van 'n bevinding met redes daarvoor;
8 die reg dat vorige diens oorweeg word;
9 die req op die bekendmaking van 'n vonnis;
10 die req op appal.
31 In die Trident--Steel-beslissing meen die hof dat die req op 'n
billike verhoor met sy twee elemente qevestig is as 'n "trite rule of
industrial relations law and practice". In 'n ander toonaangeweride32
beslissinq word hierdie req beskryf as fundamenteel, maar Cameron
beklemtoon die gedaqte van die buigsaarnheid van moderne
arbeidsbetrekkinqe wat eintlik 'n toepassing is van die idee van
natuurlike qereqtiqheid, en lys dan 'n aantal faktore soos deur die
nywerheidshof ontwikkel wat aanduidencl is van 'n prosedureel-billike
30 1986 ILJ 346 (IC). Volgens die hof rus die onus op die werkqewer
om die kiag te bewys, en daarom moet die werknemer die
qeleentheid h om enige getuienis teen horn aan te hoor en te
probeer weer1.
31 SEAWUSA v Trident Steel (Pty) Ltd 1986 ILJ 418 (IC) op 429 E.
32 NAAWU v Pretoria Precision Castings 1985 ILJ 369 (IC) op 378 F.
33 verhoor
' fl Verhoor moet plaasvind;
die werknemer moet teenwoordig wees;
tydsberekening moet billik wees;
kennis moet vooraf gegee word yan die aanklag(te);
alle feite en besonderhede insake die klag(te) moet aan die
werknemer bekendgemaak word;
die werknemer is geregtig op bystand of verteenwoordiging;
die werknemer rnoet die geleentheid kry om sy beskuldiger(s) te
konfronteer;
die werknemer rnoet getuies kan roep;
die voorsitter van die verrigtinge moet onbevooroordeeld wees;
die werknemer moet kan applleer.
34 Brassey wys daarop dat prosedurele billikheid nie vereis dat elke
enkele stap nougeset nagevolg moet word nie; solank die ondersoek in
die geheel as billik beskou kan word. Dit is selfs moontlik dat
weglating van enkele aspekte gekondoneer kan word waar die invoeging
daarvan geen wesenlike verskil in die bevinding sou teweegbring nie.
Gemeenregtelik is daar geen sprake van 'n reg op 'n verhoor voor
ontslag op grond van wangedrag nie. In sekere statute is so 'n reg 35
later ingebou , veral om werknerners in sekere staatsdepartemente te
beskerm. 'n Kontrakteregtelike beginsel bepaal egter dt wangedrag
wat ernstig genoeg is terugtrede aan die kant van die werkgewer kan
regverdig, sodat wat die voortbestaan van die diensverhouding betref
bestuursprerogatief telkens gesevier het. Die rels van natuurlike
33 Cameron 192: "In developing clear policies and establishing
broad, albeit not inflexible, guidelines the industrial court not
only legitimately exercises a power entrusted it, but in fact
performs a duty resting on it".
34 407.
35 Sien onder andere Die Wet op Diensvoorwaardes (SA Vervoerdienste
16 van 1983 en Die Verdedigingswet 44 van 1957. Brassey "The
Contractual Right to Work" 1982 ILJ 247 verwys ook na sekere
vroere beslissings waar statutre beskerming van werknemers teen
willekeurige ontslag behandel is.
M.
geregtigheid vind tradisioneel nie aanwending ten opsigte van 36
kontrakte nie , maar is deur die nywerheidshof vanuit die
administratiefreg ingevoer en op die diensverhouding toegepas. Immers
word ges: '.. . ( W)hen considering the fairness of a dismissal, one is
not confined to the exress and implied terms and provisions of the
contract of service' . Hier is dus 'n drastiese benvloeding van
tradisionele regte en verpligting deur die wetgewing rondom onbillike
arbeidspraktyke.
36 Sien Brassey 408.
37 Ibid.
5.9 ONDERHANDELING, KONSULTASIE EN GOEIE TROU
Een van die uitgangspunte van die Wiehahn-kommissie ten opsigte van
die handhawing van gesonde arbeidsverhoudinge was die bestaan van
strukture op ondernemingsvlak om die interaksie tussen werkgewer en
werknemer in kollektLewe sin te akkommodeer . Hiervoor moes twee
fundamentele beginsels by die Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing
genkorporeer word, te weta 'n oorkoepelende nywerheidsraadstelsel, en
die gelyktydige bevordering van gedesentraliseerde oorleg en
onderhandeling op ondernemingsvlak . In sy Witskrif het die regering
die beginsel van sterk strukture op beide nywerheids- en
ondernemingsvlak aanvaar, maar bygevoeg : "Dit is egter die Regering
se uitgangspunt dat gesonde verhoudinge op die vlak van die
onderneming 'n voorvereiste is vir gesonde verhoudinge op die viak van
die nywerheid, en dat aansporingsmaatrels dus in die aanvangstadium
veral op die onderbou gekonsentreer moet word".
I-iiermee is die realiteit erken dat die werkgewer-werknemer verhouding
in hoofsaak i n inter-persoonlike verhouding is; dat die akteurs
noodwendig mense is; en dat mense in inter-persoonlike verhoudings
moet kommunikeer.
In die diensverhouding kan kommunikasie verskeie vorme aanneem.
Opdragte word gegee, inhigting word oorgedra, oorleg word gepleeg,
onderhandelings vind plaas, en so meer. Elk vervul egter 'n unieke en
doelgerigte rol. i n Verdere realiteit is natuurlik ook dat menslike
attribute 'n groot rol speel, en daarmee saam persoonlike voorkeure en
afkeure. Veral in werkgewersgeledere blyk daar 'n tendens te wees na
willekeurige houdings jeans kommunikasie met georganiseerde arbeid.
'n Noodwendige vraag na volutarisme ontwikkel. Die vraag word gevra
of die gees van moderne arbeidswetgewing met die beginsel van minimum
staatsinmenging en maksimum eierigting dit nie juis aan partye oorlaat
om self te besluit met wie wanneer gekommunikeer hoef te word nie.
4 Brassey redeneer dat talle bepalings in Die Wet op Arbeidsverhoudinge
1 Versiag Deel I par. 3.111.
2 Ibid par. 3.153.1.
3 Witskrif oor Deel I par. 6.7.
4 149. Sien ook C. Thompson "On Bargaining and Legal Invervention"
1987 ILJ 1.
RR
daarop dui dat een van die wetgewer se grootste begeertes die
bevordering van kollektiewe bedinging was; dat hierdie begeerte oak
een van die beweegredes was wat aanleiding gegee het tot die bepalings
random onbillike arbeidspraktyke: Enige handeling wat subversief is
teenoor die beginsel van kollektiewe bedinging kan onbillik en daarom
onwettig wees. Met ander waorde, bedinging moet plaasvind.
Daarteenoor bestaan die gevoel dat onderhandeling, am effektief te wees,
juis vrywillig moet geskied
Die paradoks ontstaan dat enersyds erken ward dat partye binne
arbeidsverhoudinge met mekaar mbt praat, terwyl andersyds aangevoer
word dat dieselfde partye die vryheid moet he am te praat met wie
hulle wil, wanneer hulle wil; dus, s hulle wil
Die nywerheidshof het die geleentheid gehad am by verskeie geleenthede
horn uit te spreek oor kommunikasie tussen bestuur en die werkerskorps.
Onder andere is in die rubrieke hierbo insake aflegging weens
hesnoeiing en selektiewe herindiensneming gewys op die riglyn neergel
dat 'a werkgewer onder sekere ornstandighede met verteenwoordigende
arbeid en/of individuele werknemers moet konsulteer of oorleg pleeg.
In die Hart-beslissing is duidelik tussen oorlegpleging en
onderhandeling onderskei:
To consult means to take counsel or seek information or
advice from someone and does not imply any kind of agreement,
whereas to bargain means to haggle or wrangle so as to arrive at
some agreement on terms of give and take. The term negotiate is
akin to bargaining and means to confer with a view to compromise
or agreement".
Die vraag antstaan nou of in die hg van (i) die wetgewer se
daadwerklike bevordering van kolhektiewe bedinging, (ii) die statutre
beginsel van nywerheidsooreenkomste wat oak op nie-partye bindend kan
wees, (iii) die aanduiding dat onder bepaalde omstandighede werkgewers
minstens met werknemers of hul verteenwoordigers moet konsulteer, en
(iv) partye soms gedwing kan word am sekere geskilbeslegtingsmasjine-
5 Sien Mwu v Hart 1985 ILJ 478 (IC).
6 Sien Thompson 1.
7 1986 ILJ 478 (IC) op 493.
ne aan te wend, I n werkgewer verplig kan word om met werknemers of
hul verteenwoordigers te onderhandel in die sin van poog om tot
ooreenkoms te kom.
8 In die Hart-beslissing het die nywerheidshof erken dat die moontlike
effek van welering om te onderhandel seer sekerlik val binne die
definisie van onbillike arbeidspraktyk, maar dat die hof verder moet
kennis dra van moontlike redes ter regverdiging van die werkgewer (of
werknemers?L) se weiering. Omringende omstandighedebly dus van
deursiaggewende belang. In casu beslis die hof dat die werkgewer se
weiering om op ondernerningsvlak met 'n verteenwoordigende
vakvereniging te onderhandel nie 'n onbillike arbeidspraktyk was nie,
klaarblyklik omdat die vakvereniging die geleentheid gehad het om op
nywerheidsraadsvlak te beding. Die hof erken die waarde van
onderhandeling op ondernemingsvlak en stel dat dit sover moontlik
bevorder moet word, maar lei uiteindelik af dat onderhandelings altyd
vrywillig moet wees om effektief te wees. Hierdie uitspraak verkondig
dus eintlik 'n tweestrydigheid.
Hierdie uitspraak blyk effe vreemd te wees in die hg van twee vroere
uitsprake. In Bleazard v Argus Printing and Publishing Co. Ltd.
verleen die hof 'n bevel wat die werkgewer verplig om sy lidmaatskap
van en deelname aan 'n nie-statutre versoeningsraad wat reeds veertig
jaar lank bestaan het, voort te sit. Die hof erken dat die indirekte
gevoig van sy bevel is dat onderhandelings moet plaasvind. Aihoewel
dit miskien moeihik sou wees om 'n bevel af te dwing dat partye ter
goeder trou onderhandel, kan sekere Amerikaanse riglyne wel aangewend
word om die aard van die onderhandehinge te toets. Die konsep van die
onbilhike arbeidspraktyk is wyd genoeg am hierdie tipe bevel, wat in
die VSA 'n statutre verpligting is, in te sluit.
In die Fodens-beshissing 10
was een van i n hele aantal gedentifiseerde
onbilhike arbeidspraktyke die weiering van die werkgewer om ter goeder
trou met die vakvereniging te onderhandel oar 'n erkenningsooreenkoms
en ander prosedures.
8 Ibid op 489.
9 1983 ILJ 60 (IC).
10 1983 ILJ 212 (IC).
Die nywerheidshof het ook wat die verpligting am te onderhandel
aanbetref bygedra tot die polemiek random drasties-afwykende
uitsprake en gepaardgaande regsonsekerheid. DL Erasmus poobesonder
hard in sy beslissing in ECAWUSA v Johnson Tiles (Pty) Ltd. am die
redenasies in die voorafgaande twee beslissings te weerspreek en te
bevind dat daar geen verligting op werkgewer bestaan am te goeder
trou te onderhandel nie
Die Hart-beslissing volg, en aihoewel beslis word dat in casu die
weiering am met 'n verteenwoordigende vakvereniging te onderhandel nie
neerkom op 'n onbillike arbeidspraktyk nie, verwerp die haf nie die
moontlikheid dat onder ander omstandighede so 'n bevel dalk wel gemaak
sou kan word nie. Hierdie beslissing kan dus nie gesien ward as 'n
aanduiding teen die verpligting om te onderhandel nie enis daarom
oak geen noodwendige vaorstander van voluntarisme nie
In die daaropvolgende beslissings van OWIU v Scotford Mills (Pty) 14 '5
Ltd en NUM v Marievale Consolidated Mines Ltd spreek die hof ham
nie pertinent uit aor die beginsel van verpligte onderhandeling nie,
maar omdat die kwessie van voluntarisme en positiewe of bona fide
houdings van werkgewers teenoor vakverenigings (veral tydens
onderhandelinge) ter sprake is, en die hof qeensins na die Hart-
rigtingwysers verwys nie, is Basson en Brassey van mening dat 'n
afkeurende neiging teenoor die Hart-beslissing afgelei kan word:
Veral in die Marievale-beslissing ward die indruk geskep dat
onderhandelings te midde van dispuut, en gaeie trou, in beginsel sterk
steun geniet.
In sommige van die voorafgaande beslissings is die vraag na die aard
of wyse van onderhandeling summier (outomaties) betrek by die vraag na
11 1985 ILJ 210 (IC).
12 RL Erasmus se argumente work sterk gekritiseer deur Cheadle 1985
Annual Survey of SA Law 936 en Davis 1985 ILJ 425.
13 Sien A. Basson "Die verpligting am te goeder trou te onderhandel"
1987 MD 33 op 37 en Brassey 158.
14 1986 ILJ 45 (IC).
15 1986 ILJ 123 (IC).
16 37.
17 158.
die verpligbaarheid van onderhandelings: Die " of ?1' en "indien wel l
hoe?" blyk hand aan hand beskou te.word. Met ander woorde, indien 'n
verpligting om te onderhandel bestaan, volg dit outomaties dat daardie
onderhandeling bona fide moet geskied, anders is daar immers geen doel
in die afdwinging van die verpligting nie.
Die aanduiding in die vroeg Bleazard-beslissing dat onderhandelings
te goeie trou plaas behoort te vind en dat die aard van die
onderhandeling wel meetbaar is word verder gevoer in die beslissing18
in MAWU v Natal Die Castings : Aihoewel onderhandelinge wel
plaasgevind het, het die vakvereniging beweer dat die werkgewer geen
ems gehad het am bona fide te onderhandel met die oog op consensus
nie. Dit was dus die wyse van onderhandeling eerder as die
bereidwilligheid daartoe wat onder oog geneem moes word. Die hof
aanvaar dat die werkgewer onderneem het om te onderhandel en dat daar
'n pug op horn gerus het am objektief gesproke werklik te poog am tot
in vergelyk te kom met die vakvereniging. 'n Aantal maatstawwe word
geformuleer am in die hg van al die feite 'n aanduiding te kan gee of
die onderhandelinge "in good faith" plaasgevind het
"a) did one party merely go through the motives without any real
intent of arriving at an agreement?
were concessions made that are indicative of good faith?
were proposals made which are indicative of good faith?
(J) were dilatory tactics used?
were onerous or unreasonable conditions imposed by a party?
were unilateral changes in conditions made?
was a representative by-passed?
was sufficient information provided, upon request, to enable
a party to appreciate and properly discuss the issues
involved?"
In casu was die aanduidings dat geen ems by die werkgewer bestaan het
om te poog am 'n ooreenkoms te bereik nie, en die hof beshis dat die
afwesigheid van goeie trou tydens die onderhandelinge neergekom het op
18 1986 ILJ 520 (IC).
19 592 A-E.
'n onbillike arbeidspraktyk 20
Daar kan geredeneer word dat hierdie beslissing bloot die kontraktuele
stelrel van pacta sunt servanda bevestig, en dat die verpligting om
ter goeie trou te onderhandel in casu die gevoig was van tfl
onderneming aldus, eerder as die gevoig van 'n nuutgeskape statutre
pug gebaseer op die konsep van die onbillike arbeidspraktyk. Op die
spesifieke feite dus is die werkgewer verplig om te hou by 'n
oriderneming am te onderhandel (en onderhandeling binne arbeids-
verhoudinge veronderstel bona fides net soos by onderhandeling in
enige ander verhouding gemik op kontraksluiting); 'n vorm van
spesifieke nakoming. Een of albei partye is egter nie verplig am tot
'n ooreenkoms te geraak nie.
Die meerderheid van die beslissings waarna hierbo verwys is spreek
egter nie die vraag na die wyse van onderhandeling aan nie, maar
eerder die beginselvraag of 'n werkgewer verplig kan word am met 'n
verteenwoordigende vakvereniging te onderhandel. Wat laasgenoemde
kwessie betref, wil dit voorkom asof die nywerheidshof steeds nie uit 21
een mond spreek nie, en "dat die regsposisie nag vloeibaar is"
Na my mening dek die wydheid van die definisie van onbillike
arbeidspraktyk oak die weiering deur 'n werkgewer am met
georganiseerde en verteenwoordigende arbeid te onderhandel oor 22
aangeleenthede van onderlinge belang. Brassey meen dat teenstanders
van (verpligte) onderhandeling uit pas is met die werklikheid en uit
voeling met die bedoeling van die wetgewer: "The legislature is
behind collective bargaining. It believes collective bargaining is
the way to reduce, not aggrevate, industrial strife". Hierdie feit kom
duidelik na yore in die Konsepwysigingswetsontwerp op
Arbeidsverhoudinge wat op 19 Desember 1986 vir kommentaar gepubliseer
is, veral in die volgende gelyste anbillike arbeidspraktyk:
20 Sien Basson 39/40: "Goeie trou behels 'n sekere subjektiewe
gesindheid. Die probleern is egter voor die hand liggend: hoe
word 'n subjektiewe gesindheid bepaal? ... Die enigste wyse
is dus am te kyk na verkiarings en optredes van persone in die
verloop van die onderhandelings". Getuienis voor die hof sal
noodwendig 'n groat rol speel.
21 Ibid.
22 151.
Onredelike versuim of weiering van 'n werkgewer om te onderhandel met
'n vakvereniging wat verteenwoordigend is van die werknemers of 'n
groep werknemers wat 'n bepaalde belang verteenwoordig. Die
aanduiding was dat die nywerheidshof veel eerder sou moes beweeg in
die rigting van erkenning van so 'n algemene verpligting, as andersom.
Daarteenoor is daar geen spesifieke verwysing na 'n versuim om te
onderhandel in die lywige definisie van 'n onbillike arbeidspraktyk
soos vervat in die Wysigingswetsontwerp op Arbeidsverhoudinge van 1987
nie. Of hierdie felt 'n aanduiding daarvan is dat die wetgewer so
algemene verpligting afkeur, en of die bedoeling eerder is dat 'n
verpligting om te onderhandel onder sekere unieke omstandighede
ingevolge die algemene omskrywing van art. 1 (1 ) (1) gekonstrueer
behoort te word, is onseker.
Die gedagte van 'n algemene verpligting op 'n werkgewer om met 'n
vakvereniging wat verteenwoordigend is te onderhandel, bring 'n aantal
verdere vrae te berde wat nog onaangeraak blyk te wees deur die
riywerheidshof: Wat word bedoel met verteenwoordigendheid, veral in 'n
"multi-union" situasie? Is alle aangeleenthede verpligtend
onderhandelbaar, of net sommiges? Wat van die tweestryd tussen
onderhandeling op "shop floor level" teenoor onderhandeling op
"industry level"? Kan die sluiting van erkenningsooreenkomste 23
afgedwing word ?
Die erkenning van die beginsel van verpligte onderhandeling ter goeie
trou (altyd afhangende van die omringende omstandighede) konstateer I n
ingrypende beperking op bestuur se prerogatief om buite formele
onderhandelingsraamwerke na willekeur met georganiseerde arbeid om te
gaan, veral waar bestuur uit die staanspoor onwillig is om met 'n
vakvereniging te kommunikeer. Dit is ten opsigte van hierdie gevalle
23 Thompson 14 voer aan dat hierdie tipe vrae eers sinvol hanteer
kan word nadat die vraagst'ik random die beginsel van 'n
verpligting am te onderhandel bevredigend opgelos is.
Interessante vraag wat hiermee verband hou is of die
teenoorgestelde beginsel nie ook behoort te geld nie, naamlik dat
tn verteenwoordigende vakvereniging onder verpligting behoort te
staan am met 'n werkgewer te anderhandel (onder sekere
omstandighede).
91
wat die nywerheidshof nog nie eenstemmigheid bereik het nie.
Daarteenoor kan dit voorkom dat die nywerheidshof sal steun op
tradisionele kontraktuele beginsels waar 'n werkgewer onderneem om te
onderhandel of die indruk skep dat hy bereid is om te onderhandel, en 24
dan 'n ommekeer maak
Huidiglik kan ges& word dat die verpligting om te onderhandel nie
absoluut is nie, maar dat 'n verpligting wel bestaan om te goeie trou
te onderhandel as daar eenmaal tot onderhandelings ooreengekom is.
Selfs dan is daar geen verpligting om tot 'n ooreenkoms te kom nie,
maar daar moet objektiewe aanduidings wees dat die partye wel ernstig
gepoog het om tot 'n vergelyk te kom.
24 Thompson 13 keur die neiging af orn 'n verpligting om te
onderhandel te soek "in some species of contract or other form of
understanding between the parties". 'n Heksejag teen beginsels
van kontrak is na my mening onnodig. Elders het ek gewys op die
felt dat gemeenregtelike beginsels soms met vrug aangewend kan
word om vraagstukke rondom die onbillike arbeidspraktyk te
benader (1985 ILJ 259).
LP
5.10 OPTREDE IN STRYD MET NYWERHEIDS-EN ANDER OOREENKOMSTE
Die Wiehahn-kommissie het groot steun verleen aan die beginsel dat 'n
omvattende nywerheidsraadstelsel 'n grondsiag van die nuwer
arbeidsbedeling moes wees . Die Wet maak dan oak voarsiening vir
nywerheidsrade wat o.or die bevoegdheid beskik am ooreenkomste te
beding wat van toepassing gemaak kan ward op alle werknemers en
werkgewers binne die gebied en belange waarvoor die raad geregistreer
is . So 'n ooreenkoms wat in die Staatskoerant gepubliséer is, verkry
statutre regskrag . In die woorde van Van Jaarsveld en Coetzee
"'n Nywerheidsooreenkoms is dus 'n stuk ondergeskikte huishoudelike
wetgewing van 'n nywerheidsraad wat ... slegs regskrag verkry na
bindendverklaring daarvan deur die Minister". De Kock wys daarop dat
die regsgevolge wat intree na bindendverklaring verskil van
regsgevolge na aanleiding van kontraksluiting. So byvoorbeeld stel
nie-nakoming van 'n nywecheidsooreenkoms die dader strafregtelik
aanspreeklik
Die Suid-Afrikaanse reg plaas 'n ho premie op die beginsel van
kontrakteervryheid, ingevolge waarvan elke regsubjek betrekiik
onbeperk na willekeur ooreenkomste mag sluit , met gemeenregtelike
gevolge. Daar is geen rede waarom hierdie selfde vryheid nie ook
georganiseerde arbeid en bestuur kan toekom nie. Dit behoort daarom
heeltemal moontlik te wees vir werkgewers en werknemers am in
georganiseerde verband ooreenkomste te sluit wat op die partye bindend
is ingevolge normale kontraktuele rels sander die Minister se
samewerking.
1 Sien hfs. 5.10 vn 1 en 2.
2 Art. 18 - 34 real die totstandkoming en funksionering van
nywerheidsrade breedvoerig.
3 Sien SAAME v City Council of Pretoria 1948(1) SA 11 (T) op 17.
4 186.
5 556. Sien oak Van Jaarsveld en Coetzee 187.
6 Art. 53(1).
7 Die geldigheids- en totstandkomingsvereistes van kontrak moet
natuurlik nagekom word, en die kontraktant rnoet handelingsbevoeg
wees.
93
8 9 In die praktyk kom ooreenkornste van hierdie aard meer en meer voor
10 Van Jaarsveld en Coetzee onderskei drie soorte: Die onafgekondigde
nywerheidsooreenkoms, die ooreenkoms op nywerheidsvlak maar buite die
nywerheidsraadstelsel orri, en die onderneming-georinteerde ooreenkoms.
Aihoewel die hoogger?gshof reeds aangedui het dat 'n ooreenkoms wat
voortgespruit het uit onderhandelinge binne 'n nywerheidsraad, maar
wat nie afgekondig is nie, ng 'n bindende nywerheidsooreenkoms ng 'n
privaatregtelik-afdwingbare kontrak was , is hierdie skrywers van
mening dat geen ontwrigting veroorsaak word nie omdat sulke bedonge
diensvoorwaardes waarskynlik in die individuele dienskontrakte vervat
is. Daarteenoor kan aanvaar word dat die ander twee tipes kollektiewe
arbeidsooreenkomste kontraktueel afdwingbaar kan wees, mits die 12
normale totstandkomings- en geldigheidsvereistes bevredig is
Ooreenkomste tussen georganiseerde arbeid en bestuur op
ondernemingsvlak is hedendaags 'n aktualiteit, veral in die vorm van 13
erkenningsooreenkomste . Sulke gemeenregtelike verbintenisskeppende
ooreenkornste omvat normaalweg meer as blote erkenning en behels veral
8
Hier word verwys na ooreenkomste waaraan statutre regskrag nie
volgens die voorgeskrewe wyse verleen is nie.
9 Van Jaarsveld en Coetzee 188 meen dat die rol van nywerheidsrade
die afgelope aantal jare effe in gedrag gekom het juis weens die
populariteit van ooreenkomste "buite die nywerheidsraadstelsel
om".
10 Ibid.
11 SAAME v Pretoria City Council 1948 (1) SA 11 (T).
12 Sien Van Jaarsveld en Coetzee 189: "Aihoewel die regsaard van
kollektiewe arbeidsooreenkomste of soortgelyke ooreenkomste nog
nie deurtastend in die howe ter sprake gekom het nie, word dit
algemeen aanvaar dat dit basies 'n gewone privaatregtelike
kontrak is met sterk arbeidsregtelike kenmerke".
13 Sien Pretorius 1983 ILJ 240: "Erkenning ... is 'n handeling
waardeur die werkgewer die reg van die vakvereniging erken om
namens sy lede te onderhandel en te beding". Ook 241 : "Die
erkenningsooreenkoms word beliggaam in 'n gemeenregtelike kontrak I,
94
14 ook prosedures
Ooreengekome prosedures het vir die eerste keer in die nywerheidshof 15
ter sprake gekom in NUTW v Polyknit Industries . Die applikant-
vakvereniging het onder andere ingevolge art. 43(4)(b)(iii) aansoek
gedoen am die herstel.van vorige billike arbeidspraktyke in die vorm
van navolging van ooreengekorne griewe- en ontslagprosedures nadat 'n
werkplaasverteenwoordiger ontslaan is. Aihoewel korrespondensie aan
die hof voorgele is waarin die applikant en respondent beoogde
ontslagprosedure bespreek het, ontken die respondent dat 'n ooreenkoms
bereik is. Die hot verwys egter na 'n afgekondigde nywerheidsooreen-
koms wat 'n soortgelyke prosedure bevat, getuienis wat daarop dui dat
die ontslagprosedure tog deur die respondent gebruik is, en die
gemp1iseerde erkenning van die grieweprosedure deur die respondent,
en bevind dat 'n onbillike arbeidspraktyk daargestel is deur die nie-
navolging van die prosedures.
16 In BCAWU and Others v Johnson Tiles (Pty) Ltd. was dit gemeensaak dat
'n personeelbesnoeiingsprosedure tussen applikant en respondent
ooreengekom is, waarin onder andere bepaal is dat die werkgewer twee
weke vooraf kennis sou gee van 'n voorneme om personeel te besnoei.
Die werkgewer gee bloat vier dae kennis, maar verweer dat dit
genoodsaak was om sodoende nywerheidsabotasie te fnuik. Die hot
verwerp die argument op die feite en bevind dat die diensbeindiging
(in casu "retrenchment") onbjfljk was omrede die vereiste kennis nie
gegee is soos ooreengekom is nie.
Die feite wat aanleidirig gegee het tot die dispuut voor die hof in
Garment Workers Industrial Union and Another v Scotford Mills (Pty) I'
Ltd and Another was, kortliks, die volgende: Die werknemers van die
14 Van Jaarsveld en Coetzee 189 A. Sien in die algemeen J. Piron
Recognition or Rejection? vir die beginselvraag random erkenning
al dan nie. Dit wil voorkom asof erkenningsooreenkomste dikwels
teenstand verkry vanaf werkgewers weens die onduidelikheid random
die bestaanbaarheid van erkenningsooreenkomste naas nywer-
heidsraadooreenkomste.
15 1984 ILJ 192 (IC).
16 1985 ILJ 1985 (IC).
17 1986 ILJ 45 (IC).
95
respondent het bestaan uit lede van drie verskillende vakverenigings.
Gedurende erkenningsonderhandelinge verwittig die respondent die twee
applikant-vakverenigings dat, aangesien die derde vakvereniging nou
meer as 50% van die werknemers van die respondent as lede het,
slegs laasgenoemde eiken sal word en dat aftrekkingsfasiliteite ten
gunste van die applikante gestaak sou word. Die applikante versoek
daarna bewyse vir die herroeping van die aftrekkingmagtlgings en
bevraagteken die egtheid van die beweerde kansellasies van magtigings
wat ten gunste van hulle bestaan het. Die respondent weler om hierdie
bewyse te verskaf omdat dit sou neerkom op openbaarmaking van
vertroulike inligting insake die kompeterende vakvereniging se
ledesake.
Die applikante dien 'n aansoek om regshulp in ingevolge art.
43(4)(b)(iii) waarin beweer word dat die respondent se optrede neerkom
op die invoering van in onbillike arbeidspraktyk deurdat die 18
respondent onder andere
"(c) refused the applicant's organizers and shop stewards their
previously afforded privileges including access to the
respondent's premises and notice-boards;
(d) threatened to discontinue the existing system of deducting
union members' dues from those members' salaries and
remitting them to the applicant."
Die hof beklemtoon die felt dat alle partye nie gelyke geleentheid
gegun is om die beweerde verteenwoordigendheid van die derde
vereniging te ondersoek en te toets nie, en redeneer dat prima fade
bewys is dat die geskil wel 'n onbillike arbeidspraktyk betref.
Uiteindelik word beveel:
"In terms of s 43(4)(b)(iii) that respondent is directed to
reinstate all facilities afforded to applicant prior to 12
September 1985 and in particular -
(a) the right to have applicant's union dues of applicant's
members in respect of stop-order authorizations that are
valid on the date hereof deducted from those members' wages
by way of stop-orders;
18 47 I.
regular access by applicant's officials to respondent's
premises.
access by applicant's officials to the respondent's notice-
boards.
Respondent is also directed to make available to applicant at
reasonable times and subject to reasonable supervision by
respondent for the purposes of verification, all relevant
documents that purport to revoke stop-orders that operate or
operated in favour of applicant."
Die hof bevraagteken nie die werkgewer se bevoegdheid om erkenning van
'n vakvereniging terug te trek nie, maar wel die wyse waarop en die
motivering daarvoor. Uit die hofrapport wil dit voorkom .asof die
aftrekorderfasiliteite, toegang en gebruik van kennisgewingborde nie
skriftelik ooreengekom was nie. Die feit dat die hof die eensydige
herroeping van hierdie bevoegdhede deur die werkgewer onbillik bevind,
kom neer op 'n bevestiging van die beginsel dat consensus nie
noodwendig op skrif hoef te wees nie, en dat kontraksluiting uit
gedrag gel'mpliseer kan word.
Oortydwerk, en 'n werkgewer se bevoegdheid om daarop aan dring, is al
dikwels in dispuut geplaas.
In SEAWU v Trident Steel (Pty) Ltd , waar 'n aantal werknemers
ontslaan is omdat hulle aan 'n "overtime ban" deelgeneem het in 'n
poging om die werkgewer te dwing om op ondernemingsvlak oor lone te
onderhandel, doen die werknemers wat nie herindiensgeneem is nie
aansoek om 'n herstelbevel. Die hof spreek horn doelbewus nie uit oor
die vraag of daar 'n kontraktuele verpligting op die werknemers gerus
het om oortyd te werk nie, maar bevind met verwysing na die brere
diensverhouding dat ontslag van werknemers weens hul weiering om
oortyd te werk waar dit in die bepaalde onderneming aanvaarde praktyk
was am wel oortyd te werk wanneer omstandighede dit vereis, nie 'n
onbillike arbeidsraktyk was nie. In die latere vasstellingsgeding op
dieselfde feite , beslis die hof dat die diensbeindigings I n
onbillike arbeidspraktyk deur die werkgewer daargestel het omdat,
19 1985 ILJ 61 (IC).
20 SGAWU and Others v Trident Steel (Pty) Ltd. 1986 ILJ 418 (IC).
enersyds, die vereiste oortyd wederregtelik was, en andersyds, die
werknemers nie geleentheid gegun is om hul saak te stel nie.
Drie afsonderlike aansoeke uit dieselfde feitestel is behandel in die 21
saak NUTW v Jaguar Shoes (Pty) Ltd. Van belang vir hierdie studie
is die derde aansoek. Dit is die eerste geval gerapporteer in die
Industrial Law Journal waar handelinge aan die kant van die werknemers
(of hul vakverenigings) beweer word, en bevind is, onbillike 22
arbeidspraktyke te wees Die onderwerp in casu was weer eens
weiering om oortyd te werk in 'n ingewikkelde geskil waarb' 'n
nywerheidsraadooreenkoms, Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en
die bepalings van die spesifieke dienskontrakte betrek is. Al die
argumente deur die partye word nie breedvoerig bespreek nie, maar 'n
herstelbevel word gemaak sodat die partye die geleentheid kan heA am n
skikking deur kollektiewe bedinging te bereik. Die bevel was dat
ingevolge art. 43(4)(b)(iii)
"1 the National Union of Textile Workers is hereby required to
restore the labour practice which existed to 1 August 1984
by recalling as soon as possible hereafter the ban on
overtime it introducted; and
2 not to introduce, commence, encourage or participate in any
manner whatsoever in any overtime ban or any other unfair 24
labour practice"
Dieselfde feite beland
ingevolge art. 46(9)
applikante versoek dat
oortyd te werk verklaar
dat hulle herindiensgest
weer voor die hof in 'n vasstellingsgeding 25
in NUTW v Jaguar Shoes (Pty) Ltd . Die
ontslag van werknemers wat geweier het am
word 'n onbillike arbeidspraktyk te wees en
el word.
21 1986 ILJ 96 (IC).
22 Sien oar die onderskeid tussen werkgewer- en werknemer/
vakvereniging - onbillike arbeidspraktyke Reichman en Mureinik
1980 ILJ 1 op 2 en 14; Mureinik 1980 ILJ op 115 en Louw MB 157
op 160.
23 Wet 3 van 1983.
24 99 A.
25 1986 ILJ 359 (IC).
WI:]
Die hof bevind dat die ontslag van die werknerners onbillik was, 26
omrede, onder andere
"17.1 overtime work is voluntary;
17.2 there was no express or implied agreement between the
respondnt and the applicants to work compulsory
overtime and their refusal to work overtime did not in
the circumstances constitute a breach of their
contracts;
17.3 the refusal of the applicants to work overtime on
Saturday, 22 September 1984, from 06h30 - llhOO, was
justified on the grounds that such work would have been
in excess of the maximum number of overtime hours
permitted by law .. ."
Uit die voorgaande beslissings kom dit voor asof die nywerheidshof
neig om in art. 43-aansoeke uitvoering te gee aan 'n gebruik op
ondernemingsvlak om oortyd te werk wanneer operasionele omstandighede
dit vereis, solank die ure oortyd nie in stryd is met Die Wet op
Basiese Diensvoorwaardes nie. Die vraag of die werk van oortyd in die
spesifieke individuele dienskontrakte gerel is, kom dikwels in die
argumente voor die hof ter sprake, maar die hof spreek hom op hierdie
interim stadium nie duidelik hieroor uit rue. In die algemeen kan
gese word dat so 'n gebruik tog op consensus berus en dat die werk van
oortyd dus eintlik as 'n stilswyende beding tot die dienskontrak
gerel word, afhangende natuurlik van die omstandighede. Om
diensbeindiging na aanleiding van weiering om sulke oortyd te werk
nie as onbillike arbeidspraktyk te identifiseer nie, of om te beveel
dat 'n "ban on overtime" deur werknemers 'n onbillike arbeidspraktyk
daarstel, is dus eintlik bevestiging van normale kontraktuele
remedies, te wete aanvaarding van repudiring en spesifieke nakoming
onderskeidelik. In die latere vasstellingsgedinge is in beide gevalle 27
teenoorgesteld bevind : In die een geval is bevind dat die oortyd
soos deur die werkgewer vereis nie kontraktueel beding is nie en in
26 366 F e.v.
27 Die verskil in bewyslas tussen art. 43- en art. 46(9) - aansoeke,
en gepaardgaande aangeleenthede, kom veral hier duidelik na yore.
die ander geval dat die vereiste oortyd strydig met statut&re
beginsels was. Op die feite soos bevind (wat in die status quo -
aansoeke nie deeglik ondersoek is nie) is die beslissings dat ontslag
op grond van weiering om oortyd te werk onbillike arbeidspraktyke
daarstel weer bloat bevestiging van kontraktuele beginsels:
Oortydwerk was nie 'n beding van die dienskontrak nie sodat die
werknemers regmabiglik kon weier om oortyd te werk; en 'n kontrak of
sy bedinge moet am geldig te wees onder andere nie contra wetgewing
wees nie, sodat die werknerners regmatiglik geweier het am die
"onwettige" ure te werk.
In die algemeen, en veral waar werknemers wel met tye oortyd werk, kan
aanvaar word dat die werknemer stilswyend onderneem het am in gepaste
gevalle teen gepaste vergoeding oortyd teverrig, tensy eeh of ander28
beletsel teen so 'n onderneming bestaan of die teendeel uit die
feite blyk.
Vroer in hierdie werk is verwys na aproepe teen die handhawing van
kontraktuele saewereiniteit binne die moderne diensverhouding,
klaarblyklik omdat die handhawing van kontraktuele beginsels grawwe
onbillikheid rnag teweegbring. Die regspraak rondom die
afdwingbaarheid van addisionele ooreenkomste binne die
diensverhouding (dit is ooreenkamste anders as die basiese individuele
dienskontrak) getuig daarvan dat sulke oproepe met omsigtigheid
benader moet word: Die kontraktuele grondsiag en aard van die diens-
verhouding behoart sover moontlik gehandhaaf te word; so nie loop die
wetenskap gevaar am te knak voor t wye gedagtes van "arbeids-
demokrasie".
Die resente uitspraak in MAWU v Transvaal Pressed Nuts, Bolts and 29
Rivets (Pty) Ltd. is insiggewend en versiende in soverre die hof
erken dat die nie-nakoming van 'n verstandhouding tussen 'n
vakvereniging en 'n werkgewer 'n onbillike arbeidspraktyk mag
daarstel, selfs al stel die verstandhouding nie 'n kontrak in streng
juridiese sin daar nie. Die "verstandhouding" dui op 'n bedoeling am
28 Met beletsel word bedoel statutre teenrnaatrels (veral wat
minimum vereistes aanbetref), nywerheidsooreenkomste, of ander
individuele kontraktuele bepalings.
29 1986 ILJ 703 (IC).
100
tot 'n vergelyk te kom, en bevestig weer eens,
nie uitdruklik stel nie, dat 'n verbintenisskep]
sekere omstandighede geag kan word tot stand te
beslissing verteenwoordig 'n pogirig om eerder 'n
vind vir gedingvoering gebaseer op die onbillike
daarvan weg te skram.
aihoewel die hof dit
ende ooreenkoms onder
gekom het. Hierdie
kontraktuele basis te
arbeidspraktyk, as am
101
5.11 BEVELE TEN OPSIGTE VAN SPESIFIEKE NAKOMING EN SKADEVERGOEDING,
DELIK EN GENOEGDOENING
Skadevergoeding is die mees algemene remedie by kontrakbreuk in die
gemenereg. Skadeverg6eding kan addisioneel verhaal word by die
instelling van die ander remedies gemik op vervulling sowel as di
gemik op terugtrede Dit betref slegs vermonskade wat bewys moet
word , en is daarop gemik om die benadeelde in die posisie te plaas
wat hy sou 3 bekleg het indien die skuldige party wel sy verpligtinge
nagekom het . Daar is geen rede waarom hierdie remedie nie steeds by
dienskontrakte geld nie. Hierbo is immers daarop gewys dat die
hooggeregshof meermale reeds bevestig het dat die normale beginsels
van kontrakbreuk ook by dienskontrakte geld.
'n Interessante vraag ontstaan ten opsigte van die bevoegdheid van die
nywerheidshof om skadevergoeding toe te staan in geval van onbillike
arbeidspraktyke. Die 9werheidshof het per geleentheid al beveel dat
geldbedrae betaal word , maar hierdie tipe bevel gaan gepaard met
status quo - en vasstellingsgedinge wat bloot 'n vorm van spesifieke
nakoming is, naamlik betaling van lone wat verskuldig is in terme van
die dienskontrak. Tot dusver bestaan daar geen uitdruklike gesag dat
die nywerheidshof ingevolge sy onbillike arbeidspraktyk- jurisdiksie
boonop addisionele skadevergoeding kan toestaan nie . By art.
43(1 )(c)- gevalle blyk dit onwaarskynlik te wees, veral omdat status
quo - bevele bloot gemik is op die herstel van die versteurde
regsbalans sodat rnasjinerie inherent aan die Wet intussen aangewend
1 Van Jaarsveld 142.
2 Ibid 151.
3 Van Jaarsveld en Coetzee 111.
4 Sien MAWU v Screenex Wire Weaving 1985 ILJ 75 (IC). -
5 Dit wil voorkom asof Brassey 428 die neiging van die hof cm soms
geldbedrae by die vasstelling te betrek beskou as aanduiding dat
die wye diskresie ook uitgeoefen kan word met betrekking tot
"damages". Of daarmee addisionele skadevergoeding in streng
kontraktuele sin bedoel word, is nie heeltemal duidelik nie.
Normaalweg hou die geldbedrag verband met die bedinge van die
spesifieke dienskontrak, en is dit na my mening eerder 'n vorm
van spesifieke nakoming.
102
kan word am die geskil te besleg. Daarteenoor is dit nioontlik dat die
nywerheidshof sy wye bevoegdhede op grand van art. 46(9), wat
"vasstelling" of oplossing of beregting van die geskil magtig, kan
uitbrei om oak skadevergoedingsbevele op 'n diskresionre basis in te
sluit. Van Jaarsvelden Coetzee is van mening dat die nywerheidshof
nie skadevergoeding in terme van sy art. 17(11)(f)- bevoegdheid kan
gelas nie, enersyds omdat die hof nie uitdruklik daartoe gemagtig word
nie en andersds omdat so 'n funksie een is wat normaalweg by 'n
geregshof hoort . Hierdie skrywers voorsien wel die moontlikheid dat
die nywerheidshof kragtens art. 17(11 )(a) 'n skadevergoedingsbevel kan
uitreik in geval van 'n reeds vasgestelde onbillike arbeidspraktyk
6 Daar bestaan weinig sekerheid oar die presiese betèkenis van
"vasstelling". Die Wet omskryf dit nie. Dit wil egter voorkom
asof die hof aanvaar dat hy in terme van art. 46(9) 'n finale
oplossende bevel kan toestaan. Sien Van Jaarsveld en Coetzee 319
vn 258i.
7 319 vn 258i.
8 In S.A. Technical Officials Association v President of Industrial
Court 1985 (1) SA 597 (A) is beslis dat die nywerheidshof wanneer
hy 'n vasstelling maak in terrue van art. 17(11)(f) nie as 'n
geregshof sit nie.
9 Die bewoording van art. 17(11)(a) moet egter nie uit die oog
verloor word nie: Is die toestaan van 'n skadevergoedingsbevel
die verrigting van 'n werksaarnheid wat geregshof in 'n geskil
of aangeleentheid wat voortspruit uit die toepassing van die
bepalings van die wette wat deur die Departement van Mannekrag
uitgevoer word, sou kon verrig? Kan ges ~e word dat
skadevergoeding voortspruit uit die toepassing van die bepalings
van Die Wet op Arbeidsverhoudinge as skadevergoeding nie
uitdruklik gere1 word nie? Indien die bevoegdheid am
skadevergoeding toe te staan ontleen word aan die hooggeregshof
se inherente jurisdiksie, behoort die nywerheidshof nie oor
dieselfde bevoegdheid te beskik nie, aldus Van Jaarsveld en
Coetzee 293 vn 78: "Al sou die nywerheidshof dus optree as
horhof, sal die nywerheidshof, net soos die hooggeregshof,
gebonde wees aan die reg, in hierdie geval Die Wet op
Arbeidsverhoudinge".
103
Orndat die hof in so 'n geval as 10
geregshof sit , moet hy onder 11
andere die reg toepas soos hy dit vind en mag hy nie reg skep nie
By die oorweging van skadevergoeding kragtens art. 17(11)(a) sou die
hof dus nie sy wye bevoegdhede in terme van algemene
billikheidsbeginsels kon toepas nie. Die hof sal ook nie
skadevergoedingsbevele wat deur die hooggeregshof op gemeenregtelike
beginsels geformuleer word kan wysig nie, selfs al sou die hof soos in
die Marievale- sage contra die bevinding van die hooggeregshof 'n
onbillike arbeidspraktyk identifiseer en regstel.
12 Beslissings soos di van FBUSA v East Rand Bottling Co (Pty) Ltd. en
UAMAWU vFodens (SA) (Pty) Ltd. laat geen twyfel nie dat die
nywerheidshof ook handelinge wat volgens die gemenereg sou kon neerkom
op delik mag behandel ingevolge sy onbillike arbeidspraktyk-
jurisdiksie. In eersgenoemde gee die hof obiter toe dat die versuim
by 'ri werkgewer om redelike stappe te doen orn te verhoed dat sy
waghonde werknemers aanval moontlik 'n onbillike arbeidspraktyk kan
daarstel, en in laasgenoemde word die werkgewer beveel om
onbehoorlike taalgebruik teenoor werknemers te staak. Geen melding
worg egter gemaak van addisionele genoegdoeningseise nie. Dieselfde
beginsels ten opsigte van skadevergoeding geld vir genoegdoening ook,
en alhoewel dit voorsienbaar is dat die nywerheidshof ingevolge
artikel 17(11)(a) so 'n eis sou kon toestaan, kan geredeneer word dat
die nywerheidshof nie daargestel is met die oog op spesialisasie op
die ingewikkelde gebied van die delik nie, en sou dit meer wys wees om
eerder die hooggeregshof sy tradisionele rol te laat speel ten opsigte
van delik.
10 Volgens Van Jaarsveld en Coetzee 292A behels 'n art. 17(11)(a)-
proses die oplossing van 'n regtegeskil, sodat normale reals en
beginsels wat in burgerlike howe geld toegepas moet word deur die
nywerheidshof.
11 ludicis est ius dicere sed non facere.
12 1985 ILJ 231 (IC).
13 1983 ILJ 212 (IC).
104
6 SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING
Algemeen
Die post-Wiehahn wetgewing rondom onbillike arbeidspraktyke het deel
uitgeinaak van 'n poging deur die Staat om die tradisionele
onewewigtige verhouding tussen werkgewer en werknemer soos afgelei uit
die gemeenregtelike dienskontrak te balanseer . Deur die onbillike
arbeidspraktyk op die wetboek te plaas, het tradisionele regte en
verpligtinge opnuut in die weegskaal beland. Dit het plaasgevind met
behuip van 'n wye en vae definisie, ingevolge waarvan vasgestel moes
word of die optrede van 'n akteur binne die diensverhouding moontlik
'n onbillike uitwerking op die teenparty kon h, inwelke geval die
nywerheidshof sekere verreikende regshulp kon verleen
Die wye definisie van onbillike arbeidspraktyk, die feitlik onbeperkte
diskresie van die nywerheidshof, die gebrek aan app1bevoegdheid en
die neiging van die hof om nie die presedenteleer op sy beslissings
toe te pas nie, het buitengewone kritiek uitgelok. Een van die
belangrikste gronde vir kritiek was die gebrek aan regsekerheid . Die
nywerheidshof het egter onverpoos voortgegaan am sy onbillike
arbeidspraktyk-jurisdiksie uit te oefen en het afwykende beslissings
probeer regverdig met verwysing na die unieke omringende omstandighede
van elke individuele geval. Wat wel algemeen aanvaar is, is dat die
statutre bepalings random onbillike arbeidspraktyke die
gemeenregtelike gedagte van soewereiniteit van kontraktuele beginsels
getemper het sodat die wagwoord nie meer suiwer "regmatigheid" is
rue, rnaar eerder "bilhikheid"
Elke akteur hinne die diensverhouding op wie Die Wet op
1 rbeidsverhoudinge van toepassing is, kan aanspraak maak op die reg op
die handhawing van hilhike arbeidspraktyke , wat reeds deur die
1 Sien die aantekeninge tot die Wiehahn-verslag.
2 Sien hfst. 4 hierbo.
3 Sien die bespreking van die begrip onbillike arbeidspraktyk in
hfst. 3 hierbo.
4 Die "spanning" tussen gemenereg en wettereg/kontraktuele
beginsels en bilhikheidsgedagtes/regmatigheid en bihlikheid is
dikwels in hierdie studie aangeraak.
5 Sien hfst. 5.3 hierbo.
105
nywerheidshof onder die volgende omstandighede gehandhaaf is:
- beindiging en nie-hernuwing van vaste termyn dienskontrakte 6
- ontslag van stakende werknemers 8
- aflegging van werknerners weens besnoeling ;
- selektiewe herindiensneming van ontslane werknemers; 10
- individuele ontslag van werknemers weens wangedrag 11
- onderhandelings tussen werkgewers en werknemers 13 12
- optrede wat neerkom op kontrakbreuk , wetsoortreding en 14
delik
In sommige beslissings is sterk gesteun op die gemeenregtelike
beginsels van die dienskontrak. In ander is 'n doelbewuste poging te 15
bespeur om die kontraktuele beginsels te versiap Ook onder
skrywers loop die menings uiteen. 'n Studie van
nywerheidshofbeslissings met spesifieke verwysing na die onbillike
arbeidspraktyk toon egter dat die hof in sy poging om die definisie in
die praktyk toe te pas wel rekening gehou het met tradisionele
kontraktuele heginsels. Alhoewel soms minder pertinent, is 'n
besliste wisseiwerking tog te bespeur.
Samevatting van die benadering van die nywerheidshof
Die resultaat van die studie kan soos voig saamgevat word:
a Ten opsigte van vaste termyn dienskontrakte is die kontraktuele
heginsel gehandhaaf dat eensydige opsegging van die ooreenkoms
voor verstryking van die termyn alleenlik kan plaasvind as
reaksie op die kontrakbreuk deur die ander party.
6 Sien hfst. 5.4 hierbo.
7 Sien hfst. 5.5 hierbo.
8 Sien hfst. 5.6 hierbo.
9 Sien hfst. 5.7 hierbo.
10 Sien hfst. 5.8 hierbo.
11 Sien hfst. 5.9 hierbo.
12 Sien hfst. 5.10 hierbo.
13 Ibid.
14 Sien hfst. 5.11 hierbo.
15 Deurgaans in hierdie studie is
beginsels benvloed is deur
arbeidspraktyk.
aangetoon hoe gemeenregtelike
die bepalings rondom onbillike
106
Na afloop van die termyn behoort die werkgewer 'n verwagting deur
horn geskep dat die dienskontrak vir 'n verdere termyn hernieu
gaan word gestand te doen. Aihoewel hierdie verpligting oor die
boeg van hillikheid gegooi word, herinner dit aan die handhawing
van 16 stilswyende onderneming om die diensverhouding te
hernjeu
b Ten opsigte van die ontslag van stakende werknemers is die
gemeenregtelike beginsel telkens bevestig dat 'n staking neerkom
op repudiring van die dienskontrak, maar dat die werkgewer se
bevoegdheid om op grond van hierdie ernstige vorm van
kontrakbreuk ult die diensverhouding terug te tree getemper word
deur die verpligting am billik op te tree. Sekere riglyne is
geformuleer aan die hand waarvan al die ornringende omstandighede
getoets moet word am vas te stel of ontslag na 'n wettige staking
billik was, al dan nie. Die aanduidings is verder dat ontslag as
reaksie op 'n onwettige staking ook onbillik kan wees aihoewel
die algemene neiging skyn te wees dat die hof nie deelnemers aan
'n onwettige staking sal beskerm nie. Baie goeie redes sal
aangevoer noet word alvorens ontslag in sulke gevalle as
onbillike arbeidspraktyk aangemerk Sal word. As voorbeeld kan
dien die geval waar die werkgewer geweier het am die
geskilbeslegtingsmasjinerie van die Wet aan te wend of die feit
dat ernstige onhillike optredeaan die kant van die werkgewer die 17
wercstopsetting veroorsaak hat
Die resultaat is dat die beskikbare remedies as gevoig van
kontrakbreuk nie konsekwent by stakings aanwendbaar is nie.
Staking as ernstige vorm van kontrakbreuk wat oor die algemeen
terugtrede regverdig word soms anders behandel as ander ernstige
vorme van kontrakbreuk. Dit sal die geval wees wanneer die effek
of gevoig van die aanwending van die kontraktuele remedie 'n
onbillike arbeidspraktyk sal bewerkstellig.
c In gevalle van aflegging van personeel weens besnoeiing is dit
duidelik dat ooreengekorne prosedures nagevolg moet word, dat
16 Sien bi. 52.
17 Sien bi. 59.
107
konsultasie moet plaasvind tussen werkgewer en werknemers of hul
verteenwoordigers (waar huiwel verteenwoordig word), dat 'n
redelike kennisgewingstermyn moet verloop alvorens besnoei word,
en dat die werkgewer alles in sy vermo moet doen om die gevolge
te versag.
Die beginsel van pacta sunt servanda word dus enersyds
gehandhaaf, waarskynlik omdat die werknemers en/of hul
verteenwoordigers seggenskap gehad het in die wyse waarop besnoei
behoort te word selfs voordat die nodigheid daarvoor verrys het,
en wel soos vervat in 'ri erkenningsooreenkoms.
Waar geen prosedure vantevore beding was nie, word tans om
billikheidsredes verwag dat: die werkgewer 'n redelike tydperk
kennis moet gee van sy voorneine om te besnoei, tesame met 'n
uitnodiging tot samesprekings (in die sin van konsulteer, en nie
noodwendig in die sin van onderhandel met die oog op moontlike
ooreenkonis nie).
In gevalle
daar ook 'n
werkgewer k
was. Dit
bevoegdheid
middel van 18
daarvan
van aflegging
aantal riglyne
an aandui of sy
ver Leenwoordig
om 'n diens
kenni sgewing,
met die oog op personeelbesnoeiing is
wat ten opsigte van die gedrag van die
optrede onder die omstandighede billik
'n beperking op sy gemeenregtelike
contrak regmatiglik te beindig deur
of deur vergoeding te betaal in plaas
d Waar 'n werkgewer 'n groep werknemers ontslaan weens kollektiewe
wangedrag is die aanduiding dat herindiensneming van 'n gedeelte
van die ontslane groep eerder as die hele groep 'n onbillike
arbeidspraktyk kan wees, tensy daar objektief-regverdigbare
maatstawwe bestaan waarmee 'n gedeelte van die groep geselekteer
word vir herindiensneming. Die werkgewer se tradisionele vrye
diskresie om in diens te neem wie en wanneer hy wil, word
getemper deurdat hy sal moet aantoon dat die selektiwiteit van sy
herindiensnemingshandeling nie op subjektiewe, onregverdigbare en
daarom onbillike wyse geskied het nie, maar gebaseer is op
obj ektiewe kriteria.
18 Sien bi. 67.
I:
So-ook is dit inherent onbiLlik om selektief te ontslaan waar
groep werkneniers deelgeneem het aan kollektiewe wangedrag.
'n Aantal riglyne is neergele aan die hand waarvan vasgestel kan
word of die billikheidsgedagte dat werknerners onder dieselfde
omstandighede dieselfde behandeling behoort te ontvang,
gehandhaaf is. Die kriteria vir selektering is in hierdie 19
verbarid van deursiaggeweride belang
e By individuele gevalle van wangedrag deur werknemers kan
huidiglik met vrymoedigheid gepraat word van 'n req op 'n
verhoor voor ontslag, wat impliseer dat 'n billike prosedure
gevoig moet word om vas te stel of, en indien wel, welke
oortreding begaan is, asook wat 'n billike sanksie in daardie
spesifieke geval sou wees. Beide die rede vir die ontslag, asook
die wyse waarop dit plaasgevind het, moet die wye
billikheidstoets kan deurstaan. Die vraag word ondersoek of die
werkgewer opgetree het soos die fiktiewe redelike werkgewer sou
opgetree het onder dieselfde omstandighede. Die
kontrakteregtelike beginsel dat wangedrag wat ernstig genoeg is,
terugtrede aan die kant van die werkgewer regverdig, word dus
gekwalifiseer deurdat die besluit om te ontslaan ook billik moet
wees, en nie net regmatig nie. Boonop word die re1s van
natuurlike geregtigheid in beginsel streng toegepas, sodat die
hou van 'n ondersoek voor ontslag weens wangedrag beskou kan word
as 'ri fundamentele req van die werknemer wat tradisioneel nie 20
bestaan het nie
! Werkgewer se bevoegdheid om te beheer en te kontroleer, dus om
te dissiplineer, staan onaangetas deur die toepassing van die
re1s van natuurlike geregtigheid of die kontrak. Die wanneer en
hoe word tans egter gemeet aan die wye billikheidsgedagte vervat
in Die Wet op Arbeidsverhoudinge.
f Wat die verhouding tussen werkgewer en georganiseerde arbeid
betref, is die tradisionele posisie dat partye binne
arbeidsverhoudinge die vryheid het orn na willekeur te onderhandel
19 Sien hfst. 5.7 hierbo.
20 Sien hfst. 5.8 hierbo.
109
met wie hul wil en wanneer hul wil, of hul daarvan te weerhou. '
In die praktyk was die werkgewer vry om met vakverenigings te
onderhandel of te konsulteer, of selfs so 'n liggaam te erken,
afhangende van sy persoonlike voorkeur, terwyl vakverenigings
aangewese was op kiandestiene metodes om die werkgewer te probeer
oorreed om te onderhandel of selfs te erken. Voluntarisme het
gesevier.
Die post-Wiehahn ontwikkelings in die arbeidsveld het egter die
gedagte laat ontwikkel dat kollektiewe bedinging bevorder rnoet
word en die regering het dit as 'n hog prioriteit gestel dat
gesonde verhoudings op ondernemlngsvlak aangespoor moet word.
Dit impliseer dat kommunikasie tussen georganiseerde arbeid en
werkgewers daadwerklik bevorder moes word. Hierdie doelwit was
een van die redes waarom bepalings rondorn onbillike
arbeidspraktyke op die wetboek geplaas is. Die nywerheidshof het
dikwels reeds bevestig dat onder bepaalde omstandighede dit
imperatief is dat werkgewers met georganiseerde arbeid konsulteer
(in die sin van "to take counsel or seek information or advice"),
byvoorbeeld in gevaile van dreigende aflegging van personeel
weens besnoeiing en moontlike sele]ctiewe herindiensneming.
Ten opsigte van die verpligting tot onderhandelirig is daar talle
direk-teenstrydige beslissings, en is die regsposisie nog
vloeibaar, inaar dit blyk seker te wees dat waar 'n party
onderneem het om te onderhandel (in die sin van "to haggle or
wrangle to arrive at some agreement ... to confer with a view to
compromise or agreement") hy daaraan gehou sal word, en dan
veronderstel die onderhandeling goeie trou, met ander woorde 'n
objektief-daadwerklike en eerlike poging om tot 'n vergelyk te
kom. Sekere maatstawwe is geformuleer waaraan hierdie
geestesingesteidheid getoets kan word. Die felt dat die partye
egter nie finaliteit kan bereik nie is nie sonder meer 21
aanduiding van gebrek aan bona fides nie
g Die nywerheidshof het meermale al te kenne gegee dat die nakoming
van kontraktuele verpligtinge ook met sy onbillike
arbeidspraktyk-jurisdiksie afgedwing kan word. Waar dit duidelik
21 Sien bi. 89.
110
is dat optrede in stryd is met 'n ooreenkoms ten opsigte van
prosedures, die werk van oortyd of substantiewe bepalings in 'n
erkenningsooreenkoms (soos vervat in 'n privaatregtelike
kontrak), bevind die nywerheidshof redelik maklik dat 'n
onbillike arbeidspraktyk begaan is. Die kontrakteregtelike
beginsel is ook bevestig dat die ooreenkoms nie noodwendig op
skrif hoef te wees nie, solank dit duidelik is dat die
aangeleenthejd in dispuut wel kontraktueel gere1 is, mits dit
nie in stryd is met 'n statutre bepaling nie.
'n Aanduiding is selfs gegee dat die nywerheidshof kan bevind dat
die nie-nakoming van 'n verstandhouding wat streng-juridies nie
voldoen aan die vereistes van 'n privaatregtelike kontrak nie,
ook kan neerkom op 'n onhillike arbeidspraktyk
anduiding is verder deur die nywerheidshof gegee dat optrede in
stryd met wetgewing of 'n nywerheidsraadooreenkoms, wat normaalweg
strafregtelike aanspreeklikheid daarstel, kan neerkom op 'n 23
onbillike arbeidspraktyk . So-oak 'n handeling wat tradisioneel 24
identifiseerhaar is as delik . In geval van delik, net soos by
kontrakbreuk, het die hof egter tot dusver versuim om addisionele
genoegdoenings - of skadevergoedingsbevele uit te reik.
Die effek van die nywerheidshof-bevele
25 Die effek van die interim bevele en vasstellingsorders is dikwels
soortgelyk aan spesifieke nakoming, in welke gevalle tradisionele
regte en verpligtinge maar net bevestig word. Bevele is uitgereik dat
- werknemers herindiensgeneem moet word;
- ooreengekome prosedures nagevoig moet word;
- bepalings in erkenningsooreenkomste rakende toegang, gebruik van
kennisgewingborde en aftrekorderfasiliteite nagekom moet word.
22 Sien bi. 99.
23 Sien hfst. 5.10.
24 Sien hfst. 5.11
25 Sien hfst. 4 hierbo.
111
Ander gemeenregtelike remedies wat in beginsel bevestig is, is dat
- ontslag van werknerners na weiering om ooreengekome oortyd te werk
geregverdig is;
- ontslag van stakende werknemers geregverdig is;
- uitvoering gegee moet word aan verwagtinge/indrukke wat geskep
is.
Die bevestigirig van die gemeneregposisie is natuurliknie absoluut
nie, amdat die billikheidsjurisdiksie van die nywerheidshof horn die
diskresie bied om al die ornringende feite en omstandighede in ag te
neem am tot 'n besluit te kom. Afhangende van die omstandighede dus,
kan die hof die mening huldig dat in 'n spesifieke geval die
bevestiging van die gemeenregtelike posisie 'n onbillike uitwerking
mag teweegbring, in welke geval 'n bevel in die naam van billikheid
contra die gemenereg uitgevaardig kan word.
In ander gevalle is gemeenregtelike bevoegdhede (afgelei uit regte en
verpligLinge vooftspruitend uit die dienskontrak) drasties beperk. So
het die nywerheidshof bevind dat bestuursprerogatief, dit wil s die
werkgewer se bevoegdheid om na willekeur op te tree, nie vryelik
toegepas durf word nie in gevalle van
- afleggirig van personeel weens besnoeiing, am watter rede ookal;
- selektiewe herindiensneining van ontslarie werknemers;
- ontslag van 'n werknei -aer weens beweerde wangedrag.
Die besluit van die werkgewer, en die prosedure gevoig om tot die
spesifieke besluit te kom, moet die wye billikheidstaets kan
deurstaan.
Wetgewing random onbillike arbeidspraktyke het die nywerheidshof oak
in staat gestel am nuwe regte en verpligtinge te skep wat tradisioneel
geensins bestaan het nie. So kan 'n werkgewer of werknemers verplig
ward am met die teenparty in die diensverhouding te kommunikeer, en
wel
- in gevalle van potensile aflegging en selektiewe
herindiensneming, in die vorm van "in gesprek tree", "konsulteer"
of "ken";
- in gevalle van erkenning van verteenwoordigende vakverenigings en
vasstelling van sekere diensvoorwaardes in die vorm van
112
"onderhandeling", minstens met die ware bedoeling om te poog om
wilsooreensteinming te bereik.;
in gevalle van voorneme om vaste termyn dienskontrakte nie te
hernieu nie, in die vorm van "in kennis stel".
On tw i k ke 11 ng
Die kritiek uit talle oorde op sekere bepalings in Die Wet op
Arbeidsverhoudinge, waaronder die definisie van onbillike
arbeidspraktyk, het gelei tot 'n Konsepwysigingswetsontwerp in 1986 en
eindelik Die Wysigingswetsontwerp op Arbeidsverhoudinge van 1987 wat
na verwagting eersdaags bekragtig sal word. In Bylae 1 van
laasgenoemde Wetsontwerp, is 'n nuwe ornskrywing van onbillike 26
arbetdspraktyk vervat waarin elf spesifieke handelinge of praktyke
gelys word as synde onbillike arbeidspraktyke. Die volgende van
hierdie nuutgeformuleerde bepalirigs is afgelei uit die beslissings van
die nywerheidshof wat in hierdie studie ondersoek is:
Ingevolge art. 1 (1 ) (a) is ontslag van 'n werknemer of werknemers
weens wangedrag sonder 'n geldige en billike rede of sander
nakoming van
arbe idspraktyk.
die eersfte 12 27
voorwaardes)
verwag kari word
die ontslag sou
rakende ontsla
daar nie.
billike prosedure in beginsel 'n onbillike
Sekere uitsonderirigs word gerel: Ontslag binne
maande van 'n dienstermyn (onderhewig aan sekere
of waar 'n verhoor of ondersoek redelikerwys nie
nie, of waar 'ri verhoor geen ander uitwerking op
gehad het nie, of waar bepalings in 'n ooreenkoms
g nagekom is, stel geen onbillike arbeidspraktyk
Selektiewe herindiensneming na ontslag weens wangedrag is alleen
'n onbillike arbeidspraktyk indien billike maatstawwe nie
aangewend is nie.
- Ingevolge art. 1(1)(b) is diensbeindiging om ander redes as28
wangedrag in beginsel 'n onbillike arbeidspraktyk. Sekere
26 Die Wetsontwerp real dat die bylaag gewysig kan word met behuip
van 'n vereenvoudigde prosedure waarby die wetgewer nie betrokke
is nie.
27 Die voorbehoudsbepaling tot art,. 1(1) (a) (i) verwys steeds na die
noodsaaklikheid van billike wyse of prosedure.
23 By. aflegging.
113
uitsonderings word gerel: Waar die ontslag geskied ingevolge 'n
ooreenkorns, of waar redelike kennis plus die redes daarvoor
vooraf aan die werknemer en sy verteenwoordiger(s)
(vakvereniging) verskaf word, of waar oorleg vooraf met die
werknemer en sy verteenwoordiger(s) (vakvereniging) gepleeg is,
of waar afleggig van werknemers geskied met toepassing van
billike maatstawwe (waaronder bedryfsoorwegings, bekwaamheid,
werkverrigting, produktiwiteit en gedrag), word geen onbillike
arbeidspraktyk daargestel nie.
- Ingevolge art. 1(1)(f) is die versuim orn 'n bepaling van Die Wet
op Arbeidsverhoudinge na te kom 'n onbillike arbeidspraktyk.
- Ingevolge aft. 1(1)(k) is die versuirn am aan 'n ooreenkoms te
voldoen 'n onhillike arbeidspraktyk.
Die volgende word gerel as onbillike arbeidspraktyke alhoewel die
nywerheidshof horn tot dusver nag nie pertinent so uitgespreek het nie:
- Ingevolge art. 1(1)(c), onhillike eensydige skorsing.
Ingevolge aft. 1(1)(d), onbillike eensydige wysiging van
diensvoorwaardes.
- Ingevolge art. 1(1)(e), gebruik van misleidende of onbillike
metodes am lede te werf.
- Ingevolge art. 1(1)(g), 'n handeling waardeur 'n party
gentimideer word tot enige optrede wat die diensverhouding raak.
- Ingevolge art. 1(1)(h), aanhitsing, deelneming, ondersteuning of
bevordering van enige boikot van 'n produk of diens.
- Ingevolge art. 1(1)(i), onbillike diskriminasie op grond van ras,
geslag of godsdiens, tensy daardeur uitvoering gegee word aan
wetsbepaling of loonre1ende maatrel.
- Ingevolge art. 1(1)(j), direkte of indirekte inmenging met die
reg om te assosieer of nie te assosieer nie.
Die wetgewer het egter voortgegaan en met behuip van art. 1(1)(1) 'n
algernene effek-bepaling op die wetboek geplaas waaronder feitlik enige
handeling wat nie in die voorafgaande sub-subartikels gelys is nie,
tuisgebring kan word. Dit is afgelei uit die huidige ornskrywing.
Rigtingwysers van die nywerheidshof wat in die gelyste onbillike
arbeidspraktyke nie deur die wetgewer geakkornmodeer is nie, soos
verpligte onderhandeling en delik, kan dus maklik onder hierdie
114
bepaling tuisgebring word.
Vanweg die felt dat die definisie in 'n bylaag vervat is, is 'n
wysiging daarvan in die toekoms deur afkondiging in die Staatskoerant
moonti 1k.
Evaluering -
t n Evaluering van hierdie statutre ontwikkeling skep die indruk dat
die wetgewer die nywerheidshof toegelaat het, en steeds in staat wil
stel, om op 'n kasu!stiese wyse reg te skep. Die nywerheidshof as
spesialisinstansie moet die begrip onbillike arbeidspraktyk ontwikkel,
na gelang van die behoeftes van die tyd. Sub-subartikels (a) tot (k)
verteenwoordig 'n paging tat groter regsekerheid, maar sub-subartikel
(1) laat die deur weer eens oop vir die nywerheidshof om sy diskresie
feitlik onbeperk uit te aefen. Die eerste elf sub-subartikels vervat
oak dikwels spesifieke verwysings na "hillike" prosedures, maatstawwe
of handelinge; die haf sal dus self moet oardeel oar die billikheid
al dan nie van prosedures, rnaatsta,qwe of handelings. Die
gevaarlikheid ontstaan dat die term billikheid" aangewend ward am
"onbillike arbeidspraktyk" te definieer terwyl "billikheid nie
amskryf word nie. 'n Wye ongedefinieerde begrip ward aangewend am 'n
iye ongedefinieecde begrip te omskryf. Die gewysigde definisie kan
waarskynlik talle nuwe probleme skep. Die felt dat die omskrywing
egter redelik maklik gewysig kan word sonder die omslagtige
sarnewerking van die wetgewer, verskaf die pluspunt dat latere
wysigings groter regsekerheid teweeg kan bring. Dit hang natuurlik af
van die hewoarding wat ingevoer sal ward, terwyl die
verantwoordelikheid vir die skep van regsekerheid eplaas word op n?g
nywerheidshof n?)g wetgewer, inaar wel die minister
Aanbevelings
Enkele aanhevelings kan teen die agtergrand van hierdie ondersaek
gemaak ward:
a Onbillike arbeidspraktyk behaart omskryf te word as enige
handeling of praktyk waar uitgestippelde prosedures en abjektief-
toetsbare maatstawwe nie nagevoig is nie. Hierdie prasedures en
29 Sien art. 27 van die Wysigingswetsontwerp.
115
maatstawwe behoort neerge1e te word sonder enige verwysing na vae
subjektiewe begrippe soos "billikheid" of "redelikheid".
Hierdie prosedures en maatstawwe behoort gelys te word as
minimum-vereistes vir spesifieke handelings of praktyke om nie
onbillike arbeidspraktyke daar te stel nie. Geen algemene wye
omskrywing behoort "vir ingeval" beskikbaar te wees nie. Die
gedagte van rnoontlike uitbreiding sonder omslagtige samewerking
van die wetgewer behoort egter behou te word, sodat geen numerus
clausus noodwendig hoef te bestaan nie, en sodat die behoeftes
van die tyd kan dikteer.
b Regsekerheid behoort doelbewus nagestreef te word. Dit kan
verkry word deur van 'n beperkte aantal vaste voorsittende
beamptes in die nywerheidshof gebruik te maak, en die status van
die nywerheidshof aan te pas sodat die beginsels van die
presedenteleer noodwendig toepassing sal vind.
c Dat gemeenregtelike beginsels van die dienskontrak, om redes
gemik op billikheid en balans in die diensverhouding, nie altyd
strencj toegepas behoort te word nie, is algemeen aanvaar en word
ondersteun. Daarteenoor, egter, is dit om redes gemik op
regsorde en -wetenskaplikheid ook noodsaaklik dat sulke
gemeenregtelike beginsels nie willekeurig oorboord gegool word
nie. Slegs waar dit na toepassing van objektiewe toetse of
maatstawwe (soos in a. hierbo bespreek) duidelik is dat 'n
versteurde balans in die diensverhouding nie met behuip van
tradisionele remedies (dit is ingevolge die gemenereg) herstel
kan word nie, en dan alleen, behoort die gemeenregtelike
beginsels getemper te word. Die arbeidsreg moet steeds 'n
wetenskap wees wat nie swig voor willekeurige emosionaliteite
nie.
116
7 BIBLIOGRAFIE EN VONNISREGISTER
BOEKE
ANDERMAN, S.D. The Law of Unfair Dismissal, Butterworths, London,
1985.
BRASSEY, M. et al The New Labour Law, Juta, Cape Town, 1987.
CHEADLE, H. Annual Survey of South African Law, Juta, Cape Town, 1985.
CHRISTIE, The Law of Contracts in South Africa, Butterworths, Durban,
1981.
CRUMP, D.W. Dix and Crump on Contracts of Employment, Butterworths,
London, 1980.
DE ROCK, A. Industrial Laws of South Africa, Juta, Cape Town, 1983.
DE WET, J.C. en VAN WYK, A.H. Suid-Afrikaanse Kontraktereg en Han-
deisreg, Butterworths, Durban, 1978.
DE WITT, C.C. Labour Law for Managers, 1987.
KERR. Principles of the Law of Contract, Butterworths, Durban, 1980.
PIRON, J. Recognition or Rejection?, Macmillan, Johannesburg, 1984.
POOLMAN, T. Principles of Unfair Labour Practice, Juta and Co. Ltd.,
Cape Town, 1985.
VAN DER VYVER, J.D. en VAN ZYL, F.J. Inleiding tot die Regswetenskap,
Butterworths, Durban, 1972.
VAN DER WALT, J.C. Delict: Principles and Cases, Butterworths,
Durban, 1979.
VAN JAARSVELD, S.R. en COETZEE, W.N. Suid-Afrikaanse Arbeidsreg, Lex
Patria, Johannesburg, 1983.
VAN JAARSVELD, S.R. et al Suid-Afrikaanse Handelsreg, Lex Patria,
Johannesburg, 1983.
117
AR TI K EL S
BASSON, A.C. "Die verpligting om te goeder trou te onderhandel"
1987 MB 33.
BENJAMIN, P. "An End to desertion" 1981 ILJ 231.
"The unwilling employer" 1982 ILJ 22.
BRASSEY, M. "The contractual right to work" 1982 ILJ 247.
"Specific performance - A new stage for labour's
lost love" 1981 ILJ 57.
CAMERON, H. "The Right to a hearing before dismissal - Part 1"
1986 ILJ 183.
CASSIM, N.A. "Unfair dismissal" 1984 ILJ 275.
CHEADLE, H. "The first 'unfair labour practice' case" 1980 lU
200.
"Retrenchment: The new guide-lines" 1985 ILJ 127.
CLAASEN, J.Y. "Die sogenaamde privaatregtelike reg om te
staak'" 1983 THRHR 32.
"Die regsposisie van werknemers by 'n staking in
die arbeidsreg" 1984 THRHR 83.
DAVIS, D.M. "Legal certainty and the industrial court" 1985
ILJ 271
"Refusing to step beyond the confines of contract:
The jurisprudence of Adv. Erasmus SC" 1985 lU
425.
DU PREEZ, U. "Stakingsbevoegdheid in SA met spesifieke
verwysing na nie-werkverbandhoudende arbeidsonrus"
1986 1PM Journal 11.
EHLERS, D.P. "Dispute settling and unfair labour practices"
1982 ILJ 11.
LABORIUS "Accent on access" 1985 ILJ 140.
LANDMAN, A.A. "The status of the industrial court" 1985 ILJ 278.
"The dismissal of striking workers: An analysis
of industrial court decisions" 1986 MB 39.
118
LE ROUX, P.A.K. "The unfair labour practice, the minister and the
industrial court" 1983 MB 154.
"Identifying the contract of service" 1979 MB 50.
LOU, C. "The unfair labour practice - the case for codifi-
cation 1985 MB 157.
"A new light on legal strikes: The Marievale
case" 1986 MB 44.
MUNKS, C. "Selective re-employment: An unfair labour
practice?" 1986 ILJ 1.
MUREINIK, E. "Invalid dismissals: Reinstatement and other
remedies" 1980 ILJ 41.
"Unfair labour practices" 1980 ILJ 1.
"Unfair labour practices: Update" 1980 ILJ 113.
PARSONS, B.J. "The establishment and functions of the industrial
court" 1982 ILJ 1.
PAUW, P. "Aspects of the contract of service" 1979 MB 183.
PRETORIUS, E. "Erkenning van vakverenigings in Suid-Afrika" 1983
ILJ 237.
PRETORIUS, P. "Status quo relief and the industrial court: The
sacred cow tethered" 1983 ILJ 167.
RIICHMAN, A. "Unfair labour practices" 1980 ILJ 1.
RYCROFT, A. "Between employment and dismissal: The
disciplinary procedure" 1985 ILJ 405.
THOMPSON, C. "On bargaining and legal intervention" 1987 ILJ 1.
VAN DER MERWE, F.J. "Staking en uitsluiting tegelykertyd?" 1986 lU
259.
ONBEKEND "Industrial relations in South Africa - a new era"
1986 Mining Survey no. 1/4 op 56.
119
A M P T E L I K E P U B L I K A S I E S
Volledige Wiehahn - versiag (met aantekeninge deur prof. N.E. Wiehahn)
Lex Patria, Johannesburg, 1983.
Nasionale Mannekragkomfnissie: Jaarverslag vir die periode 1 Januarie
1984 tot 31 Desember 1984.
120
VONNISRECISTER
BCAWU v Johnson Tiles (Pt y) Ltd. 1985 ILJ 210 (IC).
Benson v S.A. Mutual Life Assurance Co. 1986 (1) SA 776 (A).
Bissessor v Beastores(Pt ) Ltd. 1986 ILJ 334 (IC).
Bleazard v Argus Printing and Publishing Co. 1983 ILJ 60 (IC).
Building Construction & A ilied Workers Union of S.A. v West Rand Brick
Works (Pty) Ltd. 1984 lU 69 (IC).
Chamber of Mines v NUM 1986 ILJ 344 (T).
Consolidated Frame Cotton Corporation v President, Industrial Court
1985 ILJ 7 (N).
Consolidated Frame Cotton Corporation v President, Industrial Court
1986 ILJ 285 (N).
Consolidated Frame Cotton Corporation v President. Industrial Court
1986 ILJ 489 (A).
Consolidated Frame Cotton Corporation v Minister of Manpower 1984 lU
309 (D).
Council of Mining Unions v Chamber of Mines of SA 1985 ILJ 293 (IC).
Eriksen Motors (Welkom) v Protea Motors 1973 (3) SA 685 (A).
Fihla v Others v Pest Control Tvl (Pty) Ltd. 1984 ILJ 165 (IC).
Finck v Ohlssons Cape Breweries (1985) lCD (1) 20.
Food Beverage Union of SA v East Rand Bottling Co. (Pty) Ltd. 1985 lU
231 (IC).
Garment Workers Industrial Union v Scotford Mills (Pty) Ltd. 1986 lU
45 (IC).
Ganya v Besterecta 1986 ILJ 39 (IC).
Grafton Furniture Manufacturers v ICFMI 1982 ILJ 294 (IC).
Gumede v Richdens (Pty) Ltd. 1984 ILJ 84 (IC).
GWU v Dorbyl Marine 1985 ILJ 52 (IC).
Hadebe v Romatex Industrials Ltd. 1986 ILJ 7265 (IC).
Isep Structural Engineering and Plating (Pty) Ltd. v Inland Explora-
tion Co. (Pty) Ltd. 1981 (4) SA 1 (A).
121
Khan v Rainbow Chicken Farms (Pty) Ltd. 1986 ILJ 326 (IC).
Knoetze V Rustenburg Platinum Mines (1984) lCD (1) 23.
Larcombe v Natal Nylon Industries (Pty) Ltd. 1986 ILJ 326 (IC).
Leboto, Khurumala, Mahielebe v Western Areas Gold Mining Co. Ltd. 1985
ILJ 299 (IC).
Lefu v Western Areas Gold Mining Co. Ltd. 1985 ILJ 307 (IC).
Liebenbergh v Franz Falke Textiles (Pty) Ltd. 1986 ILJ 513 (IC).
Mabuso v D. Cooper Corp. (Pty) Ltd. 1985 ILJ 473 (IC).
Mahlangu v CIM Deltak 1986 ILJ 346 (IC).
Makhatini v Uniply (Pty) Ltd. 1985 ILJ 316 (IC).
Maponya v Precision Tools (W) 19/6/1979 (ongerapporteer).
Marievale Consolidated Mines Ltd. v NUM 1986 ILJ 108 (W).
Marievale Consolidated Mines Ltd. v President of Industrial Court 1986
ILJ 152 (T).
Matshoba v Fry's Metals (Pty) Ltd. 1983 ILJ 197 (IC).
MAWU V Barlows Manufacturing Co. 1983 ILJ 283 (IC).
MAWU v Hart 1985 ILJ 478 (IC).
MAWU v Mauchle (Pty) Ltd. t/a Precision Tools 1980 ILJ 227 (IC).
MAWU v Natal Die Castings Co. (Pty) Ltd. 1986 ILJ 520 (IC).
MAWU v Screenex Wire Weaving Manufacturers (Pty) Ltd. 1985 ILJ 75
(IC).
MAWU v Stobar Reinforcing 1983 ILJ 24 (IC).
MAWU v Transvaal Pressed Nuts, Bolts and Rivets (Pty) Ltd. 1986 lU
704 (IC).
Mclaughlin v GKN Mills (Pty) Ltd. 1986 721 lU (IC).
Mhlongo v SA Fabrics Ltd. 1985 ILJ 248 (IC).
Middleton v Carr 1949 (2) SA 374 (A).
Moses Nkadimeng v Raleigh Cycles 1981 ILJ 43 (IC).
Mtshamba v Boland Houtnywerhede 1986 ILJ 563 (IC).
Muzondo v University of Zimbabwe 1981 (4) SA 755 (Z).
MWASA V SABC 1986 ILJ 754 (IC).
Myburgh v Danilskuil Munisipaliteit 1985 (3) SA 335 (NK).
Mynwerkersunie v O'OKiep Copper Co. Ltd. 1983 ILJ 144 (IC).
NAAWU V Pretoria Precision Castings (Pty) Ltd. 1985 ILJ 369 (IC).
NAAWU V CHT Manufacturing Co. (Pty) Ltd. 1984 ILJ 186 (IC).
Nash v Golden Dumps (Pty) Ltd. 1985 (3) SA 1 (A).
122
Ngewu, Masondo v Union Co-operative Bark and Sugr Co. Ltd. 1982 (4)
SA 402 (N).
Nqpbeni & Others v Vetsak Ltd. 1984 ILJ 205 (IC).
Ngwenya v Alfred McAlpine & Son Ltd. 1986 ILJ 442 (IC).
Nodlele v Mount Nelson Hotel 1984 ILJ 216 (IC).
Ntshangase v Alusaf (Pty) Ltd. 1984 ILJ 336 (IC).
Ntuli and others v Litemaster Products Ltd. 1985 ILJ 508 (IC).
NUM and Another v Western Areas Gold Mining Co. Ltd. 1985 ILJ 380
(IC).
NUMv Drjefonteiri Consolidated Ltd. 1984 ILJ 101 (IC).
NUM v Kloof Gold Mining Co. Ltd. 1986 ILJ 375 (IC).
NUMv Marievale Consolidated Mines Ltd. 1986 ILJ 123 (IC).
NUM v Tvl. Navigation Collieries and Estates Co. Ltd. 1986 ILJ 393
(IC).
NUM v Unisel Gold Mines 1986 ILJ 375 (IC).
NUM v Unisel Gold Mines Ltd. 1986 ILJ 389 (IC).
NUTW v Polyknit Industries (Pty) Ltd. 1984 ILJ 192 (IC).
NUTW v Sea Gift Surfware Manufacturers 1985 ILJ 101 (IC).
NUTW v Sea Gift Surfware Manufacturers 1985 ILJ 391 (IC).
NUTW v Jaguar Shoes (Pty) Ltd. 1986 ILJ 96 (IC).
NUTW v Jaguar Shoes (Pty) Ltd. 1986 ILJ 359 (IC).
NUTW v Stag Packinqs (Pty) Ltd. 1982 ILJ 285 (T).
Phillips v Durban City Council IUID (1) 48 (ongerapporteer).
Pillay_v C.G. Smith Sugar Co. 1985 ILJ 530 (IC).
R v Smit 1955 (1) SA 241 (K).
Raad van Mynvakbonde v Kamer van Mynwese 1984 ILJ 344 (IC).
Raad van Mynvakbonde v Minister van Mannekrag 1983 (4) SA 29 (T).
Rampersad v B.B. Bread 1986 ILJ 367 (IC).
Rikhotso and Others v Transvaal Alloys (Pty) Ltd. 1984 ILJ 228 (IC).
Robbertze v Matthew Rustenburq Refineries (Wadeville) Edms. Bpk. 1986
ILJ 64 (IC).
SA Association of Municipal Employees v City Council of Pretoria 1949
(1) SA 11 (T)
SA Chemical Workers Union v Pharma Natura (Pty) Ltd. 1985 ILJ 520
(IC).
123
SA Diamond Workers' Union of SA v Diamond Cutters' Association 1980 ILJ 87 (IC).
SA Laundry, Dry Cleaning, Dyeing and Allied Workers Union v Advance
Laundries Ltd. t/a Stork Napkins 1985 ILJ 544 (IC).
SA Tegniese Amptenare Vereniging v Kamer van Mynwese van SA 1/12/1981
(ongerapporteer).
Schierhout v Minister of Justice 1926 AD 99.
SEAWU v Trident Steel (Pty) Ltd. 1986 ILJ 86 (IC).
SEAWU v Trident Steel (Pty) Ltd. 1986 ILJ 418 (IC).
Setlogelo v Setlogelo 1914 AD 221.
Shezi v Consolidated Frame Cotton Corp. 1984 ILJ 3 (IC).
Smit v Workmen's Compensation Commissioner 1979 (1) SA 51 (A).
Stewart Wrightson v Thorpe 1977 (2) SA 943 (A).
UAMAWU v Fodens (SA) (Pty) Ltd. 1983 ILJ 212 (IC).
UAMAWU v SGI Caps Industries t/a Strip and Gasket 1986 ILJ 405 (IC).
Tshabalala v Minister of Health and Welfare 1986 ILJ 168 (W).
Tuck v SABC 1985 ILJ 570 (IC).
Van Zyl v O'Okiep Copper Co. Ltd. 1983 ILJ 125 (IC).
Wahl v AECI Ltd. 1983 ILJ 298 (IC).
Webster v Mitchell 1948 (1) SA 1186 (W).
Zuke v Minister of Manpower 1985 ILJ 193 (D).