Subnuus - Stellenbosch University Library

24
Subnuus Subnuus Subnuus Personeelnuusbrief van die US Biblioteek– en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service Vol 29 (2) Julie 2009 In hierdie uitgawe: Totsiens aan Henri Welkom aan Renee, Hilton, Annas en Ghakeem Personeeluitstappie na Jonkershoek Reise van Melinda en Thea Boeke / Books Blokkiesraaisel nr. 1!

Transcript of Subnuus - Stellenbosch University Library

S u b n u u sS u b n u u sS u b n u u s

Personeelnuusbrief van die US Biblioteek– en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service

Vol 29 (2) Julie 2009

In hierdie uitgawe: • Totsiens aan Henri

• Welkom aan Renee, Hilton, Annas en Ghakeem

• Personeeluitstappie na Jonkershoek

• Reise van Melinda en Thea

• Boeke / Books

• Blokkiesraaisel nr. 1!

REDAKSIE: (vlnr) Natasja Malherbe, Judy Williams, Marié Roux (red.), Carine Tymbios, Marleen van Wyk (fotograaf)

PERSONEEL GROET

Henri Wirth 3

Tracy Britz 10

NUWE PERSONEEL

Annas Coetzee 11

Hilton Gibson 11

Ghakeem Adicary 12

NUUS VAN TAKBIBLIOTEKE 13

Gesondheidswetenskappe Biblioteek 13

USBI 13

Musiekbiblioteek 14

PROFESSIONEEL 14

Was hierdie die Gericke se eerste Kleuterbesoek? Joy Labuschagne

15

Technical Services: the merging of book and periodical acquisitions Reggie Raju

15

ANDER 16

Jonkershoek in ’n japtrap 16

Kaaskonsternasie... Deel 2 Niël Mostert 17

REIS 18

My bootvaart in Rusland Thea Basson 18

Tussen tulpe en begijntjes Melinda Heese 19

Boeke en films 20

Blokkiesraaisel nr. 1 23

Renee Reagon 12

INHOUD/CONTENT:

2 Subnuus

Beste Kollegas Dit is regtig elke keer vir my heerlik om te sien hoe ’n Subnuus uitgawe groei, hoe interessante bydraes inkom wat nie beplan was nie, en op so ’n manier sy eie lewe kry. Sonder julle almal se bydraes sou dit natuurlik nie moontlik wees nie! Die hoof fokus van hierdie uitgawe is natuurlik Henri Wirth se aftrede na 45 jaar by die Univer-siteit. Hanna Botha het ’n bietjie met hom gaan ge-sels om sy laaste indrukke van dié afgelope jare te probeer saamvat. Ons kan natuurlik nie genoeg dankie sê vir Henri en vir sy groot nalatenskap hier by die Biblioteek nie. Kol-legas en oudkollegas, soos Johan Engelbrecht uit Abu Dhabi, bring ook hulde aan hom.

Ons het twee nuwighede in hierdie uitgawe wat hopelik gereelde items sal word: Eerstens ’n Takbib-lioteek-rubriek. Dit het tot gevolg dat ons in hierdie uitgawe ’n volle twee bladsye nuus vanaf die Takbiblioteke publiseer. Baie dankie vir julle by-draes en hou so aan! Die tweede nuwigheid is ons eie Blokkiesraaisel, saam-gestel deur Annas Coetzee. Annas, ons hoop jy sal kans sien vir ’n blokkies-raai vir elke uitgawe! Wel, verder moet julle ook lekker lees aan die twee “reisverhale”, sowel as aan die gewone resensies en al die ander personeel– en professionele nuus. Dankie weereens aan die redaksielede vir hulle ini-siatief en harde werk! Marié

Redakteursbrief

3

“Daar’s net een manier, en dis die regte manier”

Vol 29 (2)

Henri Wirth se eie woorde, en dié instelling teenoor die lewe loop

soos ’n goue draad deur 45 ononderbroke

diensjare by die univer-siteit. Die JS Gericke Bib-lioteek en die US kampus het as gevolg daarvan ’n

baie mooier plek geword. Soms het hierdie siening van sake egter, soos hy

self sê, vir “konsternasie” gesorg. Hanna Botha het vir oulaas in die restoura-sie-laboratorium gaan ge-sels met ’n man met baie

kante. ’n Lys met die titel “Taakbeskrywing en Oorsig van Werksaamhede, 1964-2005” wat jy vier jaar gelede op-gestel het beslaan 12 bladsye! Hoe kan ’n mens jou beroep die beste omskryf? Ek het oorspronklik op 23-jarige ouderdom as boekrestourateur van Fulda, Duitsland, na Stellenbosch gekom, maar het later gesê dat ek 14 beroepe beoefen het. Die idee was dat ek veral op fine book binding – die bind van waardevolle boeke en geïllustreerde werke – sou konsen-treer, maar die restourasie van papier, en selfs die maak van papier, het sommer so langs die kant byge-kom. Vir die herstel van oorspronk-like dokumente moes ek byvoorbeeld ook die kuns van seëlrestourasie bemeester, iets wat ’n spesialis-vakgebied in Duitsland is. Jy het hierdie kuns so goed be-meester, dat ek onderaan die amp-seël wat jy opgebou het op een van Simon van der Stel se grondbriewe wat nou in Africana hang, die woord “replika” in klein lettertjies moes by-voeg, anders kon jy beskuldig word van vervalsing!

Ja, maar wat ek moes doen om ’n afdruk van ’n soortgelyke ou lakseël by die Aktekantoor in Kaapstad te maak, was baie erger en kon my in groot moeilikheid laat beland het. Maar as jy alleen is, moet jy maar self ’n plan maak, hier was nie soos by die huis ’n ou next-door vir wie jy kon gaan vra nie. Ons tel maar nie dié soort onder-grondse beroepe waarin jy noodge-dwonge ook bekwaam geraak het nie, want dit het klaarblyklik gelei tot die ontwikkeling van verdere hoogs gerespekteerde vaardighede. Van papierrestourasie was dit ’n logiese stap na die restourasie van kunswerke op papier en vandaar weer na die restourasie van olieverf-skilderye, alhoewel dit twee heel ver-skillende spesialisasies is. Hierna moes die voltooide kunswerke natuurlik gemonteer en geraam word. Veral die tegniek van sogenaamde “conservation framing” vir die bewaring van kunswerke en oorsponklike kaarte, het ek oor baie jare verder ontwikkel. Maar dit is veral as kunsrestourateur wat jy groot naam gemaak het. Jy is daarvoor deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met ’n goue ere-penning. Tog was jy altyd besig om te eksperimenteer hoe om dinge nog beter te doen en jy sou nie rus voordat iets volgens jou 100% reg was nie.

Elke keer moes ek weer van vooraf begin. Elke nuwe projek het sy eie uitdagings gehad. Baie mense het by my kom raad vra, maar ek was ook nuuskierig om te sien hoe ander mense dinge doen, ook buite die kunswêreld. En natuurlik het dinge soms skeef geloop. Maar jy weet mos wat ek altyd gesê het: “Net Jesus Christ is volmaak”. Wanneer jy die voltooide werke in die biblioteek en elders gehang het, het daar altyd nog ’n idee of bedoeling agter die plasing gesit. Jy het ’n “derde oog” waarmee jy na dinge kyk. Soms was dit ook ’n manier waarop jy jou humorsin kon uitleef. Die een wat die meeste mense seker al gesien het, is die “Weg van ken-nis/Road of knowledge” in die per-soneelkamer. Die geboue waarin die US se drie universiteitsbiblioteke ag-tereenvolgens gehuisves is, staan in ’n perfekte reguit lyn, al lyk dit nie van die grond af so nie, en hulle word geanker deur Birdstraat en Crozier-straat. Die drie foto’s, wat ek self geneem het, hang presies só teen die muur, en die strate sien jy in die oranje en grys strepe. Antieke kaarte wat ek vir die Departe-ment Geskiedenis gerestoureer het, het ek gehang in die vorm van ’n Coe-lacanth, die oervis wat in 1938 naby Oos-Londen gevang is, maar wat net soos die ou kaarte vir eeue lank “verlore” was. Die buitelyn van die

4 Subnuus

Walton-tekeninge in die Dokumente-sentrum moes lyk soos ’n arend en die DC Boonzaier-sketse wat eers op pad teekamer toe gesien kon word, was in die vorm van Buck Rogers se ruimteskip – ek is ’n groot fan. Baie oorspronklik. Dis net eienaardig dat die arend in die DS se bek en stertvere wat jy ook bygevoeg het, so gou afgeval het, toe’s hy weg. Die lug daar was seker te droog vir hom. Jy het my sóóó gekyk toe ek dit vir jou probeer verduidelik het, en net gesê: “Ja, mense kyk mos met hulle hande.” Daai arend was my favourite! Ek dink nie mense besef hoe baie goed in ons omgewing deur jou ont-werp of gemaak is nie. Die hoofsaal van die Sasol-museum, die toonbank in Africana en die be-planning van die die interieur van die komiteekamer, die personeelkamer en die herbeplanning van afdelings en werksareas was nogal groot pro-jekte waarvoor ek eers skaalmodelle gemaak het. Maar ek het ook altyd werkstekeninge gemaak vir die meeste kleiner opdragte, soos die kennisgewing- en inligtingsborde, raknommers, die nommers op die deure, die staanders met die inlig-tingsdiagramme en die bobbels van die kleurkodestelsel vir die verskil-lende vakgebiede. Jou ontwerpe dra ook jou stempel, daar is ’n paar goed wat nogal tipies van jou werk is. Ek hou van ronde hoeke in plaas van die gewone reghoekige afwerking, die kleure moet reg wees, as ek iets vir die universiteit maak moet dit in “universiteitsmaroen” wees, nie enige skakering van donkerrooi nie. Ek werk ook graag met metaalkleure soos goud, silwer en aluminium en verkies swart, grys en rooi – dit lyk altyd reg. Mense sê dikwels jy is ’n perfek-sionis. Ek dink byvoorbeeld aan die keer toe jy die spesiale bladsy in die besoekersboek vir Koningin Beatrix van Nederland moes maak. Jy moes lank soek om eers ’n skets te kry van die kroon van die Huis van Oranje

waarop al die detail gesien kon word. Hierdie eienskap het vir jou baie ekstra werk beteken. ’n Ding is reg of nie, ek sit ook my naam in die vorm van my logo op al my werk-stekeninge. Die ek-stra werk is deel van die storie - die queen het mos toe ook die stippeltjies op die goue kroon gaan tel en gesê dis presies soveel as wat daar moet wees! Jy het selfs goed vir buite die biblioteek ontwerp of beplan, maar ek vermoed dat ’n gebrek aan fondse van dié planne in die wiele gery het? Die oordekte afleweringsarea en nuwe personeelingang wat ek by die agterdeur beplan het, sou darem lekker gewees het, maar ’n ander projek daar is letterlik in die wiele gery. Die wit koerante-posbus wat nou so op die muurtjie moet sit, was eers helder oranje en het op die grond gestaan. Die argitekte wou dit inskryf vir die Shell-kompetisie vir industriële ontwerpe, dit was boonop bom-proef en dief-proef. Maar hy’t net ’n week daar gestaan, toe don-ner ’n lorrie hom om. ’n Mens kan beslis “grafiese ontwer-per” ook op jou lys van beroepe sit. Die universiteit het mos ook gereeld op jou nommer gedruk as hulle spe-siale goed gedoen wou hê? Ek het baie luukse geskenke vir hulle gemaak – leeralbums en goed met goud- en silwerwerk, kerskaartjies vir die Rektor en die goue “Pro Bene Merito” medalje vir buitengewone diens aan die universiteit. Vir ’n skou om nagraadse programme in Hong Kong bemark, het ek al die items en grafiese werk opvoubaar gemaak sodat dit in een groot koffer kon pas. Ons het die 2de prys verower. Noem nog so ’n paar van die 14

beroepe wat nie op jou taakbeskry-wing staan nie. Dosent in verguldingstegnieke vir kunsstudente, handskrifrestourateur, plastiese chirurg vir beelde wat teen-spoed opgetel het, sports soos ver-sierder vir die jaareindfunksies … Mense het altyd gewonder waarvoor is al die masjiene en apparate in jou laboratorium. Al wat ek eers gehad het, was ’n lig-tafel met ’n glasblad wat verkoel kon word sodat die goed waaraan ek gewerk het nie warm word nie. Prof. Otto Schröder, destydse hoof van die Kunsdepartement, het gesorg dat dit na my toe kom “vir studente”. Maar ek was gelukkig dat ek voor die trek na die nuwe biblioteek na Dr. Anton Rupert toe kon gaan met ’n wenslys vir die basiese toerusting wat ek in die laboratorium sou nodig kry. Groot goed soos die uitsuigkap vir die be-handeling van fungi en die bleik-proses, die vier waterbakke vir die afweek van you name it wat nie op die kunswerke gehoort het nie, en die suigtafel waar die vog weer ont-trek is. Daar was ook ’n kompressor wat gebruik is in die proses om papier suurvry te maak en later het ek self ’n nuwe masjien help ontwik-kel vir die maak van poliëster omslae

Henri Wirth (vervolg) P

ER

SO

NE

EL

/

S

TA

FF

5 Vol 29 (2)

vir die bewaar van ou dokumente. Dit het die biblioteek duisende rande bespaar. En hoe het een van Isa Carstens (skoonheidsterapeut) se stoommas-jiene daar beland? Ek het dit saam met infra-rooi ligte gebruik in ’n droogaanleg wat ek ont-werp het vir grafiese kunswerke, ou kaarte en dokumente. Die kondens-vrye stoom, wat ook osoon bevat het, het gesorg dat die papier droog word sonder om te skrik, wat dit laat ver-vorm, en dit het die hele uitdroging-sproses verkort van 5 dae tot 40 min-ute. Dr. Helmut Bansa van die Bay-erische Staatsbibliothek in München, wat hier was vir die stigting van SAP-CON (SA Paper Conservation Group), het eers gesê dis onmoontlik, maar het dit later as ’n groot deurbraak erken. Van onmoontlik gepraat … Ek kon nooit verstaan hoe jy papier op water kon laat dryf nie, dit het my skoon senuweeagtig gemaak om net daarna te kyk! Dis ’n trick, want jy moet sowel vinnig as versigtig werk – een druppel water kan ’n hele houtskooltekening van die papier laat loskom – maar dit lê alles in die hande … Jou hande was net sulke belangrike instrumente soos die ander, kleiner stukke toerusting waarmee jy altyd besig was, jy werk ongelooflik presies en gekonsentreerd. My tools was ’n mikroskoop en ver-grootglase, skalpels, vonk- en ander messe, beitels en kwaste. Veral die kwaste was belangrik, sommige was baie groot, ander weer vreeslik fyn, net 40 haartjies afkomstig van ’n sa-belstert. My mooiste kwaste het ek van my pa geërf, hy was die kun-stenaar in die familie. Maggie Laubser, byvoorbeeld, het net met drie basiese kwaste gewerk. Die restourasie van haar skilderye was byna onmoontlik moeilik, die ver-sameling is na haar dood in haar mo-torhuis ontdek en was vinnig op pad om te distintegreer omdat die strooi waarin dit verpak was, klam geword het. Tog kon ek al die retouching van haar werk met haar eie kwaste doen, hulle het ingefit by elke skildery van haar.

Ja, dit het altyd vir my gelyk asof jy eers oor die kunstenaar se skouer moes kyk voordat jy kon begin werk aan die kunswerk self. Waarom was dit nodig? Voorbereiding en navorsing voor die tyd is baie belangrik, dit het soms maande geduur voordat ek reg was om te begin. Ek het baie onverwagte dinge op hierdie manier ontdek. As iets my laat wonder het, moes ek eers uitwerk hoekom, en soms kon nie-mand my help nie. Waarom het die dik lak van Thomas Baines (1820-1875) se olieverfskilderye byvoor-beeld nie gekraak soos sy tydgenote s’n nie? Uiteindelik het ek ontdek dat Baines fyn seesand met sy olieverf gemeng het. Toe het ek ook maar gaan sand haal en daardie skilderye is vandag nog sonder krake.

Jy het bekend geword vir jou werk aan die Maggie Laubsers, die Solomon Caesar Malans, DC Boonzaier se se-pia-tekeninge en die Margaret Murray-skenking wat intussen almal baie waardevol geword het. Tog word jou naam veral gekoppel aan die re-stourasie van die J du P Scholtz-kunsskenking in die US Museum. Daardie versameling was vir my spe-siaal, nie net oor die verskeidenheid van die werke nie, maar ook omdat ek Prof. Scholtz self beter leer ken het. Dit was vir hom belangrik dat sy kunsskatte op die regte manier uit-gestal sou word. Ek het as lid van die projekkomitee toe ook betrokke geraak by die ontwerp van die hoof-saal van die museum en die heilige grond van die argitekte betree, toe hulle planne vir die gebou al in die finale stadium was. Prof. Scholtz en ek het mekaar geluk-kig goed verstaan en as die briewe uit daardie jare bewaar gebly het, moet daar nog een wees waarin die profes-

sor aan Prof. Mike de Vries, wat toe rektor was, geskrywe het dat hy sy erflating verbind aan die model wat ek van my ontwerp gemaak het, ’n koepelvormige ruimte wat oor twee verdiepings strek. Dis deur die ar-gitekte as “teatraal” beskryf. As bonus het dit egter ook ’n wonderlike akoes-tiek, sodat daar vandag dikwels musiekuitvoerings tussen die kun-swerke gegee word. Prof. Scholtz sou baie hiervan gehou het. Die restourasie en raam van die ver-sameling antikwariese kaarte wat in Africana en teen die gangmure daar-buite deur soveel mense bewonder word, was ’n baie veeleisende taak, veral omdat van die kaarte so groot was. Maar jy het ook aan ’n paar skilderye gewerk wat buitengewoon groot afmetings gehad het en meer as gewone probleme veroorsaak het. Die groot skilderye het vir groot drama gesorg. Die twee “ampsportrette” van Jannie Marais en sy vrou wat deur ’n rondgaande Italiaanse skilder, ene Sario, geskilder is, is een oggend van Admin af oorgebring na my toe. Oom Jannie se portret het twee yslike trian-gles in gehad. Daar was ’n bakleiery in die saal waar die portrette gehang het, en iemand het ’n stoel deur die skildery gegooi. Hulle het nie sy vrou bygekom nie, sy lyk in elk geval baie kwaai, maar sy het saamgekom en ek het die twee weer saam opgefieks. Maar die allergrootste was AM Luyt se Die Slag van Bloedrivier. Dit was ook die kunswerk waarmee ek die langste besig was – sowat ses maande. Dit het in die Ou Hoofgebou gehang en toe ek die laboratorium vir die JSG beplan het, het ek die glasblad van my werkstafel net so groot soos die skildery – 2.3 x 4 m – laat sny, omdat ek geweet het dat hy gaan kom. Ek moes ook vir die vervoer ’n spesiale roete uitwerk. Van bo af oor die balkon van die Ou Hoofgebou buite toe en deur die lugverkoelingskamer die JSG binne, met soms net 15 mm speling. Dit pas toe pragtig op die werkstafel, maar op ’n kol moes ek ’n kombers oor die skildery gooi en bo-op gaan lê om orals by te kom! Later het vier regstudente amok ge-maak oor die skildery. Sulke morone maak my baie kwaad. Dis deel van ons erfenis en feite van ons geskie-denis, dit sê nie dit moet so wees nie.

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F “... maar op ’n kol

moes ek ’n kombers

oor die skildery gooi

en bo-op gaan lê om

orals by te kom!”

6 Subnuus

“To catch the reader's attention, place an interesting sentence or quote from the story here.”

Ons dink vandag anders oor dié dinge, maar ’n feit kan jy nie met ’n kwas doodstreep nie. Wat was die kleinste goed waaraan jy gewerk het? Ek dink die leergebonde Statebybel-tjie en ander voorwerpe wat ek vir die dorp se Speelgoed- museum ge-maak het. Julia Bullock-Webster se 11 miniatuur waterverf-skilderytjies in Africana, wat in ’n laai in Admin ontdek is, vertoon verstommende detail oor Stellenbosch en omgewing waarna ’n mens eintlik met ’n ver-grootglas moet kyk. En die simpelste? Oom Flooi (du Plessis, ’n vorige hoof) se biltongmes wat ek altyd moes slyp, kon nog gaan, maar die handsakke en skoenhakke wat ek “net gou” moes regmaak, het my so vies gemaak. Ek moes selfs mense afborsel wat in die donker aangetrek het. Daarvan gepraat. Een van jou belangrikste “beroepe” was dié van “fumigator and pest controller”, want jy het ’n ewige stryd gevoer teen die vismotte, boekluise en broodkewers wat saam met die boeke en kunswerke gekom het. Daardie geveg het ek soms gewen en soms verloor. In die beginjare het ons trollies vol boeke ingestoot in ’n vakuumtoestel waar etileen-dioksied gebruik is vir ontsmetting. Ek het baie jare gelede al agter-dogtig begin geword oor die uit-werking van hierdie gifgas op mense, maar die universiteit was behoorlik trots op dié stuk ap-paraat wat in vandag se geld R2½ miljoen gekos het. Die ge-bruik daarvan is toe gelukkig 8 jaar gelede deur UNESCO ver-bied. Op jou werktafel was daar altyd so ’n mooi glasbakkie met vis-motte in. Ek sou sê dis die laaste goed wat jy so ’n ereplek in jou labora-torium moes gee? Jy moet respek hê vir die vismot. Ek het hulle eers na die versnellersen-trum by Faure geneem waar hulle vir twee dae genuke is, maar selfs kern-krag kon nie hulle siklus breek nie. Toe het ek gaan lig opsteek by drie van die universiteit se torremense en

self begin eksperimenteer. Weet jy dat vismotte 48 uur in ’n vakuum kan oorleef? Hulle draai op hulle rug en maak hulleself skyndood. Ek het een middag drie van die “dooie” vismotte op ’n papier op die tafel gesit en gaan teedrink. Ek kom terug en daai vis-motte is weg, hulle het hulleself weer opgepomp en weggehol!

Ons het ook op ’n keer geëksperi-menteer met ’n lokaas-resep wat ons uit Rusland bestel het. Strokies karton is in ’n dodelik giftige mengsel van barium-fluorosilikaat, suiker en meel gedoop en oor die rakke versprei waar die waardevolle beskermde boeke gestaan het. Net-jies gemerk: GIF. Ek wonder net vir wie, die vismotte het byna elke keer gewen! Jy moet seker ook vertel van die “konsternasie” wat jy soms veroor-

saak het, waarskynlik omdat min dinge daardie “derde oog” van jou ontwyk het. Kies maar self een. Wat nogal rof was, was toe ek tydens die bouery van die JSG ontdek het dat daar fout was met die beplanning van die Africana-lokaal. Die plek was natuurlik donker met net hier en daar ’n paar noodligte. Ek is toe daar in met ’n lamp en sien toe die plafon van die agterste deel is sowat 1.20m te

laag, dit lyk soos ’n skaapskuur. Die beplanners het hulle misreken met die plasing van die groot lugbuise, maar hulle wou my doodmaak. Ek het toe volgens hulle eie teken-inge ’n skaalmodel van die lokaal gemaak met drie mannetjies: “Prof. Larry Scully”, wat langer as 2 meter was, “Prof. Hennie Viljoen”, ’n ge-wone lang man en “Henri Wirth”, wat ’n bietjie korter is. Toe kon hulle self sien hoe “Prof. Scully” die bulbs

aan hulle plafon op ooghoogte uitskroef. Dit het die US seker R4 miljoen in vandag se geld gespaar, maar die argitekte het my geháát. Kom ons sê maar totsiens hier in die Africana-kamer. Ons is lankal by 14 beroepe verby. Ek wil net vir jou groot dankie sê. Dit was wonderlik om byna 25 jaar saam met jou te kon werk. Die JS Gericke en veral Spesiale Versamelings, is ’n ware monu-

ment vir jou en jy het daarvan ’n prag-tige plek gemaak. Ek weet nie hoe een mens dit alles kon doen nie. En alles was altyd perfek. Ag, nou ja … dis maar soos dit is. Daar is mos net een manier, en dis die regte manier.

Henri Wirth (verv.)

Bo en onder: Henri se afskeid. Sy twee kinders, Birgit en Thomas, het dit ook bygewoon 

My eerste kennismaking met Henri Wirth was deur sy handewerk. Ek het as nuwe besem in 2001 by die Uni-versiteitsmuseum begin en – soos dit ‘n nuwe besem betaam – in al die lokale van die Museum – en agter alle toe deure – ingegaan om te gaan “vee”. Só het ek by die kunswerkbergkam-ers uitgekom waar onder meer die Universiteit se drie permanente ver-samelings – die J du P Scholtz en Maggie Laubser erflatings en die Solomon Ceasar Malan akwarelle skenking – gehuisves word. Die uit-ers professionele restourasiewerk, verseëlde monterings en raamwerk van hierdie versamelings het my dadelik opgeval. Op my vraag “wie se handewerk is dit?” was die antwoord “Henri Wirth, ons papierdokter”. Henri het kort ná die ontvangs van die Maggie Laubser-erflating in 1974, met die restourasie van werke uit hierdie versameling begin.

Die statistiek van werk wat hy vir al die versamelings gedoen het, is soos volg: 170 olieverfwerke en tekeninge op papier (potlood of gemengde me-dia) uit die Maggie Laubser-erflating; 282 kunswerke uit die J du P Scholtz- erflating en 168 akwarelle van Ma-lan, waarvan sommige weerskante van die papier geskilder is. Kort hierna het ek met dié SA Akademie-bekroonde restourateur van die Universiteit kennis gemaak en sou ’n aangename werksver-houding oor die afgelope agt jaar tussen ons ontwikkel. In dié tyd het nog ander kunswerke, hetsy hout-skool- en potloodtekeninge of ge-mengde media op papier en selfs olieverfskilderye, onder Henri Wirth se vakkundige oog en hande die no-dige restourasie of konservasie ont-vang. Die geheime van sy vak het hy nie maklik gedeel nie, maar met my besoeke aan die restourasielaborato-rium was sy passie vir die werk altyd baie duidelik – al het hy soms met

pynende polse gewerk. Indien ’n privaat restourateur hierdie diens aan die Museum sou moes lewer, sou dit onbekostigbaar vir die Universiteit wees en die kunsbesit net verder “besoedel” word deur die aktiewe fungi waarmee verskeie werke die Museum ingekom het. Dankie Henri, vir jou toegewyde aan-dag aan die welsyn van ons kosbare kunsbesit. Elke kunswerk is ’n monu-ment vir jou professionaliteit en meesterskap. Lydia de Waal Direkteur: Universiteitsmuseum

Vol 29 (2) 7

Henri Wirth en die Universiteit se Kunsversameling

Dis vir my moeilik om iets oor Henri te skryf omdat hy vir my nog glad nie weg is nie. Amptelik dalk, maar hy is nog hier. Henri is ’n perfeksionis, ’n meester op sy vakgebied, die beste in alles wat hy aanpak. Of dit nou skilderye is wat gerestoureer word, raamwerk, dokumente wat flenters is wat heel-gemaak word, alles doen hy net die

beste. Vir ons by Spesiale Versamelings is dit ondenkbaar dat Henri “weg is”. Al ons materiaal wat vir uitstallings ge-bruik word is in slope geplaas sodat onnodige hantering van die oor-spronklike stukke uitgeskakel word. Al die oorspronklike sketse, planne en foto’s in die Walton-versameling het hy oor jare op dieselfde manier

gerestoureer. Koffietye sal vir ons nooit weer dieselfde wees nie – Henri het ons altyd vermaak met sy idiomatiese Afrikaanse uitdrukkings, sêgoed en staaltjies oor vroeë Stellenbosch. Hy ken almal, weet alles van almal en is 99% van die tyd reg! Lynne Fourie

8 Subnuus

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F

Toe Marié my gevra het om iets te skryf oor Henri, was my eerste reaksie "ja, met graagte!" Toe ek eers gaan sit om te skryf, het ek egter besef dis ’n baie "tall order". Want waar begin ’n mens? Jy het hier te doen met ’n kleurryke mens met soveel fasette, die enigste manier om reg te laat geskied aan hom, is om ’n boek oor sy lewe en werk te skryf. Vir my is hy ’n absolute towenaar wat sy werk betref, iemand wat met die bestes in die wêreld kan saamgesels. As mens is hy egter ook ongelooflik interessant en veelsydig, beslis onkonvensioneel, ’n individualis en sy eie mens. Ek wou hom ook eksentriek noem, maar was bang vir ’n nega-tiewe konnotasie. Die definisie wat sê "conspicuously or grossly unconven-tional or unusual" is egter tog gepas. Ek was bevoorreg om vir 24½ jaar saam met Henri te werk. Gedurende hierdie hele periode was ek sy lynbestuurder en het ek geleer om hom as werker, kunstenaar en mens te waardeer. Hy het my tot ’n mate as confidante by die werk in sy binne-kring ingetrek en ook toegelaat om betrokke te raak by sy persoonlike lief en leed. Dis waar ek die ware Henri leer ken het, iets wat nie baie ander kollegas beskore was nie. Hier het ek die sagter binneste onder die harde dop ontdek: ’n sensitiewe mens wat geweldig baie omgee vir die mense na aan hom en wat alles sal doen om ’n vriend in nood uit te help. Ek was dan ook gelukkig om een van net ’n paar werksmense te wees wat elke jaar uitgenooi is om sy verjaardag saam met hom te vier. Tussendeur het ek darem ook by verskeie geleenthede koffie en kaaskoek saam met hom geniet. Ek dink sy all-time gunsteling was Träumerei se Swartwoud kaaskoek (myne ook)! Terloops, ek het hierbo vir Henri as kleurryk beskryf, maar dis natuurlik in die figuurlike sin. Wat sy werkplek, sy huis en sy motors betref, was sy voorliefde vir swart, wit, rooi en grys opmerklik. Wat sy klere aanbetref, was dit swart, wit, grys, bruin en

beige. Wie het al vir Henri gesien in iets soos blou, groen, geel, oranje, of pers! Ek dink nie dis nodig om hier ruimte af te staan aan die roem en eer wat Henri nasionaal en internasionaal verwerf het nie. Dit is welbekend. Wat wel effens hartseer is, is die feit dat die Universiteit nie altyd die nodige erkenning aan al sy prestasies gegee het nie. Ek dink nie die universiteits-owerhede het altyd besef watse bate hy vir die Universiteit was nie. Vir my was hy in dieselfde klas as ’n A-gegradeerde navorser. In die werk-situasie het ek baie saam met Henri beleef. Gebeure wat uitstaan was ons betrokkenheid by die Projekkomitee vir die oprigting van die nuwe JS Gericke Biblioteek en ons spanpoging by die groot trek vanaf die Carnegie Biblioteek na die nuwe gebou. Hy was so ’n veelsydige mens, hy sou waar-skynlik heel suksesvol in ’n professie soos argitektuur kon wees. Min mense besef waarskynlik dat die Rupert familie hom gebruik het as konsultant by die ontwerp van kuns-galerye, hier en oorsee. By die Projek-komitee was sy insette soms ’n irritasie vir die argitekte en bou-aannemers, bloot omdat hy hulle dikwels in die skadu gestel het! Ek het soveel interessanthede saam met Henri beleef, daar is nie naasten-by ruimte om dit alles oor te vertel nie. Een staaltjie wat egter dadelik na vore kom, was die keer toe hy die Projekkomitee probeer oortuig het dat die Africana-kamer in die nuwe biblioteek se plafon te laag is. Hulle het dit afgemaak en hy het toe ’n skaalmodel van die afdeling gaan bou met Prof Larry Scully wat binne-in staan en wie se kop aan die plafon raak! Dit het almal finaal oortuig en die plafon is gelig. ’n Tweede anekdote is by wyse van oorlewering en handel oor ’n probleem met sy salaris ten tyde van sy aanstelling by die Universiteit in 1964. Sy aanstel-lingsbrief was uiteraard nie in Duits nie, en met sy eerste betaling het hy agtergekom

dat sy netto salaris nie ooreenstem met die bedrag wat in sy aanstellingsbrief genoem is nie. Die hoof van die biblioteek was nie baie tegemoetkomend nie, dus het hy besluit om die Rektor te gaan sien. Die Rektor was Prof Thom en dit was die dae toe almal swart pakke gedra het. Henri het egter in ’n kortbroek met lang sokkies en sandale by sy kantoor opgedaag! Nodeloos om te sê dat die sekretaresse hom nie sonder ’n afspraak wou toelaat nie. Prof Thom het egter vanuit sy kantoor gehoor dat daar ’n probleem was. Hy het dus uitgekom en toe hy Henri sien, het hy hom in Duits aange-spreek en hom ingenooi. Die uiteinde was dat Henri na tien minute se lekker gesels, daar weg is met sy eerste verhoging! Terug by die werklikheid. Ek besef daar is ’n tyd om te kom en ’n tyd om te gaan. En na bykans 45 jaar was dit dan nou seker Henri se tyd om te gaan. Maar dit is beslis die einde van ’n era. Die Biblioteek kan nooit weer dieselfde wees sonder hom nie. Henri, om saam met jou te kon werk, was ’n voorreg. Baie dankie vir die wyse waarop jy my lewe ook verryk het. Net die beste word jou toege-wens. Johan Engelbrecht Abu Dhabi

Heribert Hermann Wirth: Geniale towenaar Johan Engelbrecht

"Mnr. Gerhard Swane-poel, senior bibliotekaris van die eertydse Carnegie-biblioteek van die Uni-

versiteit Stellenbosch van 1972 tot 1982 en daarna hoofbibliotekaris van die Parlementsbiblioteek in Kaapstad tot en met sy

aftrede in 1998, het in sy recommendatio dat die SA Akademie vir Weten-skap en Kuns Wirth in

1996 met die Akademie-erepenning vir sy uitmun-tende werk vereer, soos

volg geskryf: ..." HENRI WIRTH is op 15 September 1941 in Vacha in Oos-Duitsland ge-bore. Na opleiding in die boekbind- en restourasiekuns te Fulda in Wes-Duitsland, werk hy vir drie jaar saam met sy vader, ’n bekende kunstenaar en restourateur. In 1964 emigreer hy na Suid-Afrika om ’n pos van boek-restourateur by die Carnegie Biblioteek van die US te aanvaar. Sedert sy aanstelling het hy hom toegelê op die restourasie van biblioteekmateriaal, te wete boeke, landkaarte, dokumente, manuskripte, grafiese werke en skilderye. In 1971 ontvang hy ’n studiebeurs van die Drie Eeue Stigting in Kaap-stad vir ’n besoek aan Europa vir verdere opleiding in verband met die restourasie van boeke en dokumente. Hy neem ook onder andere deel aan ’n studieprojek saam met ’n span van UNESCO in die Nasionale Sentrale Biblioteek te Florence en die Vati-kaanbiblioteek te Rome. Hy ontwikkel self ’n nuwe metode vir die restoura-sie van ou dokumente met behulp van sellulosevesels tydens ’n besoek aan die “Scuola d’arte per legatori artistici” te Ascona in Switserland. Hy woon verdere kursusse by aan die Britse Museum, Londen, asook in

München, Berlyn, Hannover en Bonn. In 1974 word hy aangestel as Re-stourateur by die Carnegie Biblioteek en ontvang hy ’n tweede studiebeurs van die Drie Eeue Stigting vir gespe-sialiseerde restourasiekursusse in München, Flenzburg, Fulda, Zürich en Londen. Mnr. Wirth is sedert 1971 lid van die IADA (Internationale Arbeitsgemein-schaft der Archiv-, Bibliotheks- und Graphik restauratoren). In 1987 en in 1995 het hy dan ook konferensies van dié liggaam in onderskeidelik Berlyn en Tübingen bygewoon. Sy besoek in 1987 het ook gepaard gegaan met besoeke aan die maat-skappy J. Kramer in Fulda-Neuenberg, die “Institut für Buchrestaurierung” in München, asook die “Staatliche Graphische Sammlung” en “Bayerische Hauptstaatsarchiv” in München. In Suid-Afrika woon mnr. Wirth gereeld vakbyeenkomste by waar hy lesings gee, o.a. konferensies van die S.A. Museumvereniging en SAIBI (Suid-Afrikaanse Instituut vir Biblio-teek- en Inligtingswese). Hy gee ook lesings aan studente en lede van boekklubs en hy tree op as konsul-tant, o.a. vir die Brenthurst-biblioteek van die Oppenheimer familie. Twee televisieprogramme oor sy werk in die JS Gericke Biblioteek is reeds gemaak en talle koerant- en tydskri-fartikels oor sy werk is gepubliseer. Henri Wirth word algemeen erken as ’n vakman van die hoogste orde en hy geniet aansien wêreldwyd. Deur sy bekwame werk is van Suid-Afrika se belangrikste kultuurerfenisse vir die nageslag bewaar. Werke van kun-stenaars soos Pierneef, Thomas Baines, Hugo Naudé en Maggie Laub-

ser is deur hom van algehele verweer en vernietiging gered en is tans deel van die US se kunsversameling in die Sasol Kunsmuseum op Stellenbosch. Die biblioteekmateriaal wat hy geres-toureer het, sluit die JS Gericke Biblio-teek se waardevolle, antieke land-kaarte in, waarvan die oudste uit 1672 dateer. Hy het ook aan hon-derde manuskripte, dokumente en boeke ’n verjongingskuur gegee. Van sy belangrikste werk sluit in die restourasie van al Maggie Laubser se skilderye wat na haar afsterwe aan die US bemaak is. ’n Deel van die versameling is in haar motorhuis in die Strand ontdek en was so beskadig dat dit skaars hanteer kon word. Om die gehawende stukke van dié byna verlore kunsskat te herstel, het byna drie jaar geneem. Die kuns-tenares se tegniek moes onder die mikroskoop bestudeer word, die ver-weerde materiaal waarop die werke geskilder was, moes aangevul word om ’n basis vir die verf te bied en ver-weerde of ontbrekende dele moes aangevul word. Van sy onlangse prestasies is die res-tourasie van ’n houtskooltekening van Maggie Laubser wat aan die Pre-toriase Kunsmuseum behoort en wat sodanig beskadig was dat gevrees is dat dit onherstelbaar is. Geen ander restourateur het belang gestel om dit te probeer restoureer nie, maar Henri Wirth het dit oor ’n periode van twee jaar in sy vrye tyd sonder vergoeding suksesvol herstel. Volgens die Direkteur van die Mu-seum, Dr. A.J. Werth, was die resul-taat verstommend. “Ons het nie ver-wag dat die Laubser-tekening feitlik tot sy oorspronklike toestand herstel kon word nie.” Die toekenning van die “Erepenning” van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns word beskou as ’n gepaste gebaar aan ’n persoon wat oor die afgelope vier dekades ’n onskatbare bydrae gelewer het tot die bewaring van onvervangbare Suid-Afrikaanse kultuurerfenisse.

Vol 29 (2) 9

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F

Recommendatio: Akademie-erepenning vir Henri Wirth

10 Subnuus

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F

Tracy Britz

Sy was hier en sy’t ons verlaat! Darem nie heeltemal nie. Sy het gekom uit die geledere van die JS Gericke Biblioteek waar hoor en sien ver-gaan. Februarie 2008 het sy by ons aangesluit as ons Fakulteitsbibliotekaresse. Die eerste dag het ons baie min gewerk want almal wou haar iets wys en nuwe goed laat leer, van kommentare tot naslaanbronne. Van By-bels nie eens te praat nie en dan kom konkordansies ook nog by! Sy was sommer vroeg in die stroom getrek, en nie hoe nie, skaars twee weke hier toe moes sy alleen die bib oophou op ’n Saterdag. Maar, soos almal haar ken is sy mos baie oulik en siedaar haar eerste vuurdoop was toe glad nie so sleg nie. Daar was oggende wat sy hier ingestap het met haar bekende:” …Môre kollega…” dan wonder ek is dit nou van pure opgewondenheid om hier te wees of is dit om-dat sy nie hier wil wees nie want ons het so baie gehoor dat sy NIE ’N OGGENDMENS is nie! Maar, as sy eers aan die gang is, is daar geen keer aan haar nie, selfs nie eens ’n skimp vir koffie sou help nie. Tracy het baie gou aangepas hier, haar aanddienste flink gewerk, wou alles leer en het nie geskroom om te vra as sy onseker was oor iets nie. Sommer gou het sy projekte hier aangepak, en presies geweet wat en hoe sy dit wil hê. Daar is so baie om oor dié merkwaardige mens te skryf, maar ek gaan nie want, dit sou nie reg wees teenoor haar nie. Sy het so baie spore getrap dat dit nie reg sal laat geskied aan haar nie. Tracy, vir jou wil ek DANKIE sê vir al die mooi wat jy hier kom aanbring het. Jou manier van omgaan met die mense was net duidelik iets in ’n ander klas, VAT NIE NONSENS NIE en KLAAR! Haar planne om te emigreer kom al laaaaaaaaaank aan, en ons almal hier het gedink dit sal seker iewers in die verre verskiet gebeur, tot so ’n paar Maandae gelede… Kyk, dit was soos dood in die familie toe sy die aankondiging maak dat hulle die 1ste Mei vlieg… Ge-mengde gevoelens in almal se harte hier, maar wat kan mens nou sê, hmm? Ek hoop dit gaan vir haar en manlief Hugo ’n wonderlike ervaring wees, ons gaan haar nie vergeet nie, ons weet sy sal ons ook nie vergeet nie. Tracy, Hugo. Gaan julle goed. Theresa Jooste

Ai hoekom gaan al my vriende so oppin streep hier weg... sommige sommer landuit.. wattet ek nie wat ’n koala beer het... ek is wollerig want ek skeer nie meer nie. Ek is en was nog altyd cuddly julle moet net kom probeer asb pretty please. Ek sal selfs meer as eenmaal hierdie winter shower wel dalk... F... Tracy hoe gaan ek sonder jou cope in hierdie mad-housevancompeteatallcostsnevermindtheendresult sin-droom... Ek mis jou helder en devious insights in dinge en toe mis ek jou nog daai laaste dag ook danksy skoonmaakservices wat my alarm getrip het. Jou gesig is onuitwisbaar in my memory veral as hier iets twitty gebeur dan visualize ek net daai uitdrukking wat sê... oh PLEEAAASE get a life. Good luck Aussie... moenie die koalas skiet as julle guns daar aankom nie ook nie die roos nie maar die res kan julle ma bykom. Ek geniet jou eposse geweldig... jy het styl ek sal hulle hou en eendag anoniem publish en re-tire op die royalties op Robbeneiland waar die konyne nou oorneem omdat die hase wat daar werk die kluts kwyt is. Dis ook ’n eiland nes Aussie ma daar woonie Aussies op nie so dis ok. Haai ek het jou tyd hier baie geniet en werklik as jy tus-sen die lyne lees jy het ’n groot verskil hier gemaak maar veral vir my . Bon voyage en ja ek hou duim vas dat jul planne uit-werk. An adoring fan. Niel Hendriksz

Ons neem afskeid van ...

Ontmoet vir… Annas Coetzee Na soveel jare word ek toe geseën om by die Universiteit Stellenbosch te kon begin werk… Miskien moet ek voor begin. Ek is Annas Coetzee, boorling van Hopefield. Ek het my hele skoolloopbaan op Hopefield deurgebring. Na skool het ek al my studies aan die Kaapse Technikon voltooi. Ek het ’n groot gedeelte van my werksloopbaan by die Nasionale Biblioteek in Kaapstad deurgebring (12 jaar). My laaste betrekking (voor US) was by Cliffe Dekker Hofmeyr (prokureursfirma – mens weet nooit wanneer jy “legalwise” nodig gaan kry nie).

My familie is vir my baie belangrik. Ek het 2 broers en een suster. My Pa is so ses jaar gelede oorlede en my Ma bly nou op Vredenburg (lekker ou Weskus). My belangstellings is lees, gesels, rugby, stap en my grootste swakheid is dat ek nie ’n blokraai kan neersit as ek dit eers begin het nie. Dit is vir my ’n voorreg om te kan lewe en elke dag ’n verskil in ander se lewens te kan bewerkstellig. Maar vir eers wil ek net nou begin bou aan my jarelange droom… om ’n volbloed MATIE te word.

Vol 29 (2) 11

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F

Who is Hilton Gibson?

I am a Zimbabwean, have no significant partner at pre-sent (ladies, watch out!) and my two children are living in Australia. Tell us something about your career I spent a lot of my working career in Natal. I did a contract in Botswana for two years in a diamond mine. I’ve now been living and working in Stellenbosch for eight years.

I started at the university in February 2001, doing support work for the Electrical and Electronic Engineering Labora-tories where I was responsible for the departmental web server. I managed to stabilize all the systems after mov-ing them from REDHAT LINUX to DEBIAN. After that, all I really had to do was to sweep the floor every day. Next I did support work for the Digital Signal Processing Labora-tories where I was involved in voice and image recogni-tion. IT management then asked me to move to TAS (toegangs- en administrasiestelsel). I first stabilized the Facilities Management server and then took over the Rector initi-ated street cameras project, which we completed in March 2009. I was also asked to take over the campus camera project which involved putting cameras in all resi-dences and main academic buildings, but insufficient funds put a halt to the project. Why the library? I go where I’m needed. I would like to help make the SU Library and Information Service a world leader in digital institutional repository systems. I will also be forming a core Linux support team on campus to ensure continuity – in alignment with the strategic purpose of the university - no single system relies on one single person for support. Hilton is obviously passionate about technology and open source. We are fortunate to have him and his expertise on board.

Nuwe personeel

12 Subnuus

Welkom aan Ghakeem Adicary Hi, my naam is Ghakeem Adicary. Ek is getroud en het twee kinders, Begum en Sa’eed. Ek is ’n ge-bore en getoë Stellenbosser en het ook my skool-loopbaan in Stellenbosch voltooi. Voorheen het ek vir nege jaar by die Stellenbosch Munisipaliteit gewerk, in die Afdeling Gemeenskapsdienste, Idasvallei Biblioteek. Ek is baie lief vir sport en hou daarvan om die meeste van my tyd met my gesin te deur te bring.

PE

RS

ON

EE

L

/

ST

AF

F

Renee Reagon joined us in June 2009 as the Director: Technical Services and Electronic Resources Management. Marié Roux asked her a few questions: Where did you grow up? I grew up in the Western Cape. I spent most of my childhood growing up in Maitland, a tiny suburb of Cape Town. I have two older sisters who both live in the UK. My parents live in Durbanville in the Northern suburbs. Where did you study? Also tell us more about your qualifications I completed a four-year undergraduate BBibl degree in 1995. Later on I com-pleted my MBibl focusing on the skills/competencies needed by new Library and Information Science graduates entering the labour market. I decided to focus my thesis on this area simply be-cause, as an employer working in vari-ous library settings, I often struggled to find properly skilled and motivated graduates entering the market. I inter-viewed several employers within vari-ous library environments, studied job adverts and conducted a detailed litera-ture review on skills and competencies requirements of LIS professionals. I argued that, while professional library skills are important, generic skills such as interpersonal and communication skills, the ability to learn, versatility and adaptability are key competencies that information professionals require to cope and succeed within our changing library and information environments. Our roles, libraries and the world of work in general are changing rap-idly. Professionals within the industry need to be able to embrace that change on all levels. New graduates should have the skills to be able to slot into new jobs springing up within the

information industry and have the ca-pacity and attitude to learn and adapt. Employers and educators need to nur-ture and develop these skills in order for graduates to flourish within the in-dustry. Please tell us something about your previous work experience My career started before I graduated. As a student I was employed by the Psychology department at UWC to cata-logue a huge collection of their Re-source Centre holdings. (I studied Psy-chology as part of my undergraduate degree.) Immediately after graduating I worked at the Truth and Reconciliation Commission (TRC) assisting them with developing a documentation centre for the TRC’s primary documentation. From there I moved to an NGO research set-ting (Centre for the Study of Higher Edu-cation), a corporate environment (Old Mutual) and worked in an academic library (UWC). Before coming to SU I worked as Business Development Ex-ecutive for Swets where I was responsi-ble for liai-sing with academic and re-

search library clients and gained good insight into the subscription and pub-lishing industry. What do you regard as highlights in your career up to now? Each and every one of my previous jobs had many high points and were great learning experiences. I was lucky to have been exposed to as many interest-ing environments and people over the past years. I have learnt a range of per-sonal and professional lessons from all my past colleagues - librarians, re-searchers, academics, accountants, project managers, publishers, business people and ohters! Being able to develop and build pro-jects from start to handover was very satisfying and has taught me an enor-mous amount about people and my-self. Certainly being able to work for a highly esteemed institution like Stellen-bosch University is of course a highlight for me! Do you have any special hobbies? Reading and movies are my favourite pastimes and I am an avid gym-goer. I have recently started learning a range of ballroom and Latin American dan-cing which I enjoy thoroughly. I love hiking and walking amongst nature. I recently went walking in the beautiful Magaliesberg mountains. Recently I received a mountain bike as a gift and I would like to start mountain biking as a new hobby. Who is your favourite author? Eckhart Tolle is one of my favourite authors. His book The power of now has a permanent place on my very packed bookshelf and the well-worn pages are an indication of how often it gets re-read.

Interview with Renee Reagon

Vol 29 (2) 13

William Cupido Aftrede 31 Maart 2009

William Cupido het as Bode op 1 Januarie 1974 begin werk by die destydse Geneeskunde Biblioteek. 35 jaar en 3 maande later bereik hy af-tree ouderdom en besluit hy om die tuig neer te lê op 31 Maart 2009. William is ’n baie lojale en presiese werknemer wat sy take met trots en waardigheid uitgevoer het. Sy vriende-like geaardheid het hom baie gewild gemaak onder sy mede-kollegas, stu-dente en personeel van die Gesond-heidswetenskappe Fakulteit. Gedurende sy loopbaan is William bevorder van bode na assistent en toe na eerste assistent en beklee hy nou ’n klerklike assistent pos. Dit is vir ons ’n verlies dat William so "vroeg" aftree, maar ons weet dat hy uitsien na die nuwe fase in sy lewe. Ons gaan William baie mis as kollega en vriend, maar wens hom alles van die beste toe vir die toekoms. Personeel: Gesondheidswetenskappe Biblioteek

’n iPOD vir Ingrid

Soos van julle bewus is, was ek die gelukkige wenner van ’n iPOD by die EBSCO inligtingsdag wat onlangs by SPIER gehou is - bloot ’n gelukkige trekking gewees! Die dag het toe, be-halwe vir die kollegiale samesyn, heerlike disse, goeie aanbiedings met volop nuwe inligting, ook nog uit-stekende opwinding aan my besorg! Geeneen van my kinders is bevoorreg om ’n iPOD te besit nie, so toe die

nuus tuis rugbaar word, was almal se eerste reaksie “ Wow! wat gaan ma daarmee maak? Kan ek dit nie kry nie?” Hulle het oor hul voete geval, en met die wonderlikste redenasies na vore gekom om my te oortuig waarom elkeen van hulle nou juis die aangewese persoon is om dit te kry! Eers toe ek die uitstekende klank van die iPOD ervaar, het ek begrip gekry vir die ywerige mededinging daarvoor. Ek het (wel vinnig!) oordink of ek hier-die wonderlike 8 Gig iPOD meevallert-jie vir myself moet hou of vir een van die kinders moet gee, maar dan, wat-ter een van die drie, nee eintlik vier, want my peetkind herinner my toe daaraan dat sy ook nog in die ry staan! Dus, op die ou einde, geen moeilike besluit om dit vir myself te hou nie, want hoe gemaak met 1 iPOD en 4 moontlike erfgename? Wat ek wel nou baie deeglik weet is vir watter verjaarsdag- en kersgeskenke ek moet spaar! So kyk maar uit vir my, “I’m con-nected”. Ingrid van der Westhuizen Gesondheidswetenskappe Biblioteek

INBRAAK, Inbraak, inbraak … En ja, daar gebeur dit toe weer. In-braak no.3 van 2009. Saak no. 570/05/2009. Asof die eerste in-braak in die biblioteek vroeg in Febru-arie nie genoeg was nie, sal die as-trante dief(we) toe wraggies helder oordag, terwyl ons aan diens is, ons kleinkas uit ons kombuis, uit sy ge-heime, toegesluite wegsteekplekkie kom steel. Hierdie was inbraak no. 2. En kan julle dit glo, ’n week later besteel hulle ons weereens van skoot-rekenaars, kameras en die laaste paar sente wat ons gehad het (no.3) Hierdie diewe skrik nie vir kabouters nie! Die laaste inbraak het plaasge-vind terwyl studente in klaskamers oorkant die biblioteek klasgeloop het, en terwyl daar heelwat beweging in die gang voor die bib plaasvind. Die deur wat hulle oopgeforseer het, maak in hierdie einste gang oop. Alles dui daarop dat hulle ons bewegings

goed dopgehou het en die uitleg van die bib ook nagevors het. Om die storie ‘n bietjie kleur te gee: ek het met die laaste inbraak die laatskof gewerk en net voor sluit-ingstyd my rondte gedoen om studente te waarsku dat ons sluit. En so wraggies, daar kry ek ’n “verste-keling” onder die werk-stasie op die grond. Met my baie kwaai stem het ek hom gevra wat hy daar soek (op daardie stadium het ek gedink dis ’n student wat lê en dut), en het hy besluit om die hasepad te kies. Toe hy uit-stap het ek hom mooi bekyk en besef dis nie een van ons stu-dente nie (nie dat ons al ons stu-dente sal herken nie), maar hier-die een het net ’n te onbekende gesig gehad. Ons ken die Bellville Polisiemag al by hulle troetelname. Ons het hulle almal ontmoet, van die sup tot die forensiese mannetjie. Baie koppies cappuccino is aangedra om hulle vars te hou terwyl hulle weereens ’n verkla-ring by ons afneem. Verder loop ons nou met bosse sleutels om ons nekke, ons sekuriteits-maatreëls is opgeskerp, en daar is soveel sleutels wat op soveel plekke weggesluit word, dat dit nogal kophou verg om te onthou wat is waar. En ons het ’n per-soonlike “body guard”. Elke aand voor sluitingstyd kom een van die sekuriteitsmanne na die biblio-teek, stap saam met ons deur om seker te maak almal wat buite hoort, is buite, en dan stap hy saam met jou tot by jou motor. Voel nogal aardig. Die inbrake het ons as personeel baie onstel. Daar was gedurende die eerste paar dae na inbraak no. 3 ‘n “aggressiewe teen-woordigheid” onder ons. En dié van julle wat nie weet nie, ag-gressie, tesame met hoë estro-geenvlakke, is ’n dodelike kombi-nasie. Studente moes ligloop, want ons was reg vir lelik baklei. Laat ons nou maar hoop dat in-braak no.3 nie opgevolg sal word nie. Lizanne Botha

NU

US

V

AN

T

AK

BI

BL

IO

TE

KE

/

N

EW

S

FR

OM

B

RA

NC

H

LI

BR

AR

IE

S

GESONDHEIDSWETENSKAPPE

BIBLIOTEEK

USBI

14 Subnuus

Masazane sonke! Nege weke, 18 lesure, 35 hoop-volles… Wie gaan die ULTIMATE Sur-vivor wees? Dit is isiXhosa-lesse waarvan ons hier praat, mense. Ons groep US perso-neellede was vanaf dag een ’n leer-gierige, begeersterde klomp leerders bymekaar (selfs hier en daar ’n “teacher’s pet” of wysneus), maar ons ititsha, Pumlani Sibula, hou die leisels stewig vas. Almal in die klas het net die hoogste agting vir hom. Hy is entoesiasties, kundig, toegewyd en baie, baie geduldig. Daarby het hy ’n aansteeklike sin vir humor en is hy ’n energieke onderwyser. Geen gesla-pery in sy klasse nie! Daar word gesing, hande geklap en speel-speel leer ons sommer ’n klomp handige sinne in Xhosa. Die klasse word aangebied deur die Departement van Afrikatale. Onder die tema: “Kom ons leer mekaar ken” is die doel dat US personeel meer van mekaar se kultuur kennis sal neem, mense in hul taal sal kan groet en frases in alledaagse omgang sal kan gebruik. Wat Mnr Pumlani Sibula egter regkry, is om ons veel meer as die taal te leer: re-spek vir andermansgoed, gebruike en kulture. Hier by die Bellvilleparkkampus is ’n klomp kollegas wat met nuwe oë na mense kyk. Dit maak my skaam en bly as ek sien hoe opgewonde ons kliënte is as ons hul taal so ’n bietjie gooi. (ag, eintlik net groet – vir die oom-blik). Moet net nie diep filosofi-ese gesprekke verwag nie! Dit is die gesindheid en bereidwil-ligheid wat tel. Ilse Morrison

Documentation Centre for Music (DOMUS) The current EOAN Board has en-trusted a comprehensive collection of documents relating to the history of the EOAN Group to DOMUS for conservation, cataloguing and re-

search. The agreement was signed on 28 January 2008 in Stellenbosch by the acting Head of Department of the Department of Music and Vice-Dean (Arts), Prof. Sandra Klopper, and Mr. Sjafiek Rajab on behalf of EOAN and was collected and trans-ported from the Joseph Stone Thea-tre in Athlone to DOMUS in Stellen-bosch by a team of students and DOMUS staff on 23 February 2008. The collection is one of the most sub-stantial in DOMUS, and one of the most important. It contains pro-grammes, letters, minutes, adminis-

trative documents, photographs and newspaper cuttings. The material charts the largely undocumented history of the EOAN Group, a cultural organisation dedicated to the per-formance of opera, ballet and drama (amongst others) among the so-called ‘Coloured’ community of the Western Cape. The effects of apart-heid legislation on art music produc-tion in South Africa are often only indirectly referenced in music histori-ography of the period. This is be-cause most official art music produc-tion flourished in an institutional en-vironment supported and funded by a sympathetic white minority govern-ment. The EOAN documents provide a powerful counter-narrative that speaks about suffering, courage, achievement in the face of adversity and a musical community torn apart by apartheid politics. Source: www.domus.ac.za

NU

US

V

AN

T

AK

BI

BL

IO

TE

KE

/

N

EW

S

FR

OM

B

RA

NC

H

LI

BR

AR

IE

S

USBI

READ MORE ABOUT THIS PROJECT AND

HISTORICAL BACK-GROUND ON THE DOMUS

WEBSITE:

www.domus.ac.za

MUSIC LIBRARY

Gerald Samaai during an EOAN rehearsal of Donizetti’s L'elisir d'amore [1965].  

Photo: Cloete Breytenbach 

A page from Albert Coates’ opera Asshurbanipal 

DOMUS wants to promote music in South Africa and Africa by collecting, preserving, ordering and cataloguing the music and documentary collec-tions of composers, performing art-ists, musicologists and music institu-tions. As an archive with strong con-nections to music research DOMUS aims, through strategic projects of research, publication, performance and recordings, to maintain the ex-

pressive cultures represented in these collections as an important part of a

broad South African heritage.

Vol 29 (2) 15

Een Donderdagoggend het die biblioteek ’n blitsbesoek ontvang van 35 grootoog kleutertjies vergesel deur hul juffrou, me Ini Potgieter, die onderhoof van Babin Pre-primer, en drie toesighouers.

Me Potgieter wou hulle bekendstel aan die univer-

siteitsomgewing, veral die biblioteek, omdat baie van hul ouers aan die universiteit verbonde is en hulle moontlik eendag self hier sal studeer! Praat van moti-vering!

Joy Labuschagne

PR

OF

ES

SI

ON

EE

L

/

PR

OF

ES

SI

ON

AL

Was hierdie die Gericke se eerste kleuterbesoek?

Technical Services: the merging of book and periodical acquisitions

The current trend within the library environment is to re-allocate technical services personnel in support of client services. A significant factor influencing this reallocation is the dwindling number of monographs being pur-chased. Libraries are being forced to adopt more selec-tive acquisitions procedures in order to cope with re-duced budgets with less buying power. More cost effec-tive procedures, such as the use of OCLC book selection tool, are also sought to facilitate reallocation. The grow-ing influence of technology on libraries and the related shift towards e-resources is another factor influencing the migration of staff from technical services to client services. It is generally accepted that the dividing line between hardcopy and electronic-copy of periodicals and books and e-books has become blurred. The international trend is to merge book and periodical acquisitions to create a unified acquisitions department. However, provision is made for the exponential growth of the e-resources de-partment given that more and more information sources are in electronic format. Stellenbosch University Libraries have investigated the possibility of merging book and periodical acquisition

during the period of downsizing. However, that did not come to fruition. The retirement of the Senior Librarian: Periodicals (Ms Marita Landsberg ) presented the Library with the opportunity to merge book and periodical acqui-sitions under the headship of the Senior Librarian: Acqui-sitions, without responsibility for e-resources databases. The e-resources librarian, given the potential growth of this resource within the current library climate, would now report directly to the Director: Technical Services and E-Resources. The Library acknowledges the commitment of the Univer-sity, via its Overarching Strategic Plan (OSP) project, to improve access to information resources. Essentially, the Project is the creation of a learning commons to support students in the learning and research process. To sup-port the learning and research process, the Library has relocated the Senior Librarian: Periodicals post as Senior Librarian: Information Literacy and Learning Commons with the responsibility for information literacy and the engagement of technology in the learning and research process. Reggie Raju

16 Subnuus

Ek is nogal baie in die natuur en kan getuig dat elke uitstappie ’n unieke ervaring is. Hierdie hike saam met ons kollegas was nogal iets besonders. Dit was nice om mekaar op ’n ander vlak te leer ken. Die natuur het ’n ma-nier om my kalm en rustig te maak, asook om my gedagtes te laat gaan. Sommige tye voel dit of die natuur met my praat en dis dan wanneer die Healing Power of Nature begin. Ek was geskok om te sien hoe die brande ons fynbos en plantasies vernietig het, maar ook bly om weer die groen fynbos te sien uitgroei met die wete dat daar wel groen lewe gaan wees wanneer ons weer gaan stap in Augustus/September om die nuwe blomme en fynbos te gaan besigtig. Terwyl ek gestap het, het ek die brande vergelyk met hoe ’n bran-dende vuur ook sommige tye ons harte en onsself van binne kan vernietig. Maar dat daar wel stadig maar seker weer nuwe fynbos in ons as mense groei wat weer nuwe lewe gee en ook ons in ’n positiewe rigting stuur. So ja! Dit was ’n besondere uitstappie en ek sien uit na die volgende een en hoop om die kollegas wat belowe het dat hul volgende keer wil saamstap, ook daar te sien met ons volgende Jonkershoek stap. Julle name is op ons databasis, so wees verseker van ’n uitnodiging per e-pos om saam te stap. Clint September Na ’n paar weke van aanmekaar rëen was die Jonkershoek stap in pragtige sonskynweer en vars lug net die regte doepa om die naweek mee te begin. Ons het almal bymekaar gekom voor die hek en toe sommer dadelik die pad bos toe gevat. Ek en Delene moes aanvanklik stap/draf om by te hou met Victor (Natasja se 2-jarige seun) maar gelukkig vir ons, het hy toe bes-luit hy sal ’n beter uitsig van die bos kry op sy Pa se skouers. Dit was lekker om saam met kollegas so bietjie ‘span’ te bou buite die werk. Ons het natuurlik almal ’n bedrywige jaar gehad en die dag saam buite in die natuur het ons sommer weer waardering vir mekaar en vir ons om-

gewing gegee. Ek was nogal geskok om die skade van die brande, vroeër die jaar, in Jonkershoek te sien. Die aarde lyk swart en kaal, maar tog word mens dan skielik verras met die mooiste, groenste stukkie graspol of plant wat weer groei tussen die erg geskroeide aarde. Ek en Sheila het tussen swart gebrande bome en modder geploeter om die mooi oranje vuurpyle in die middel van erg gebrande bome af te neem. Ons was daarna omtrent pik-swart, maar dit was dié foto werd! Na ’n lekker oggend se stap het ons almal afgepak by Jonkershoek se res-taurant waar ons vir oulaas gekuier en ietsie gedrink het vir die droë kele na ’n lekker staptog. Hoop ons sien mekaar almal weer by die volgende stap en aan al die ander wat hierdie stap gemis het – ons sien jul hopelik volgende keer! Anita Liebenberg

Jonkershoek in ’n japtrap

Vol 29 (2) 17

Op 9 Mei het ’n paar van ons in die Jonkershoek Natuurreservaat gaan stap. Die weer was ideaal en die stappers gewillig, maar Clint se 6 km het toe by die 10 gaan draai. Ten spyte van al die brande wat gedurende die somer in die reservaat gewoed en ook maar baie skade aangerig het, was die omgewing steeds mooi en kon die kranige fotograwe onder ons na hartelus foto's neem. Vir die Malherbes was die pit stop halfpad by die rivier seker die hoogtepunt van die uitstappie; ons is suckers vir ’n piekniek. Met al die vars lug in jou longe en omring deur pragtige natuurskoon, het selfs die eenvoudigste broodjie soos koningskos gesmaak. Maak maar weer so, Clint en Ivan. Natasja Malherbe

As jy moeg word vir die lewe in die stad soek jy die wan-delpad. Dit het ons wel gedoen en op een van die mooiste Mei oggende, het ons Jonkershoek aangepak. Dit was ’n rustige stappie met lekker gesels tussenin. Ons het die geskroeide aarde en die herlewing van plantegroei gade geslaan. Tussen die pikswart het die groen vars en nuut gegroei. Elke nou en dan het ons verby ’n kabbelende stroompie geloop. Almal was dit eens dat ons dit weer moet doen. Kan nie wag nie! Judy Williams

My Kaasfees vir 2009 het ’n heel ander aanloop beleef as wat ek in 2008 voorsien het. Dit is veroorsaak deur twee dinge: (1) ek het met so baie kaas by verlede jaar se fees weggeloop, dat ek nog vir enkele maande daarna beskuitjies en koekies met kaas moes eet om die koelkas leeg te kry en (2) ek het in die 10 maande, of so, tussenin in geen merkwaardige rooiwyne van enige aard raak geloop op my wynweë nie. Witwyne was volop, maar die rooi vrug van Bacchus was skaars! Die behoefte was dus baie groot vir lekker, ordentlike rooiwyn en ek het my beplanning dienooreenkomstig aangepas. Ek het mos ’n “taxi driver” in my lewe en vergesel van twee van haar vriendinne het ek drie moontlike “designated drivers” tot my beskikking gehad. Dit is mos ’n kaas- EN wynfees, of hoe, het ek geredeneer. Die weer was nie baie lekker die voorafgaande paar dae nie, maar die Sondag van die fees het aangebreek met ’n wintersonnetjie in die uitspansel en ek en my “entourage” het die pad Bien Donné aangepak.

Die kaartjiepryse was vanjaar duurder vir die twee dae van die naweek as vir die twee weeksdae, maar daar was nog steeds meer as genoeg feesgangers om ’n lekker atmosfeer aan die dag te gee. Die stalletjie van “Sally Williams Nougat” was weereens eerste aan die beurt en die verkoopsman was nog besig om sy eerste stapel gratis happies op te sny toe ons voor hom staan. Die pryse was baie billik en met ’n “goodie bag” vol nougat en ’n happie in die kies het ek gaan wyn soek. Vanuit ’n wyn oogpunt was die fees weereens ietwat van ’n teleurstelling. Die wynuitstallers was maar weereens die “usual suspects” wat ek al by vorige kaasfeeste beproef het, maar ek dink die ekonomiese drukte in ons land en die res van die wêreld het iets daarmee te doen gehad. Dit is nie goedkoop om ’n uitstaller te wees nie en as daar nie ’n definitiewe “pay off” is nie, dan is die kool die sous nie werd nie. Baie nuwe uitstallers het dus moontlik besluit om hul bemarking op ’n ander wyse te doen. Desnieteenstaande het ek ’n klein juweeltjie in Ashton Kelder se Cabernet Sauvignon-Merlot versnit raakgeloop en die versoeking was groot om ’n kissie te koop. Pakplek by die huis was egter die probleem. L’Avenir het ’n uitsonderlike Cabernet Franc beskikbaar gehad en hul buurman De Grendel se Sauvignon Blanc was weereens uitsonderlik. Tokara se “Tokara Red” is ook altyd gewild, maar hul Zondernaam bly maar in ’n klas van sy eie. Met die weer wat dit was, was ’n besoek aan Nuy Wynkelder en Du Toitskloof Wyne ook baie tydig gewees en met ’n bietjie soetes in die glas het die bloed vinniger gesirkuleer. Halfpad deur die oggend het nog twee van my “taxi driver” se vriende by ons aangesluit, maar hulle het die vorige aand laaannnkkkk en laaaatttt gekuier en die ogies was dus maar vaal toe hulle by ons aankom. ’n “Regmakertjie” is as die oplossing verklaar en met die paartjie

in tou het ons afgesit na Grundheim Wyne, waar wynmaker Dys Grundlingh die fort gehou het. Die “drankie” van keuse was “Die Brandslang” a.k.a. witblits waarin ’n paar rooi rissies gepekel is. Die paartjie het die proeglasies met leepoë bekyk, maar met ‘n “bottoms up” is die inhoud ingesluk. Twee kûe en een hoesbui later is die resultaat van die regmakertjies as onsuksesvol verklaar en het die paartjie besluit om eerder meer bekende weivelde te gaan opsoek. Die res van ons het verder gedwaal en ons beursies het deurgeloop onder besoeke aan “Hectic Biltong” en “Tantinki Goats Cheese” wat weer die lekkerste fudge, gemaak van bokmelk, verkoop. Probeer gerus die “Port en Cranberry” kombinasie. Dit was ook baie interessant om die hoeveelheid uitstallers van kaas en wyn se “bykosse” te sien. Koffie, olywe, “confectionary”, roomys en biltong was maar net ’n paar van die bykomstighede wat beskikbaar was en moenie die “Honeyguide” vergeet nie. Hulle was weereens daar met hul verroomde heuning en te oordeel aan die hoeveelheid gebruikte proelepeltjies het hulle baie aftrek gekry. Daar was ook heelwat leefstylstalletjies soos “Creative Cuisine Pantry”, “Pesto Princess Foods”, “Simply Natural” en “Zest Gourmet Foods” en te oordeel aan die belangstelling was dit duidelik om te sien dat feesgangers nie net wyn wou drink of kaas wou proe nie. Daar was ’n definitiewe belangstelling in die groter prentjie van kaas en wyn se plek in elke mens se daaglikse bestaan. Op daardie punt gaan ek afsluit met die gedagte dat dît dalk my missie vir volgende jaar se fees gaan wees. Die lewe gaan oor balans en die kaasfees is geen uitsondering nie. Ek het die fees van 2009 baie geniet en 2010 sal my beslis weer daar sien. Al is dit net om met Dys Grundlingh oor sy windhond te gesels. Niël Mostert

Kaaskonsternasie… Deel 2

18 Subnuus

Ek en ’n vriendin het in September verlede jaar by ’n groep (heelwat ouer) toeriste op Kaapstad Internasionale Lughawe aangesluit op pad na Rusland. Die idee was ’n vaart per boot tussen Moskou en St Petersburg. Dit was so onwerklik om te dink ek gaan na hierdie verre, koue land in die Noordelike Halfrond waarvan ek eint-lik maar baie min weet behalwe ge-skiedenislesse oor die Koue Oorlog, die magtige Volga en Dr Zhivago se Omar Sharif met sy pikswart oë.

Na ’n baie kort toer deur Moskou, is ons verwelkom op die MS Lenin (!) deur ’n baie blonde meisie in tra-disionele drag met ’n broodjie en sout (wat sê welkom in ons huis). Twee dae later, pas nadat die boot vertrek het, het ons die toergids gevra of ons nou op die Volga vaar. Nee nee, ons is op die Moskva-rivier antwoord sy. Tien km. (of seemyl, whatever) verder, vra ons weer. Nee, ons is nou in ’n kanaal en net toe ons begin klink na: "are we there yet" kondig die kaptein aan dat ons sopas die Volga-rivier binne ge-vaar het, die son sak in die verte en die kaptein nooi die passasiers vir ’n cocktail in die skemer op die dek (die mees romantiese oomblik van my lewe, nee ek jok, maar amper).

Terwyl die boot van kanaal na rivier vaar het ons die vreemdste ervaring gehad toe die boot skielik begin afsak en die blinknat walle van die kanaal hier vlak voor ons neuse verbyskuur. ’n Afgetrede ingenieur in ons toer-groep het vir ons die ingewikkelde kanaalstelsel verduidelik, sodat elke lock waardeur die boot daarna gevaar het, ’n geskarrel na die dek veroor-saak het: Wanneer die watervlak tus-sen riviere soveel verskil dat dit on-moontlik is vir skepe om daardeur te vaar gooi die skip anker tussen die riviere in ’n kamer of lock en wag tot-dat die water op dieselfde vlak ge-bring is (mbv groot pomp-toerusting) voordat die groot "hekke" opgetrek word en die skip veilig verder kan vaar. Dit was daarna vir ons fassine-rend om te sien hoe die groot masji-nerie werk, terwyl die gemaal onder die water blykbaar die visse wakker-maak en die seevoëls laat toesak.

Die boot, moet ek eers verduidelik, is ’n groot cruiser, maar dis nie van daai

op die TV nie, die cabins is piepklein met ’n nog kleiner stortjie en die eet-saal lyk ook nie juis soos ’n vyfsterho-tel s'n nie. Maar alles is baie gemaklik en die kos was heerlik. Rooivleis is egter skaars en jy kry by elke ete sop en vis, waarvan ek albei regtig hou, maar in kombinasie, vissop ai julle... maar die salm en baie aartappels in enige vorm was baie lekker. Die gids het verduidelik dat daar nie baie an-der soorte groente voorkom nie, om-

dat die winters so lank en ysigkoud is. Die klein pannekoekies (blini's) met suurroom was egter my gunsteling. Gelukkig het ons baie gestap, anders sou ek seker nie by die vliegtuig se deur kon inkom nie.

Op die boot is 'n groot aantal profes-sionele kunstenaars wat opvoerings lewer van tradisionele danse en prag-tige Russiese musiek en kompetisies waar die passasiers die kans kry om elkeen ’n matryoshka (nesting doll) te verf, tot taallesse om Russies te leer praat. Ook was daar verskeie Vodka-proeë en terwyl van die oningewydes na een slukkie staan en hyg na hulle asem, vertel die gids dat Russiese arbeiders in die winter ’n paar glase vodka in die oggend drink voor hulle in die koue uitgaan! Of dit nou waar is ... Verder was daar elke dag uitstappies wanneer ons by verskillende hawens vasgemeer het. Uglich, Yaroslavl, Go-ritsy en Kizhi is klein dorpies op die roete wat elkeen sy eie unieke ges-kiedenis het waar jy kerke en eeu-oue kloosters in die Russiese boustyl met die ronde koepels (soms goud en soms helderblou) kan besoek. In ’n paar van die kerke het ’n mannekoor vir ons die mooiste tradisionele kerk-musiek gesing met hulle diep basstemme. My hart is gesteel by Kizhi, ’n piepklein eilandjie (as wêrelderfenis verklaar) wat in sy ge-heel net uit hout bestaan; by een kerk (die Transfiguration Church) is die houtbalke so ingevoeg dat daar geen metaal in die bouwerk gebruik is nie en die koepels is gemaak van linden (berkehout) wat skitter as die son daarop skyn.

By ons aankoms in St Petersburg het ons nog kans gehad om die indruk-wekkende Hermitage-museum met sy wêreldberoemde kunsskatte te besig-tig, die weelderige Catherine Palace op die dorp Pushkin besoek en op ons heel laaste dag Peterhof met sy goue beelde en beroemde fonteine. Na die reis het ek veel meer geweet van Rusland en sy mense, ondermeer dat die Volga regtig so groot is (op plekke sien mens geen wal weerskante nie), dat Dr Zhivago glad nie in (Yaroslavl) Rusland verfilm is nie en eintlik is Omar Sharif ’n Lebanees en al stokoud! Ek het wel ’n balalaika ge-hoor “Somewhere my love” speel ... O ja, die taallesse het so goed afgeloop dat ons mekaar kon môresê "Dobraye utro" en die oulike toergids op die lughawe groet met "Dasvidania / paka, Zoiya" (totsiens of sommer net "bye") - en sy kon ons verstaan.

My bootvaart in Rusland Thea Basson

Houtkerk in Kizhi 

12de eeuse kerk in Uglich

Nie‐ so ‐tradisionele matryoshka‐poppe in St Petersburg raakgesien 

Vol 29 (2) 19

Nou en dan glimlag die Dame Geluk skalks in my rigting. In April moes Hans (my man) die jaar-likse “Day of Heritage” in Leuven, Bel-gië, as argivaris van die universiteit bywoon. Stellenbosch is ’n tweelingstad van Leuven. Groot dankie vir SAA - vliegmyle, verblyf by die KU Leuven, toestemming van Delene om in die mid-del van die kwartaal rond te rits en daar gaan ons! Die verblyfplek blyk toe die GROOT BE-GIJNHOF te wees. En nie sommer so ’n hof nie – dit pryk op die wêrelderfgoed-lys van UNESCO. Selfs Stellenbosch se Merrimanlaan spog met ’n Begijnhof en die vreemde naam prikkel my nuus-kierigheid. “Wat is ’n begijntje?” vra ek vir Hans, wat immer allerhande vreemde feite ken, maar hy weet ook nie. Is dit ’n an-der naam vir ’n non, vra ek by die ont-vangs (waar hulle net Barok-musiek speel). Nee, dis ’n “goeie vrou” sê die pragtige Vlaamse meisie. Gaandeweg vind ek uit die Katolieke orde van die Begijntjes het vroeg in die 13e eeu ontstaan. Dit was ’n gemeen-skap van ongetroude vroue of wedu-wees wat nie tot die streng nonne-orde wou toetree nie. Die “goeie vroue” het hulself aan goeie werke en die ver-sorging van siekes in ruil vir gratis huis-

vesting gewy. Begijnhowe is algemeen bekend in die ou stede van België en Nederland. Die bekende een in Amster-dam huisves die stad se twee oudste huise wat talle brande oorleef het. En moenie dink net spoke van begijntjes woon in Leu-ven se stokou strate met pikante name soos MINDERE-BROEDERSTRAAT en ZWARTEZUSTERSLAAN nie. Die stad met sy 35 000 studente bruis van jong energie. Die Katholieke Universiteit Leuven is die grootste universiteit van die Lae Lande. Volgens die Stadsargivaris stuur baie Ned-erlanders hulle kinders na dié behoudende universiteit. As ek hoor “April in Europa”, dink ek “tulpe-tyd”! Daarby is Leuven tog ’n hanetreetjie van Lisse. Ek hét TULPE gesien – hektaar op hek-taar in geel, blou, rooi, wit. Keukenhof was so wonderlik soos ek dit kon ont-hou – net nog groter, mooier en meer ontwikkeld. My kamera – sy blik-geheue té volgestop -- het halfpad die gees gegee van al die heerlikhede wat

ek wou verewig. Gelukkig was daar ’n bebaarde engel met ’n beter kamera langs my! Nou rus my siel tot ’n volgende keer. Sela.

Tussen tulpe en begijntjes Melinda Heese

20 Subnuus

Defiance: the Bielski Partisans: The story of the largest armed rescue of Jews by Jews during World War 11 / Tec, Nechama Defiance vertel die ware en on-gelooflike storie van die Bielski bro-ers en hoe hulle in die woude van Belo-Rusland honderde Jode gered het uit die Nazi kloue. Tuvia (Daniel Craig) en Zus (Liev Schreiber) is die 2 broers wat in die verhaal beide leiers is en op verskillende stadiums meeding om die leierskap van die groep. Dan is daar nog 2 jonger broers, Asael en Aron. Die Bielski’s was voor die oorlog redelike rowwe karakters en het aan die rand van die woude groot geword en gereeld in die woud gejag en gebly. Hulle ken dus die terrein en weet hoe om te oorleef. Nadat hul ouers vermoor is vlug die broers die woude in en tref al-gaande groepe Jode daar aan wat ook vlug voor die Nazi’s. Die meeste van hierdie Jode is professionele mense, denkers en onderwysers en het dus geen oorlewingsvaardighe-de in die buitelug nie. Sodoende rus die taak van oorlewing op die Bielski broers. Die groep bou skuilings om die wrede winter te oorleef, vorm ge-meenskapsreëls en het voort-durende probleme met kos, hitte, ammunisie, wapens, medisyne en higiëne (luise was bv ’n reuse probleem). ’n Baie interessante kaart van die kamp in die Nalibocha Woud (Herfs 1943 – Somer 1944) bevat die volgende: bakkery, seep fabriek, metaal werkswinkel, slag-tery, skool, hospitaal, kombuis, sina-goge, werkswinkels, badhuis, stalle, en selfs ’n gevangenis. Die Bielski guerrillagroep het ’n gemeenskap gevorm wat alle aspekte van mens-wees vertoon het. Die Bielski’s het ook ander Jode uit die ghetto’s help ontsnap en by hulle laat aansluit. Teen die einde van die oorlog, 1944, was dit die grootste gewapende bevrydings-groep deur Jode vir Jode, met 1 200 Jode insluitende vroue, kinders en ou mense.

Die boek is baie goed nagevors en is vol feite. Dit bevat onder-houde met oor-lewende Jode en selfs met Tuvia twee weke voor sy dood (1987) in Amerika, asook datums, foto’s en kaarte en detail van ander gueril-lagroepe in die Belo-Russiese woude. Op die stof-omslag van die boek verskyn die volgende: “The prevailing image of European Jews during the Holocaust years is one of helpless victims under a death sen-tence, unable to fight consignment to the ghettos, the camps and the gas chambers. However... there are some stories where many Jews struggled alone or with others against the terrors of the Third Reich…” Dis die storie van Jode wat mekaar gehelp het om weerstand te bied teen die Nazi’s, teruggeveg het, rebellegroepe gevorm het en suk-sesvol was om die oorlog te oorleef. Defiance is ’n fassinerende boek en die fliek is boeiend, spannend, plek plek baie wreed en baie dramaties. Weereens ’n geval van... die waar-heid is vreemder as fiksie… Do it!: Every South African’s guide to making a difference / James Motlatsi and Bobby Godsell. 968.066 MOT Die boekomslag herinner aan ’n vuurhoutjie-dosie en nie sonder rede nie. Die inhoud is aansteeklik! Ek moet nou dadelik bieg dat ek self nog nie die hele boek aandag-tig deurgelees

het nie. Ek het by die Nuwe Boekerak hierdie dunnerige boekie begin deurblaai en opgewonde geraak. Die boek is propvol praktiese ma-niere hoe om deel van die oplossing in Suid-Afrika te word, eerder as om te wag vir iemand anders (of die regering) om op te tree of selfs mis-moedig te word. Een van die doen-bare wenke wat my opgeval het, is om by jou plaaslike polisiekantoor die korrekte syfers en feite te kry oor die misdaadaktiwiteite in jou woonbuurt. In plaas daarvan om sensasionele banieropskrifte van koerante netso te glo en saam op hol te raak, kan jy met feite in die hand, bv. met die buurtwag spesi-fieke planne beraam. Die outeurs is James Motlatsi, vori-ge president van die Mynwerkers Unie en Bobby Godsell, die Voorsit-ter van ESKOM en stigter / CEO van Anglogold Ashanti. Hulle vriendskap het gegroei uit gedeelde probleme en die gesamentlike vind van op-lossings. Dikwels was daar diep wantroue jeens mekaar, maar tog het daar ’n vriendskapsband tussen hulle gegroei. Vanuit hierdie agtergrond is die boekie saamgestel en skyn die kol-lig op verskeie fasette waar elke Suid-Afrikaanse burger ’n positiewe bydrae kan maak: jou huis, jou skool, jou werkplek, jou gemeen-skap en in die openbare sektor. Hier word nie net vae teorieë oorgedra nie, maar praktiese doenbare wenke. Die mikpunt is om Suid-Afrikaners te bemagtig en uiteinde-lik ’n selfonderhoudende samele-wing te skep. Aksie, betrokkenheid en persoonlike eienaarskap van Suid-Afrika se probleme, word voorgestel as ’n manier om uit ’n swaarmoedige gemoedstoestand te kom. Hier is daadwerklike idees oor hoe elke persoon verandering kan inisieer en op die koop toe goed kan voel oor jouself en ’n positiewe ingesteldheid kan ontwikkel. Carine Tymbios

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

Vol 29 (2) 21

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

BO

OK

S

BO

EK

E

Prisoner of Tehran: One Woman's Story of Survival Inside a Torture Jail / Marina Nemat Marina Nemat was lid van ’n Rus-siese immigrante familie in Tehran en hulle was lede van die Ortodokse Russiese Kerk. Sy was nog op skool toe die monargie van Mohammad Reza Pahlavi tot ’n val gebring is deur die Ayatollah Khomeini se Islamitiese rewolusie. As jong tiener was sy nogal uitgesproke hieroor, het demonstrasies bygewoon en anti-revolusionêre artikels in die skoolkoerant geskryf. Ongelukkig was daar ook Ayatollah goedgesinde onderwysers en sy is op 15 Januarie 1982 op 16 jarige ouderdom gear-resteer en in die berugte Evin gevan-genis gestop. Sy het die tronk slegs oorleef omdat ’n tronkbewaarder, Moosavi, haar gered het van ’n teregstelling voor ’n vuurpeleton. As beloning, en omdat haar familie se lewe in gevaar was, moes sy met hom trou en haar tot die Islam geloof bekeer. Sy was nog steeds in die tronk en het per ge-leentheid haar skoonouers en man besoek. Na ’n bietjie meer as twee jaar het Moosavi en sy familie dit reggekry om haar vrygelaat te kry sodat sy by haar aangetroude familie kon bly. Moosavi is later vermoor deur mede-tronkbewaarders. Nemat is toegelaat om haar ouer-huis te besoek waar sy in die geheim met haar jeugliefde André Nemat in ’n Christelike kerk getroud is. Hulle het in 1991 na Kanada gevlug waar die egpaar en hul twee seuns van-dag nog woon.

Baie van Marina se herinneringe het sy weggebêre tot sy ’n medegevan-gene baie jare later weer ontmoet het en toe besluit het dat haar ver-haal vertel moet word. Annemarie Maritz NOOR deur Sorayya Khan 813.6 KHA 2 NOO Ek het onlangs die boek op die weg-pakrak ontdek en baie vinnig het die verhaal my geboei. Dit is ’n pragtige verhaal van liefde, geweld, heling en vrede en speel af in hedendaagse Islamabad. Die skry-wer skets vir die leser ‘n gewone Islamitiese gesin, met Sajida en Ali as die hoofkarakters, wat op ’n on-gewone wyse vrede moet maak met hul verlede. Sajida, die weeskind wat deur Ali as sy eie dogter aan-geneem is, word gedwing om hul onderdrukte ervarings van die ver-grype wat gedurende die Pakistanse oorlog in 1971 plaasgevind het weer te herleef en, met behulp van ’n uitsonderlike kind, daarmee vrede te maak. Met die geboorte van ’n besondere dogtertjie, (moontlik outisties, hoewel daar nêrens so iets genoem word nie) en haar uitsonderlike gawe ontplooi die hele verhaal tot ’n pragtige einde. Die boek is Sorayya Khan se de-buutroman en is myns insiens die moeite werd om te lees. Joy Labuschagne SUCH A LONG JOURNEY Rohinton Mistry 819.3 MIS 2 SUC Rohinton Mistry is ’n Indiese skrywer wat in Kanada woon. Such a Long Journey is sy eerste boek en het heelwat toekennings gewen. Dit is ’n fassinerende boek wat elke toeken-ning verdien wat dit gekry het. Ek het lanklaas ’n boek so geniet. Die verhaal speel af in Bombaai (nou Moembaai) in 1971 tydens die onstuimige regering van Indira Ghandi. Dit is die verhaal van Gus-tad Noble, ‘n eerlike gesinsman en

’n Parsi, wat hard werk om kos vir sy vrou en kinders op die tafel te sit. Dit gaan goed. Hy is baie trots op sy oudste seun, Sohrab, wat goed vaar op universiteit en sy dogter, Roshan, se 9de verjaarsdag is om die draai. Daarvoor beplan Gustad ’n familie ete soos waaraan hy gewoond was jare terug toe hy ’n kind was en dit finansieel beter gegaan het. Maar dinge is besig om te verander. Gustad het ’n brief ontvang van ‘n ou vriend, Majoor Jimmy Bilimoria waarin hy ernstig by Gustad om hulp vra. Die brief is maar die begin van die probleme. Sohrab weier om na die Indiese Instituut van Tegnologie te gaan en Roshan word siek. Sohrab en sy pa het ’n ernstige uit-val en hy (Sohrab) verlaat die huis. Bilimoria se versoek om hulp veroor-saak dat Gustad in ’n moeras van probleme gedompel word. Hy vra dat Gustad ‘n pakkie vir hom ontvang. Die inhoud van die pakkie veroor-saak ook probleme vir Gustad by die werk en dit lyk of sy lewe in gevaar kan wees. Mistry slaag daarin om karakters te skep wat lank onthou sal word. Daar is natuurlik Gustad, maar ook sy gesin, vriende en inwoners van sy woonstelblok. Baie van hulle is eint-lik “terrible” maar jy raak heeltemal geheg aan hulle! Mistry skryf oor die korrupsie, vullis en eienaardighede van Indië. Maar hy skryf met deernis en humor. ’n Boek wat jou lank sal bybly. Ek kan nie wag om sy ander werke te lees nie. Reinet Faasen

22 Subnuus

Ek en eks-kollega Miriam Terblanche het onlangs, ná ons mekaar omtrent al 20 jaar ken, uitgevind dat ons verlangse aangetroude familie van mekaar is. ’n Neef van haar is met ’n niggie van my getroud. Ek het nie kontak met my niggie nie, maar Miriam vertel my toe dat die fliek Tornado and the Kalahari horse whisperer gebaseer is op die lewe van die seun van haar neef en my niggie. Ek was in elk geval van plan om die fliek te gaan kyk en dié brokkie nuus het my nog meer aangespoor. Ek en Johannes en my ma trek toe op Canal Walk toe (die kinders wou Ratanga Junction toe). Dit was my eerste keer in die Cinema Privé en ek wonder nou nog wat die big deal nou eintlik is. Die kamtige “sitkamer” kon net sowel nie daar gewees het nie en die teater het ook maar sy prob-leme opgelewer. My ma kom nooit in die fliek nie en toe die eerste klanke oor die luidsprekers dawer, was ek bang sy gaan opstaan en uitloop. Die klank word seker permanent op sy hardste gedraai, want van die luidsprekers het al die gees gegee en tussen die lawaai deur moes ons nog die klanke van ’n stukkende speaker ook hanteer. Boonop is die sitplekke se rugleunings so hoog dat ek en Johannes wat redelik lank is, skaars bo-oor die sitplekke voor ons kon sien – en my ma is skaars vyf voet! Gelukkig was daar min mense in die fliek en ons het toe maar na plekke geskuif waar daar nie ander sitplekke voor ons was nie. My arme ma moes nog steeds die hele tyd met haar handsak agter haar rug sit sodat haar voete darem die grond kon bykom. Die fliek is gebaseer op die ware verhaal van Pierre (my ma se suster se kleinseun), ’n depressiewe jong man wat ’n ewe depressiewe perd, Tornado, Kalahari toe neem in ’n poging om die perd, met die hulp van die pastoor en perde-fluisteraar, Barrie Burger, gesond te maak. Op die dorpie Noenieput ontmoet Pierre natuurlik ook ’n meisie, nogal knap gespeel deur Regardt van den Berg se dogter, Lean. Dis ’n mooi storie, maar bietjie langdradig en donker – ek het die heel tyd gewens iemand wil ’n lig aansit.

As jy dit nog nie gesien het nie, neem gerus die video uit, al is dit net omdat jy proudly South African wil wees. Naomi Visser

Tornado and the Kalahari Horse Whisperer

Vol 29 (2) 23

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

11 12

13 53 54 14

15 16 55 17 18 19

18 19 24 20 20

21 22 23 24 25 26

27 28

29 56 30

31 51 52 32 33 41

34 40 35

36 57 50 37

38 39

40 41

42 43

44 49 45 47 46 48

47 48

49 50

51 52

53

BLOKKIESRAAISEL Nr. 1! Annas Coetzee

1. Straatvrou 2. Onverskillig 3. Binnetoontjie van ’n hond 4. Lid van die Parlement (afk) 5. Syns insiens (afk) 6. Geheel die Uwe (afk) 7. Vrouenaam 8. Soort peer 9. Dominee (afk) 10. Doen dit as jy honger is 17. Saam met 18. Kinderkoeldrank 19. Eet daarmee 20. Stoel se sykant 21. Afdruk van ’n skildery 22. Adjudant Offisier (afk) 23. Bybeldeel (afk) 24. Westerlengte 33. Kry dit uit ’n soort plant 34. Gedeelte uit die Bybel 35. Hemelliggaam 38. Voorste gholfspeler 39. Stellenbosch het baie van

hulle 40. Riviertjies

41. Sy maak kinders alleen groot

46. Kilometer (afk) 47. Naamlik (afk) 48. Formeel kennis gee 49. Die aandag trek 50. Kinderspel 51. Doen dit op ‘n bed 52. Die self 53. Solfanoot 54. Hitler se troepe (afk) 55. Implemente 56. Deel van ’n wiskundige

formule 57. Kort vir ’n land (afk)

1. Gewis 3. Met die jare het jy dit nodig 11. Vrouenaam 12. Sonder pitte 13. Soort watervoël 14. Ander vorm van eier 15. Koffer 16. Bobbejane 17. Oornagplek 18. Betreffende 19. Herbie was een 20. ’n Voël bly daar 21. Bles 24. Plesierige studentepartytjie 25. Diereteken 26. Houtwig 27. Almal droom daaroor 28. Swaard 29. Dwelmmiddel 30. Spaanse uitroep 31. Slangvormige varswater-

visse 32. Doen dit om jou bene te laat

rus 33. Mejuffrou (afk)

36. Skeenbeen 37. Ongelukkige getroudes

doen dit 38. Henne lê dit 40. Hoor met dit 41. Hoëpriester 42. Wrede koning 43. Dui lug aan 44. Hy lei die volk 45. Maer 46. Siel 47. Bladsy (afk) 48. Geestelike 49. Vier (afk) 50. Lopende rekening (afk) 51. En ander (afk) 52. Mal 53. Geveg in oseaan OPLOSSING: SIEN AGTERBLAD

AF: DWARS:

1S E K E 2R 3V A 4L 5S 6T 7A 8N 9D 10E

L 11O R A 12P I T L O S E

13E 53L 54S I E L 14E I T

15T A S 16K E S 55E 17M 18O T E 19L

18R E 19K E 24W E R 20N E 20S

21P 22A 23N 24L O L 25L E O 26S P Y

27L O T T O O 28S A B E L

A 29O 56P U I M 30O L E

31A 51L 52E 32S I T 33M 41E R U

34T E K 40S J 35S O N S N

36T 57I B I 50A 37S K E I I

38E I E R S 39E L I T E E N

R 40O R E B 41E L I G

42N E R O 43A E R O

I 44M 49O S E S 45D U 47N 46K 48A

E 47P P T 48O E L A M A

E 49I V E 50L R N

L 51E A R I 52K E N S

53S E E S L A G E E

Oplossing vir Blokkiesraaisel nr. 1

Personeel van die JS Gericke Biblioteek het gewonder wie is die gelukkige meisie wat hierdie boodskap gekry het - lewens-groot op die venster bo die

loopgang geplak!