FAMILIE DEUR DIE EEUE: DIE FAMILIE VAN SCHALKWYK
Outeur: Leon van Schalkwyk.
Leon is ‘n Advokaat van die Hooggeregshof van Suid Afrika, Solicitor of the Supreme
Court of England and Wales en Belgiese Advocaat.
Inleiding:
Dit is algemeen bekend dat Teunis Dircxs van Schalckwijck die stamvader van die Suid-
Afrikaanse familie Van Schalkwyk is. Die tergende vraag is, waar hy vandaan is? Die
dokument waarin die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) amptenare se plek van
herkoms aangedui word, is in die soldyboeke van die skepe waarop hulle gevaar het aangedui.
Ongelukkig is die soldyboek van die fluitskip, Nieupoort, waarmee Theunis na die Kaap gevaar
het, een van die soldyboeke wat tot niet is. Die fluitskip Nieupoort, met Teunis Dircxs van
Schalckwijck aan boord, het op 13 April 1664 in die Kaap die Goeie Hoop aangeland.
Resolutions of the Council of Policy of Cape of Good Hope, Cape Town Archives
Repository, South Africa, Reference code: C. 3, pp. 63-80:
“Vrijdagh den 10en April 1665.”
“Dewijle Teunis Dircxs van Schalckwijck voor bossr. A 11 gl. Met ‘et fluijtschip nieupoort ao.
1664, alhier aengelant, ende zedert die tijt aen ‘t timmeren gestelt is, waer van oock goede
preuve doorgaens gegeven heeft, Soo wort denselve op sijn versouck ende bequaemheijt tot
timmerman geconfirmeert, ende een beloninge van veerthien guldens ijder maent toegeleijt,
heden de gagie aenvanck nemende, en sall daer voor sijn verbonden tijt in dat werck alhier
continueren.”
Die bewoording van die besluit van die Politieke Raad van die Kaap dui op die eerste
oogopslag aan of Teunis Dircxs van die dorp Schalkwyk in Utrecht was, of dat hy ’n
afstammeling van die Familie Van Schalkwyk is wat in die twaalfde eeu, drie opeenvolgend
geslagte van burggrawe van Utrecht en die here van Schalkwyk en later ook ridders was.
Genetiese herkoms van die Familie van Schalkwyk:
Hierdie is die verhaal van die Van Schalkwyk familie en hulle lang reis deur die eeue heen.
Die verbeterde tegnologie ten opsigte van DNA ontleding en die beskikbaarheid van verwante
inligting daarvan op die internet, maak die vasstelling van die herkoms van groepe van mense,
in die algemeen en ook van individue moontlik. In hierdie artikel word net na die Y-DNA verwys
en nie na die Mit-DNA, wat die moederlyn aandui nie.
Alleen manlike persone beskik oor Y-DNA waardeur identiese Y-chromosome van vader na
seun oorgedra word. Inligting vervat in die Y-chromosome, kan gebruik word om die vaderlike
lyn te identifiseer. Deurdat die Y-DNA van die vaderlike lyn se verwante so te sê identies is,
kan die inligting wat van chromosome verkry word, gebruik word om verwantskappe in die
vaderlike lyn te bepaal.
Die resultate van die Janse Van Rensburg familie se Y-DNA ondersoek toon aan dat al 6 die
afstammelinge van Nicolaas Jansz van Rensburg se Y-DNA identies is. Drie van die persone
wat getoets is, is afstammelinge van Johannes, die oudste seun van hulle stamvader Nicolaas.
Die ander drie persone het geen kennis van die identiteit van hulle afstamming nie. Hierdie
voorbeeld is ʼn sprekende bewys dat die Y-DNA, selfs oor ʼn periode van meer as 350 jaar, nie
verander nie. Die Van Rensburg familie se Y-DNA is Haplogroep I1. Haplogroep I1 kom
meestal in Noord-Duitsland en Skandinawië voor. Die I1 Haplogroep is een van die oudstes
van Europa.
Die resultate van die Suid-Afrikaanse Van der Merwe familie, die Nederlandse Van der Merwe
familie en die Van der Merwede familie is net so interessant. Die noue ooreenkoms tussen
die drie families se Y-DNA profiele toon duidelik aan dat hulle een groot familie is. Die families
beskik oor die Haplogroep R1b, wat die oorheersende Haplogroep in Wes-Europa is.
Die 40 merker Y-DNA Chromosoom Genetiese Profiel van die Suid-Afrikaanse Van Schalkwyk
familie is die volgende:
DYS 393
DYS 390 DYS 19/394
DYS 391 DYS 385a
DYS 385b
DYS 426 DYS 388 DYS 439
13 25 16 11 11 14 12 12 10
DYS 389-1
DYS 392 DYS 389-2
DYS 458 DYS 459a
DYS 459b
DYS 455 DYS 454 DYS 447
12 11 30 15 9 10 11 11 24
DYS 437 DYS 448 DYS 449 DYS 464a
DYS 464b
DYS 464c
DYS 464d
DYS 460 GATA H4
14 20 34 12 14 15 15 11 12
YCA Iia YCA Iib DYS 456 DYS 442 DYS 438 DYS 444 DYS 446 DYS 461 DYS 462
19 23 16 17 11 13 13 11 11
DYS 635 DYS 441 DYS 445 DYS 452
23 14 13 30
Die boonste beskrywing (b.v. DYS 393) in elke blokkie word die merker genoem en die getal
daaronder, die allel (b.v. 13). Die merkers is spesifieke lokasies op die Y chromosoom. Elke
merker bevat herhalende segmente wat uit DNA bestaan. Die segmente word STR’s (Short
Tandem Repeats) genoem. Die allel getal gee die aantal klere wat die STR’s herhaal word op
die merker aan.
Uit die Y-DNA Chromosoom Profiel word die Haplogroep en die subgroepe waaraan die profiel
voldoen, bepaal.
Die Van Schalkwyk familie se Y-DNA Haplogroep is: R-M207 Subgroep: R1a1-M17.
Die DNA merker M207 word ook Haplogroep R genoem. Haplogroep R bestaan uit meer as
30 subgroepe waarvan die Subgroepe R1a1-M17 en R1b1b2 die beste beskryf is. Beide van
hierdie sub-groepe is aanduiders van Europese herkoms. Subgroep R1a1-M17 (ook bekend
as R1a1a) kom die meeste voor onder Oos-Europeërs (Sorbe, Pole, Russe en Oekraïners: 50
tot 65%). Subgroep R1b1b2 is karakteristiek vir Wes-Europa. In Nederland maak die aantal
mans wat R1a is ongeveer 6% uit terwyl R1b ongeveer 53.5% is. Die meeste afstammelinge
in die regtelyn van die VOC amptenare uit Europa sal dus ook R1b wees. Die oorsprong van
die R1a Haplogroep is ongeveer 21 000 jaar gelede in die Suide van Rusland. Die merkers
en hulle allele naamlik, YCAIIb = 23, 459a = 9 458 = 15 soos ook in die Van Schalkwyk Y-DNA
profiel aangetref word, is ʼn sterk aanduiding van Russiese oorsprong.
Dit wil voorkom of die Van Schalkwyk familie nie oorspronklik uit Nederland afkomstig is, soos
aandui word deur hulle van nie. Die Familie van Schalkwyk het heel waarskynlik van Oos-
Europa (moontlik Suide van Rusland/Oekraine) na Sentraal-Europa (Duitsland) en toe na
Nederland migreer. ʼn Moontlike bewys van hierdie veronderstelling is die ontdekking van die
4600 jaar oue menslike reste in Eulau, nie ver van Leipzig nie, in Sakse-Anhalt, Duitsland. In
die menslike reste is R1a Y-DNA gevind. Die Y- DNA van hierdie profiel stem sterk ooreen
met die Van Schalkwyk Y-DNA profiel. Vanaf ongeveer 3200 tot 2350 voor Christus het hierdie
gebied deel uitgemaak van die toubekerkultuur (wired cord culture), ‘n R1a gebied. Vanaf
ongeveer 2400 voor Christus het die R1a Y-DNA gebied uitgebrei vanaf die hedendaagse
state bestaande uit Pole, die Baltiese state, Rusland, die Tsjeggiese Republiek, Slowakye, die
Noorde van die Oekraïne tot in die Donau (Oostelike) en Nordiese (Noordelike) gebiede van
Duitsland. ’n Ander vertakking van die toubekerkultuur het ook tot in Denemarke en Swede
getrek.
Daar is ook ʼn ander Y-DNA profiel wat interessant is. Hierdie profiel is te vind op die webwerf
ysearch.org. Ysearch.org gee hierdie profiel as die enigste identies ooreenstemmende profiel
met die profiel van die Van Schalkwyk familie aan. Die Y-DNA was onttrek uit menslike reste
van ongeveer 200 jaar voor Christus wat in die Egyin Gol Vallei in Noord-Mongolië begrawe is
in grafte wat deur die ondersoekers genommer is as 70, 72 en 73.
Verder is dit interessant dat die Haplogroep R-M17 (Ra1a) ook by die Ashkenazi Levite Jode
oorheersend is, naamlik met 52%. Die Y-DNA profiel van die Ashkenazi Levite Jode stem ook
sterk ooreen met die Van Schalkwyk Y-DNA profiel.
Die burggrawe van Utrecht vanaf 1105 tot 1156 het bestaan uit 3 geslagte van Van
Schalkwyks. In hierdie tyd was Utrecht (‘t Sticht) regeer deur ʼn biskop. Groningen, ʼn gebied
in die Noorde-Ooste van Nederland en geleë teenaan Duitsland, was ook onder die jurisdiksie
van die biskop van Utrecht. ʼn Latere biskop van Utrecht, Hartbert van Bierum, Groningen,
was ook eers ʼn ministeraal soos die Van Schalkwyks. Hartbert het sy broers, Lambert en
Leffaert, onderskeidelik, die prefekte (burggrawe) van Groningen en Coevorden gemaak.
Leffaert het sodoende die enigste direkte deurgang van Drente en dus Groningen na en van
Duitsland namens die biskop van Utrecht, beheer. Die biskop van Oldenburg, Duitsland, het
ook aanspraak gemaak op die gebied van Groningen. Die twee broers van Hartbert word in
die kroniek, Quedam Narracus, beskryf as viri strennui foris et divinis. In die twaalfde en
dertiende eeu was die term divini in Friesland gebruik om die plaaslike adel (Friese adel) van
groot hereboere aan te dui. Die Hartbert het ook saam met die Familie van Schalkwyk
deelgeneem aan die ontginning van Schalkwyk. In teenstelling tot die gebruik, het die Van
Schalkwyks tot in die begin van die14e eeu, nie alleen die laer maar ook die hoër regsmag
besit soos die gebruik vir Friese adel was. Die hoër regsmag het die biskop gewoonlik vir
homself voorbehou. Daarmee word de belangrike posisie van de Van Schalkwyks bevestig.
Dit wil dus lyk of die Familie van Schalkwyk heel waarskynlik van Friese adel was en van die
gebied van Groningen na Utrecht verhuis het.
Die Familienaam Van Schalkwyk:
Otto, Burggraaf van Utrecht (1105-1108).
Die van, Van Schalkwyk, alhoewel dit op baie maniere gespel word, kom reeds van die begin
van die twaalfde eeu voor. Die eerste Van Schalkwyk wat in die oorkondes van die biskoppe
van Utrecht genoem word, is Otto Castellanus (Burggraaf), in 1105. Die woord castellanus of
kastelein beteken kasteelheer. Dit was ook die titel van die Burggraaf. Otto was die Burggraaf
van Utrecht in Nederland, vanaf 1105 -1108. Hy was die eerste ministeraal of dienaar aan die
hof van die Biskop van Utrecht wat as Burggraaf benoem is, sonder dat hy ’n adelike was. Dit
lyk dus of hy van Friese adel was, want dit was gebruiklik om die Friese adel aan te stel as
ministerale. Die Friese adel was nie as egte adel beskou in die res van Nederland nie. Onder
die ministerale word ook ʼn ander persoon genoem wat by die Van Schalkwyks getel kan word,
naamlik ‘n sekere Gijsbert, wat moontlik ‘n broer of miskien die vader van Otto was.
Arnold, Burggraaf van Utrecht (1108-1135).
Arnold het sy vader, Otto, opgevolg as Burggraaf van Utrecht. Arnold het met ’n adelike vrou,
Machteld getrou. Die Biskop van Utrecht het aan hom die reg gegee om sekere dele in die
gebied Vuylkop en Schalkwyk te ontgin. Hy was die eerste die heer van Schalkwyk en het die
laer en hoër regsmag van Schalkwyk besit. Dit wil voorkom asof Arnold die eerste was wat
die van, Van Schalkwyk, of die latynse weergawe daarvan gebruik het. Sodoende het die van,
Van Schalkwyk, ontstaan. Die ontginning waarna verwys word is die sny van turf vir brandstof.
Arnold het drie seuns gehad: Otto, Gijsbert en Arnold. Otto het sy vader opgevolg as Burggraaf
van Utrecht. Gijsbert het sy vader se regte en besittings in die Van Schalkwyk se ontginning
geërf en Arnold het in die diens van die Kerk getree en die Domproost van die Dom in Utrecht
geword. Burggraaf Arnold was ook ʼn ministeraal van die Biskop. Hy was ook die eerste Heer
van Schalkwyk gewees.
Otto, Burggraaf van Utrecht (1139-1156).
Otto het geen kinders gehad nie. Hy was die laaste van die lyn van die Van Schalkwyk
Burggrawe van Utrecht. Hy het saam met sy moeder die St. Stevens Abdy gestig. Hy was,
soos sy voorgangers, ook ʼn ministeraal van die Biskop.
Gijsbert, Heer van die gereg van Schalkwyk.
Gijsbert, die broer van Otto was ook ʼn ministeraal van die Biskop. Gijsbert het twee seuns
gehad, Willem en Walo. Walo het ’n dogter, Hedwig gehad, wat haar intrede tot die klooster
van St. Stevens abdy geneem het met die inhuldiging daarvan in 1176.
Willem, Heer van die gereg van Schalkwyk.
Willem was getroud met Frenkina. Hulle het drie kinders gehad. Hy was ook ’n ministeraal
van die biskop. Hy het voortgegaan met die stigting van die St. Stevens Abdy waarmee sy
oom, Otto, en sy grootmoeder, Machteld, begin het. Die kerk van die St. Stevens Abdy was
ingewyd op 25 Julie 1176. Die drie kinders van Willem en Frenkinna was: Arnold, Heer van
die gereg van Schalkwyk. Bertha, was met Gijsbrecht ll van Amstel, ʼn ministeraal, getroud. n
Gijsbertus het sy broer Arnold opgevolg as Heer van die gereg van Schalkwyk.
Arnold, ridder, maarskalk en heer van die gereg van Schalkwyk.
Arnold het gesneuwel tydens ’n oorlogshandeling in 1287. Vanaf die tyd van Arnold was die
ministerale ridders genoem. Arnold het ongeveer in 1250 ʼn kasteel by Schalkwyk opgerig en
dit opgedra aan die graaf van Gelre.
Bewoners van die kasteel: 1250 – 1287 Arnold van Schalkwijk
1287 - 1294 Gijsbert van Schalkwijk
1294 – 1312 en weer 1317 - 1319 Berend van Schalkwijk
1312 - 317 Gijsbert van Goye
Kasteel Schalkwyk
In 1319 het Jan van Zuylen, Heer van Culemborg, neef van die Van Schalkwyks, heer en
meester in Schalkwijk geword, weens die finansiële probleme van die Van Schalkwyks. Die
finansiële probleme het moontlik voorgespruit uit hulle steun aan die Vlaminge teen Holland
en Utrecht .
Sy seun Gijsbert het met Sophia van der Poel getrou en hulle het 2 kinders gehad: Bartol
(Gijsbertsz) en Gijsbrecht Gijsbrechtsz. Op 16 augustus 1304 het Bertol gesneuwel tydens
die slag by die Lek, ʼn rivier in Utrecht. Die Vlaamse leër, wat die Franse in die Gulden Spore
slag verslaan het, het besluit om Holland en Utrecht binne te val. Sommige plaaslike krygshere
het hulle by die Vlaminge aangesluit, onder hulle, Bartol. In ʼn poging om die Lek oor te steek,
het die Vlaamse leër op 16 Augustus 1304 met de lokale krygshere Arend van Benskoop,
Huibert van Everdingen en Bertold (Gijsbert) van Schalkwyk op ‘n boot by Beusichem gestap.
Aan die anderkant van die Lek was hulle ingewag deur Jan van Beusichem, Heer van
Culemborg (’n neef van die Van Schalkwyks) en lede van die plaaslike bevolking. Toe hulle
aan de oorkant aankom, het daar paniek en chaos op die boot losgebars en die boot het
omgeslaan. Alle krygshere, insluitende Bartol en ongeveer 100 manskappe het verdrink of is
doodgeslaan.
Arnold, seun van Ridder Arnold.
In 1321 het Jan l van Amstel vir Arnold beleen (tot sy beskikking gestel) met ʼn huis met vier
morg grond daarom. Vantevore was dieselfde huis deur Gijsbrecht IV van Amstel, die vader
van Jan l van Amstel, aan Arnold se vader beleen.
Berend, heer van Schalkwyk
Berend het sy broer Gijsbert opgevolg as heer van die gereg van Schalkwyk.
Berend (van Scalcwyc) het sy eie familiewapen gehad, wat ook die wapen van die
ridderhofstad Schalkwyk was. Die wapen word vir die eerste keer gebruik op ʼn seël op ʼn
pagbrief van Berend van Scalcwyc uit 1314. Dieselfde wapen is op 10 Junie 1818 gebruik vir
die nuwe gemeente (munisipaliteit) van Schalkwyk. Die kleur van die wapen is rooi met 3
silwer dwarsbalke. Die skild is gedek met ’n goue kroon wat bestaan uit 3 blare en 2 pêrels.
Die kinders van Berend was Gijsbert en ’n dogter (naam onbekend) wat met Giselbertus
Gijsbrecht Uten Goye, adelike, getroud was.
Wapen van Berend van Schalckwyck en Ridderhofstad Schalkwyk
Seël van die Gemeente Schalkwyk (in besit van outeur)
Gijsbert, seun van Berend.
Gijsbert het dieselfde wapen as sy vader, Berend, op sy seël gebruik. ’n Voorbeeld van sy
wasseël is nog te vind in die argief van de Ridderlijke Duitsche Orde, Balije van Utrecht.
Gijsbert het twee kinders gehad: Gijsbert en Hadewichus ( Haze) wat met Hendrick l van
Naaldwijk getroud was. Die seël van Gijsbert word soos volg beskryf:
Zegelaar: Scalcwijc, Gelys van (Scalcwijc, Gelys van)
Beschrijving van Wapen: Zevenmaal doorsneden.
Datum: 27 September 1359.
Seël van Gijsbert van Schalckwyck
Gijsbert, seun van Gijsbert.
Gijsbert het 3 seuns gehad: Gijsbert, Jacob en Hendrik. Jacob het sy eie wapen gehad wat
soos volg beskryf word:
Zegel van Jacob van Scalcwijc
Datum: 08 januari 1405
Beschrijving: In een accoladedriepas een wapen: Drie koeken.
Randschrift
/.IA/COP/VA(n) S/CAL/ LIC/WIC/
Seël van Jacob Gijsbertsz van Schalckwyck
Gijsbert, seun van Gijsbert:
Gijsbert het 2 seuns gehad: Johan en Senoye.
Johan, seun van Gijsbert.
Johan het een seun gehad, Antonis Jansz. Antonis Jansz was die Skout van Galecoup by
Utrecht. Die skout was ‘n plaaslike amptenaar, belas met bestuurlike en gerechtelike take en
die handhawing van openbare orde. Sy wapen word soos volg beskryf:
Zegelaar: Schalckwyck, Tonis Janssoen van (Schout in Galecoep in der heren gerechte van
den Dom ‘tUtrecht)
Beschrijving van Wapen: Een kruis, R vergezeld van twee schuinsrechts geplaatste leliën, L
van twee schuinlinks geplaatste leliën. Datum: 07 december 1528
Seël van Anthonis Jansz van Schalckwyck
Hierdie wapen is identies aan die wapen wat die Suid-Afrikaanse Van Schalkwyks gebruik.
Wapen van die Suid-Afrikaanse familie van Schalkwyk
Dit wil voorkom of Anthonis Jansz ʼn seun gehad het met die naam Jan Tonisz. Die naam Jan
Tonisz van Schalkwyk is opgeteken in ’n grondregister gedateerd 23 Januarie1612.
Die naam Anthonis Jansz van Schalckwyck, prokureur in Utrecht, vind ons in ‘n Utrechtse
notariële akte van 29 Oktober 1591. Die vermoede is dat hy die seun van Jan Tonisz is en
die kleinseun van Anthonis Jansz, die Skout. Hy was getroud met Magdalena Dircks. Die
vermoede is sterk dat hy ook ’n broer gehad het met die naam Gerrit Jansz van Schalckwyck,
wat ’n brouer was. Na vergelyking van die inligting in die notariële aktes en geboorte registers
van Utrecht, wil dit voorkom of Anthonis Jansz die volgende kinders gehad het:
- Johan Anthonisz van Schalckwyck, “procureur voor de cleyne rolle van hove van
Utrecht”, later coorncoper, was getroud met Mechteltgen Willems van den Berch. Hulle
seun was Willem Jansz van Schalckwyck, schout van Outhuysen en procureur cleyne
rolle 's lants van Utrecht.
- Dirck Anthonisz van Schalckwijck, steenhouder en later ingenieur. In 1600 is daar aan
die Universiteit van Leiden, die "nederduytsche mathematicque" vir aanstaande
ingenieurs opgerig. In die lys van studente tussen 1600 – 1611 staan die naam van:
Dirck Anthonisz van Schalckwijck, steenhouder. In 1611 het hy met Delaetgen Willems
van Tou van Leiden getrou. Dit wil voorkom of Dirck Anthonisz die vader van Teunis
Dirks van Schalkwyk, die stamvader van die Suid-Afrikaanse Van Schalkwyks is. Dit
kan nie outomaties afgelei word dat Delaetchen sy moeder was nie. Dirck was van
Utrecht.
- Willem Theunisz van Schalckwijck, siwersmid. In 1613, Gildemeester van Utrecht en
vanaf 1622-30 goudsmit in Schoonhoven. Willem was ook van Utrecht. Hy het twee
keer getrou. Sy eerste huwelik was met Maria Jansdogter by wie hy twee seuns gehad
het: Jan Willemsz van Schalkwyk, en Anthoni Willemsz van Schalkwyk. Jan Willemsz
was ’n bekende silwersmid van Schoonhoven en is in Antwerpen dood terwyl op ’n
handelsreis was. Hy het 500 silwer vingerhoede by hom gehad op sy handelsreis.
Anthoni was ook ’n silwersmid en is in Schoonhoven gebore. Jan, die seun van
Anthoni, die ander seun van Willem Theunisz, was ’n adelbors (leerling vloot offisier)
in diens van die VOC en het vir ‘n jaar (12-10-1679 tot 01-10-1680) aan die Kaap gebly
voordat hy verder gereis het na Batavië waar hy dood is op 9 Maart 1703. Hierdie
besoek was heel waarskynlik om by sy kleinneef Teunis Dirks te kuier of te werk.
- Anneken van Schalckwijck, gebore. Utrecht . Dochter van Anthonis Jansz van Schalck
wijck, procureur te Utrecht, woonde in de Boterstraat, en Magdalena Dircks.
Beskrywing in ’n akte van 30 Julie 1626.
- Anthonis Anthonisz van Schalckwijck, jongeman van Rhenen en Janneken Oliviers ,
weduwe van Willem Aartsen, wonende. Sluis, ondertrouw/trouw/proclamatie: 18-04-
1636.
- Maria Theunisdogter van Schalckwijck wat op 29 Maar 1640 te Rhenen met Stoffel
Cornelisz van de Weteringe getroud is. Maria en haar man was altwee
vingerhoedmakers en knopengieters, soos Maria se broer Willem en sy familie in
Schoonhoven.
Dirck Anthonisz van Schalckwijck se kinders was:
- Jan Dircksz van Schalckwyck, timmerman, getroud met Neeltje Gysberts
- Sweer Dirksz van Schalckwyck, voerman, getroud met Neeltgen Cornelis Ram. Neeltje
was heel waarskynlik ’n afstammeling van die Ram van Schalkwyk familie.
- Willem Dircksz van Schalckwyck.
- Teunis Dircxs van Schalckwijck, timmerman, stamvader van die Suid-Afrikaanse
familie Van Schalkwyk
Teunis Dircxs van Schalckwijck, timmerman. Byna almal wat by die VOC in diens geneem is,
is as soldate of matrose aangestel. Onder die groep was daar dokters, advokate,
timmermanne, ens. Eers wanneer die amptenare in die Kaap of Batavië aangeland het, het
hulle weer hulle beroepe beoefen. Dit was ook die geval met Theunis.
Onder die Van Schalkwyks wat in die Utrechtse notariële argiewe versameling genoem word,
is 7 timmermanne, 7 prokureurs, 1 ʼn notaris en 2 skoute. Daar is ook 2 silwersmede 3
skoenmakers, 1 broueren 5 voermanne (veeboere).
Aan die Kaap was Theunis nie net ʼn vooruitstrewende boer nie, maar was hy ook lid van die
Burgerraad, die Huwelikshof, die Hof vir Siviele Sake, bierbrouer, timmerman ens. Die
voorregte wat hy aan die Kaap gehad het en die noue band wat hy met die goeverneurs gehad
het, dui daarop dat hy van die vooraanstaande en bekende Utrechtse Familie van Schalkwyk
afgestam het.
LEON VAN SCHALKWYK
16/05/2013
Top Related