Wees Lig! - NGK ONRUSRIVIER

14
VANOGGEND SE EREDIENS DS MICHIEL DE KOCK GOD HET N MEESTERPLAN VIR DIE WÊRELD (MATT 1:1 17) Die geslagregister van Jesus kom sê juis vir ons dat God Sy Meesterplan vir die wêreld in plek het. Meer nog, God voer Sy plan uit en Hy gebruik die mees onwaarskynlikes om dit mee te doen. God bring vir ons SY Seun, Jesus Christus. Hy bring vir ons Hoop, Verlossing en Nuwe Lewe. Hy word mens in Christus. Hy oorwin die dood en helse magte. Die goeie nuus is juis dat u en ek, al is ons ook deel van die onwaarskynlikes, deur God gebruik word in die uitvoering van SY plan. Ja, dat diegene wat ons dink glad nie deur God gebruik kan word nie, juis dalk net deur Hom gebruik word om Suid–Afrika op „n nuwe pad van Hoop en bevryding te bring. Die Woord sê nie verniet: “Gesëend is hulle wat weet hoe afhanklik hulle van God is nie, want aan hulle behoort die Koninkryk van die Hemele.” God seën u in die uitvoering van SY plan. Michiel Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Hospitaalbearbeiding Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Hierdie is die laaste HARTKLOP van die jaar. Die jaar loop ten einde en dit het tyd geword om dankie te sê. Victor Frankl sou gesê het die lewe is soos „n tapyt. Die tapyt moet eers ten volle opgerol word om die patroon te kan sien en dit te waardeer. Ons tapyte word oopgerol. Nou kan ons reeds begin om dankie sê. John Donne (1573-1631) was die geestelike leier van die Church of England in London en ook „n erkende digter en skrywer. Van sy bekendste digreëls is “No man is an island”. Pas hierdie woorde op jouself toe: Dink aan al die mense wat deur die jare „n invloed op jou lewe gehad het - van jou ouers, familie, onderwysers, kollegas, vriende en lewensmaats, want “No man is an island”. Jy ook nie. Dink vandag aan al die mense in die gemeenskap wat die afgelope jaar tot jou welsyn bygedra het, want “No man is an island”. Jy ook nie. Dink aan jou kerk en gemeente. Hoe is jy nie bedien nie? Hoe is jy nie geseën nie? Immers, “No man is an island”. Jy ook nie. Dink nou ook aan al die medegelowiges wat die afgelope jaar die pad saam met jou gestap het. Dink aan hulle wat jou met woorde aangemoedig het, in stilte getroos het en die pad saamgeloop het. Dink aan die Nagmaalsbrood en Wyn wat jou versterk het. Dink aan die bediening van die Woord. Dink aan jou wyk. “No man is an island”. Jy ook nie. Lied 521 verwoord ons dankbaarheid: Erkentlik deur die dae my aardse lewe lank wil ek die Here lofsing wil ek die Here dank Vir wat Hy (uit genade) so ruim aan my bewys wil ek Hom vir Sy dade so lank ek lewe, prys! Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 27 NOVEMBER 2016 SONDAG 4 DESEMBER KERSSANGDIENS Volgende Sondag nooi ons u na ons jaarlikse Kersangdiens. Gesels gerus in u groepe / gesin oor wat Kersfees regg vir jou beteken. Persente? Liefde? Genade? Seën vir u week! GEEN AANDDIENS

Transcript of Wees Lig! - NGK ONRUSRIVIER

VANOGGEND SE EREDIENS DS MICHIEL DE KOCK GOD HET „N MEESTERPLAN VIR DIE WÊRELD (MATT 1:1 – 17)

Die geslagregister van Jesus kom sê juis vir ons dat God Sy Meesterplan vir die

wêreld in plek het. Meer nog, God voer Sy plan uit en Hy gebruik die mees

onwaarskynlikes om dit mee te doen. God bring vir ons SY Seun, Jesus Christus.

Hy bring vir ons Hoop, Verlossing en Nuwe Lewe. Hy word mens in Christus. Hy

oorwin die dood en helse magte. Die goeie nuus is juis dat u en ek, al is ons ook

deel van die onwaarskynlikes, deur God gebruik word in die uitvoering van SY plan.

Ja, dat diegene wat ons dink glad nie deur God gebruik kan word nie, juis dalk net

deur Hom gebruik word om Suid–Afrika op „n nuwe pad van Hoop en bevryding te

bring. Die Woord sê nie verniet: “Gesëend is hulle wat weet hoe afhanklik hulle

van God is nie, want aan hulle behoort die Koninkryk van die Hemele.”

God seën u in die uitvoering van SY plan. Michiel

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Hospitaalbearbeiding

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning.

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

Hierdie is die laaste HARTKLOP van die jaar. Die jaar loop ten einde en dit het

tyd geword om dankie te sê. Victor Frankl sou gesê het die lewe is soos „n tapyt.

Die tapyt moet eers ten volle opgerol word om die patroon te kan sien en dit te

waardeer. Ons tapyte word oopgerol. Nou kan ons reeds begin om dankie sê.

John Donne (1573-1631) was die geestelike leier van die Church of England in

London en ook „n erkende digter en skrywer. Van sy bekendste digreëls is “No man

is an island”.

Pas hierdie woorde op jouself toe:

Dink aan al die mense wat deur die jare „n invloed op jou lewe gehad het - van

jou ouers, familie, onderwysers, kollegas, vriende en lewensmaats, want “No

man is an island”. Jy ook nie.

Dink vandag aan al die mense in die gemeenskap wat die afgelope jaar tot jou

welsyn bygedra het, want “No man is an island”. Jy ook nie.

Dink aan jou kerk en gemeente. Hoe is jy nie bedien nie? Hoe is jy nie geseën

nie? Immers, “No man is an island”. Jy ook nie.

Dink nou ook aan al die medegelowiges wat die afgelope jaar die pad saam met

jou gestap het. Dink aan hulle wat jou met woorde aangemoedig het, in stilte

getroos het en die pad saamgeloop het. Dink aan die Nagmaalsbrood en Wyn

wat jou versterk het. Dink aan die bediening van die Woord. Dink aan jou wyk.

“No man is an island”. Jy ook nie.

Lied 521 verwoord ons dankbaarheid:

Erkentlik deur die dae – my aardse lewe lank

wil ek die Here lofsing – wil ek die Here dank

Vir wat Hy (uit genade) so ruim aan my bewys

wil ek Hom vir Sy dade – so lank ek lewe, prys!

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

27 NOVEMBER 2016

SONDAG 4 DESEMBER

KERSSANGDIENS

Volgende Sondag nooi ons u na

ons jaarlikse Kersangdiens.

Gesels gerus in u groepe / gesin

oor wat Kersfees regtig vir jou

beteken. Persente? Liefde?

Genade? Seën vir u week!

GEEN AANDDIENS

DINSDAG 29 NOVEMBER SOPKOMBUIS

WOENSDAG 30 NOVEMBER 11:00 - 13:00 KLEREKAS. Kom kyk gerus.

DONDERDAG 1 DESEMBER LOUIS LOOCK (SANGER VAN ROMANZ) tree op in Amfiteater by Laerskool Hermanus. Tyd: 19h00 tot 20h30. Kaartjies is R100 en beskikbaar by Laerskool Hermanus. Tel: 028-3123670.

VRYDAG 2 DESEMBER 09:30 - 11:30 DIE ONRUS DIENSSENTRUM se gewone aktiwi-teite sluit vandag vir 2016. Hare-, voete- en hande bediening gaan steeds voort. Ons sluit die jaar af met 'n lekker koppie tee en 'n verversing rondom die sing van Kersliedere. Bring al u ou gunstelinge saam en kom sing saam met ons!

SONDAG 4 DESEMBER 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente.

09:00 KERSSANGDIENS (TWEEDE ADVENTSONDAG) Dr Wilhelm Burger gaan voor. Dit is ook ons jaarlikse Kerssangdiens. Daar gaan Lofdansers wees, Kore, Kersfees-liedere samesang—wat ‘n wonderlike manier vir ons om die seisoen van Liefde in te gaan. Nooi gerus u familie, vriende, bure - u is baie welkom!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 22)

18:00 GEEN AANDDIENS

WAARNA KAN ONS UITSIEN?

ANTON & BIANCA VIER HUL HUWELIK BY ONRUSGEMEENTE WOENSDAG 7 DES @ 18:00 Ons nooi almal hartlik uit om ons huwelik saam met ons te kom vier. By die geleentheid gaan ons op ‘n baie informele wyse die seën van die ge-meente ontvang en saam kuier. Wat kan u saambring? Ons vra dat elkeen asb. ‘n bordjie eetgoed sal saambring. Daar sal koffie en tee beskikbaar wees. Ons sien baie uit om julle almal daar te sien! Groete, Anton & Bianca

SIMFONIE KONSERT (CAPE TOWN PHILHARMONIC ORCHESTRA) 9 DESEMBER 2016 @ 11:00 NG KERK KLEINMOND (38 1ste Laan, Kleinmond) Kaartjies: R50 volwasse of R20 kinders (by die deur) Ligte simfonie klanke vir die vakansietyd!

VOEDSELFEES VRYDAG 16 DES @ 17:00 Kom vier saam Kersfees by die see - en onthou om jou (leë) mandjie te bring! Welkom!

REFORMASIE 500 TOER NA EUROPA 1-16 JUNIE 2017 Volgende jaar vier Gereformeerde kerke 500 jaar sedert Martin Luther die Reformasie in Duitsland begin het. Een van ons lid-mate, Gert Claassen, reël 'n toer vanaf 1-16 Junie 2017 na Duitsland waar ons in die voetspore van die Hervorming sal stap. Dr. Wilhelm Burger is die geestelike leier. Gert is tans met vakansie, maar belangstellendes kan vir Wilhelm kontak vir besonderhede.

WAT GEBEUR ORAL IN HERMANUS?

Gaan kyk gerus op www.ilovehermanus.co.za

Daar is soveel inligting, gebeure en heerlikhede

beskikbaar op die blad - geniet dit!

KERSMARK IN DIE

GROBBELAARSAAL

(NG KERK HERMANUS)

5 - 22 DESEMBER 2016

Weeksdae: 09:00 - 18:00

Saterdae: 09:00 - 17:00

Vrydag 16 Des: 10:30 - 17:00

Kom koop u tuisgemaakte kersgeskenke!

Navrae: Hester Fourie 074 165 6794

Baie dankie aan almal wat die Gemeente Fokusarea

Taakspan vergaderings bygewoon het. Ons waardeer

jul insette. Foto bo: Jeug & Families Taakspan.

HUIS LETTIE THERON SÊ DANKIE!

Liewe Onrusvriende, hierdie tyd van die jaar wil ons

ook graag baie dankie sê vir julle ondersteuning ge-

durende die afgelope jaar. Dit word opreg

gewaardeer. Baie dankie vir julle oop hande en harte

waarop ons altyd kan reken.

Ons wens julle „n geseënde

Christusfees en „n vreugdevolle

2017 toe.

Jesusliefde en groete,

Simon, personeel en inwoners

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE

Dierbare Vader, U troue liefde is meer werd as die lewe. Ons sal U ons lewe lank loof en U Naam prys.

Vader, ons wil by U in die heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind. U is ons hulp, beskemer en U is altyd daar om ons hand vas te hou. Here, help ons dat daar nooit ‘n vals woord uit ons mond sal wees nie.

GEBEDSBLAD

WEEK 28 NOV – 4 DES

MAANDAG 28 NOV

Here, Jesus Christus, daar is van ons wat swaarkry, wat honger ly, wat siek is. Moses en U volk het 40

jaar deur die woestyn getrek. Deur U het hulle honger gely en swaargekry. Maar Vader, deur dit alles het U vir ons ‘n boodskap gegee dat ons nie net van brood alleen kan leef nie, maar dat ons moet leef van elke woord wat uit U mond kom. Dankie vir U genade en dat ons volkome aan U moet wy.

DINSDAG 29 NOV

Vader, ten spyte van al die negatiewe omstan-dighede sal ons jubel en juig. U is ons God en

Vader, U gee ons krag. U werk is soms vreemd in terme van ons beoordeling, U dade soms duister vir ons mensekinders met beperkte insig. Daarom moet ons as gelowiges die geheim van U liefde en ons geloof leer ken. Dit maak dit moontlik om van wanhoop tot vertroue te beweeg. Te juig in U ons God en Redder.

WOENSDAG 30 NOV

Jesus, U herinner ons daaraan dat die dinge wat uit ons monde kom, ‘n openbaring is van

wat in ons harte is. Watter soort woorde kom uit ons mond? Here, U ken ons hart en weet presies hoe ons hart binne lyk. Jesus, help ons om die gesindhede waarmee die Heilige Gees ons vul, te gebruik. Dankie Jesus, dan sal ons woorde reg wees en ons harte sal jubel want U Jesus Christus en Heilige Gees woon in ons.

DONDERDAG 1 DES

GEBEDSVERSOEKE Stuur u versoeke gerus na

Karin de Bruin by

[email protected]

NOODKETTING

Sheila 082 895 9479

Here, baie dankie dat ons die vrymoedigheid het om na U toe te kan gaan, omdat U ons gebed verhoor as

ons enigiets volgens U wil vra, en nie ons wil nie. Ons weet dat ons niks van U sal eis wat ons nie wil hê nie, maar met U in gebed sal tree en met U bespreek wat U met en in ons lewens wil hê. Dankie Here, dat U ons gebede verhoor volgens U wil.

VRYDAG 2 DES

Francois Goosen

Adriaan van Niekerk Chemo

Suzette Rust Behandeling

Jan Hendrik Malan Chemo

Marita Venter Herstel tuis

Chantelle Theron Kanker

Celeste Elfinstein Kanker

Marjorie du Toit Chemo

Piet Hoffman Chemo

Ester Bester Verswak

Carel Roux Behandeling

Corlise Steyn Bestraling

Hennie Botha Operasie gehad

Anna le Roux Operasie gehad

Suneen Wiese Herstel

Lynette Crafford Bestraling

Sureta, Koos en Ansie

de Villiers

Hospitaal

Jan Eksteen Herstel

Betsie de Vries Besering

Babsie Venter Herstel

Berry Pflügler

Krappies Carstens

Colleen Louw Kidbrooke

Anita Sheriff Operasie gehad

Stewart McFarlane

Coreen Gouws Behandeling

SPESIALE GEBED

Ons bid in hierdie feesseisoen spesiaal vir alle

mense wat alleen en eensaam is, hartseer voel,

siek is. Ons bid dat Vader U baie spesiaal in

hierdie tyd sal vashou en ons bid ook dat die

familie van Christus sal uitreik na u. Here,

maak asb ons oë oop om raak te sien, daar waar

U wil hê ons „n verskil moet maak en LIG moet

bring. Ons eer U vir U sorg en liefde in die

komende seisoen. Amen.

222444 eeneeneen

NGK & VGK GEMEENTES 24 UUR GEBEDSWAG EERSTE WOENSDAG VAN DIE MAAND

Vir enige navrae, kontak asb vir Karin de Bruin 084 305 2086

7 DESEMBER 2016 ONS LEES UIT MATT 1:18-25 18Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. 19Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. 20Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ’n engel van die Here in ’n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. 21Sy sal ’n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” 22Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word: 23“Die maagd sal swanger word en ’n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken God by ons. 24Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou. 25Hy het egter nie met haar omgang gehad voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem.

LUKAS 2:10-14 10Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. 11Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! 12En dit is vir julle die teken: julle sal ’n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ’n krip lê.” 13Skielik was daar saam met die engel ’n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: 14“Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het!

OORDENKING In hierdie dae rondom Kersfees word ons aandag veral ge-

vestig op Jesus Christus se mens-wording. Ons dink spesiaal

aan God se Genadegeskenk aan ons – Jesus ons Verlosser –

Deur Jesus se geborte het God Sy reddingsplan vir die

mensdom fisies in aksie gestel. Ons glo dat Jesus se

vleeswording nie alleen noodsaaklik, maar ook uiters belangrik

was, en daarom vier ons as gelowiges, Christus Jesus se

vleeswording, en nie „n wêreldse kersfees nie, maar „n ware

Christusfees.

Jesus se geboorte was goeie nuus van groot blydskap en

vreugde vir die mensdom… die Redder, wat Christus die Here is - hierdie kindjie die Messias, die enigste verlossing

vir die mensdom. Ons is vandag seker daarvan dat die glorieryke aankondiging van vrede wat die engele gemaak het

toe Jesus gebore is, beslis vervul sal word. Vrede sal sonder twyfel „n ewige werklikheid vir Sy kinders word.

Jesus se geboorte verander die hele geskiedenis. Stel die wêreld in jou gedagtes voor as „n meer waarin almal wat

leef, en reeds geleef het, gelyktydig besig is om te swem. Ons deel almal in dieselfde menslike toestand, ons swem saam in dieselfde water. Jesus, die seun van God se geboorte uit „n maagd, verander die water waarin ons swem onherroeplik. Ons omgewing, ons wêreld is nie meer dieselfde nie want God het ons wêreld aangeraak. Jesus het ons

lewe en ons omgewing kom verander. Jesus het jou en my kom verander!

Wanneer ons nou oor „n paar dae weer die geboorte van Christus gaan herdenk deur Kersfees 2016 te vier, kan ons

nie anders as om opnuut verwonderd en vol blydskap te wees oor hierdie liefde van God vir die sondige wêreld, „n

liefde wat so merkwaardig ook in Christus se geboorte waarneembaar is. Daarom bid ons ook met die viering van

Kersfees dat hierdie liefde van die Vader vir die wêreld,…. alle mense opnuut sal aanraak, sodat almal met hierdie

liefde en vrede gevul sal lewe in hul verhoudinge met mense rondom hulle. Ons streef geluk na, maar om gelukkig te

wees, moet ons in vrede lewe, vrede met onsself, met ons medemens, met die natuur en met God.

Die bekende teoloog Walter Brueggemann het gesê. “At Christmas the church does not simply celebrate the birth of a wondrous baby. Through that birth we cel-ebrate the reality that God has entered the process of the world in a decisive way that changes everything.”

ONS BELY ONS SONDE Kerfees gee ons aandag aan geskenke, kersbome en

liggies en te min aandag aan U ons vleesgeworde,

gekruisigde en opgestane Here. Ons belangrikste

doel is om geluk en voorspoed na te jaag, ons wil alles

verander om die doel van die lewe te verstaan, al weet

ons dat die doel van die lewe is nie om geluk te vind

nie, maar om eerder U ons Vader te vind. Ander sê

weer daar is geen doel in die lewe nie, en vir soveel

mense is die belangrikste lewensdoel om mag na te

streef. Nog ander sê daar is niks absoluuts in die

wêreld nie…jy kan maar glo wat jy wil en feeste vier

soos jy wil - kies net wat vir jou werk, drank, kos,

pornografie….partytjies…solank almal kan kies wat vir

hulle werk, dan is almal happy!! Vergewe ons Here as

ons hierdie verkeerde manier van denke en lewe

najaag.

ONS BID dat mense oral in die wêreld nie sin en betekenis of voorspoed in besittings en mag sal soek nie, maar in „n verhou-

ding met God.

dat die mens sal besef dat die doel van die lewe nie is om geluk te vind nie, maar om God te vind.

vir mense wie se hele lewe om besittings en genietinge draai dat hulle tot die besef sal kom hoe belangrik dit is om

geestelike waardes te hê.

dat God weer vir die mensdom die lig van Kersfees sal wees wat geloof is, die warmte van Kersfees wat liefde is

en die luister van Kersfees wat vrede is.

dat elke mens op aarde God sal erken as Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors!!

dat die Heilige Gees ons sal help om Jesus se liefde uit te deel aan ons naaste.

ONS DANK GOD Dankie Vader dat u die water waarin ons almal vir oorlewing swem,

aanraak en dit onherroeplik verander. Dankie dat U regverdig regeer

oor die wêreld warvan U in beheer is. Dankie dat U die lewens van U

getroue dienaars bewaar en red van die goddeloses. Here, dankie vir

die seën, vrede en vreugde van Kersfees.

Wie sou kon dink dat eeue terug - soos die profete sê, In Bethlehem 'n Kind sou kom wat in 'n krip sou lê, Wie sou

kon dink dat hierdie Kind - Maria en Josef se seun, Die sonde van die wêreld op homself sou neem, Wie sou kon dink

dat hierdie Kind wat lag en speel en sing, Vir al sy maatjies in die buurt en vir ons die lig sou bring, En wie sou kon

dink dat hierdie Kind vir die wêreld se pyn en nood, As Verlosser aan 'n kruis sou hang - en opstaan uit die dood, En o

ek glo. Ek glo dit gewis dat hierdie Kind die Redder is En o ek glo. Ek glo dit gewis dat hierdie Kind ons hoop en red-

ding is, Soos die jare kom en gaan sedert daardie dag, Soek die mensheid steeds na lig. Nog nooit was dit so nag.

Volke veg teen volke - een broer teen 'n ander Wit teen swart en swart teen wit - dit het nog nooit verander, Soveel

mense wêreldwyd leef steeds in hongersnoot, En atoombomme en vigs en aborsies maak miljoene mense dood, Die

dwaasheid van die mensheid word die wysheid van die uur, En strome vuil besoedeling vernietig die natuur, Maar te

midde van al hierdie chaos wat ons glad nie meer kan keer, Weet my hart verseker : Hierdie Kind kom weer, En o ek

glo. Ek glo dit gewis dat hierdie Kind die Redder is En o ek glo. Ek glo dit gewis dat hierdie Kind ons hoop en redding

is Wie sou kon dink dat hierdie Kind weer eendag terug sou keer Om as Regter te kom oordeel en as Koning te regeer

Verstaan jy nou en kan jy sien wie hierdie Kindjie is Dat Hy die Redder die enigste hoop vir hierdie wêreld is.

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Kontak Ester du Toit 081 453 8130 vir ‘n afspraak.

KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 – 12h00: Kreatiewe span - hier is soveel mense met soveel verskillende talente in ons ge-meente. As u dalk kennis dra van 'n aktiwiteit wat u graag met ons wil deel en ons wil leer - kontak Joan Ollewagen (028 316 1745). Ons wil ook graag met die Voedselfees fokus op kinders se behoeftes en sorg vir lekker eetgoed. Indien u kennis dra van die maak van lekkers/kindereetgoed, kom deel dit met ons asb.

NAALDWERK: Rita Ferreira nooi u om herstelwerk te bring. Kontak haar gerus op 073 218 1789 Baie dankie!

KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 – 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u versorging deur 'n versorger benodig .

TRIMGIM in die OnsTeater om 14:00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede. (R50 per maand vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085.

VOETE- EN HANDE VERSORGING Kontak Marilyn Prinsloo gerus op 082 532 6931 om ’n afspraak te maak. Kom bederf jouself met ‘n manikuur, pedikuur, Parafien waks behandeling of verwydering van ongewenste gesigshare.

10h15: KOSDEMONSTRASIE: Angelique Brink van Sandbaai Country House kom demonstreer vir ons Kersfees geregte. Kom kyk, kom proe en kom leer saam. Almal baie welkom!

9h30 - 11h30: KERSLIEDERE: Die Dienssentrum se gewone aktiwiteite sluit vandag vir 2016. Hare-, voete- en hande bediening gaan steeds voort. Ons sluit die jaar af met 'n lekker koppie tee en 'n verversing rondom die sing van Kersliedere. Bring al u ou gunstelinge saam en kom sing saam met ons.

Ons almal saam in diens van

Jesus Christus

Oral, Altyd en in Alles

PROGRAM 28 NOV - 4 DES

Onrusrivier Dienssentrum

“Deur die genade

van God”

MAANDAG 28 NOVEMBER (DIENSENTRUM GESLUIT)

DINSDAG 29 NOVEMBER

WOENSDAG 30 NOVEMBER

DONDERDAG 1 DESEMBER

DIE KOLWYNTJIE TEETUIN IS GESLUIT TOT

VOLGENDE JAAR 3 FEB 2017

GESEËNDE CHRISTUSFEES VIR ALMAL!

DESEMBER 2016

Marietjie van Zyl 1

Anna Andersen 2

Johanna v d Watt 6

Sakkie Struwig 8

Wilna Stassen 12

Jasper Coetzee 17

Sara Brand 18

Willie Slabbert 19

Era Snyman 20

Marie van der Spuy 24

Irene Fourie 27

Veronique Naudé 30

JANUARIE 2017

Babs de Klerk 4

Willem du Toit 8

Anna du Plessis 8

Freda du Toit 12

Abrie Deetlefs 17

Louisa Coetzee 22

Erms Viljoen 23

Hetta Smalberger 24

Lotte Joubert 24

Mabeth Dercksen 26

Ockert van Tonder 27

Leon de Jager 31

VRYDAG 2 DESEMBER

Baie geluk vir alle verjaarsdae bo 80.

Ons bid julle alle seën en vreugde toe!

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

VIR ENIGE INLIGTING

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

ONDERSTEUNINGSGROEP

Ons nooi almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme

van Dimensie ly en hulle familielede na 'n ondersteuningsgroep wat op Maandag, 5 Desember, om

elf uur tot twaalf uur in die sitkamer van die Dienssentrum gehou sal word. Dit is nie maklik om

hierdie siektes en hulle simptome te hanteer nie. 'n Mens het nodig om daaroor te praat!

Kom na die dienssentrum en kom gesels saam of sit net agteroor en luister na die res van die

groep en kry weer motivering! Dr. Hoepie Howell, psigiater in Hermanus, kom praat saam met u

oor die emosionele hantering van u gesondheid.

JUKSKEI

Ons wil baie graag die jukskei baan by die Dienssentrum gebruik. Dit raak nou lekker weer en die oefening is goed

vir die bene en die spiere! Indien u belangstel om saam te kom speel by die jukskeibaan kontak asseblief vir Joan/

Hannie by 0218 316 1745. Ons soek ook mense wat goeie kennis het om jukskei te kan speel - ons kan onsself help

maar goeie advies/leiding sal baie welkom wees.

FACEBOOK: Die Dienssentrum het 'n facebook blad. Word asseblief vriende met ons. U gaan net in op

Onrusrivier Dienssentrum en "invite" ons.

BAIE DANKIE!

Ek wil net baie dankie sê vir almal wat hierdie jaar op enige wyse betrokke was by die Dienssentrum. Baie dankie vir

al die donasies/geskenke, vir al die harde werk, vir al u raad en advies, vir al u liefde en vir u inskakeling. Elke per-

soon wat by die voordeur van die Dienssentrum instap beteken vir ons ontsettend baie. Mag u baie lekker rus. Mag

u elke oomblik saam met u familie/vriende geniet. Mag dit vir u 'n besondere Christusfees wees op 25 Desember.

DIE DIENSSENTRUM HET „N NUWE DIENS

VIR MENSE VAN ENIGE OUDERDOM

(OUD EN JONK): SKULDPROBLEME?

Word jy voortdurend telefonies of per SMS gepla

oor agterstallige rekeninge? Vir slegs R120,00

kan ons dit stop en jou beskerm deur wat jy skuld

namens jou in paaiemente wat jy kan bekostig, af

te betaal. Dis nie Skuldberading nie en jy gaan

ook nie onder Administrasie nie. Dit is slegs 'n

vrywillige distribusie aanbod en geen

Hofprosedure of Kredietburo's is betrokke of

enigsins van toepassing nie. Mnr. Pieter Ferreira

is „n afgetrede Skuldberader wat voorheen in beheer was van

8 geregistreerde skuldberaders wat landswyd in 16 takke

duisende verbruikers bedien het, en ken daarom al die

skuiwergate. Die diens gaan slegs op Maandae by die

Dienssentrum aangebied word en wel om die volgende 3 redes;

· Die vertroulike aard van hierdie tipe gesprekke noodsaak

privaatheid. Die Sentrum wat Maandae vir alle aktiwiteite

gesluit is, sal wel beskikbaar wees vir hierdie afsprake met

Ferreira, mits dit voortydig met hom persoonlik gemaak is

by 081 714 2075 of die Maatskaplike Werker, Erika

Oosthuysen, by O28 316 3115 / 079 322 0998.

· Die eerste afspraak is vry en die R120.00 hierbo na verwys

is slegs betaalbaar indien jy verder van die diens gebruik

gaan maak.

· Opvolg afsprake kan ook met vooraf reëling na enige ander

vertroulike bereikbare ontmoetingsplek verskuif word.

Mnr. Pieter Ferreira is bereid om u te help indien u vrae

het oor u testament/beleggings en u bekommerd is daaroor.

Verlede Vrydag was daar behoorlik gekuier en

dankie gesê aan almal wat so „n groot verskil maak

en dien by die Dienssentrum.

Foto vlnr: Hannie Koch, Joan Ollewagen, Sr Ronel

Calitz, Prof George Watermeyer, Dr Hoepie Howell

en Dr Erika Oosthuysen.

Ons eer Vader vir julle liefdevolle diens

deur die jaar!

GRACE TO KEEP GOING (ACTS 15:7-11)

As believers, we readily attribute our salvation to God‟s grace, but

what does “this grace in which we stand” mean to us now (Rom. 5:2)?

How does it work out in everyday life, especially when we‟re going

through periods of trial or suffering?

The Lord‟s grace releases His supernatural power within us so we can

endure life‟s hardships with a godly attitude. In fact, we‟ll even be

able to rejoice in what He is doing in us through the adversity. Grace

builds our confidence in the sovereign Lord. Nothing looks hopeless

when we focus on Him instead of on our problems. We discover the

assurance of God‟s sustaining presence as He walks with us every step

of the way. Because we‟ve experienced His care for us, we are able to

show empathy and love to others facing hard times. During fiery

trials, grace works to transform our character so that others can

see Jesus reflected in us.

Difficulties in life are unavoidable. So we need a daily dose of God‟s

grace if we are to walk through trials with confidence that there is

great reward on the other side. If we rely on our own strength, how-

ever, obstacles will appear insurmountable, leaving us discouraged and

ready to give up. Too often believers rely on Christ for their salva-

tion but then try to go solo. If God‟s grace was needed to save us,

then logic says we would also need it for the rest of our days. Only

through a continuous infusion of His sustaining power can we live a

victorious Christian life. Amen!

WHERE IS YOUR LOVE? I speak to many

who started your spiritual journey with true love

in your heart for Me. Then, you allowed that love

to fade into religious tradition and service. I

would have you remember the love and stir your-

self up not only to love Me, but to know Me, says

the Lord. My love for you has never changed.

Romans 8:28 And we know that all things work

together for good to those who love

God, to those who are the called

according to His purpose.

Ds Anton se (verskeie) “bachelor” partytjies! Baie seën vir jou en

Bianca, Anton”. Ons bid hulle alle vreugde en vrede toe vir hul

huwelik wat plaasgevind het op 25 November 2016.

Personeel uitstappie met hul jaareindfunksie

Waar was Clifford?

Lekker wynproe

in die Hemel-

en-Aarde

Vallei

* NUUS * NUUS * NUUS *

Boere van Vosburg (in die Karoo) bring hul vleis

en gaan saam Voedselfees hou! U is welkom om

reeds vooraf bestellings in te sit.

1 kg braai tjops pakke R120.00

1 kg braai wors R75.00

1 kg maalvleis R60.00

1 kg springbok sosaties (10 in n pak) R100.00

1 kg karoo lam sosaties(10 in n pak) R130.00

1 kg springbok rugstring R100.00

Groot Wildspasteie R70.00

VIR BESTELLINGS, KONTAK ASB VIR

FRANCOIS THERON

072 433 7970 / [email protected]

WAT HET ONS NODIG? WAARMEE KAN U HELP?

Ons benodig asb die volgende produkte: (bring asb na kerkkantoor)

Beskuit (500g pakke) - ons het baie nodig asb!

Klein aartappels, Botter, Wortels, Geblikte pynappelstukke,

Cupcakes (nodig op Voedselfeesdag)

Melk (Lusanne volroom), Roomys,

Suiker, Koekmeel, Eiers, Olie (baie nodig vir pannekoeke)

Gebakte poedings: Sago, Appel, Malva en Sjokolade. Ons sal

dit waardeer as mense vir Arina Fyver kan laat weet as hul

bereid is om te bak. En dan soek ons ook bokse vla asb.

Blikkies koeldrank, vars rolletjies, beesvleis.

Kontak vir verdere aankope (merk asb duidelik “Voedselfees”)

Ons het ook mense nodig wat kan help met voorbereiding van kosse - rys gaarmaak, pannekoek bak, slaai maak.

Laastens het ons ook mense nodig wat op Voedselfeesdag kan help met verkope.

U is baie welkom om enige skenkings na die kerkkantoor te bring of kontak gerus die sameroepers van die

verskeie stalletjies om u hulp of skenkings aan te bied.

Baie dankie Onrusgemeente dat

ons op julle kan staatmaak!

Ons verwelkom graag enige borgskappe van

besighede / individue vir die aankope van produkte.

Kontak asb vir André van Vuuren

082 940 3119 / [email protected]

NAAM TEL NO E-POS SAMEROEPERS

Nadja de Jager

082 960 6950

[email protected] Oorhoofse Koördineerder

Wessie vd Westhuizen

071 107 2078

wessie@getlogged lifestyle.com

Logistiek (Tente, Tafels, Asblikke,

Parkering, Verpak-king, Sekuriteit)

André van Vuuren

082 940 3119

[email protected] Aankope / Borgskappe

Joan Ollewagen

082 710 2787

Geskenke Dienssentrum

Roeleen Wessels

082 679 2792

roeleen@cardinal flooring.co.za

Pannekoek

Deon & Lizette Kühn

082 850 2215

[email protected] [email protected]

Prego Steak Roll

Japie du Toit Hoendersosaties

Nadja de Jager

082 960 6950

[email protected]

Verskeidenheid Slaai

Tutu Jansen van Rensburg

082 872 3414

[email protected] Potjiekos Skaap & Hoender

Ria Niemann Joey Niemann

082 971 8257

082 352 7471

[email protected] Kleinkoekies & Koeksisters

Lindy Retief 076 545 7846

[email protected] Beskuit

Arina Fyfer 082 745 6779

[email protected] Poedings

Zeha Kruger 072 737 8788

[email protected] Koeldrank en Roomys

Arika Hansen 082 068 5782

[email protected]

Wyn / Bier

Danél Theron

079 493 8742

[email protected]

Simboliekspan / Dekorasies

Kersverhaal & ver-maak vir kinders

Francois The-ron

072 433 7970

[email protected] Jaffels

Rika van Romburg

082 319 4848

[email protected]

Spesialiteits koffie + gratis Cupcake

Johann Sprong

072 599 1444

[email protected] Honey-on-Tap

Kontak gerus enige van die sameroepers om u hulp of

skenkings aan te bied. Baie dankie!

TEENTRIX Verlede Vrydag was daar behoorlik gekuier by die kerk met

die Teentrix afsluiting. Baie dankie aan almal wat dit so „n

wonderlike, vreugdevolle, fantastiese aand gemaak het!

En meeste van al - baie dankie aan elke pragtige tieners wat

hierdie jaar deel was van die Teentrix. Ons sien baie uit na

volgende jaar. Lekker vakansie hou!

„n See van

tieners!

Dankie Here!

SPOELKLIPPE Almal se teenwoordigheid Vrydagaand by die

musiek-potpourri het van die geleentheid 'n

pragtige afsluiting gemaak. Baie dankie aan

almal wat gehelp het met die opruiming daarna,

selfs die predikante het ingespring! Ook aan

Freda vir die mooi tafels en Sharlotte vir die

heerlike eetgoed. Om nog 'n ekstra inkomste

vir die Dienssentrum te genereer, kan

afdrukke van die DVD bestel word @ R50 as

'n donasie. Betaal by kerkkantoor en verskaf

kontaknommer, asseblief.

DIS „N PRAGTIGE KERSGESKENK!

„n Geseënde Christusfees word u toegebid. Van: Joep, Marie en Joan

KOLWYNTJIE-TEETUIN Negester en KidBrooke se

Bybelstudiegroepe het heerlik by

die Kolwyntjie kom afsluit.

Dankie vir die lekker saamkuier!

Sien julle almal weer in

2017

Foto bo:

Ds Anton

besoek die

Teetuin

tydens sy

“bachelors”!

Pragtige tafels, heerlike eetgoed en goeie geselskap - „n wenresep!

Dank aan die Lidmate van ons AFTREE-OORDE: My skoonpa het gesê: “Die ouderdom is baie regverdig. Ons word almal ouer”. En ons kan die ouderdom vat, veral met ‘n goeie porsie humor. Onrus Manor hou ‘n baie spoggerige sjampanje-ontbyt en van Kidbrooke moet ons in die koerant lees: ‘Kidbrooke’s got Talent .. and Legs!!’. 9-Ster sorg vir humor, koffie en hulle bedien die Hawston gemeenskap.

Maar ons word steeds ouer en ons is nie een gevrywaar teen kwale soos rumatiek en dementia nie.

Die wonder is juis dat iets soos dementia die goeie in jou na vore bring.

‘n Man in sy senior jare wag in die wagkamer. Die dokter se ontvangsdame sien die pasient raak haastig. Hy kyk kort-kort op sy horlosie. Sy gaan sit by hom en vra waarom hy so haastig is?

“Ek het 9:00 ‘n afspraak” sê hy. “Is dit ‘n belangrike afspraak?” vra sy. “Ja, ek en my vrou gaan ontbyt eet.” “Maar kan die ontbyt nie oorstaan tot ‘n ander dag nie?” wil sy weet. “Nee, onder geen omstandighede nie. Sy wag vir my. Sy het Alzheimers” “Hoe lank is sy in die aftree-oor?” “Drie jaar. en vir drie jaar mis ons nie ‘n ontbyt nie.” “Ken sy jou nog ...?” “Nee.” “En jy gaan elke oggend 9:00 na haar toe vir ontbyt ....?”

Die pasient kyk die ontvangsdame in die oë. Hy glimlag. “Nee, sy ken my lank al nie meer nie, maar ek ken vir haar. Ek is met haar getroud .....”

Dit is die ander sy van Alzheimers: Jy sien die hart van wat ons liefde noem.

Dankie, julle is die mees leersame, genotvolle en waarderende wyke om te bedien. Dankie ook vir ons eie klein eredienste!

Clifford

‘n Dankwoord aan die SPOELKLIPPE:

Die Spoelklippe is nie afgetredenes nie, inteendeel. Die Spoelklippe is lidmate (én vriende van buite die gemeente), wat beide die tyd en die wil om saam ‘n diens te lewer (hoe beskeie ookal) en om blymoedig die lewe te vier.

Die Spoeklippe glo dat God ons met gawes toegerus het om te werk. Die Here gee aan ons daa-rom die opdrag om “die aarde te bewerk” en vir ons medemens te sorg. Maar God gee ook aan ons ‘n Sewende dag om te rus. Op dié dag word ons herinner dat God ook vir ons wil sorg.

Die Spoelklippe beoefen die kuns om dankbaarheid op ‘n feestelike wyse saam te vier. Want, God sorg vir ons ... tot in die ouderdom!

Dankie aan Joep, Marie, Joan en al die ander wat bedien het. Dankie aan almal wat saam geëet, gefliek, trekker die hoogtes uit gery het (bo die wolke) en goeie musiek kon waardeer het. Dit is goed om sulke vriende te hê, veral met Jesus as ons beste Vriend!

Clifford

„n Dankwoord aan ons BYBELSKOOL-studente: Daar is reeds beskuldigend gesê dat die Bybel hier binne die kerk weggeraak het. Die Bybel is daarbenewens ook ‘n omstrede boek. (Ten spyte van die een Bybel het ons vandag nie minder as 80 belydenisskrifte nie, en wie weet hoeveel kerke wat van mekaar afgestig het op grond van Bybeltekste ...?) Daar is ander wat oor Jesus verskil – die een sê Hy was goed en die ander sê Hy mislei die mense. En ander wil weer nie openlik oor Hom praat nie.

Die Bybelskool wou die afgelope jaar maar net weer die Bybels oopmaak, want Martin Luther het ons geleer: ‘Christus is die Meester; die Bybel is net die dienskneg’. U moes hoor: Dit is die Heilige Gees wat jou aanspreek, nie die Bybel nie. Ons glo in God Drie-enig, (nie in die Bybel nie). God se stem is wel in die Bybel te hore! (En God se stem praat van die liefde van God en die genade van die Here Jesus.)

Ons dank aan Johan van Schalkwyk en Kobus Kellerman wat Gees-verhelderende modules aangebied het. Julle het my wonderlike bygestaan! Clifford

Kersboodskap van dr Wilhelm Burger

Kerstyd is 'n tyd van saamwees. Families soek mekaar op.

Vriende kuier om 'n tafel en gemoedelikheid is in die lug.

Dit is in die tyd wat ek wonder oor die familie van God in Onrus-

rivier. Ons is by die 2300 lidmate! Talle leef intens mee en beleef

die liefde en vriendskap van die geloofsfamilie. Wat 'n voorreg en

vreugde!

Ek is egter bekommerd oor die lidmate wat op 'n afstand staan en

die vrolike saamwees dophou. Voel hulle uitgesluit? Is daar

eensaamheid te midde van die skare? Wat gaan hulle help om nader

te beweeg en deel te neem? Hoe moeilik of hoe maklik is dit vir

mense om opgeneem te word in die familie van Christus? Iemand het

al gesê die eensaamste plek is in die middel van 'n skare mense!

Ek is hartseer oor lidmate wat hierdie Kersfees eensaam of

uitgesluit gaan voel. Ek wonder oor mense wat 'n behoefte het aan

liefde en aanvaarding, wat 'n oor soek om te luister en wie se lewe

kan verander as hulle die troos van Jesus se liefde ontvang.

Mag ons meer opmerksaam lewe in die feestyd. Mag ons bedagsaam

lewe en 'n verskil maak aan een persoon se lewe. Dit is nie maklik

nie, want talle mense het seker destyds ook onbewus verby die stal

gestap waarin die Messias gelê het. Ons kan net saam bid: Waar

daar deernis is en liefde, daar is die Heer....

Vrede vir julle! Wilhelm

„n Dankwoord aan ons KERKRAAD: Binne die gemeente is daar ‘n verskeidenheid van groeperinge. Hier is lidmate wat van mekaar onderskei word deur hul vriendekringe, werkkringe, politieke oortuigings, ingewortelde tradisies en hul verstaan van die Bybel. In dit ten spyt, het die Kerkraad juis gewaak om ons lidmate nie in hokkies en vakkies te groepeer nie – tradisionele denkers, energieke doeners, geroetineerdes, getuigende evangeliste, charismatiese lofdansers, en selfs dié met ander sek-suele oortuigings. Immers, ons leef in gemeenskap met mekaar en met die Here. Ons is ‘n heilige gemeenskap en ons straal die liefde van die Here uit. En dít erken die Kerkraad.

Dít móét ons ook van die Kerkraad sê: Hulle sien die gemeente (met haar verskeidenheid) as ‘n toonvenster van die nuwe hem-el, as ‘n stukkie hemel op aarde. Die Kerkraad sien die groot menigte wat niemand kon tel nie – uit elke nasie, stam, volk en taal, voor die troon van God (Opb. 7v9). Daarom is die deure oop vir almal wat Jesus as Heer bely. Clifford

„n Dankwoord aan die DIENSSENTRUM: Ons beleef moeilike tye. Ons beleef werkloosheid, regstellende aksie, ar-moede, kapings, verkragting en selfs nog rassisme. Mense word weerloos. Dit was juis onder die wolke van ‘n Tweede Wêreldoorlog dat Dietrich Bonhoeffer gepraat het van die sogenaamde ‘religious instinct’. Daarmee bedoel hy dat die mens in nood soos ‘n hond is wat snuffel. Hy snuffel en hy vind ‘n kerk “where grace is to be obtained”.

Só ‘n plek is ons Dienssentrum.

‘n Woord van opregte dank en waardering aan Erika, Joan, Hannie en almal wat so onbaatsugtig dien, ook Joep en Marie en span by die Kolwyntjie Teetuin, wat ons help om die week rondom ‘n tafel te mag afsluit. Die tafels is nie nagmaalstafels nie, maar na genoeg - die Here is daar en die genade word bedien! Clifford

Boodskap vir Onrusgemeente van

ds Michiel de Kock

Ons kyk terug oor 2016 en dan dank ons ons Heer vir

Sy oorvloed genade en seën. Ons dank Hom dat Hy te

midde van pyn en hartseer wat sommige van ons moes

beleef, ons nooit gelos het nie maar Sy arms baie styf

om ons kom toevou het.

Ons kyk vorentoe na Kersfees en besef dat GOD deur

Jesus Sy Seun in hierdie wêreld ingekom het en ons

kom aanraak het. Ja, dat Hy ons kom vry en nuut

maak het en ons Sy Gees gegee het en die roeping om

aan almal die blye Evangelie te bring. Vir elke mens

deur die oë van God raak te sien en met jou kyk te sê:

”Jy is mens soos ek, God Het jou lief”.

Mag ons saam met alle kinders van God in 2017 hande

vat en met een stem laat Hoor: “Jesus Christus leef!

Hy is die Here van Suid–Afrika en die ganse wêreld!”

Mag enige vrees en vooroordeel wat daar mag wees,

vervang word met die Liefde van Jesus, die Jesus

aan wie alle mag behoort en wat ons belowe het Hy is

by ons al die dae tot die voleinding van die wêreld!

Juis wanneer ons besig is om Hom in ons mooi land na

te volg. God seën en omarm u saam met u familie.

Michiel en Dawn

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

wees

Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand (‘n besigheid in ons

dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te

doen). Ons eer God vir julle gehoorsaam-heid en liefde en bid Vader se seën oor jul

besigheid en gesinne.

KERSPARTYTJIE VIR VGK ZWEHLILE

SONDAGSKOOLKINDERS Ons was verlede jaar so geseënd met bydraes vir ons kerspar-

tytjie, dat ons weereens die vrymoedigheid het om gemeen-

telede te vra om ons hierdie jaar te help. Ongeveer 50 laer-

skoolkinders woon die geselligheid by en ons gee graag vir

elkeen 'n klein geskenkpakkie, koek, koeldrank en as ons het, lekkers. Kontant-

bydraes help om aankope te doen maar enigiets anders is ook welkom. Dames van

Onrus Manor het vir ons pragtige gebreide Teddy Bere geskenk en ons het ook

heelwat partytjie hoede van iemand ontvang. Skenkings kan by die kerkkantoor

ingehandig word - verkieslik nie later as einde November nie. Vir verdere navrae

skakel Ellen Ellis 028 316 2101 of Andriesa van Rooyen 028 316 3641 of

Hettie Roux 028 316 2342. Baie dankie!

Groot dank en waardering vir ons Kalenderborg vir Desember

wat die druk van die kalender van 2016 moontlik gemaak het.

Ons bid Vader se seën vir jul gesinne en besigheid.

SOPKOKERS GESOEK VIR 2017

Ons nooi julle graag om deel word van die

spanne wat op Dinsdagoggende by die kerk

sop kook. Ons het asb nog hande nodig vir

hierdie liefdeswerk. (Persone wat kook by

die huis ook welkom). Kontak asb vir Siska

028 316 2109 / [email protected]

DIE ECD SÊ BAIE, BAIE DANKIE

Ons harte loop oor van dankbaar-

heid teenoor almal wat ons projek

so geseen het met speelgoed,

klere, en hulp en gebede uit alle

oorde. 'n Spesiale dankie aan die

manne wat hulp aangebied het met

bouprojekte. Ons is so dankbaar

dat die gemeente so vinnig deel

geword het van die ECD projek wat

probeer om kinders se lewens te

verryk. Mag u ook in 2017 die pad

saam met ons loop. Ons bid ons

Hemelse Vader se seën oor u almal,

ook spesiaal in die kerstyd wat

voorlê saam met u familie en

vriende. Baie dankie, Marlien

0833217760 Maret 0833166525

VERKIES TOT DIE

KERKRAAD

Ben Marais Ouderling by die

Sendingbediening

Elsa Marais Diaken

Ons bid jul wysheid, insig, ondeskeidingsvermoeë en baie liefde toe vir jul diens in die Gemeente. Welkom!

Onrus * Vermont * Sandbaai * Hemel-en-Aarde * Negester * 028 316 3393 / 083 284 0027 / [email protected]