L.I.T. Ministries Certification Course - Leaders In Training

108
L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING “Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

Transcript of L.I.T. Ministries Certification Course - Leaders In Training

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING “Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING “Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

Aanhaling van Skrifgedeeltes is geneem uit Die Evangelie 1975 en Die Nuwe

Testament en die Psalms 1979. Kopiereg deur Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

1975, 1979, 1983. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Sewe Stappe Om Die Volgende Generasie te Bemagtig

Direkteur Handboek 2018

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

L.I.T. Ministries

412 Mercedes Street, Suite F

Benbrook, TX 76126

www.leadersintraining.com

Geskryf deur Clint May

Versorg deur Amy McMullin

Illustrasies deur Katherine Holmes

Vertaal deur Lucille du Plessis en Every Nation Paarl

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING “Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.O. Bediening Missie en Visie ...................................................................................... 1 Twaalf Bybelse Beginsels vir Kinder- en Pre-Tiener Bediening ...................................... 2 Erken die Betekenis van Kinders in die Kerk Vandag ................................................... 10 Die Dissipelskap en Toerusting Wiel Proses ................................................................. 15

1. God en Kerk ....................................................................................................... 16

• Uitlê van die Visie .......................................................................................... 18

• Oplei van Leierskap ...................................................................................... 20 2. Familie ................................................................................................................ 21

• Waar is Meeste Ouers Vandag? ................................................................... 22

• Hoe om Ouers Behoorlik op te Lei om hulle Kinders te Dissipel .................. 23 3. Dissipelskap en Toerus ...................................................................................... 25

• Lei Kinders na Geestelike Diepte met God ................................................... 27

• Onderrig in Geestelike Dissiplines ................................................................ 30

• Die Kruis........................................................................................................ 32 ➢ Jesus is Heer (Heerskappy) ..................................................................... 34 ➢ Lees die Bybel (God se Woord) ............................................................... 35 ➢ Praat met God (Gebed en Persoonlike Aanbidding) ................................ 36

o Gebed en Aanbidding: God Ontmoetings ........................................... 38 o Oplei van Soldate vir die Koning: Gebedsjoernaal ............................. 39 o Steek ‘n Kind se Gebedslewe aan die Brand: “Reis van Gebed” ....... 40

➢ Vertel Ander ............................................................................................. 41 o Die Heilige Gees Bemagtig Kinders om te Deel ................................. 43 o Leer Kinders Hoe om die Woord te Deel ............................................ 44 o Voorbereiding van Kinders om die Woord te Verkonding/Berading .... 45 o ABC Beradingskaart ........................................................................... 47

➢ Gawes en die Bediening .......................................................................... 48 o Help Kinders hul Geestelike Gawes Vind en Gebruik......................... 50

➢ Lewe van Gehoorsaamheid ..................................................................... 54 4. Bediening Opleiding/Betrokkenheid .................................................................... 55 5. Sending: Handelinge 1:8 .................................................................................... 57 6. Dissipel Ander .................................................................................................... 59 7. Ontdek hul Doel .................................................................................................. 60

• Ontwikkel Dienaar-Leiers van Onder af Op ................................................... 61

• Gee God-Grootte Uitdagings ......................................................................... 62 Vyftien Landmyne om te Vermy .................................................................................... 64 Beplan vir Sukses: Ontwikkel jou Tydlyn ....................................................................... 65 Beplan vir Sukses: Jaar Een ......................................................................................... 66 N.K./L.I.O. Volwasse en/of Tiener Leierskap Posbeskrywings ...................................... 71 Aanhangsels ................................................................................................................. 73

A. Geestelike Gawes .............................................................................................. 73

Inhoudsopgawe

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING “Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

B. ‘n Reis van Gebed—Leier Gids .......................................................................... 78 C. ‘n Kersfees Kerslig Drama .................................................................................. 82 D. Beplan jou Naweek Wegbreek ........................................................................... 86 E. Beplan ‘n Vakansie en Lente Uitreik Geleentheid ............................................... 88 F. ‘n Normale N.K./L.I.O. Aand ............................................................................... 89 G. Begin Beplanning Bladsy .................................................................................... 92 H. Drie Jaar Plan om die N.K. en L.I.T. Bedieninge in jou Kerk te Implementeer ... 96 I. Voorbeeld Leierskap Opleidingskedule .............................................................. 97 J. Bediening Opleiding Handboek .......................................................................... 99 K. Voorbeeld: L.I.O. Oordenkings ......................................................................... 104

1

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Missie: Ons Missie is die bemagtiging van die volgende generasie.

Doel: Ons doel is om die uniekheid van elke kind te erken, hulle te bereik met die

Evangelie van Jesus Christus, te dissipel, toe te rus, en dan toe te laat tot die bediening

in die kerk en die wêreld.

Definisie van Kind: Geboorte tot 18-jarige ouderdom.

Ons Waardeer Kinders: Ons glo dat kinders die toekoms is, maar dat hulle ook

vandag die kerk is. Wanneer ‘n kind Christus aanvaar, word hulle geseël met die Heilige

Gees en word hulle geseën met die Gees vir werke van die Evangelie. Ons is geroep

om kinders toe te rus en te dissipel sodat hulle hul doel in die kerk en die wêreld kan

vervul.

Ons Waardeer die Kerk. Ons erken die kerk se doel om dissipels te maak en om

gelowiges toe te rus vir die werke van die Evangelie. Ons is daartoe gebonde om

opleiding en hulpbronne te voorsien om sodoende die volgende generasie in die kerk te

dissipel en toe te rus. Dit met behulp van opleidingsgeleenthede, regstreekse webinars,

en aanlyn opleidingsvideos.

Ons Waardeer Families. Ons aanvaar dat ouers verantwoordelik is om hulle kinders

die waarhede van God se Woord te leer. Ons is gebonde daaraan om hulpbronne te

voorsien om ouers te help om sodoende hulle kinders effektief te dissipel.

Ons Waardeer Sending. Ons is gebonde daaraan om sendings te reël wat die kerk

kan verenig met die gemeenskaplike visie om kinders en studente uit te stuur op

sendings vir Christus. Deur jaarlikse sendings te finansier, bemagtig ons die volgende

generasie om die Evangelie te verkondig en om nuwe dissipelskap geleenthede te

skep.

L.I.O. Bediening Missie en Visie

2

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

1. DIE HOOF BEGINSEL: Christus is die Hoof van die kerk, en dit is Sy visie waartoe

jy geroep word om te vervul.1

• “Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel

as Hoof van die kerk. Die kerk is Sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in

almal vervul.” (Efesiërs 1:22-23)

• “Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is

die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in

die heelal inneem.” (Kolossense 1:18)

• “Hy het ‘n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: ‘Dit

verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle

beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos

hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel.’” (Matteus

18:2-4)

• “In dié tyd het die volgelinge van Johannes na Jesus toe gekom en gevra:

‘Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar U dissipels vas glad nie?’”

(Matteus 9:14)

• “Toe het Hy vir almal gesê: ‘As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself

verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil

behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit

behou.’” (Lukas 9:23-24)

Die Hoof Beginsel is die erkenning van die Heerskappy van God oor alles wat

bestaan en Sy roeping tot alle gelowiges om hul eie lewens neer te lê as 'n lewende

offergawe vir Hom. Dit is die ontkenning van die self en die opneming van die

bediening en missie van God. Dit is die doelwit van alle dissipelskap.

1 Aangepas uit Dynamic Church Planting International (DCPI) 01CPESH © DCPI 2014, 11.

Twaalf Bybelse Beginsels

vir Kinder- en Pre-Tiener Bediening

Oppergesag van ChristusToerusDissipelskap

3

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

2. DIE KRAG BEGINSEL: Gebed is die optimale bron van krag, wysheid en visie vir

jou bediening omgewing.2

• “Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons

barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word."

(Hebreërs 4:16)

• “Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is

wat God in Christus Jesus van julle verwag.” (1 Tessalonisense 5:16-18)

• “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal

my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in

die uithoeke van die wêreld.” (Handelinge 1:8)

• “Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is

almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die Woord van God

verkondig.” (Handelinge 4:31)

• “Ek het iemand tussen hulle gesoek wat 'n muur sou bou en vir die stad in die

bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie.”

(Esegiël 22:30)

• “Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met

menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens

nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee

vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van

God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus

gehoorsaam te maak. Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te

reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is.” (2 Korintiërs 10:3-6)

Deur gebed verkry ons kennis, visie en 'n duidelike plan vir ons bediening. Deur

gebed verkry ons die krag om Sy wense te vervul.

3. DIE NEHEMIA BEGINSEL: Die visie wat God jou gee moet jou lei na gebed en ‘n

effektiewe plan van aksie vir jou bediening. ‘n Tydlyn behoort uitgelê te word om ‘n

strategiese plan te ontwikkel om kinders in bediening betrokke te maak.3

• “By die aanhoor van dié woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur.

Ek het gevas en tot die God van die hemel gebid.” (Nehemia 1:4)

2 DCPI, 3. 3 Ibid., 4.

4

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

• “Toe sê Josef vir die farao: ‘U het maar net een droom gehad. Wat God wil doen,

het Hy aan u meegedeel.’” (Genesis 41:25)

• “Dit alles, die hele uitvoering van die werk, het Dawid deur 'n openbaring van

God te wete gekom en hy het dit op skrif gestel.” (1 Kronieke 28:19)

• “Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.” (Spreuke

16:3)

• “’n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.” (Spreuke 16:9)

• “Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om

te sien of hy genoeg geld het om die werke te voltooi nie?” (Lukas 14:28)

Wanneer ons God soek vir duidelike antwoorde, sal Hy vir ons duidelike rigting gee

en die stappe aanwys wat ons sal nodig hê om te implimenteer wat Hy aan ons

openbaar.

4. DIE BARNABAS BEGINSEL: Elke pastoor het ‘n mentor in sy/haar lewe nodig.4

• “Josef, ‘n Leviet wat in Siprus gebore is en wat deur die apostels Barnabas

genoem is - dit beteken ‘iemand wat mense moed inpraat.’” (Handelinge 4:36)

• “en Barnabas is na Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. Toe hy hom kry, het

hy hom na Antiogië toe gebring, en hulle twee het 'n hele jaar lank saam in die

gemeente gewerk en baie mense onderrig. In Antiogië is die gelowiges die

eerste keer Christene genoem.” (Handelinge 11:25-26)

• “Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg.” (1 Korintiers 11:1)

“‘n Mentor is iemand wie reeds ondervinding het in dit wat jy wil aanpak.”5

5. DIE PAULUS BEGINSEL: Elke jong gelowige het iemand in hul lewe nodig om hul

te dissipel en toe te rus vir die bediening.

• “Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli.” (1 Samuel 3:1a)

• “Maar hy sê vir Samuel: ‘Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk

nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die

4 DCPI, 5. 5 Ibid., 4.

5

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.’” (1

Samuel 16:7)

• “Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg.” (1 Korintiërs 11:1)

• “Om hierdie rede het ek Timoteus, my geliefde en getroue seun in die Here, na

julle toe gestuur. Hy sal julle herinner aan my lewe en leer in Christus Jesus,

waarin ek ook oral in elke gemeente onderrig gee.” (1 Korintiërs 4:17)

• “want Jesus Christus, die Seun van God, wat ons, dit is ek en Silvanus en

Timoteus, aan julle verkondig het, is nie ‘ja’ en ‘nee’ tegelyk nie. Hy is die ‘ja’ van

God” (2 Korintiërs 1:19)

• “Aan Timoteus, my eie kind in die geloof: Genade, barmhartigheid en vrede van

God die Vader en Christus Jesus ons Here!” (1 Timoteus 1:2)

• “Ek dank God, wat ek net soos my voorouers met 'n skoon gewete dien, wanneer

ek onophoudelik dag en nag in my gebede aan jou dink.” (2 Timoteus 1:3)

6. DIE TIMOTEUS BEGINSEL: Elke gelowige kind het waarde, ‘n roeping, en ‘n doel

in die liggaam van Christus, vandag en vir die toekoms.

• “Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die Woord van die

Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie.”

(1 Samuel 3:1)

• “Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: ‘Samuel,

Samuel!’ En Samuel sê: ‘Praat, Here, U dienaar luister!’ Die Here sê toe vir

Samuel: ‘Ek gaan ‘n ding in Israel doen wat elkeen wat daarvan hoor, se twee

ore sal laat tuit.’” (1 Samuel 3:10-11)

• “Maar hy sê vir Samuel: ‘Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk

nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die

mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.’” (1

Samuel 16:7)

• “Josia was agt toe hy koning geword het en het een en dertig jaar in Jerusalem

regeer. Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Hy het die pad van sy

voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk nie.” (2 Kronieke

34:1-2)

6

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

• “Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin

geword het!” (Ester 4:14b)

• “‘Ag, Here my God,’ het ek geantwoord, ‘ek kan nie goed praat nie, ek is nog te

jonk.’ Toe sê die Here vir my: ‘Jy moenie sê: Ek is te jonk nie. Jy moet gaan na

wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê.

Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red.’ Dit is wat die

Here gesê het.” (Jeremia 1:6-8)

• “Toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle weer soos gebruiklik daarheen gegaan vir

die fees.” (Lukas 2:42)

• “Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die

gelowiges ‘n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid.”

(1 Timothy 4:12)

7. DIE FAMILIE BEGINSEL: Ouers is deur die Skepper geroep om hulle kinders te

leer en hulle geloof oor te dra aan hulle kinders.

• “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet

dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy

op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy moet dit as herinnerings-teken

vasbind aan jou hande, en dit moet ‘n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou

deurkosyne en op jou stadspoorte.” (Deuteronomium 6:6-9)

• “Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy

op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” (Deuternomium 11:19)

• “En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar

maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.” (Efesiërs 6:4)

• “Net hulle wat nog lewe, kan U loof, so doen ek dit vandag. Vaders sal hulle

kinders van U trou vertel.” (Jesaja 38:19)

• “sal ons vir ons kinders nie verswyg nie. Ons sal aan die volgende geslag vertel

van die roemryke dade van die Here en van Sy mag, van die wonderdade wat Hy

gedoen het.” (Psalms 78:4)

7

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

• “Behandel jou seun streng, dan is daar hoop, maar moet jou nie te buite gaan en

hom doodmaak nie.” (Spreuke 19:18)

• “Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet

van God vereis. ‘Eer jou vader en jou moeder’ is ‘n baie belangrike gebod. En

daar is nog ‘n belofte by: ‘sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe

op die aarde.’” (Efesiers 6:1-3)

8. DIE LEIERSKAP BEGINSEL: Die pastoor het ‘n roeping om die gelowiges,

insluitend kinders, toe te rus om die liggaam van Christus op te bou.6

• “En dit is die gawes wat Hy gegee het: apostels, profete, evangeliste, herders en

leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir

die opbou van die liggaam van Christus.” (Efesiërs 4:11-12)

• “Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan

betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer.” (2

Timoteus 2:2)

• “Alles moet egter gepas en ordelik geskied.” (1 Korintiers14:40)

• “Maar by julle moet dit nie so wees nie. Inteendeel, die belangrikste onder julle

moet soos die geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien.”

(Lukas 22:26)

• “Pas julle self op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel

het. Soos wagters ‘n kudde versorg, so moet julle die gemeente van God versorg

wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van Sy eie Seun.” (Handelinge 20:28)

• “Dink aan julle voorgangers wat die Woord van God aan julle verkondig het. Let

op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat

hulle gestel het.” (Hebreers 13:7)

9. DIE SENDING BEGINSEL: Die roeping van die Liggaam van Christus is die Groot

Opdrag. Ons is geroep om die verlorenes te bereik en te dissipel en toe te rus sodat

hulle dieselfde doen.7

6 DCPI, 6. 7 Ibid., 6.

8

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

• “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense My dissipels: doop hulle in

die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles

te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die

voleinding van die wêreld.” (Matteus 28:19-20)

• “Hy het vir hulle gesê: ‘Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie

aan die hele mensdom.’” (Markus 16:15)

• “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal

my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in

die uithoeke van die wêreld.” (Handelinge 1:8)

• “Maar hoe kan ‘n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in

Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder

iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar

staan ook geskrywe: ‘Hoe wonderlik klink die voetstappe van die wat die goeie

boodskap bring.’” (Romeine 10:14-15)

10. DIE MAGNEET BEGINSEL: Wanneer kinders gedissipel, toegerus en opgeneem

word in die bediening, verheerlik hulle Christus in die kerk, en die wêreld neem

notisie.8

• “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit

weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die

mense vertrap dit. Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie

weggesteek word nie; ook steek mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer

nie, maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so

voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in

die hemel is, verheerlik.” (Matteus 5:13-16)

• “Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir

God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade

moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare

lig.” (1 Petrus 2:9)

11. DIE DISSIPLINE BEGINSEL: Geestelike dissiplines help die gelowige in Christus

om goddelike gedrag te ontwikkel en ‘n persoonlike verhouding met Christus.

• “Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in

toewyding aan God te lewe. Om jou liggaam te oefen, het wel ‘n bietjie waarde,

8 Ibid., 7.

9

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit

bevat ‘n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.” (1 Timoteus 4:7-8)

• “Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die

stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.” (1 Korintiërs 9:27)

12. DIE ESEGIËL BEGINSEL: Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na

geestelike diepte met Hom te lei. Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem

om Hom te vind.

• “Die man met die meetstok het my teruggebring na die ingang van die tempel

toe. Toe sien ek daar kom water onder die tempel se drumpel uit aan die

oostekant. Die tempel het oos gekyk. Die water het regs van die tempel

weggeloop, suid van die altaar verby. Die man vat my toe by die noordpoort uit

en om na die buitenste oospoort toe. Daar syfer die water toe regs langs die

poort uit. Die man het oos gestap en met die maatlyn wat hy by hom gehad het

vyf honderd meter afgemeet van die oospoort af. Toe laat hy my deur die water

loop. Dit was enkeldiep. Hy het nog vyf honderd meter afgemeet en my deur die

water laat loop. Dit was kniediep. Hy het nog vyf honderd meter afgemeet en my

deur die water laat loop. Dit het tot by my heupe gekom. Toe meet hy nog vyf

honderd meter, maar toe was die water ‘n stroom waar ek nie kon deur nie. Die

water was diep, sodat ‘n mens sou moes swem; dit was 'n stroom waar mens nie

kon deurloop nie. Die man sê toe vir my: ‘Sien jy dit, mens?’ Hy laat my toe al

langs die stroom terugstap.” (Esegiël 47:1-6)

• “Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het jesus daar gestaan en

uitgeroep: ‘As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat

in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste

vloei.’” (Johannes 7:37-38)

• “Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder

soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. Tussen die

hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan

die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy

sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.” (Openbaring

22:1-2)

10

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

DIE TIMOTEUS BEGINSEL:

Elke gelowige kind het waarde, ‘n roeping, en ‘n doel in die liggaam van Christus,

vandag en vir die toekoms.

Kom verby die Bedieningsboks!

Die Bedieningsboks is die idee dat ons ‘n kind in ‘n klaskamer kan plaas en laat stil sit

en luister jaar na jaar. Ons glo dat hulle ten volle toegewyde volgelinge van God sal

word indien hulle op hierdie manier in die kerk grootword.

Definisie van Kinderbediening

Om die uniekheid van elke kind te erken, hulle te bereik deur die Evangelie van Jesus

Christus, hulle dissipel, toerus en toelaat in die bediening waar hulle hul gawes in die

kerk en die wêreld kan gebruik.

God se Geestelike Doel vir Elke Gelowige Kind

“Een ding wat ons moet verstaan soos ons vorentoe gaan, dat God ‘n begeerte het

dat ons die volle geloof aan ons kinders sal bied en nie net die dele wat ons glo hulle

kan verwerk nie. Dit beteken dat ons kinders, soos ons, nou ‘n roeping het om te

bedien!” —Adam Stadtmiller9

9 Adam Stadtmiller. Discover Your Kid’s Spiritual Gifts: A Journey Into Your Child’s Unique Identity in

Christ (Ventura: Regal, 2012), 18.

Erken die Betekenis van Kinders in die Kerk Vandag

11

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

A. Verlossing

• Verlossing gebeur vir elke gelowige, insluitend sy/haar kinders, op die punt

van die verklaring van sonde (Johannes 16:9) wat lei tot ware berou

(Romeine 2:4) en die draai na God in hul harte en lewens.

• Paulus vertel ons, “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou

hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die

hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons

word gered.” (Romeine 10:9-10)

• Deur hulle persoonlike geloof in die dood, begrawe en opstanding van God,

glo hulle ook in die verlossing wat in Jesus Christus ons God is. (1 Korintiërs

15:3-4).

• Om ‘n beter begrip te hê van die oes, word daar geglo dat 70% van die wat

God internasionaal vertrou, tussen die ouderdomme van 4 en 14 is. Hierdie

groep is bekend as die 4/14 Venster.10

B. Geseël deur die Heilige Gees

• Op die punt van verlossing, word die gelowige kind geseël deur die belofte

van die Heilige Gees.

• “In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die

eiendom van God geseël. Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook

verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom

behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons Sy grootheid prys.”

(Ephesians 1:13-14)

• Kinders ontvang DIE HEILIGE GEES…nie ‘n “baba” Heilige Gees nie.

10 www.4to14window.com

12

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

C. Geestelike Gawes word deur die Heilige Gees Gegee

• Op die punt van verlossing, gee die Heilige Gees aan elke gelowige kind

gawes.

• “Wat die gawes van die Gees betref, broers, wil ek hê dat julle ingelig moet

wees. Daarom wil ek hê julle moet weet dat iemand wat sê: ‘Vervloek is

Jesus’, nie deur die Gees van God praat nie. Daar is ‘n verskeidenheid van

genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is ‘n

verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag

gee.” (1 Korintiërs 12:1, 3-5)

• ‘n Kind se erkenning van God en Sy Leierskap in hulle lewens is bewys van

die teenwoordigheid van die Heilige Gees wat werk in en deur hulle. “En

niemand kan sê: 'Jesus is die Here' nie, behalwe deur die Heilige Gees.”

(v. 3b)

• En nou dat ons dit weet, erken ons dat die Gees kinders gawes gegee het vir

vandag se bediening. Hierdie is nie gawes vir die toekoms nie, maar gawes

wat waarde het en wat ontwikkel moet word.

D. Die Kerk is Geroep om Kinders Toe te Rus vir Bediening

• Paulus het in Efesiërs aan die leiers van die kerk geskryf—“Van Paulus, ‘n

apostel van Jesus Christus deur die wil van God. Aan almal in Efese wat aan

God behoort en in Christus glo.” (Efesiërs 1:1)—Om die belangrikheid van

hulle rol in die toerus van gelowiges in die kerk, vir die werke van bediening,

te verduidelik.

• Die gelowiges, insluitend die kinders, is deur God gekies: “So het Hy, nog

voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en

onberispelik voor Hom te wees.” (Efesiërs 1:4)

• Paulus verduidelik ook verder dat die rol van die leiers in die kerk is vir die

toerus van die gelowiges vir werke in die bediening om sodoende die liggaam

van God op te bou. (Efesiërs 4:11-12)

13

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

• Die fout wat die kerk vandag maak, is om nie die uniekheid van elke gelowige

kind in die liggaam van God en die belangrike rol wat hulle het in die kerk, te

erken nie.

• Kinders is nie net die toekoms van die kerk nie; hulle is die kerk van vandag

danksy die teenwoordigheid van die Heilige Gees in hul lewens.

E. Kinders is Geroep om Dissipelmakers te Wees

• Die Groot Opdrag is duidelik aan alle gelowiges om dissipels te maak van alle

nasies. (Matteus 28:19-20) Dit sluit kinders in!

• Kinders is die mees effektiewe agente om kinders tussen die ouderdome van

4 en 14 te bereik.11

• Ongeveer 70% van die wat God aanvaar het in hulle lewens sê dat hulle deur

ander van hulle portuur beïnvloed is.12

• “Deur te fokus op die 4/14 Venster sal dit strategiese groei van die kerk en die

ontwikkeling van kinders en jeug teweeg bring.”13

• Deur te weet dat kinders effektief daarin is om ander kinders te bereik, moet

hulle toegelaat word om deel te wees van die dissipelskap proses deur te

werk om jonger kinders in die kerk en gemeenskap te bereik en te dissipel.

Wat Is Ons Roeping?

1. Weet wat die geestelike toestand is van elkeen in jou groep. Jy kan nie iemand

dissipel wie nie ‘n dissipel is nie.

“‘n Individuele Christen kan deur die Heilige Gees gebruik word om ‘n persoon na

Jesus Christus sy Redder te lei, maar dit sal die kerk wees—die gemeenskap en

familie van God—wat 'n volwasse dissipel maak.”14

11 Dan Brewster, Child, Church and Mission, Revised Edition (Compassion International, 2011),171.

http://www.europeanea.org/wp-content/uploads/2013/09/dan_brewster_childchurchmission_revised-en-web.pdf

12 Ibid., 171. 13 Ibid., 171. 14 No Plan B by Compassion International, www.smashwords.com/extreader/read/531026/1/no-plan-b

(page 9).

14

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

2. Dissipel hulle om ten volle toegewyde gelowiges van God te wees. (Matteus

28:19-20)

“Die doelwit van die dissipelmaak proses is nie om net kennis bymekaar te maak

oor al die lesse van Jesus nie. Die beplande resultaat van dissipelskap is eerder

die bewys, deur gedagtes en aksies, van die leierskap van God. Dus is die

doelwit van die Groot Opdrag, en daarom ook die dissipelmaak proses, om die

Heerskappy van God te wys in elke individu se lewe en die refleksie daarvan in

die gemeenskap.”15

3. Gelowiges (kinders) moet toegerus word vir die werke van bediening.

15 No Plan B, 7.

15

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Die Dissipelskap en Toerusting Wiel proses gee ons ‘n visuele prentjie van al die

positiewe stappe wat ons kan neem om kinders te lei om geestelik te groei en om hulle

toe te rus vir bediening in die liggaam van God.

Die Dissipelskap en Toerusting Wiel Proses “Maak Dissipels wat Dissipels Maak”

16

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

DIE HOOF BEGINSEL:

Christus is die Hoof van die kerk, en dit is Sy visie waartoe jy geroep word om te vervul.

DIE KRAG BEGINSEL:

Gebed is die optimale bron van krag, wysheid en visie vir jou bediening omgewing.

Soek God vir ‘n helder Visie vir jou Bediening

1. God is Heer en Hoof van Sy kerk. Sy wil is die fokuspunt van alles wat ons doen.

2. Hy is die fokuspunt waar alle bedieninge begin en eindig.

3. Hy moet die middelpunt van jou beplanning en die deurvoering van jou bediening

wees.

4. Voor jy begin om kinders te dissipel en uit te stuur, is dit belangrik dat jy tyd moet

maak om weg te breek en God te soek vir ‘n duidlike visie en aanwysings vir jou

bediening, asook hoe jy kinders gaan betrokke kry in jou kerk en op sendings.

Ontwikkel jou Gebedspan

1. Jy moet God soek vir Sy krag en teenwoordigheid in jou lewe. Jy kan nie iets vir

iemand leer wat jy nie self uitleef nie.

2. Ontwikkel ‘n lys van mense wat op jou gebedspan moet wees.

3. Vra jou gebedspan om te bid tydens elke stap wat jy neem om aan die gang te

kom en regdeur jou bediening.

1. God en Kerk

17

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

4. Stuur gereelde kommunikasie aangaande dit wat jy nodig het vir jou bediening

sodat jou span vir jou, en saam met jou kan bid.

5. Vra jou span om deur elke stap van die proses vir jou te bid.

6. Stuur maandelikse gebedsversoeke uit met spesifieke behoeftes gelys (bv

leierskapaansluitings, ouer oriëntering, families wat sukkel, kinders wat sukkel,

ens).

7. Laat jou gebedspan intree vir die kinders en families betrokke in jou bediening.

Jy het hulle nodig om die gaping vir families te vul (Esegiel 22:30).

18

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

DIE LEIERSKAP BEGINSEL:

Die pastoor het ‘n roeping om die gelowiges, insluitend kinders, toe te rus om die

liggaam van Christus op te bou. (Sien Drie Jaar Implementeringsplan, Aanhangsel H)

Die visie van N.K. (Nehemia Kinders—graad 1 tot 4), L.I.O. (Leiers In Opleiding—graad

5 en 6), en CSALT (Christus se Dienaars en Leierskap Opleiding—graad 7 tot 12) is

baie anders as wat huidiglik in kerke gedoen word. Jy moet die stappe volg om die

leierskap van jou kerk, sowel as die ouers, op elke vlak in te lig en te onderrig sodat

daar sukses kan wees in jou kinderbediening. Dit sal help om vlakke van beskerming te

verskaf in die vorentoe beweeg en implementering van jou bediening.

1. Maak seker jou visie is in ooreenstemming met die van die pastoor van jou kerk.

Jy het die ondersteuning nodig om voort te gaan.

2. Deel jou visie met ander personeellede. Dit is belangrik om seker te maak dat

hulle saamstem met die proses voor jy begin.

3. Ontmoet met jou leierskap span en deel die visie van N.K., L.I.O., en CSALT met

hulle.

4. Ontmoet met ouers en wys vir hulle die videos van ouers se getuienisse. (Vind

dit op ons webtuiste by www.leadersintraining.com. Maak kopieë van die

materiaal en versprei dit onder die ouers sodat hulle daardeur kan lees.)

Visie

1. Pastoor

2. Personeel

3. Leierskap

4. Kerk Familie

5. Ouers

Uitlê van die Visie

19

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

5. Deel jou visie met jou kerk.

6. Wanneer die pastoor, personeel, leierskap, ouers en kerk jou visie ken en

verstaan sal hulle jou deur die proses ondersteun.

7. Wanneer jy jou visie van bo na onder bekend gemaak het, sal jy ‘n vlak van

ondersteuning hê wat jou volhou met die afskop van die bediening vir kinders in

jou kerk. Jy sal dit nie alleen doen nie.

Taak

Jou taak vir vanaand is om alleen te wees en die Here op te soek vir visie en duidelike

rigting vir jou bediening. Neem jou gebedsjoernaal, op jou knieë, roep uit na God, en vra

Hom om vir jou te wys wat die volgende stap vir jou is.

20

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

DIE LEIERSKAP BEGINSEL:

Die pastoor het ‘n roeping om die gelowiges, insluitend kinders, toe te rus om die

liggaam van Christus op te bou.

1. Leiers wat deeglik opgelei en toegerus is, sal ‘n groter impak hê op die kinders in

jou kerk.

2. Stel ‘n opleidingsdatum vas en bespreek die behoorlike implementering van N.K.,

L.I.O., en CSALT programme.

3. Stel gereelde opleidingstyd in plek—op ‘n weeklikse of maandelikse basis—

sodat jy deurentyd in jou leiers kan belê.

4. Probeer om op dieselfde tye te ontmoet as wat jou programme aan die gang is.

5. Ontmoet met die Bedieningspan Leiers terwyl die kinders in hul Dissipelgroepe

is.

6. Ontmoet met die Dissipelgroep Leiers terwyl die kinders in Bedieningsopleiding

is.

7. Probeer elke week ‘n klein gedeelte van die opleiding doen.

Oplei van Leierskap

21

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

DIE LEIERSKAP BEGINSEL:

Die pastoor het ‘n roeping om die gelowiges, insluitend kinders, toe te rus om die

liggaam van Christus op te bou.

1. Vir die kerk om effektief met ouers in vennootskap te gaan in bediening, moet die

visie in jou kerk in plek gestel wees.

2. Met jou visie in plek en die pastoor, personeel, ouderlinge, diakens, jou leierskap

en kerk familie saam met jou, om jou ondersteuning te bied, sal jy geestelike

beskerming hê vir families.

3. Ouers moet verstaan dat die kerk hulle ten volle ondersteun, en daar is om hulle

te help in die dissipelmaking van hulle kind, deur hulpbronne te voorsien sowel

as gekeurde leiers om hulle behulpsaam te wees.

4. Ouers moet opgelei word deur die leier/direkteur oor hoe om die familie se tyd

optimaal te gebruik.

5. Die kerk familie staan deur gebed vir hulle in die gaping.

2. Familie

22

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

DIE HOOF BEGINSEL:

Christus is die Hoof van die kerk, en dit is Sy visie waartoe jy geroep word om te vervul.

DIE FAMILIE BEGINSEL:

Ouers is deur die Skepper geroep om hulle kinders te leer en hulle geloof oor te dra aan

hulle kinders.

1. Die meerderheid ouers in die kerk is nie gedissipel nie en hulle sal dus nie

verstaan wat jy probeer bereik in die lewens van hulle kinders nie.

2. ‘n Groot aantal ouers waarmee jy gaan werk het nog nie God die Heerser van

hulle lewens of huise gemaak nie.

3. Ouers het ‘n Bybelse roeping om die volgende generasie te leer van die

Skepper, maar hulle weet nie werklik hoe nie.

Hoe oorkom hulle die Hindernis?

1. Wanneer hulle God eerste stel en Hom toelaat om die Hoof van hul huis te wees.

2. Wanneer ouers hulle kinders na God stuur in alles wat hulle doen (Psalm 127).

3. Wanneer hulle kerk prioritiseer bo skool en aktiwiteite.

4. Wanneer hulle werklik betrokke raak in hulle kinders se geestelike lewe tuis en

by die kerk.

Waar is Meeste Ouers Vandag?

23

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

DIE LEIERSKAP BEGINSEL:

Die pastoor het ‘n roeping om die gelowiges, insluitend kinders, toe te rus om die

liggaam van Christus op te bou.

1. Moenie ouers laat skuldig voel om hulle kinders te dissipel nie—dit gaan nie werk

nie.

2. Jy moet die kind se dissipelskap op ‘n positiewe manier benader.

3. Help families verstaan dat hierdie ‘n geestelike stryd is. Daar sal konstante

weerstand van die vyand se kant wees.

4. Moedig families aan om eerlik te wees oor hulle uitdagings en gevegte sodat jou

gebedspan kan intree vir hulle.

5. Vereis ouer opleiding voor ouers hulle kinders kan inskryf vir die program.

6. Wys families dat die kerk familie hulle bystaan.

7. Verseker hulle dat hulle nie hierdie alleen doen nie.

8. Bied opvang oriëntasies. Hou by jou verpligtinge.

9. Maak afsprake met ouers wie hulle kinders wil inskryf vir die program, maar wie

nie die opleiding kan bywoon nie.

Hoe om Ouers Behoorlik op te Lei om hulle Kinders te Dissipel

24

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

10. Doen elke jaar ouer opleiding om sodoende jou program en bedienings-

geleenthede te verduidlik en te herinner aan die verbintenis tot die bediening.

11. Voorsien elkeen wat die program bywoon van ‘n spesiale geskenk of gratis ete.

12. Druk die eerste dag van elke ouderdomsgroep se Bybelstudie uit. Laat die ouers

en hul kind die oordenking saam doen tydens die Ouer Oriëntering sodat hulle

kan sien hoe dit gedoen moet word.

13. Klaar dit met die ouers uit dat die oordenkings NIE huiswerk is nie. Dit is eerder

‘n manier waarop hulle kind kan leer hoe om saam met God ‘n pad te stap, en

hulle persoonlike verhouding met Hom ontwikkel.

14. Moedig families aan om die aansoek (ooreenkoms) by die kerk te voltooi. Op

hierdie wyse het jy ook die korrekte kontakbesonderhede by die kerk.

25

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

DIE PAULUS BEGINSEL:

Elke jong gelowige het iemand in hul lewe nodig om hul te dissipel en toe te rus vir die

bediening.

Kies Jou Leierskap

• Hulle kan nie gee wat hulle self nie het nie.

• Diegene wie jy kies om kinders te dissipel moet ten volle uitgekoop wees vir God.

• Die vinnigste manier om ‘n kind se geestelike reis te verhinder, is om ‘n leier aan

te stel wat nie volkome onderdanig aan God en Sy visie vir kinders is nie.

• Die hoogste doel van ‘n dissipelmaker is die Heerskappy van God in hulle

lewens, hulle aksies en die gedrag van die wat hulle dissipel.

• Hierdie persoon is ‘n voorbeeld van gebed en die geestelike dissiplines van Die

Kruis.

• Hierdie persoon roep die jonges om saam met hulle te dissipel, rus hulle toe en

stuur hulle saam uit in die bediening.

• Die dissipelmaker is deur die week in kontak met sy dissipels om hulle

verantwoordbaar te hou.

3. Dissipelskap en Toerus

26

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Barnabas

Paulus

Timoteus

Timoteus

Timoteus

Paulus

Timoteus

Timoteus

Timoteus

Paulus

Timoteus

Timoteus

Timoteus

• Die rol van die dissipelmaker is om dissipels te maak wie dissipels maak. Hulle

beweeg aan van die voorbeeld van Barnabas na die voorbeeld van Paulus na die

voorbeeld van Timoteus. Hierdie is ‘n proses wat aanhoudend herhaal word reg

deur die dissipelskap—en toerusting vordering.

27

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

DIE TIMOTEUS BEGINSEL:

Elke gelowige kind het waarde, ‘n roeping, en ‘n doel in die liggaam van Christus,

vandag en vir die toekoms.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

Geestelike Openbaring, ‘n treffende en bewustelike bekendmaking van iets wat nie

voorheen van die Here besef is nie, en Sy wil vir elke gelowige in God.

1. Wanneer God ons toets, is dit nie net ‘n toets van ons geloof nie, maar dit ontwikkel

en versterk ook ons geloof.

2. Geestelike Openbaring gebeur wanneer ons kinders uit hulle gemaksone haal en

hulle in ‘n situasie plaas waar hulle op God moet vertrou om hulle te help.

3. Geestelike Openbaring gebeur wanneer ‘n kind of student ‘n opdrag gegee word

wat hy/sy volledig uitvoer deur die krag en teenwoordigheid van die Heilige Gees

wat werk in sy/haar lewe.

4. Geestelike Openbaring vind plaas wanneer kinders God ontmoet deur geestelike

dissiplines van Heerskappy, gebed, bybelstudie, evangelisasie, gawes,

bediening en ‘n leefstyl van gehoorsaamheid aan God lei.

In Esegiël 47:1-9, sien ons die vyf fases van geestelikheid (verwys na hierdie as Die

Esegiel Beginsel): op die oewer, enkeldiep, kniediep, middellyf-diep en swem. Om ‘n

persoon na geestelike diepte met God te neem, moet jy hulle lei van die oewer na diep

waters, om ten volle oor te gee aan God.

Lei Kinders na Geestelike Diepte met God

28

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

A. Ek Doen, Jy Kyk (Op die Oewer)

1. Jy is ‘n voorbeeld van die Christelike geloof.

“Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van God volg.” (1 Korintiërs 11:1)

2. Jy is ten volle gehoorsaam aan die Heerskappy van God in jou lewe.

3. Jy onderhou daaglikse stilte tye.

4. Jy memoriseer Skrif.

5. Jy dien getrou in die Liggaam.

6. Jy doen alles in jou groep.

7. Jy woon gereeld aanbidding by.

8. Jy onderrig, en hulle hou jou dop.

9. Jy moet die geestelike toestand van jou groep bepaal. Wie dien God, en wie dien

Hom nie?

10. Jy moet die Woord gereeld aan mense bied en uitnooi om te reageer op Hom.

B. Ek Doen, Jy Help (Enkeldiep)

1. Fasiliteer die Geestelike Gawes Toets, en bepaal dan die hoogste tellings vir die

persone in jou groep (slegs vir Christen kinders).

2. Kyk uit vir maniere waarop jy hulle kan toelaat om hulle gawes te gebruik om te

dien en te lei in jou groep.

3. Volgens hulle gawes, begin om hulle te gebruik in bediening.

4. “Administratief” kan rekord hou.

5. “Helpers” kan help met die opstel en opruim van die lokaal.

6. “Aanmoediger” kan kontak maak met die studente wat ‘n week gemis het.

7. Laat “Leiers/herders” toe om vir die groep te bid, asook vir die individuele

belange van die wie bywoon.

8. Diegene met die gawe van “Onderrig” kan die geheue verse vir die groep leer.

C. Jy Doen, Ek help (Kniediep)

1. Hulle lei in gebed en jy sluit die gebedstyd af.

2. Hulle onderrig en jy help om die groep te lei tot spesifieke punte in die les.

3. Hulle hou rekords.

4. Hulle maak die lokaal reg.

5. Hulle leer die geheue verse.

6. Hulle skryf notas vir die wat ‘n week gemis het.

7. Hulle maak kontak met die wat ‘n week se groeptyd gemis het.

8. Hulle dien. (Dink aan ‘n spesifieke diensprojek wat hulle kan doen—hulle kan

ouer volwassenes dien, hulle kan opruim en skoonmaak om die kerk, ens en jy

kan help.)

29

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

D. Jy Doen, Ek Kyk (Middellyf-diepte)

1. Vra die Heilige Gees om jou idees te gee wat persone in jou groep sal lei na ‘n

nuwe vlak van geestelik groei.

2. Deel onderrig verantwoordelikhede uit aan persone wat stil is in jou groep.

3. Stel jou groep heeltemal vry om groter verantwoordelikhede aan te vat.

4. Druk hulle uit hulle gemaksones uit deur hulle te vra om groter en beter take te

verrig as waaraan hulle gewoond is.

5. Skep hoë verwagtinge vir hulle om hulle take met uitnemendheid te voltooi.

E. Jy Doen (Swem)

1. Tydens hulle sending, is hulle absoluut vry om te onderrig, aanbidding te lei, die

verlorenes te bedien, en hulle geestelike gawe(s) te ontdek.

2. Hulle is vry om te dien en lei in die kerk.

3. Hulle het al hulle geestelike gawes ontdek en word toegelaat om dit te gebruik

om die liggaam van God te bou.

4. Hulle word take gegee waar meer verwag word as hulle gewone vaardighede om

hulle sodoende te lei om Vader te vra vir kennis, leiding, en Sy bo-natuurlike krag

wat sal oorneem in hulle swakheid.

“Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om

dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.”

(Fillipense 3:12) —Wayne Cordeiro16

16 Wayne Cordeiro, Doing Church as a Team (Grand Rapids: Bethany House, 2004), 44.

30

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

DIE DISSIPLINE BEGINSEL:

Geestelike dissiplines help die gelowige in Christus om goddelike gedrag te ontwikkel

en ‘n persoonlike verhouding met Christus.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

1. Geestelike dissiplines word daagliks beoefen.

2. Geestelike dissiplines word tuis geleer.

3. Geestelike dissiplines word by die kerk onderrig.

4. Geestelike dissiplines is transformerend wanneer ‘n kind Skrif memoriseer en

mediteer in die Woord.

5. Deur tyd met God te spandeer kry hulle ‘n Christelike wêreldbeskouing wanneer

hulle Sy hart ervaar vir ‘n verlore en sterwende wêreld.

6. Geestelike dissiplines gee ‘n duidelike fokus aan die doel en prys van

dissipelskap—God (Hebreërs 12:1-5).

7. Geestelike dissiplines word lewendig wanneer hulle in praktyk gebruik word.

“Geloof word gevang, nie geleer nie.”

8. Geestelike dissiplines veroorsaak God ontmoetings of “geestelike openbaring.”

Onderrig van Geestelike Dissiplines

31

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Ken die Geestelike Toestand van Elke Kind

1. Dit is van kardinale belang om te weet waar kinders geestelik in elke

Dissipelskap groep is.

2. Die kleingroep leier moet aktief betrokke raak in die evangelisasie van kinders in

jou kerk.

32

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Die Kruis word opgemaak uit twee illustrasies of voorbeelde: Die Dissipelskruis17 en

Die Wiel.18 Daar is ses dele van Die Kruis, en al ses dele is ‘n moet wanneer kinders

geleer word om in geloof te wandel. Die Kruis is die basis van hierdie kinder-

dissipelskap proses. Om kinders in staat te stel om God te volg, is daar verskeie dinge

wat jy hulle moet leer om hulle te help om die balans in hulle geloof te handhaaf.

Die titels op Die Kruis sal verander van Graad 1 tot 12; alhoewel hulle deurgaans

dieselfde betekenis sal hê. (Sien Graad 1 tot 4 Kruis hierbo.)

17 Avery T. Willis, Jr. The Disciple’s Cross: MasterLife (Nashville: Lifeway Press, 1986), 11. 18 www.navigators.org/Tools/Discipleship%20Resources/Tools/The%20Wheel

Die Kruis

33

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Pre-tiener (Graad 5 en 6)

34

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

DIE HOOF BEGINSEL:

Christus is die Hoof van die kerk, en dit is Sy visie waartoe jy geroep word om te vervul.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

1. Jou lewe is nie meer joune nie.

2. Wanneer jy jou lewe vir God gee, sal Hy jou soveel meer gee as

wat jy ooit kon droom.

3. Kinders vind ‘n doel vir hulle lewens.

4. Heerskappy is die sleutel tot oorwinning en die uitvloeïng van die Heilige Gees

in jou lewe. (Romeine 12:1)

5. Dit beteken om ten volle onderdanig te wees aan die Woord van God en God

se perfekte plan vir jou lewe.

6. Deur oor te gee, begin kinders die realiteit van die geestelike toestand van die

wêreld te sien omdat hulle in lyn begin beweeg met die hart van God.

JESUS IS HEER (HEERSKAPPY)

35

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

DIE HOOF BEGINSEL:

Christus is die Hoof van die kerk, en dit is Sy visie waartoe jy geroep word om te vervul.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

1. Jou roeping is nie net om kennis oor te dra nie, maar ook gehoorsaamheid aan

die opdragte van God. (Hou egter in gedagte dat ons geloof gebaseer is op

genade en nie prestasie nie.)

2. Raak ‘n doener van die Woord (Jakobus 1:22).

3. As ons Hom lief het, sal ons Sy opdragte gehoorsaam.

4. Ons bewys ons liefde vir God deur ons persoonlike gehoorsaamheid aan Sy

Woord.

5. Ons is geroep om onderdanig te wees aan Sy Woord en Sy opdragte te

gehoorsaam.

6. Om God se wil te vind en hulle verhouding met Hom te ontwikkel, moet hulle

daagliks Sy Woord lees. (Psalm 119:105)

7. Memoriseer, mediteer—transformeer. (Romeine 12:2)

8. Daar sal van kinders verwag word om daagliks stiltetyd te hê. Van jou ook!

9. Wanneer ons ons lewens met ‘n leefstyl van oorgawe in die lig van God se

Woord leef, sal dit moontlik wees om God se wonderlike waarhede te verstaan

en om te lewe volgens die standaarde daarvan.

10. Jou rol as leier is om die Woord van God lewendig te maak deur jou aksies en dit

deur te voer na die praktyk.

LEES DIE BYBEL (GOD SE WOORD)

36

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

“Die een doel van die duiwel is om Christene te weerhou van gebed. Hy is nie bang vir

gebedlose studies, gebedlose werk, en gebedlose geloof nie. Hy lag vir ons moeite en

spot met ons kennis, maar bewe wanneer ons bid.” —Samuel Chadwick

DIE HOOF BEGINSEL:

Christus is die Hoof van die kerk, en dit is Sy visie waartoe jy geroep word om te vervul.

DIE KRAG BEGINSEL:

Gebed is die optimale bron van krag, wysheid en visie vir jou bediening omgewing.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

1. Gebed is die wyse waarop ons met Vader kommunikeer, en die

Bron van alle geestelike krag in ons lewens.

2. Gebed word nie geleer nie; dit word opgetel deur jou

voorbeeld—BID die heeltyd (1 Tessalonisense 5:17).

3. Gebed is geestelike oorlogvoering. Hulle baklei nie teen vlees en

bloed nie.

4. Deur nederigheid kry hulle oorwinning.

5. Deur gebed word hulle bemagtig en geseën met die Heilige Gees om die Woord

te verkondig.

6. Aanbidding wys die realiteit uit van die Heiligheid van God teenoor hulle

persoonlike sondige omstandighede.

PRAAT MET GOD (GEBED EN PERSOONLIKE AANBIDDING)

37

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

7. Aanbidding lei die hart terug na God. Begin jou groeptyd met lof en aanbidding.

8. Aanbidding is van kardinale belang in die voorbereiding vir geestlike oorlog.

9. Wanneer dinge in jou groep buite beheer raak, stop en bid.

38

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

P.R.A.Y.: Die Jesaja Gebed (Jesaja 6:1-8)

Jesaja het ‘n ontmoeting met God gehad wat daartoe gelei het dat God hom uitroep in

gehoorsaamheid tot Hom. Jesaja het die aanbidding van die engele gesien, hy het

skuldig gevoel oor sy sonde in die teenwoordigheid van God vanweë God se Heiligheid,

en hy het ‘n las namens die mense van Israel gevoel. Jesaja het gesê, “Ek woon onder

‘n volk van wie elke woord onrein is.” En hy het sy lewe oorgegee aan God se wil vir sy

lewe. “Hier is ek! Stuur my!” Wanneer jy daagliks die Here nader, bid in die Gees soos

in Efesiërs 6:18 uiteengesit. Nader Hom in lof en danksegging, belei jou sondes elke

dag aan Hom, vra die Here waarvoor jy moet bid volgens Sy wil, en gee jouself dan

totaal oor aan Sy wil vir jou lewe, elke dag.

Praise and Thanksgiving (verse 1–4) (Lof en Danksegging)

Repentance and Confession (vers 5) (Beleidenis en Berou)

Asking (verse 5b–7) (Vra)

Yield and Surrender (vers 8) (Onderwerp en Oorgawe)

Gebed en Aanbidding: God Ontmoetings

39

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Geestelike oorlog is ‘n realiteit vir alle gelowiges. Om te stry teen die

waarheid daarvan beteken dat jy reeds oorwin is. Die realiteit is, “‘n dief

kom net steel en slag en uitroei” (Johannes 10:10a). Dit is nie moeilik

om Satan se teenwoordigheid in die wêreld te sien nie. Kyk net na die

onheilighede wat om jou gebeur. Op God se tyd en met Sy voorsiening,

roep Hy kinders om Hom te soek en in te tree vir al die nasies.

• Trek die wapenrusting deur gebed aan (Efesiërs 6:10-18).

• Deur nederigheid kry ons oorwinning oor die viand (1 Petrus 5:6-8).

1. Ons oorlog is nie teen vlees en bloed nie (2 Korintiërs 10:3-6).

2. Kinders het die gesag en krag om in te tree vir die verlorenes.

3. Hulle kan die vyand skade doen regoor die wêreld.

4. Wanneer jy hulle leer om te bid, berei jouself voor vir oorlog.

Nota: Geestelike oorlog is ‘n groot deel van die Christelike leefstyl, dus moet hulle

gereed wees om te staan in die wapenrusting van God om sodoende die duiwel se

aanslae te oorwin. Om die wapenrusting aan te trek, is ‘n opdrag—nie ‘n opsie nie—en

dit is voorsien deur God vir ons beskerming.

Oplei van Soldate vir die Koning: Gebedsjoernaal

40

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

Die Reis van Gebed (sien Aanhangsel B) is gebed in aksie. Dit kan ‘n kragtige

geleentheid wees, wat jy kan fasiliteer by jou kerk, wat kinders leer hoe om te bid. Die

Reis van Gebed is “ernstige pret.”

1. Hierdie is ‘n geleentheid wat beplan kan word in herfs en lente gedurende

gewone weeklikse tye.

2. Ouers moet genooi word om deel te neem.

3. Die Reis van Gebed sal hulle Gebedsjoernaal laat lewe kry en daartoe lei dat dit

‘n dieper betekenis sal kry wanneer hulle stap-vir-stap deur dit werk.

Steek ‘n Kind se Gebedslewe aan die Brand: “Reis van Gebed”

41

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

DIE HOOF BEGINSEL:

Christus is die Hoof van die kerk, en dit is Sy visie waartoe jy geroep word om te vervul.

DIE KRAG BEGINSEL:

Gebed is die optimale bron van krag, wysheid en visie vir jou bediening omgewing.

DIE SENDING BEGINSEL:

Die roeping van die Liggaam van Christus is die Groot

Opdrag. Ons is geroep om die verlorenes te bereik en te

dissipel en toe te rus sodat hulle dieselfde doen.

DIE MAGNEET BEGINSEL:

Wanneer kinders gedissipel, toegerus en opgeneem word in die bediening, verheerlik

hulle Christus in die kerk, en die wêreld neem notisie.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

1. Om die Here te deel is die hart van God, en dit bind hulle harte tot die Vader

wanneer hulle uitgaan en vertel.

2. Die Heilige Gees sal hulle seën en bemagtig om Sy Naam te spreek. Hulle sal op

baie geleenthede nie onthou wat hulle gesê het nie.

3. As ons gaan, gaan Hy saam met ons en Hy praat deur ons (Matteus 10:19).

4. Hulle omhels die realiteit van die nagevolge van sonde en ontwikkel ‘n

ywerigheid om te deel.

5. Die verkondiging van die Woord is die verantwoordelikheid van alle gelowiges,

selfs kinders.

VERTEL ANDER

42

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

6. Ons moet elke kind oplei om hulle geloof te deel.

7. Ons moet kinders oplei om die geestelike welstand van die wat hulle berading gee,

te onderskei.

8. Kinders moet verstaan dat God die Een is wat ander red.

9. Kinders is die grootste oes wêreldwyd.

10. Kinders is die effektiefste om hulle portuurgroep te bereik vir God.

43

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

1. Gebed is die sleutel tot die krag om te deel.

2. Gebed breek die gewoonte van sonde in die ongelowige se lewe, en maak hulle

oë oop vir die waarheid (Effesiërs 2:2; Kolosense 1:13).

3. Gebed bind ons harte met die hart van God en ‘n verlore wêreld.

4. Ons is geroep om te bid vir alle gelowiges, sodat hulle vrymoedig die Woord van

God kan verkondig.

Die Heilige Gees Bemagtig Kinders om te Deel

44

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

DIE SENDING BEGINSEL:

Die roeping van die Liggaam van Christus is die Groot Opdrag. Ons is geroep om die

verlorenes te bereik en te dissipel en toe te rus sodat hulle dieselfde doen.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

1. Wanneer ons kinders oplei hoe om die Woord te versprei, moet ons hulle help

om te verstaan dat dit God is wat ander red, nie ons nie.

2. Wanneer ons berading doen, vra ons die Heilige Gees om te help om onderskeid

te tref.

3. Wanneer ons iemand berading gee, tref ons in ons harte onderskeid oor waar

hulle geestelik is.

4. ‘n Persoon moet die idee van sonde verstaan en dat hulle verlore is sonder God.

5. Persone moet sonde verstaan asook die belangrikheid van die Verlosser in hulle

lewe.

6. Die berader sal agterkom wanneer ‘n persoon nader aan God begin beweeg,

want die persoon sal verantwoording doen vir sonde in sy/haar lewe.

7. Die Heilige Gees oortuig mens van sonde en die belangrikheid van beleidenis.

Leer Kinders Hoe om die Woord te Deel

45

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Alle berading moet gedoen word met ‘n oop Bybel in die hand, en diegene wat berading

doen, moet die tyd neem en die Skrifgedeeltes opsoek en verduidelik soos hulle dit

behandel. Om dele in jou Bybel gemerk te hê, sal hierdie proses makliker maak.

Vra kinders om die Skrifgedeeltes van die ABC Beradingskaarte op te soek en dan die

verse in hulle Bybels te merk. Wanneer hulle die eerste vers merk, kan hulle dit bv doen

met ‘n geel merkpen; skryf dan aan die onderkant van die bladsy waar die volgende

vers is en merk dit deurgaans dieselfde. Lei jou kinders deur die volgende stappe:

• Vra die kinders om te blaai na Johannes 3:16 en dan die vers te merk. Laat hulle

dan die bladsy nommer vir Romeine 3:23 aan die onderkant van hierdie bladsy

skryf.

• Merk Romeine 3:23 en skryf dan die bladsy nommer vir Romeine 6:23 aan die

onderkant van hierdie bladsy.

• Merk Romeine 6:23 en skryf dan die bladsy nommer vir 1 Korintiërs 15:3-4 aan

die onderkant van hierdie bladsy.

• Merk 1 Korintiërs 15:3-4 en skryf dan die bladsy nommer vir Romeine 10:13 aan

die onderkant van hierdie bladsy.

• Merk Romeine 10:13 en skryf dan die bladsy nommer vir 1 Johannes 3:24 aan

die onderkant van hierdie bladsy.

• Merk 1 Johannes 3:24 en skryf dan die bladsy nommer vir Johannes 1:12 aan

die onderkant van hierdie bladsy.

• Merk Johanes 1:12 en skryf dan die bladsy nommer vir 1 Johannes 5:13 aan die

onderkant van hierdie bladsy.

• Merk 1 Johannes 5:13 en skryf dan die bladsy nommer vir Hebreërs 13:5 aan die

onderkant van hierdie bladsy.

• Merk Hebreërs 13:5 en skryf dan die bladsy nommer vir Johannes 10:28-29 aan

die onderkant van hierdie bladsy.

• Merk Johannies 10:28-29.

Rolspeling/Oefen voor hulle uitgestuur word

Gee die kinders tyd om te oefen om vir mekaar berading te gee deur hulle gemerkte

Bybels en ABC Beradingskaarte te gebruik.

• Luister aandagtig na elke kind wanneer hulle deel, en gee positiewe terugvoer.

• Maak voorstelle hoe om iets beter te sê of hoe om te reageer op iemand anders

se opmerkings of vrae wanneer hulle hulp nodig het.

Voorbereiding van Kinders om die Woord te Verkonding/Berading

46

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

• Herinner die L.I.O.s om te bid vir God se leiding voor hulle in die werklike lewe

met ‘n verlorene begin deel.

• Herinner hulle om te luister na Heilige Gees vir onderskeid.

Wanneer jy op enige stadium voel die kind verstaan nie die Woord nie, hou op met

berading. Verduidlik die Woord aan hulle en hoe om die keuse te maak wanneer hulle

reg is in die toekoms omdat God altyd sal luister. Lei die kind terug na die groot groep.

47

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Belangrike Nota: Die notas tussen hakies is vir die beraders om stil te lees en volg. (Jy

(Kan ook vra): As jy dink aan

wat die spreker nou gesê het,

waaroor wil jy graag nou

praat?

(Gaan voort met die kaart

ALLEENLIK as jy voel dat die

kind wil praat oor Evangeliese

konsepte en om Jesus as Heer

en Redder te aanvaar.

Andersins beantwoord die kind

se vrae en lei hom/haar terug

na die hoof groep.)

Gaan voort om in jou geloof te

groei noudat jy vergewe is.

Gaan kerk toe

Lees die Bybel

Vertel ander van Jesus

Bid

Laat Jesus die Leier van jou

lewe wees elke dag

ABC Beradingskaart

ABC Beradingskaart

1. Ek is so bly jy het vorentoe gekom vandag. (Glimlag) 2. Kan jy my vertel waarom jy vorentoe gekom het? 3. Het jy dit al ooit voorheen gedoen? 4. (Indien “nee”, gaan voort) Ek wil graag met jou gesels oor hoe om hierdie

besluit te neem wanneer jy gereed is. GOD HET JOU LIEF! God het dit moontlik gemaak vir jou om vir ewig saam met Hom te wees en die ewige lewe te hê. (Lees Johannes 3:16.) Om die ewige lewe te ontvang, moet jy ABC: A (Admit) - ERKEN Vertel vir God van jou sonde. 1. Kom ons lees Romeine 3:23 en Romeine 6:23. 2. Het jy al ooit gesondig? 3. Kan jy van die sonde wat jy gedoen het noem? 4. Hoe voel jy oor die sonde wat jy gedoen het? Verduidelik asseblief. 5. Hoe kan jou sonde vergewe word? B (Believe) - GLO Glo dat God se Seun, Jesus, vir jou sonde gesterf het, en toe uit die dood opgestaan het. 1. Ek gaan 1 Korintiers 15:3-4 lees. 2. Wie is God se Seun? 3. Wat het Jesus gedoen vir mense se sonde? 4. Wat het met Jesus gebeur nadat Hy gesterf het? C (Choose) - KIES Kies om Jesus te ontvang as Heer—Hoof—Redder – Vergewer. 1. Kom ons kyk wat sê Romeine 10:13. 2. Hoe kan jy vir ewig saam met God wees? 3. Wat beteken dit om Jesus as Hoof te kies? 4. (Verduidelik dat hierdie besluit ‘n lewenslange onderneming is. Bespreek

maniere wat hierdie besluit ‘n impak op hul daaglikse lewe gaan hê.) 5. Nou dat jy dit gehoor het, wat sal jy graag vandag wil doen? (Lei die kind in gebed met die gebruik van die ABCs ALLEENLIK as die kind die Evangelie verstaan.) “Jesus, ek weet dat ek gesondig het. Ek is jammer dat ek gesondig het. Ek glo dat U die Seun van God is en dat U vir my sonde gesterf het en op die derde dag weer uit die dood uit opgestaan het. Vergewe my asseblief my sonde. Ek nooi U nou in my lewe in as my Hoof en Redder vir altyd. Ek wil U altyd volg as my Leier. Amen.” Hoe kan jy weet dat jy vergewe is? 1. Waar is Jesus nou op hierdie oomblik? (Lees 1 Johannes 3:24. Verduidelik

dat Hy nou in hom/haar leef vir ewig.) 2. Kom ons lees Johannes 1:12. (Verduidelik hoe ‘n persoon ‘n kind van God

word.) 3. Nou gaan ek 1 Johannes 5:13 lees. Dit vertel vir ons dat ‘n persoon verseker

kan weet dat hy/sy die ewige lewe ontvang het. 4. Die volgende vers is Hebreers 13:5. (Gebruik 5 vingers om God se belofte

aan Sy kinders te wys: “Ek-sal-jou-nooit-verlaat.”) 5. Nu gaan ek Johannes 10:28-29 lees. (Gebruik jou vuis om te wys hoe Jesus

en God Sy kinders vir ewig hou.)

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2015

50

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

kan kopieë van die ABC Beradingskaart koop by www.leadersintraining.com.)

49

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

DIE LEIERSKAP BEGINSEL:

Die pastoor het ‘n roeping om die gelowiges, insluitend kinders, toe te rus om die

liggaam van Christus op te bou.

DIE PAULUS BEGINSEL:

Elke jong gelowige het iemand in hul lewe nodig om hul te dissipel en toe te rus vir die

bediening.

DIE TIMOTEUS BEGINSEL:

Elke gelowige kind het waarde, ‘n roeping, en ‘n doel in die liggaam van Christus,

vandag en vir die toekoms.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

“God het spesifieke geestelike gawes aan elke gelowige gegee om te ontdek, te

ontwikkel en te gebruik—ten minste een.” —Wayne Cordeiro19

1. Ken elkeen in jou groep se gawes.

2. Rus hulle toe om hulle gawes in jou bediening te gebruik.

3. Bid vir onderskeidingsvermoë van die Heilige Gees.

4. Kyk en sien hoe die gawes hulself manifesteer.

5. Moenie ten volle op geestelike gawe toetse vertrou nie, dit is slegs een metode

om geestelike gawes te bepaal. Die Heilige Gees is die Een wat die gawe(s) aan

elke gelowige kind in jou groep oordra.

6. Alle gawes het waarde in die liggaam van Christus.

7. Gawes mag manifesteer soos hulle in geloof groei.

8. Die bediening het ‘n uitwaartse fokus tot gevolg wat na die behoeftes van ander

omsien, materieel en geestelik.

19 Cordeiro, 44.

GAWES EN DIE BEDIENING

50

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Die Geestelike Gawe Toets (sien Aanhangsel A) is ‘n assessering hulpmiddel. Dit

bepaal geensins wat ‘n persoon se gawe lewenslank in die kerk is nie. Soos kinders

groei en volwasse raak in hul geloof, mag hul gawes later in hul lewe manifesteer.

Onthou, die Heilige Gees mag ‘n kind roep om iets bo en behalwe hul gawes en

vermoëns te doen, en ons moet daar wees vir hulle en hulle toelaat om Sy leiding te

volg, selfs wanneer dit nie sin maak nie.

1. Evangelisasie: Die gawe van evangelisasie is die vermoë om aan verlore

mense te verduidelik hoe om Christene te word, en hulle te oorreed van die

begeerte om gered te word.

a. Alle gelowige kinders word geroep om die Goeie Nuus van Christus te deel,

maar sommige het die spesifieke gawe van evangelisasie.

b. Leer die kinders in jou groep hoe om hul geloof te deel.

c. Moedig jou groep aan om te deel, en laat hulle elke week terugrapporteer aan

jou groep.

d. Praat met jou kerk se leierskap oor moontlike geleenthede of uitreike waarvan

jou groepe deel kan wees, waar hulle kan deel.

e. Laat hulle spesifiek bid dat God vir hulle sal wys met wie om, buite jou groep,

die Evangelie te deel.

2. Vrygewigheid: Die gawe van vrygewigheid is die begeerte om, bo en behalwe ‘n

tien persent tiende, te gee. Die persoon met hierdie gawe vind dit maklik om

vrylik te gee, en doen dit met blydskap.

a. Praat met jou kerk se leierskap oor spesifieke behoeftes in jou kerk, en nooi

die kinders in jou groep uit om te gee om die behoeftes van die bediening te

ondersteun.

b. Laat jou groep “Operation Christmas Child Box” ondersteun.

c. Vind uit of daar families in jou kerk met spesiale behoeftes is, en vra die

kinders om kos en klere te bring om hulle te help.

d. Laat hulle spesifiek bid dat God vir hulle sal wys hoe om hul gawe buite jou

groep te gebruik om ander te help.

3. Diensbaarheid: Die gawe van diensbaarheid is die begeerte om ander te dien.

Die persoon met hierdie gawe vind dit maklik om ‘n dienaar in die kerk te wees,

en vind groot blydskap en vervulling daarin om te dien. (Onthou, alle gelowiges

word geroep om te dien, maar sommige het die spesifieke gawe.)

Help Kinders hul Geestelike Gawes Vind en Gebruik

51

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

a. Vra kinders met die gawe van diensbaarheid om vroeër in te kom om jou

klaskamer in te rig.

b. Vra hulle om te help wanneer ‘n behoefte in jou groep ontstaan.

c. Laat hulle verversings aan jou groep bedien.

d. Dink aan spesifieke maniere waarop hulle in jou groep of gedurende ander

aktiwiteite kan dien.

e. Laat hulle spesifiek bid dat God vir hulle sal wys hoe om hul gawe buite jou

groep te gebruik om ander te dien.

4. Organisasie/Administrasie: Titus moes die bediening in Korinte organiseer. In

1 Korintiërs 12:28 is daar ‘n lys van geestelike gawes wat administrasie insluit.

Die persoon met hierdie gawe help die kerk om homself te organiseer om

effektief aan sy eie lidmate en ander in die wêreld te bedien.

a. Laat hulle rekordhouding doen.

b. Laat hulle jou klaskamer of voorraad organiseer.

c. Laat hulle toe om ‘n geleentheid vir jou groep te beplan.

d. Laat hulle toe om die maand vooruit te beplan, insluitend wie sal help met

skoonmaak, onderrig, geheue verse, ens.

e. Laat hulle spesifiek bid dat God vir hulle sal wys hoe om hul gawe buite jou

groep te gebruik om ander te help.

5. Profesie: Die gawe van profesie stel ‘n persoon in staat om God se Woord

dapper te verkondig, sodat dit oortuiging van sonde meebring. Profete praat met

mense oor, en konfronteer hulle rakende sonde.

a. Kinders met die gawe van profesie sien dinge in swart-en-wit; daar is geen

grys areas vir hulle nie. Help hulle om genade te toon wanneer hulle deel.

b. Vra die kinders met die gawe van profesie om te bid en vir die Here te vra of

daar iets spesifiek is wat Hy wil hê die kind met die groep moet deel.

c. Wees oop om die kind toe te laat om sy/haar hart te deel. Jy mag verras word

met wat jy hoor.

d. Laat hulle spesifiek bid dat God vir hulle sal wys hoe om hul gawe buite jou

groep te gebruik om ander te bedien.

6. Onderrig: Die gawe van onderrig is die vermoë om die Bybelse waarhede te

onderrig sodat ander dit mag verstaan en opgerig word in hul geloof.

a. Nooi kinders met die gawe van onderrig uit om jou te help soos jy onderrig.

b. Gee vir hulle ‘n gedeelte in die volgende week se groep Bybelstudie om te

doen. Laat hulle met idees vorendag kom hoe om die les kreatief aan te bied.

52

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

c. Moedig hulle aan om uit te kyk vir maniere om die Woord van God aan hul

vriende buite die kerk te onderrig.

7. Aanmoediging/Aansporing: Romeine 12:6-8 lys verskeie gawes van die Gees,

insluitend die gawe van aanmoediging, of aansporing. Dit is gegee om die

liggaam van Christus op te bou. Die persoon met die gawe van aanmoediging

stig maklik ander mense, help vertroue bou, en herinner Christene aan die hoop

wat hulle in Christus het.

a. Laat die kinders in jou groep met hierdie gawe briefies skryf aan die kinders

wat afwesig was van jou groep.

b. Laat hulle die kinders wat sukkel met hulle lesse skakel, aanmoedig en vir

hulle bid.

c. Laat hulle spesifiek bid dat God vir hulle sal wys hoe om hul gawe buite jou

groep te gebruik.

8. Herder: Die gawe van ‘n herder is om die kudde van God, wat die kerk is, te lei,

rigting te gee en te voed. Die herder, of pastoor, word deur die Heilige Gees

toegerus om ‘n leier te wees. Hy het die vermoë en begeerte om te onderrig,

beskerm en die kerk op te bou.

a. Moedig kinders met hierdie gawe aan om te bid vir die behoeftes van

individue in jou groep.

b. Laat hulle toe om ‘n gedeelte van jou tyd gedurende kleingroep te lei, waar

hulle beheer neem en instruksies gee.

c. Vra hulle om die les aan te bied. Moedig hulle aan om die Heilige Gees te vra

om vir hulle leiding te gee wanneer hulle voorberei en onderrig.

d. Laat hulle spesifiek bid dat God vir hulle sal wys hoe om hul gawe buite jou

groep te gebruik.

9. Genade: Die wat die gawe van genade het, sien die behoeftes van ander raak

en vind dit maklik om hulle te help. Hulle is bewus van die mense om hulle se

behoeftes.

a. Moedig die kind aan om vir jou groep te bid, en om die liefde van Christus te

wys aan die met behoeftes in jou groep.

b. Moedig die kind se familie aan om vrywilligerswerk te doen by ‘n plek vir

hawelose mense wat in die behoeftes van armes voorsien.

c. Gesels met jou kerkleiers, en vind maniere wat die kinders in jou groep

individue met behoeftes in jou kerk kan bedien.

53

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

10. Geloof: Die gawe van geloof is ‘n onwrikbare vertroue in God se beloftes. Die

persoon met die gawe van geloof glo dat God getrou aan Sy Woord sal wees.

a. Soos hulle volwasse raak, laat die kind met die gawe van geloof jou

gebedstye lei.

b. Skryf spesifieke gebedsversoeke in ‘n joernaal neer, en vier dit met jou groep

wanneer God daarop antwoord.

c. Laat die kind vir spesifieke behoeftes in jou groep bid.

d. Laat hulle bid vir die siekes en die wat seer het.

e. Laat hulle spesifiek bid dat God vir hulle sal wys hoe om hul gawe buite jou

groep te gebruik.

11. Hulpverlening: Christene met die gawe van hulpverlening hou daarvan om

ander te assisteer, of te help met iemand anders se bediening. Hulle werk

gewoonlik agter die skerms.

a. Vra die kinders met die gawe van hulpverlening om vroeër in te kom en te

help om die klaskamer gereed te kry.

b. Vind kreatiewe maniere om vir hulle werk en verantwoordelikhede te gee wat

hulle sal toelaat om agter die skerms te dien.

c. Vra jou kerk se leierkap of daar spesifieke behoeftes in die bediening is

waarmee die kind kan help.

d. Kyk uit vir geleenthede gedurende jou kleingroep tyd waar hulle kan help.

e. Laat hulle spesifiek bid dat God vir hulle sal wys hoe om hul gawe buite jou

groep te gebruik.

54

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

DIE HOOF BEGINSEL:

Christus is die Hoof van die kerk, en dit is Sy visie waartoe jy geroep word om te vervul.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God, kom deur kinders na

geestelike diepte met Hom te lei. Hulle ontmoet Hom soos

jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

1. Leer kinders om na die Gees wat binne hulle woon te

luister.

2. Hy is daardie stil, sagte stem van binne.

3. Hy veroordeel nie, Hy oortuig van sonde en die behoefte vir belydenis.

4. Leer hulle om gehoorsaam te wees en nie die Gees uit te doof nie.

5. As God se Woord dit se—doen dit!

6. As daar ooit ‘n vraag ontstaan of iets reg of verkeerd is, is die waarskynlikheid

groot dat dit sonde is.

LEWE VAN GEHOORSAAMHEID

55

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

DIE LEIERSKAP BEGINSEL:

Die pastoor het ‘n roeping om die gelowiges, insluitend kinders, toe te rus om die

liggaam van Christus op te bou.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

Bediening Opleiding: Hierdie is die opstelling van die bediening. Die kies van tipes

van bediening geleenthede vir die kinders in jou kerk is baie belangrik.

1. Kies watter tipe van opleiding jy sal wil aanbied.

2. Begin eenvoudig: aanbiddingspan, ens.

3. Voeg meer gekompliseerde opleiding by soos kinders meer volwasse raak en

wanneer jou program gevestig is en vlot verloop.

4. Probeer om nie te veel in die begin te doen nie. Dit is belangriker om sterk te

begin en elemente by die opleiding by te voeg soos jy vorder.

5. Bekom voldoende klaskamers in die fasiliteit vir die opleiding en kleingroep

dissipelskap.

Bediening Betrokkenheid: As die kinderbediening leier/direkteur, gaan jou rol wees

om geleenthede te vind of te skep vir die kinders in jou bediening om te dien.

1. Kyk vir vanselfsprekende areas waar hulle mag dien.

2. Moenie bang wees om vir hulle uitdagende rolle aan te bied nie.

4. Bediening Opleiding/Betrokkenheid

56

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

3. Moenie vir hulle net eenvoudige take gee nie.

4. Voorsien behoorlike opleiding aan hulle.

5. Voorsien eenvoudige posbeskrywings aan hulle. Moenie aanvaar dat hulle sal

weet wat om te doen, sonder behoorlike opleiding nie.

6. Laat hulle toe om deel van die beplanning te wees.

7. Laat toe dat hul werk hul bediening raak.

8. Verwag uitmuntendheid.

9. Verwag van hulle om deur te voer.

10. Soos hulle getrou is in kleiner dinge, laat hulle toe om aan te beweeg na die

volgende vlak.

57

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

DIE LEIERSKAP BEGINSEL:

Die pastoor het ‘n roeping om die gelowiges, insluitend kinders, toe te rus om die

liggaam van Christus op te bou.

DIE SENDING BEGINSEL:

Die roeping van die liggaam van Christus is die Groot Opdrag. Ons is geroep om die

verlorenes te bereik en te dissipel en toe te rus sodat hulle dieselfde doen.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

DIE MAGNEET BEGINSEL:

Wanneer kinders gedissipel, toegerus en opgeneem word in die bediening, verheerlik

hulle Christus in die kerk, en die wêreld neem notisie.

Die doel van die Koninkryk van God is wêreldwye sending. “Jesus het twee dinge aan die

dissiplels beloof: krag en getuienis.” —J.B. Polhill20

• Die krag wat ons ontvang is ‘n goddelike krag vir sending en evangelisasie.

Jerusalem: Dit is waar jy leef.21

• Kinders in graad drie en ouer word opgelei hoe om hul geloof te deel.

• Kinders word aangemoedig om vir hul verlore vriende te bid.

• Kinders weet hoe om hul geloof effektief te deel.

• Die kerk voorsien bediening geleenthede in die kerk vir kinders om die Evangelie

te deel (bv kinderkerk, evangelisasie geleenthede, ens).

20J. B. Polhill, Acts, Vol. 26 (Nashville: Broadman & Holman Publishers, 1992), 86. 21 https://carm.org/christianity/sermons/acts-18-you-will-be-my-witnesses

5. Sendings: Handelinge 1:8

58

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Judea en Samaria: Hierdie verteenwoordig die gemeenskap wat jou kerk of stad

omring.22

• Die kerk help die kind om hierdie bevel uit te voer deur gemeenskap uitreike te

voorsien waar kinders die geleentheid het om die Evangelie aan te bied.

• Hierdie gemeenskap gebeurtenis moet evangelisties van aard wees.

• Die gemeenskap gebeurtenis moet ‘n duidelike aanbieding van die Evangelie

deur ‘n kind hê.

• Kinders moet toegelaat word by die gebeurtenis om berading te bied aan verlore

mense wat die behoefte het om ‘n besluit vir Christus te maak.

Die Einde van die Aarde: Hierdie verwys na internasionale sending.

• Vir kinders van graad een tot ses, om gehoorsaam aan hierdie roeping te wees,

kan ‘n buitelandse sendingsreis wees, met die doel om die Evangelie aan te

bied.

• Planne behoort in plek gesit te word vir tieners om die volgende stap van hierdie

roeping in ‘n internasionale omgewing te neem.

22 http://www.step-by-step.org/acts1-8.htm

59

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

DIE PAULUS BEGINSEL:

Elke jong gelowige het iemand in hul lewe nodig om hul te dissipel en toe te rus vir die

bediening.

DIE TIMOTEUS BEGINSEL:

Elke gelowige kind het waarde, ‘n roeping, en ‘n doel in die liggaam van Christus,

vandag en vir die toekoms.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

1. Die proses om kinders toe te laat om ander te dissipel behoort bepaal te word

deur die pastoor/kerkleiers, die dissipelgroep en bediening spanleiers.

2. Hulle moet ‘n gelowige in Christus wees.

3. Kinders wat jonger kinders gaan dissipel behoort tot ‘n hoër standaard gehou te

word. (Hulle onderwerp aan gesag, ouers en leierskap en het nie ‘n dissipline

probleem nie.)

4. Die kind se lewe is ten volle onderwerp aan die Heerskappy van Christus.

5. Hulle is ‘n rolmodel vir jonger kinders. Jy wil nie enigeen ‘n struikelblok laat raak

nie.

6. Wanneer jy kinders in graad vyf en ses toelaat om jonger kinders te dissipel,

ontvlam dit ‘n begeerte in hulle om ‘n voorbeeld vir jonger kinders te wees.

6. Dissipel Ander

60

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

“10-13 Window” from Alan E. Nelson, KidLead: Growing Great Leaders (BookSurge Publishing, 2009), 39.

7. Ontdek hul Doel

61

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

DIE LEIERSKAP BEGINSEL:

Die pastoor het ‘n roeping om die gelowiges, insluitend kinders, toe te rus om die

liggaam van Christus op te bou.

DIE PAULUS BEGINSEL:

Elke jong gelowige het iemand in hul lewe nodig om hul te dissipel en toe te rus vir die

bediening.

DIE TIMOTEUS BEGINSEL:

Elke gelowige kind het waarde, ‘n roeping, en ‘n doel in die liggaam van Christus,

vandag en vir die toekoms.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

1. ‘n Identiteitskrisis kom voor tussen die ouderdomme 12-13.

2. Die kinders draai hul fokus inwaarts.

3. Leierskap neem die kind van fokus op self na fokus op ander deur te dien.

4. Diensbaarheid bring verootmoediging en nederigheid.

5. Diensbaarheid transformeer die hart deur hulle fokus uitwaarts te draai om in die

behoeftes van ander te voorsien.

6. Diensbaarheid raak aansteeklik.

7. Die leier stel hoë verwagtinge om deur te voer, selfs in klein take van diens.

8. Indien ‘n kind net dien en nie hulle geestelike gawes gebruik nie, kan dit hulle

terugsit op die geestelike walle van die rivier. Diensbaarheid kan ‘n verskoning

raak om groter uitdagings te vermy.

9. Wanneer ‘n student ‘n aansteeklike dienaar geraak het, skuif hulle aan na die

volgende uitdaging.

Ontwikkel Dienaar-Leiers van Onder af Op

62

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

DIE LEIERSKAP BEGINSEL:

Die pastoor het ‘n roeping om die gelowiges, insluitend kinders, toe te rus om die

liggaam van Christus op te bou.

DIE PAULUS BEGINSEL:

Elke jong gelowige het iemand in hul lewe nodig om hul te dissipel en toe te rus vir die

bediening.

DIE TIMOTEUS BEGINSEL:

Elke gelowige kind het waarde, ‘n roeping, en ‘n doel in die liggaam van Christus,

vandag en vir die toekoms.

DIE ESEGIEL BEGINSEL:

Geestelike ontmoetings met God kom deur kinders na geestelike diepte met Hom te lei.

Hulle ontmoet Hom soos jy hulle op die weg neem om Hom te vind.

“Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor

veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.” (Mattheus 25:23)

1. Hulle word aangewend in take wat uitdagingend vir hul geloof is.

2. Hulle geloof word versterk soos wat hulle die onmoontlike bewerkstellig.

3. Hoe groter die uitdagings, hoe groter die vertroue van die kind.

a. Begin klein en beweeg geleidelik na groter en groter take.

b. Hê hoë aanspreeklikheid.

c. Hulle moet aan jou bewys dat hulle dit kan deurvoer. Wanneer iets van hulle

gevra word, moet hulle die taak voltooi.

Gee God-Grootte Uitdagings

63

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

4. Die kerk erken hulle as ‘n stem in die liggaam, en hulle word leiers in die kerk wat

bevoeg en vol vertroue is.

5. Hulle is veilig in hul sending.

6. Die student(e) ontdek hulle gawe(s) en doel in die kerk.

7. Hulle het dissipelmakers geword.

64

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

1. Geen visie

2. Nie behoorlike stappe volg om die visie aan leierskap voor te lê

3. Verloor fokus op evangelisasie en dissipelskap

4. Ouers nie opgelei

5. Nie leierskap se ondersteuning het

6. Nie ‘n bediening platform het vir kinders om te dien

7. Gebrek aan kinderveiligheid prosedures

8. Geen plan van aksie

9. Misluk om kinders betrokke te maak in die gemeenskap

10. Glo dat alle kinders op dieselfde geestelike vlak is (Jesus het twaalf dissipels

gehad; tog het Hy die meerderheid van Sy tyd in drie investeer.)

11. Die idee dat elke kind opgewonde sal wees om daagliks stiltetyd te hou

12. Glo dat alle ouers aan boord sal wees met die L.I.O. bediening se filosofie

13. Onopgeleide leierskap

14. Geen tydlyn om program te implementeer

15. Kwaad wees vir ouers wat nie hul kinders dissipel nie

Vyftien Landmyne om te Vermy

65

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

DIE NEHEMIA BEGINSEL:

Die visie wat God jou gee moet jou lei na gebed en ‘n effektiewe plan van aksie vir jou

bediening. ‘n Tydlyn behoort uitgelê te word om ‘n strategiese plan te ontwikkel om

kinders in bediening betrokke te maak.

1. God moet op die voorgrond van jou visie, beplanning en implementering van jou

bediening wees.

2. ‘n Tydlyn help met die uiteensetting van ‘n volledige plan van aksie.

3. Jy moet ‘n strategiese plan hê voor jy begin met bediening.

4. ‘n Tydlyn is van kardinale belang vir jou sukses en maksimum impak op die

lewens van kinders.

5. Sonder ‘n plan, gaan jy onsuksesvol wees en die mense om jou frustreer.

6. ‘n Duidelike plan kweek opgewondenheid by jou leiers omdat hulle kan sien

waarheen jy oppad is.

7. Die vinnigste manier om te misluk, is om NIE te beplan nie.

Beplan vir Sukses: Ontwikkel jou Tydlyn

66

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

DIE HOOF BEGINSEL:

Christus is die Hoof van die kerk, en dit is Sy visie waartoe jy geroep is om te vervul.

DIE KRAG BEGINSEL:

Gebed is die optimale bron van krag, wysheid en visie vir jou bediening omgewing.

DIE NEHEMIA BEGINSEL:

Die visie wat God jou gee moet jou lei na gebed en ‘n effektiewe plan van aksie vir jou

bediening. ‘n Tydlyn behoort uitgelê te word om ‘n strategiese plan te ontwikkel om

kinders in bediening betrokke te maak.

NOTA: HIERDIE VISIE SAL NIE OORNAG GEBEUR NIE. DIT SAL OOR AANTAL

JARE STREK.

Fase Een: Visie Uitlê

A. Inskryf van Gebedspan

• Om te bid vir God se beskerming en wysheid om jou visie vir jou kerk te deel.

• Om te bid vir vergaderings met die pastoor, personeel en kerk leierskap.

• Om te bid vir God om leiers op te rig wat deur God geroep is om te dien in

hierdie bediening.

• Om te bid vir God om families ‘n begeerte te gee om aktief betrokke te raak in

die dissipelskap en geestelike ontwikkeling van hulle kind.

• Om te bid vir die kerk familie om die visie te sien.

B. Reël ‘n vergadering om die visie met jou pastoor uit te lê.

C. Reël ‘n vergadering om die visie met jou kerk personeel uit te lê.

D. Reël ‘n vergadering om die visie met jou ouderlinge en diakens uit te lê.

E. Reël ‘n vergadering met jou kerk leierskap.

F. Deel die visie met jou kerk familie.

G. Ontmoet met families om die visie te deel (voor die eerste Ouer Oriëntering).

Beplan vir Sukses: Jaar Een

67

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Vergadering met jou Pastoor en Algehele Kerk Leierskap

• Open jou geleentheid met gebed. Vra die Here om die visie te openbaar aan wie

ookal jy dit mee gaan deel.

• Wys die grafiek “Ontwikkel Dienaar-Leiers van Onder af Op” (bladsy 61).

Verduidelik die stappe en beginsels om kinders te omhels in jou kerk vandag en

hulle as leiers te ontwikkel.

• Deel die visie om kritieke geestelike dekking te voorsien aan families in jou kerk.

• Deel die stappe wat dit gaan neem vir die kerk personeel en kerk om deur die

bank saam te werk.

• Deel die storie videos van die webtuiste.

• Wys afskrifte van die hulpbronne. Herinner hulle dat die student oordenkings en

leierskap materiaal alles deel van die proses is en nie die einddoel self is nie. Jy

sal God se visie bewerkstellig deur behoorlike stappe van dissipelskap, toerus en

aanwend van kinders te volg vir bediening in jou kerk.

NOTA: Nie almal sal die visie sien nie. Dit is normaal.

Fase Twee: Reël Belangrike Datums

A. Leier Opleiding

B. Ouer Vergadering

C. Ouer Oriëntasie

D. Program begin- en einddatums vir die jaar

E. Wegbreek naweek (eerste naweek van Oktober; sien Aanhangsel D)

F. Eerste gemeenskapbediening geleentheid (middel van November; sien

Aanhangsel E)

G. Kersvakansie

H. Tweede gemeenskap bediening geleentheid (middel van Maart)

I. Einde van die jaar partytjie

J. Sendingsreis

68

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Fase Drie: Besluit watter Bediening Opleiding jy gaan Aanbied

Kies eerste bediening opleiding wat nie te ingewikkeld is nie. Dit sal jou in staat stel om

kinders vinniger op te lei om vooraf betrokke te raak.

A. Makliker opleiding elemente: aanbiddingspan, ens

B. Verhoog moeilikheids- en bemeesteringsvlakke: poppekas, drama, kreatiewe

kuns (Hierdie kan jaar twee bygevoeg word, tensy die Here jou vooraf van die

leierskap wat jy daarvoor benodig voorsien.)

C. Kyk watter hulpbronne beskikbaar is by jou kerk.

D. Kies opleiding wat deur ‘n DVD of “YouTube” voorsien word. Dit vereis nie ‘n

gekwalifiseerde leier om ‘n groep te lei nie.

E. Verwag uitmuntendheid voordat ‘n groep optree. Dit kan ‘n negatiewe getuienis

vir jou bediening wees indien kinders optree of bedien voor hulle deeglik

voorberei is.

Fase Vier: Bepaal waar Kinders gaan Dien in jou Kerk en Gemeenskap

A. Gebedspan: Bid vir wysheid en duidelike rigting waar om kinders in bediening te

plaas.

B. Praat met kerk personeel oor geleenthede wat hulle mag hê.

C. Verkry hul ondersteuning om kinders toe te laat om te dien.

D. Kyk vir plekke in jou areas van verantwoordelikheid waar kinders kan dien (bv

kinderkerk, verwelkoming, hulpbronne kamer, inboek, rekords, voorskool, ens).

E. Skryf posbeskrywings en opleiding vir kinders. Moenie aanvaar hulle weet wat

om te doen nie.

F. Onderrig leierskap, en wys hulle hoe om kinders op te lei en aan te wend in die

bediening.

G. Kyk vir moontlike plekke van diens in die gemeenskap gedurende die naweek en

vakansie.

69

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Fase Vyf: Inskryf van Leierskap

Bepaal Hoeveel Leiers jy Gaan Benodig

• Dissipelgroep Leiers: Behoort ‘n 1:3 ratio te hê (twee volwassenes in elke

klaskamer).

• Bediening Spanleiers: Benodig ‘n 1:10 ratio (twee volwassenes in elke

klaskamer).

Stappe om Leiers In te Skryf

A. Gebedspan bid vir die volgende:

• Tot God om leiers op te rig wat deur God geroep is om te dien in hierdie

bediening.

• Vir leiers wat uitverkoop is vir Christus.

• Vir opleiding sessies, dat leiers die beginsels van dissipelskap en

bemagtiging van kinders sal begryp.

• Vir God om families ‘n begeerte te gee om aktief betrokke te raak in die

dissipelskap en geestelike ontwikkeling van hul kind.

B. Reël leierskap opleiding datum:

C. Druk aansoeke (aflaaibaar) uit.

D. Druk posbeskrywings uit.

E. Druk kopie van “Leierskap Handboek” uit.

F. Stel geleenthede op om op te lei gedurende jou weeklikse vergadering tye.

G. Bespreek kinder veiligheid standaarde.

VOORBEELD: Weeklikse Skedule

• Bediening Opleiding (30-45 minute)—Ontmoet en lei Dissipelgroep Leiers op

• Aanbiddingstyd (10-15 minute)

• Dissipel Groep (30-45 minute)—Ontmoet en lei Bediening Spanleiers op

Eerste Opleiding Vergadering

• Deel die getuienis video.

• Hersien die “Ontwikkel Dienaar-Leiers van Onder af Op” grafiek.

• Gaan deur “Hoe om ‘n Effektiewe Dissipelgroep en Bediening Spanleier te

word.”

70

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

• Gee hulle ‘n kopie van die student oordenking vir hul ouderdomsgroep.

• Laat hulle een van die daaglikse oordenkings doen om ‘n idee te kry wat die

kinders in hul groep gaan leer.

• Gaan deur die kleingroep leierskap materiaal om vertroud te raak met hoe dit

werk.

• Bespreek fase een van die Esegiel Beginsel: “Ek Doen, Jy Kyk.” (Vir die

eerste maand of twee, spandeer tyd hieraan totdat jy weet waar jou groep is,

en druk dan weg van hierdie punt dat kinders betrokke raak.)

Nota: Lei op soos jy gaan! Dit is beter om klein porsies van die filosofie te deel en

leiers geleentheid gee om dit in plek te sit. Gaan dan oor na die volgende stap, en

sien hulle die taak bewerkstellig.

Eerste Aand

1. Versprei oordenkings.

2. Laat kinders hul eerste week van oordenkings in hul groep doen.

3. Oefen eenvoudige maniere om Skrif te memoriseer. Laat hulle hul vers op ‘n

3”x5” kaart skryf.

4. Vul hulle met opgewondenheid oor die jaar en die reis wat hulle saam met

God begin.

5. Waarsku hulle omtrent die geestelike oorlog.

6. Maak hulle bewus van die emosionele oorlog om te vermy om tyd met God te

spandeer. Beklemtoon die nodigheid om Hom prioriteit te maak elke dag.

71

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Een van die belangrikste faktore vir die sukses van die N.K./L.I.O. bedieninge is om

volwasse en/of tiener leiers te werf wat opreg toegewyd is aan die Here in hul

persoonlike geestelike lewe, wat ‘n duidelike roeping van die Here ontvang het om met

kinders te werk asook ‘n liefde vir daardie kinders, en wat verbind is tot die

verskeidenheid verantwoordelikhede van hul leierskap posisie.

Leierskap Pos Verantwoordelikhede

Die N.K./L.I.O. Direkteur is verantwoordelik vir die volgende:

• ten volle oorgegee aan die Heerskappy van Christus in hul lewens

• strewe daarna om die missie en doel van L.I.O. te vervul

• mobilisering van alle leiers

• toesig oor die Bediening Spanleier, Dissipelgroep Spanleier en die Sekretaresse

• bied geestelike aanmoediging aan al die leiers

• sal deelneem in die voortdurende leer en opleiding van leierskap

• rapporteer aan die verantwoordelike kerkleier of toesighouer

Die N.K./L.I.O. Sekretaresse is verantwoordelik vir die volgende:

• ten volle oorgegee aan die Heerskappy van Christus in hul lewens

• strewe daarna om die missie en doel van L.I.O. te vervul

• byhou van weeklikse rekords van N.K./L.I.O. bywoning en spesiale verslae

• opstel van die maandelikse N.K./L.I.O. skedule en dit vir die kinders deur te gee

• berei ‘n maandelikse kalender voor van alle N.K./L.I.O. aktiwiteite en stuur dit aan die ouers

• rapporteer aan die N.K./L.I.O. Direkteur

Die N.K./L.I.O. Direkteur van Bediening Spanleiers is verantwoordelik vir die

volgende:

• ten volle oorgegee aan die Heerskappy van Christus in hul lewens

• strewe daarna om die missie en doel van L.I.O. te vervul

• toesig te hou oor Bediening Leiers

• werk met Bediening Leiers om ‘n skedule vir hul N.K.s/L.I.O.s te ontwikkel

• bied aanmoediging, advies en rigting aan Bediening Leiers aan

• hou Bediening Leiers verantwoordbaar om daaglikse stiltetye te he

• ontmoet weekliks met Bediening Leiers vir beplanning en gebed

• rapporteer aan die N.K./L.I.O. Direkteur

N.K./L.I.O. Volwasse en/of Tiener Leierskap Posbeskrywings

72

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Die N.K./L.I.O. Bedieing Spanleiers is verantwoordelik vir die volgende:

• ten volle oorgegee aan die Heerskappy van Christus in hul lewens

• strewe daarna om die missie en doel van L.I.O. te vervul

• toesig te hou oor ‘n bedieningspan van N.K.s/L.I.O.s

• ontwikkel van lesplanne vir die opleiding van hul span in ‘n spesifieke tipe bediening (bv poppekas, aanbiddingspan, tegnies, drama, ens.)

• werk met die kinders in hul span om ‘n skedule te ontwikkel

• kontak met die N.K.s/L.I.O.s in hul span op ‘n gereelde basis

• rapporteer aan die Direkteur van Bediening Spanleiers

Die N.K./L.I.O. Direkteur van Dissipelgroep Leiers is verantwoordelik vir die

volgende:

• ten volle oorgegee aan die Heerskappy van Christus in hul lewens

• strewe daarna om die missie en doel van L.I.O. te vervul

• toesig te hou oor en opleiding van Dissipelgroep Leiers

• bied aanmoediging, advies en rigting aan Dissipelgroep Leiers aan

• hou Dissipelgroep Leiers verantwoordbaar om daaglikse stiltetye te he

• ontmoet weekliks met Dissipelgroep Leiers vir beplanning en gebed

• hanteer dissipline probleme, as dit voorkom, met individuele N.K.s/L.I.O.s en die wat nie hul daaglikse stiltetye hou nie

• rapporteer aan die N.K./L.I.O. Direkteur

Die N.K./L.I.O. Dissipelgroep Leiers is verantwoordelik vir die volgende:

• ten volle oorgegee aan die Heerskappy van Christus in hul lewens

• strewe daarna om die missie en doel van L.I.O. te vervul

• lei ‘n kleingroep van N.K.s/L.I.O.s met weeklikse Bybelstudie

• bespreking van daaglikse oordenkings wat gedurende die week deur die kinders voltooi is

• hou die N.K.s/L.I.O.s in hul groep verantwoordbaar vir die memorisering van hul weeklikse verse en om hul daaglikse oordenkings te doen

• bid met en vir die kinders in hul groep

• kontak die N.K.s/L.I.O.s in hul groep elke week en moedig hulle aan

• rapporteer aan die Direkteur van Dissipelgroep Leiers

73

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Aanhangsel A:

Geestelike Gawes

Dit is regdeur die Nuwe Testament duidelik God het baie verskillende geestelike gawes

aan gelowiges gegee. Hierdie gawes was met ‘n voorafbepaalde doel gegee. “Want ons

is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat

ons daarin kan wandel” (Efesiërs 2:10). Soos jy meer van die geestelike gawes leer, sal

jy een of meer in jou kind se lewe begin sien, indien hulle Jesus Christus as hulle Heer

en Redder aangeneem het.

Geestelike Gawes Toets

Moedig jou kind aan om die onderstaande vrae eerlik en tot die beste van hul vermoë te

beantwoord. Hierdie toets sal jou help om jou kind se geestelike gawes te ontdek. Die

toets is nie heeltemal akkuraat nie, maar sal jou tog ‘n idee gee wat die gawes is wat

die Heilige Gees aan hulle gegee het. Geestelike gawes kom op ‘n persoon se punt van

redding.

So, ja, jou kind het gawes indien hulle Jesus Christus as hulle Heer en Redder

aangeneem het! Laat jou kind hul antwoord hieronder omkring deur die volgende skaal

te gebruik:

1-Nooit, 2-Byna Nooit, 3-Soms, 4-Meeste van die tyd, 5-Altyd

1. Ek hou nie daarvan as dinge ongeorganiseerd is nie. 1 2 3 4 5

2. Dit is vir my maklik om geld vir die kerk te gee. 1 2 3 4 5

3. Ek is lief daarvoor om by die kerk te help. 1 2 3 4 5

4. Ek is bekommerd oor die verlorenes en dink die heeltyd aan hulle. 1 2 3 4 5

5. Ek voel dat ek die Bybel regtig baie goed ken en vind dat ek my vriende reghelp. 1 2 3 4 5

6. Dis vir my maklik om die Bybel aan my vriende te verduidelik sodat hulle dit verstaan. 1 2 3 4 5

7. Ek is lief daarvoor om my vriende aan te moedig. 1 2 3 4 5

8. Ek is beskermend oor my vriende. 1 2 3 4 5

9. Ek hou nie daarvan as ek sien dat iemand deur ander seergemaak word nie. 1 2 3 4 5

10. Ek glo wat die Bybel sê, en ek probeer my bes om te doen wat dit sê. 1 2 3 4 5

11. Ek is ‘n agter-die-skerms persoon. Ek sal eerder help as om op die voorgrond te wees. 1 2 3 4 5

12. Ek is lief daarvoor om dinge te organiseer. 1 2 3 4 5

13. Indien my vriende nie geld het nie, het ek geen probleem om vir hulle te betaal nie. 1 2 3 4 5

Aanhangsels

74

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

14. Dit is vir my normaal om by die kerk te wil help. 1 2 3 4 5

15. Ek is lief daarvoor om mense van Jesus te vertel. 1 2 3 4 5

16. Ek vind myself gereeld dat ek aan my vriende en ander verduidelik wat die Bybel sê. 1 2 3 4 5

17. Ek is lief daarvoor om mense te help om die Bybel beter te verstaan. 1 2 3 4 5

18. My vriende sal sê dat ek ‘n aansporing is. 1 2 3 4 5

19. Ek is lief daarvoor om my vriende te help om in hul geloof te groei. 1 2 3 4 5

20. Ek is bekommerd oor ander en voel genoodsaak om in hul behoeftes te voorsien. 1 2 3 4 5

21. Wanneer ek bid, glo ek werklik dat ek sal ontvang wat ek voor vra. 1 2 3 4 5

22. Ek is lief daarvoor om saam met ander te werk om bediening in die kerk te doen. 1 2 3 4 5 23. Organisering kom natuurlik vir my. 1 2 3 4 5 24. Ek hou daarvan om geld vir die kerk te gee. 1 2 3 4 5 25. Dit is vir my maklik om ‘n taak aan te vat en dit klaar te maak. 1 2 3 4 5 26. Daar gaan nie ‘n dag verby wat ek nie daaraan dink om ander van Jesus te vertel nie. 1 2 3 4 5 27. Ek geniet dit regtig om voor ‘n groep te praat. 1 2 3 4 5 28. Ek hou nie daarvan as ek iemand teneergedruk sien nie. Ek wil hulle opbeur. 1 2 3 4 5 29. Dit is vir my maklik om die Bybel aan ander te verduidelik. 1 2 3 4 5 30. Ek let op wanneer iemand nie in die kerk is nie. 1 2 3 4 5 31. Wanneer iemand deel dat hulle seer het, vind ek dat ek bekommerd oor hulle is. 1 2 3 4 5 32. As die Bybel dit sê glo ek dit. 1 2 3 4 5 33. Dit is normaal vir my om in die kerk te dien en uit te help waar dit nodig is. 1 2 3 4 5 34. Ek kan nie verdra om iemand ongeorganiseerd te sien, en sal intree om dit reg te stel. 1 2 3 4 5 35. Ek voel genoodsaak om geld vir uitreike/missies te gee. 1 2 3 4 5 36. Wanneer ek iemand in nood sien verkeer, wil ek help. 1 2 3 4 5 37. My vriende hoor my op gereelde basis vir hulle van Jesus vertel. 1 2 3 4 5 38. Ek dink daaraan om eendag ‘n pastoor te wees. 1 2 3 4 5 39. Ek is lief daarvoor om my vriende Bybelse waarhede te leer. 1 2 3 4 5 40. Dit is vir my normaal om mense aan te moedig in hul geloof. 1 2 3 4 5 41. Dit is vir my natuurlik om te lei. Ek is ‘n leier onder my vriende. 1 2 3 4 5 42. Dit is natuurlik vir my om ander in nood te help. 1 2 3 4 5 43. Wanneer ek die Bybel lees, glo en aanvaar ek wat dit sê. 1 2 3 4 5 44. Ek wil ander help om suksesvol te wees. 1 2 3 4 5 45. Dit kom natuurlik vir my om dinge te organiseer en in orde te plaas. 1 2 3 4 5 46. Ek dink nie twee keer daaroor om aan iemand in nood te gee nie. 1 2 3 4 5 47. Ek is lief daarvoor om by die kerk uit te help wanneer daar ‘n behoefte is. 1 2 3 4 5 48. Ek is vreesloos om my geloof met die verlorenes te deel. 1 2 3 4 5 49. Ek vind myself daaroor dink om ander te onderrig. 1 2 3 4 5 50. Ek wil my vriende en ander oor die Bybel onderrig. 1 2 3 4 5 51. Ek vind dit natuurlik om my vriende op te bou. 1 2 3 4 5 52. Wanneer my vriende seer het, wil ek by hulle wees om hulle aan te moedig en opbou. 1 2 3 4 5 53. Wanneer ek iemand in nood sien, wil ek hulle help. 1 2 3 4 5 54. Wanneer ek bid, weet ek dat God my sal antwoord. 1 2 3 4 5 55. Ek is gemaklik daarmee om ander mense te ondersteun in hul bediening aan God. 1 2 3 4 5

(Merk die toets op die volgende bladsy.)

75

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Merk jou Kind se Geestelike Gawe Toets

Gaan terug na die begin van die toets. Skryf jou kind se punte op hierdie bladsy in die

blokke by die gepaste nommers neer. Nadat jy al die punte in die korrekte blokke

neergeskryf het, tel die punte van elke lyn saam en skryf die totaal daarvan in die kolom

heel regs neer. Wanneer jy klaar is, sal jy sien wat jou kind se geestelike gawe(s) is

deur na die blokke met die hoogste totale te kyk. Daar kan een of meer wees.

TOTALE

GAWE VAN ORGANISERING/ADMINISTRASIE

1 12 23 34 45

GAWE VAN VRYGEWIGHEID

2 13 24 35 46

GAWE VAN DIENSBAARHEID

3 14 25 36 47

GAWE VAN EVANGELISASIE

4 15 26 37 48

GAWE VAN PROFESIE

5 16 27 38 49

GAWE VAN ONDERRIG

6 17 28 39 50

GAWE VAN AANMOEDIGING

7 18 29 40 51

GAWE VAN HERDER/LEIERSKAP

8 19 30 41 52

GAWE VAN GENADE

9 20 31 42 53

GAWE VAN GELOOF

10 21 32 43 54

GAWE VAN HULPVERLENING

11 22 33 44 55

76

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Definisies van Geestelike Gawes

• Organisasie/Administrasie: Titus moes die bediening in Korinte organiseer. In

1 Korintiërs 12:28 is daar ‘n lys van geestelike gawes wat administrasie insluit.

Die persoon met hierdie gawe help die kerk om homself te organiseer om

effektief aan sy eie lidmate en ander in die wêreld te bedien.

• Vrygewigheid: Die gawe van vrygewigheid is die begeerte om, bo en behalwe ‘n

tien persent tiende, te gee. Die persoon met hierdie gawe vind dit maklik om

vrylik te gee, en doen dit met blydskap.

• Diensbaarheid: Die gawe van diensbaarheid is die begeerte om ander te dien.

Die persoon met hierdie gawe vind dit maklik om ‘n dienaar in die kerk te wees,

en vind groot blydskap en vervulling daarin om te dien.

• Evangelisasie: Die gawe van evangelisasie is die vermoë om aan verlore

mense te verduidelik hoe om Christene te word, en hulle te oortuig van die

begeerte om gered te word.

• Profesie: Die gawe van profesie stel ‘n persoon in staat om God se Woord

dapper te verkondig, sodat dit oortuiging van sonde meebring. Profete praat met

mense oor, en konfronteer hulle rakende sonde.

• Onderrig: Die gawe van onderrig is die vermoë om die Bybelse waarhede te

onderrig sodat ander dit mag verstaan en opgerig word in hul geloof.

• Aanmoediging/Aansporing: Romeine 12:6-8 lys verskeie gawes van die Gees,

insluitend die gawe van aanmoediging, of aansporing. Dit is gegee om die

liggaam van Christus op te bou. Die persoon met die gawe van aanmoediging

stig maklik ander mense, help vertroue bou, en herinner Christene aan die hoop

wat hulle in Christus het.

• Herder/Leierskap: Die gawe van ‘n herder is om die kudde van God, wat die

kerk is, te lei, rigting te gee en te voed. Die herder, of pastoor, word deur die

Heilige Gees toegerus om ‘n leier te wees. Hy het die vermoë en begeerte om te

onderrig, beskerm en die kerk op te bou.

• Genade: Die wie die gawe van genade het, sien die behoeftes van ander raak en

vind dit maklik om hulle te help. Hulle is bewus van die mense om hulle se

behoeftes.

77

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

• Geloof: Die gawe van geloof is ‘n onwrikbare vertroue in God se beloftes. Die

persoon met die gawe van geloof glo dat God getrou aan Sy Woord sal wees.

• Hulpverlening: Christene met die gawe van hulpverlening hou daarvan om

ander te assisteer, of te help met iemand anders se bediening. Hulle werk

gewoonlik agter die skerms.

78

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Aanhangsel B:

‘n Reis van Gebed—Leier Gids

Doel: Om kinders met die hart van God te verbind deur gebed, en om in te tree vir die

verlorenes, vir ander en vir die nasies.

Leier: Vergader al die kinders in een kamer om instruksies te gee voor jy die

gebedsreis begin. Spandeer tyd in aanbidding. Hierdie is nie ‘n tyd vir prettige liedere

nie, maar meer aanbiddingsliedere wat die hart verbind. Dit kan twee of drie liedere

wees. Ons wil voorstel dat dit in die donker gedoen word, laat die leiers toe om flitsligte

te dra om hul kinders van klaskamer tot klaskamer te lei. Dit maak die tyd pret, maar

wat ons noem, “ernstige pret.” Verduidelik: Wat ons vanaand doen is baie ernstig. Soos

jy die gebedsreis neem, moet jy weet dat jy geestelike oorlogvoering doen. Paulus se

vir ons: “Alhoewel ons in vlees loop, doen ons nie oorlog in die vlees nie” (2 Korintiërs

10:3-4). Ons los die ligte af om ons oorlog te verteenwoordig. Soos jou leier jou met

hulle flitslig lei, verteenwoordig dit twee dinge: God se lig wat in die donker skyn sowel

as wat Jesus sê in Matteus 5:14-16: “Jy is die lig van die wêreld.” As jy Jesus ken, het jy

die krag van Christus in jou. Jy is Sy lig in die wêreld. Soos ons die reis neem, wil ek jou

vra om baie stil en baie eerbiedig te wees. Wanneer jy die verskillende stasies bereik,

neem tyd om die instruksies te lees en dan saam te bid. Nadat jy klaar is, beweeg baie

stil na die volgende stasie.

Nota: Die Reis van Gebed moet in stilte gedoen word totdat jy ‘n spesifieke klaskamer

van gebed binnegaan. Dan kan die kinders in jou groep die tyd neem om te bid en in te

tree namens ander.

VOORBEELD van Aand Skedule

18h00 ..................... Vergadering in kamer 110C vir Aanbidding en Uitdaging

18h25-18h30 .......... Die Reis Begin

19h40 ..................... Afsluit van Aanbidding in kamer 110C

20h00 ..................... Verdaag van kamer 110C

Die Troon Kamer

Stel op: Plaas ‘n klein tafel in die middel van die klaskamer. Plaas ‘n stoel bo-op in die

middel daarvan en drapeer dit dan met ‘n wit laken. Jy kan ook die raamwerk van die

gedrapeerde stoel met wit kersliggies opmaak. Dit is ‘n baie kragtige beeld van die troon

van God in ‘n donker kamer.

79

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Soos jy in die kamer inloop, sal jy ‘n stoel hoog in die lug geplaas sien. Die opgeligte

stoel verteenwoordig Christus in Sy verhewe posisie. Lees Jesaja 6:1-8. Die doel van

hierdie vertrek is dat kinders fokus op die verhewe plek van Christus as Koning. Hierdie

is ‘n tyd van aanbidding. Daar sal geen stoele vir die kinders wees nie. Hulle kan bid op

enige manier wat vir hulle gemaklik is (buig, neerwerp, op hul knieë, gesig na onder,

staande, ens). Die hoofsaak is om die heiligheid van God en Sy verhewe posisie te

verstaan. Jesus is nie langer in die krip of aan die kruis nie, en Hy wandel nie meer op

die aarde nie. Hy is in Sy verhewe posisie met volle outoriteit oor die heelal. Hierdie

behoort ‘n tyd van aanbidding te wees (Lof en Danksegging), belydenis van sonde

(Beleidenis en Berou), intrede (Vra) en oorgawe (Onderwerp en Oorgawe).

Die Kruis Kamer

Stel op: Met konstruksie papier, maak ‘n groot kruis en plak dit teen die verste muur

van die kamer. Versamel Post-It notas en merkpenne. Hierdie sal gebruik word om die

name van verlore vriende en familie op neer te skryf. Jy kan ook wit kersliggies rondom

die area van die kruis plaas om dit en die kamer te verlig.

Die kamer is waar die kinders kan bid vir die verlorenes. Wanneer jy in die kamer

inkom, sal jy ‘n kruis teen die muur sien, en daar sal Post-It notas op ‘n tafel wees. Laat

elke kind die name van hulle vriende, familie en enigiemand anders wat hulle ken wat

nie vir Christus ken nie, daarop neerskryf. Laat hulle die name teen die kruis plak, hulle

hand daarop plaas, en bid vir daardie mense. Moedig die kinders aan om te bid vir

redding sowel as die vermoë om vir hulle van Christus te vertel.

Die 10/40 Venster Kamer

Stel op: Laai die 10/40 gebedsbladsye van die webtuiste af en druk kopieë vir jou

klaskamer. Versprei die prente ongeveer vyf voet uit mekaar uit.

In hierdie kamer sal jy ‘n kaart vind wat die 10/40 Venster wys. Lees die volgende

beskrywing aan die kinders in jou groep:

Die grootste getal onbereikte mense in die wêreld leef in ‘n deel wat genoem

word die “10/40 Venster.” Die venster strek van Wes Afrika tot Oos Asië, van

tien grade noord van die ewenaar tot veertig grade breed noord van die

ewenaar. Die naam daarvoor is deur die missie strategis Luis Bush gegee.

Die venster sluit die meerderheid van die wêreld se Buddiste, Moslems en

Hindus in—biljoene mense wat in hierdie deel van die wêreld leef het nog

nooit die Goeie Nuus van Jesus Christus gehoor nie. Twee-derdes van die

wêreld se populasie woon in die 10/40 Venster—dit is ongeveer 3.2 biljoen

mense. Die vlak van armoede in hierdie lande is baie hoog—85% van die

mense wat in hierdie venster leef, is die armste van die armes in die wêreld.

80

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Die helfte van die wêreld se minste-bereikte stede is in die venster. Hulle

gaan verlore tensy ons, die mense van God, hulle bereik.23 Jy kan ‘n

geweldige geestelike impak maak deur daagliks vir hulle te bid dat God die

venster sal oopmaak vir Sy boodskap van liefde om gehoor te word.

Laat die kinders in jou groep die inligting oor die verskillende lande in die 10/40 Venster

lees. Laat hulle hul hande op die prente met die kaart lê en spesifiek bid soos God hulle

lei.

Die Mense van die Owerheid Kamer

Stel op: Druk prente van mense in posisies van die owerheid uit, soos die President,

ministers, polisie, brandweermanne, onderwysers, jou pastoor, jou kinderbediening se

pastoor, personeellede, ens. Plak dit teen die mure van die klaskamer.

Jy sal mense in posisies van die owerheid op die mure van die kamer vind. Laat die

kinders in jou groep in die kamer rondgaan, hulle hande op die prente lê, en bid vir

daardie individue. Laat hulle hul onderwysers se name op Post-It notas skryf en op die

muur onder “Onderwysers” plaas (verse—Hebreërs 13:7 of Romeine 13:1-3). Laat hulle

vir die volgende bid:

1. Vir God se seën op hulle lewens

2. Vir God se leierskap in hul lewens

3. Vir God se beskerming oor hulle lewens

Die Sendeling Gang (L.I.O.s alleen)

Stel op: Druk prente van die sendelinge wat jou kerk ondersteun uit, en plak hulle op

die mure van die gang.

Jy sal die name van al die sendelinge wat ons kerk ondersteun in die gang vind. Laat

die kinders hul hand op die naam van ‘n sendeling plaas en vir hulle bid. Lees die

onderstaande lys, en laat die kinders toe om vir elke item te bid. Nadat elke kind vir #1

gebid het, beweeg aan na die volgende item op die lys.

1. Vir die leiding van die Heilige Gees in hulle lewens

2. Vir dapperheid om die Evangelie te verkondig

3. Vir God se beskerming

4. Vir God se voorsiening

23 http://joshuaproject.net/resources/articles/10_40_window

81

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Dors Herlewing Kamer

God roep Sy mense om hulself te verneder voor die Here en te bid vir genesing van

hulle land. Ons bid vir ‘n hernieude passie vir God en ons kerk. Bid vir die volgende:

1. Vir persoonlike herlewing vir elke personeellid van die kerk

2. Vir persoonlike herlewing vir alle lidmate van die kerk

3. Vir ‘n hernieude passie vir ons kerk om ons gemeenskap te bereik

4. Vir herlewing van ons nasie

82

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Aanhangsel C:

‘n Kersfees Kerslig Drama

Mense: Verteller, Kersaansteker, Musiekleier

Toneelbenodighede: Groot tafel, tafeldoeke, etlike boeke, boks klein wit kerse met

drip beskermers en die volgende:

Kerse Houers

8x Geel - Engele .......................................................... Glas

6x Groen - Herders....................................................... Hout

3x Pers - Wyse Manne ................................................. Brons

2x Blou (1x langer 1x korter) - Josef en Maria

1x Plein Wit - Christus .................................................. Deurskynend

2-3 Voet hoë Aansteker

Vuurhoutjies

1 Teks

(Voor die diens begin, versprei klein wit kerse met karton drupbeskermers aan al die

lede van die gemeente.)

Die gemeente sing een vers van “O come, All Ye Faithful,” onbegeleid.

Verteller: En so het dit gebeur in daardie dae - ‘n afkondiging is gemaak deur Keiser

Augustus dat alle inwoners vanoor die wêreld hulself moes registreer. Dit was die

eerste sensusopname wat onderneem was terwyl Cyrenius die goewerneur van Sirie

was, en almal het na die dorp van hul geboorte gegaan om te registreer.

Josef (kersaansteker steek die Josef kers aan) het vanaf die dorp Nasaret in Galilia na

die stad van Dawid—Bethlehem—in Judea gegaan, omdat hy ‘n direkte afstammeling

van Dawid was, om geregistreer te word tesame met sy toekomstige vrou Maria (steek

die Maria kers aan), wat swanger was.

Gemeente sing een vers van “O Little Town of Bethlehem.”

83

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Verteller: En terwyl hulle in Bethlehem was, het die tyd gekom vir haar om geboorte te

skenk. Sy het geboorte geskenk aan haar eerste kind, ‘n seun (steek die Christus kers

aan). Daar was geen plek vir hulle by die herberg nie, so sy het Hom in ‘n krip neergelê.

Gemeente sing “Away in a Manger.” Kitaar begeleiding is opsioneel.

Verteller: Daar het ‘n paar herders in dieselfde deel van die land gewoon, en hulle het

regdeur die nag wag gehou oor die kuddes in die oop velde (steek die herders se kers

se kerse aan).

Soos die kerse aangesteek word, sing die gemeente “The First Noel the Angels

Did Say.”

Verteller: Skielik het ‘n engel van die Here voor hulle gestaan, die glans van die Here

het rondom hulle geskitter, en hulle was vreesbevange. Maar die engel (steek die

langste engel kers aan) se aan hulle: “Moenie vrees nie. Luister, ek bring vir julle goeie

tyding van groot blydskap, vir al die mense. Op hierdie dag, in die stad van Dawid is ‘n

Redder vir julle gebore. Hy is Christus die Here. Laat hierdie dit aan julle bewys - julle

sal ‘n baba vind wat in doeke toegedraai is en in ‘n krip lê.”

En skielik, saam met die engel het ‘n eindelose menigte van die leër van die Hemele

verskyn, (steek al die engel kerse aan soos die verteller aanhou lees) en God geprys en

gese: “Heerlikheid aan God die Allerhoogste in die hemel en op aarde, vrede onder

mense in wie Hy ‘n welbehae vind!”

Gemeente sing een of twee verse van “Hark! The Herald Angels Sing.”

Verteller: Die herders het aan mekaar gesê: “Laat ons nou reguit na Bethlehem gaan

om te sien hierdie ding wat die Here aan ons bekend gemaak het.”

Hulle het so vinnig as wat hulle kon gegaan en vir Josef en Maria en die baba wat in die

krip lê gevind. En toe hulle dit sien, het hulle aan almal vertel wat aan hulle gesê was

omtrent die kindjie.

Solis en gemeente (of koor) sing “Go, Tell it on the Mountain.”

Verteller: Toe Jesus gebore was in Bethlehem van Judea, in die dae van Koning

Herodus, het daar wyse manne van die ooste van Jerusalem gekom, en gesê: (steek

die wyse manne kerse aan) “Waar is Hy, gebore as die Koning van die Jode?”

84

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

En toe het die ster, wat hulle in die ooste gesien het, voor hulle uitgegaan totdat dit

uiteindelik reg bo die plek waar die kindjie lê geskyn het.

Die sig van die ster het hulle met onbeskryflike vreugde gevul. So hulle het in die huis

gegaan en die kindjie en Sy moeder Maria, gevind. Hulle het op hul knieë neergeval en

Hom aanbid. Hulle het toe hul skatte oopgemaak en geskenke van goud, wierook en

mirre aangebied.

Solis sing “What Child Is This?”

Verteller: Daarna, omdat hulle in ‘n droom gewaarsku was om nie na Koning Herodus

terug te keer nie, het die wyse manne na hulle land teruggegaan met ‘n ander roete.

(Blus die wyse manne kerse)

En die herders het teruggegaan werk toe met verheerliking en prys van God vir alles

wat hulle gesien en gehoor het. (Blus die herders se kerse)

En baie jare later het Maria en Josef, omdat hulle vlees en bloed was, aan die einde

van hul lewe op aarde gekom. (Blus Maria en Josef se kerse)

Maar die Lig wat in Bethlehem begin het was Lewe. En hierdie lewe was die lig van die

hele mensdom. Die lig skyn nog steeds in die donker, en die donker kan dit nooit blus

nie.

En dit het alles begin op ‘n stille, heilige nag…lank gelede…

Die gemeente begin sing “Silent Night, Holy Night” met kitaar begeleiding.

Soos die gemeente sing, kom die pastoor (of verteller) en steek ‘n klein kers aan uit die

vlam van die Christus kers. Die vlam word aangegee, kers-tot-kers, tot by die eerste ry

en af in die paadjie van die gemeente. Die gesing hou aan totdat alle kerse aangesteek

is.

Op hierdie punt, kan die gemeente nog ‘n kerslied sing, of ‘n solis kan dalk “Oh

Holy Night” sing.

Aan die einde van die lied, word die seen uitgespreek.

“Joy to the World” is ‘n toepaslike instrumentele afsluiting vir hierdie diens.

85

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Die verteller en kersaansteker moet die aanbieding ‘n paar keer voor die diens oefen.

Dit is krities dat die kersaansteker die tekens ken vir wanneer om watter kerse aan te

steek, aangesien dit onmoontlik vir daardie persoon sal wees om na die teks te verwys

daarvoor.

Die kersaansteker moet ook gemaklik voel daarmee om om die tafel rond te beweeg om

die verskillende groepe kerse aan te steek. Die kersaansteker moet agter die tafel en na

die kante toe werk wanneer moontlik. Aan die einde van die drama, moet die

kersaansteker na die een kant van die tafel staan, nie in die agterste middelste posisie

nie.

86

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Aanhangsel D:

Beplan jou Naweek Wegbreek

Die naweek wegbreek is ‘n goeie tyd om die nuwe kwartaal mee af te skop, en dit laat

jou as die Kinderbediening Leier tyd toe om jou hart met jou kinders te deel en pret

saam met hulle te hê. Maak dit ‘n eenvoudige en prettige, maar gefokusde tyd vir

opleiding.

VOORBEELD: Skedule

VRYDAG

6:00 n.m. ................................................................ Aankomstyd

7:00 n.m. ................................................................ Aandete

8:00 n.m. ................................................................ Pret en Speletjies

9:00 n.m. ............................................................... Aanbiddingstyd

11:00 n.m. .............................................................. Ligte Uit

SATERDAG

7:00 v.m. ................................................................ Opstaan

8:00 v.m. ................................................................ Ontbyt

9:00 v.m. ................................................................ Aanbidding/Bybelstudie

10:00 v.m. .............................................................. Spanbou Speletjies

11:00 v.m. .............................................................. Bediening Opleiding Tyd

12:00 n.m. .............................................................. Middagete

1:00 n.m. ................................................................ Bediening Opleiding Tyd

3:00 n.m. ................................................................ Aanbidding/Finale Uitdaging

4:00 n.m. ................................................................ Keer terug huistoe

87

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Voorstelle vir Aanbiddingstyd

Die primere fokus van L.I.O. is die Heerskappy van Christus in die dissipel se lewe.

Aanbiddingsliedere behoort te beweeg van prettig na ernstige aanbidding. Indien jy nie

‘n orkes of persoon het wat die aanbidding kan lei nie, werk CDs ook baie goed.

Gedurende die Vrydagaand diens, stel ons voor dat jy ‘n oproep tot verandering maak,

wat jou groep sal aanmoedig om hulle lewens ten volle aan Christus te gee in totale

oorgawe.

Bediening Opleiding

Gedurende die wegbreek, beveel ons aan dat jy ekstra tyd toelaat vir jou bediening

opleidingspanne om te oefen en voor te berei vir die eerste geleentheid op jou program.

Dit sal vir hulle ‘n voorsprong gee aan die begin van elke nuwe jaar. Maak seker om

leiers aan te moedig om voorbereid te wees vir 2-3 ure se opleiding.

Verhouding Bou

Spanspeletjies bou verhoudings vir pre-tieners, omdat hulle baie sosiaal is.

Probleemoplossing speletjies laat die natuurlike leiers in die groep na vore kom en

ontwikkel vertroue en vriendskappe. Wees versigtig daarvoor dat kinders uitgelaat word

of op die kant sit. Moedig jou groep aan om almal lief te hê en te ondersteun.

Plek Opsies

1. Reis na ‘n wegbreek sentrum of kamp. Die koste is meer, maar om jou groep van

die kerk af weg te kry, het sy voordele. Indien jy ‘n program persoon is, beplan

om laat van jou kerk af te vertrek. Dit is onvermydelik, families gaan laat opdaag,

en jy gaan laat wees om jou aand te begin.

2. Om by die kerk te bly is minder gekompliseerd en baie makliker om by jou

program te hou as ‘n wegbreek sentrum of kamp. Julle kan aandete hê soos

hulle arriveer en dan van daar voortgaan met jou agenda. Indien ouers en

kinders laat opdaag, mis hulle uit, maar dit affekteer nie die hele groep nie.

88

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Aanhangsel E:

Beplan ‘n Vakansie en Lente Uitreik Geleentheid

Wanneer jy kinders van jou kerk dissipel en toerus, is dit belangrik (sleutel) om hulle

van die kampus af te neem om verlore kinders in die gemeenskap te ontmoet. Onthou

dat in die vakansie en lente N.K. en L.I.O. bronne, etlike hoofstukke behandel oor die

Evangeliese boodskap. Hierdie is ‘n ideale tyd om hulle uit jou kerk te neem om ‘n

evangeliese geleentheid te reël met ‘n Evangeliese boodskap waar hulle aan verlore

kinders berading kan gee.

89

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Aanhangsel F:

‘n Normale N.K./L.I.O. Aand

Bygedra deur Miriam Johnston

Stel op:

• Sit wasgoed mandjies, gemerk vir elke Dissipelgroep uit. Kinders plaas hulle

Bybels en notaboeke in die toepaslike mandjie soos hulle inkom.

• Elke notaboek is gemerk met ‘n gekleurde plakker en nommer. Byvoorbeeld,

blou plakkers met ‘n “1” op is vir graad 1 seuns. Op hulle mandjie, is daar ‘n blou

papier met ‘n groot “1” daarop. Vir grade wat meer as een groep per geslag het,

gebruik verskillende kleure. Byvoorbeeld, ‘n pienk “5” groep en ‘n geel “5” groep

vir twee verskillende graad 5 dogter groepe. Die plakker op elke kind se

notaboek stem ooreen met die teken op hul mandjie om hulle te help onthou

waar om hulle goed te plaas.

• Dissipelgroep leiers kan die notaboeke in hulle mandjies kontroleer terwyl die

kinders by hulle bedieningspanne is.

• Stel die mandjies vir graad 1 tot 4 (N.K.) in ‘n heeltemal verskillende area op,

weg van die graad 5 en 6 leerders (L.I.O.).

• Indien jy register neem, sit die register blaaie en penne op ‘n tafel naby die

mandjies uit. Maak seker om kinders te vra om elke week in te teken. Jy sal

moontlik iemand daar naby nodig hê om hulle te herinner om dit elke week te

doen.

• Maak seker alle bedieningspanne se voorrade is in die toepaslike klasse. Jy wil

nie hê dat leiers bedieningstyd spandeer om na voorrade te soek nie. Aan die

begin van die jaar, laat leiers weet wat jou proses en tydtafels is om vir jou te sê

wat hulle nodig het. Jy kan hulle vra om jou teen Maandagmiddae te laat weet as

hulle iets benodig vir Woensdagaande. Dit gee jou tyd om alles gereed te kry

teen Woensdag. Stel die verwagting aan hulle.

• Hou ten minste een ekstra notaboek vir elke graad vir ingeval jy nuwe kinders of

besoekers het. Dit sal verhoed dat jy ‘n nuwe boek moet uitdruk in die middel van

die aand se aktiwiteit. Indien moontlik, hou drie notaboeke per ouderdomsgroep

op ‘n spesifieke plek en maak seker die Dissipelgroep leiers weet waar om dit te

vind. Sodoende kan hulle ‘n notaboek self bekom wanneer hulle dit nodig het, en

hoef hulle nie na jou te soek om dit vir hulle te kry nie.

• Leier notaboeke: Plaas ‘n potloodsakkie in elke leier se notaboek met ‘n pen,

potlood, plakkers vir aansporing bladsye (as jy dit gebruik), en “bucks” (as jy dit

gebruik). Jy kan dalk ook ‘n Post-It blokkie in elke sakkie sit vir ingeval hulle

90

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

nodig het om vir jou ‘n nota te los, of om vir ‘n kind ‘n nota ter herinnering te

skryf, ens.

• Kry ‘n vorm vir ouers om te voltooi waarin hul toestemming gee aan die

Dissipelgroep leier om hul kind elke week te kontak. Vra watter telefoonnommer

die beste opsie vir hulle is om te gebruik. Versamel hierdie inligting op lyste by

die Dissipelgroep om aan die groepleiers te gee.

Skedule

• Bedieningspanne – 30-45 minute

• Aanbiddingstyd – 15-20 minute

• Dissipelgroep Tyd – 30-45 minute

Nuttige Wenke

• Indien moontlik, probeer om nie dieselfde mense te gebruik vir Bediening

Spanleiers en Dissipelgroep leiers nie. Laat volwassenes toe om op een area te

fokus en dit goed te doen.

• Bedieningspanne:

1. Sommige kinder pastore hou daarvan om te besluit wat elke bedieningspan

elke kwartaal gaan doen. Ander hou daarvan om die bediening spanleiers toe

te laat om hierdie besluit te neem. Jy moet die besluit neem gebaseer op die

vertroue wat jy in jou leiers het. Laat jou leiers soveel moontlik eienaarskap

neem van hul bedieningspan. Maar, gee hulle die opleiding, ondersteuning en

visie wat hulle nodig het om suksesvol te wees.

2. Dink buite die boks! Moenie net kyk na wat bedieningspanne van ander kerke

gedoen het of doen nie. Kyk watter talent jy in jou kerk het en hoe daardie

talent aanklank vind by kinders.

3. Bedieningspanne is PRET! Maar, dit is nie hulle hoofdoel nie. Hulle bestaan

om die oë van kinders oop te maak vir nuwe maniere om die Evangelie te

deel en/of ‘n manier hoe hulle in die kerk kan dien, te leer.

• Aanbiddingstyd behoort ‘n opgewekte, energieke tyd vir die kinders te wees! Laat

hulle van hul energie ontslae raak terwyl hulle die Here prys!

• Dissipelgroep Tyd:

1. Maak seker dat die DG leiers weet hoe belangrik hierdie tyd is. Die onderrig is

belangrik, maar die verhoudinge wat die leiers met elke kind het is uiters

belangrik.

2. Benadruk aan die leiers die belangrikheid van die weeklikse opvolg oproep

met elke kind. Dit gee nie net die kind ‘n sin van aanspreeklikheid nie, maar

bevorder ook die verhouding.

91

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

3. Laat die leiers weet dat daar meer materiaal beskikbaar is as wat hulle in

staat sal wees om te dek in die toegelate tyd. Prioritiseer die les se aktiwiteite!

4. Bespreking is ‘n sleutel deel van die kleingroep tyd. Beheer die praat, maar

moenie goeie bespreking en prosessering van die les beperk nie.

5. Moedig leiers aan om die voorbeeld te wees vir dit wat hulle aan die kinders

onderrig.

6. Maak dit ‘n punt om vertroue om te sit in aksie gedurende jou DG tyd.

92

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Aanhangsel G:

Begin Beplanning Bladsy

Taak Persoon

Verantwoordelik

Teikendatum

Gebedspan

Visie

Uitlê van die Visie

o Pastoor

o Personeel

o Ouderlinge

o Diakens

o Leierskap

o Kerk familie

o Families

Aksie stappe

o Gebedspan

o Epos Getuienis Videos

o Druk Brosjure vanaf die webtuiste uit wat “Seven

Steps to Empower Children/Students” verduidelik

o Deel wat jy geleer het van die Opleiding

Konferensie

Bepaal watter Bediening Opleiding jy gaan aanbied

o Aanbidding Span

o Poppekas

o Drama

o Tegnies

o Kreatiewe Kuns

o Gloei Muur

o Ens _____________________

Skryf Leierskap in

o 1:3 (5) Dissipelgroep leiers

o 1:10 Bediening Spanleiers

Bepaal ‘n dag van die week om aan die Bediening te

spandeer

o Sondag

o Woensdag

o Ander _______________________

93

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Leierskap Opleidingsdatums

o Fase Een Opleiding

o Fase Twee Opleiding: Voortdurend

o Hoe gaan jy op ‘n weeklikse basis oplei?

Reël Belangrike Datums

o Leier Opleiding

o Ouer Vergadering

o Ouer Oriëntering

o Program se Begin en Eind datums vir die Jaar

o Naweek Wegbreek (Eerste Naweek in Oktober)

o Eerste Gemeenskap Bediening Geleentheid

(Middel van November)

o Kersvakansie

o Tweede Gemeenskapbediening Geleentheid

(Middel van (Maart)

o Einde van die Jaar Partytjie

o Sendingsreis

Leierskap Opleiding Hulpbronne

o Maak afskrifte van Leierskap Handboek

o Maak afskrifte van Dissipelgroep materiaal

o Maak afskrifte van Student Oordenkings

o Maak afskrifte van Leierskap Aansoeke

Eerste Ouer Vergadering

o Wanneer (Middagete Vergadering,

Woensdagaand, Sondagaand, ens)

o Druk afskrifte van Student Oordenking

o Klas voorbereiding/opstelling om videos van

webtuiste te speel (Onthou, stories van ander

kerke sal hulle help om die groter prentjie te sien.)

Ouer Orientering Vergadering

o Druk Student aansoeke uit

o Druk Ouer Handleiding uit

o Druk Bladsy van elke ouderdomsgroep se

Oordenking insluitend die “Ouer Praat(jie)

Gedeelte”

o Laai die Ouer Orientering ‘PowerPoint’ aanbieding

o Skryf Tegniese persoon in (Mikrofoon,

PowerPoint, Projektor, etc)

o Potlode/Penne

94

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

o Druk program van belangrike datums uit

✓ Watter dae julle gaan vergader

✓ Bediening geleenthede datums

✓ Vakansies

✓ Wegbreke

✓ Gemeenskapbediening datums

✓ Sendingsreis

✓ Ens

Eerste Aand

o Koop houers vir Boeke

o Koop insentiewe plakkers (Onderrig Voorrade

Stoor, CNA, PNA, ens)

o Koop rekord binders vir Dissipelgroep leiers

✓ Druk rekord blaaie uit

✓ Koop skool potloodsakkie vir penne,

insentiewe plakkers, ens (plaas in die

potloodsakkie)

✓ Merk houers (kleur, nommer)

✓ Merk student oordenking binders (kleur,

nommer)

o Laai af en druk die Studente Oordenkings uit.

o Bepaal hoeveel klaskamers jy gaan nodig hê

o Maak Kamer Projekte/Take vir

bedieningspanne/kleingroepe.

o Reël bedieningspan voorrade vooruit

✓ CD speler

✓ Klanksisteem

✓ Video projektor

✓ TV/DVD speler

✓ DVDs (Maak afskrifte vir leierskap en

studente)

o Beplan Program

✓ Sing aanbiddingsliedere

✓ Uitroep

✓ Inspirerende Boodskap

✓ Breek op in kleingroepe

Deel oordenkings uit

Laat studente ‘n paar dae doen

Werk aan eerste week se geheueteks

BID saam

Verduidelik gebedsjoernaal

95

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Tweede Aande

o Plaas mandjies uit (Leierskap Binders binne-in)

o Plaas Bediening Opleiding Toerusting uit

o Begin normale skedule

✓ Aanbiddingstyd (10 min)

✓ Bediening Opleiding (45 min)

✓ Dissipelgroep Tyd (45 min)

✓ Sluitingstyd (10 min)

96

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Aanhangsel H:

Drie Jaar Plan

om die N.K. en L.I.O. Bediening in jou Kerk te Implementeer

Jaar Een Jaar Twee Jaar Drie 1. God & Kerk 1. God & Kerk 1. God & Kerk

Gebed Gebed Gebed

Visie Visie Visie

Gebedspan Gebedspan Gebedspan

Lê Visie uit Lê Visie uit Lê Visie uit

2. Ouers 2. Ouers 2. Ouers

Ouervergadering Ouer Oriëntasie Ouer Oriëntasie

Ouer Oriëntasie

3. Dissipelskap 3. Dissipelskap 3. Dissipelskap

Leiers Opleiding Leiers Opleiding Leiers Opleiding

Stel opleiding tydlyn Stel opleiding tydlyn Stel opleiding tydlyn

Belê in Leiers se Lewens Belê in Leiers se Lewens Belê in Leiers se Lewens

4. Bediening Opleiding/

Betrokkenheid

4. Bediening Opleiding/

Betrokkenheid

4. Bediening Opleiding/

Betrokkenheid

Kies Maklike Bediening Opleiding Volgende Vlak Bediening Opleiding Volgende Vlak Bediening Opleiding

Vind Bediening Geleenthede in

Kerk

Vind Bediening Geleenthede in

Kerk

Vind Bediening Geleenthede in

Kerk

Vind Bediening Geleenthede in

Gemeenskap

Vind Bediening Geleenthede in

Gemeenskap

Vind Bediening Geleenthede in

Gemeenskap

5. Sendingsreis 5. Sendingsreis 5. Sendingsreis

Beplanning Beplanning Beplanning

Opleiding Opleiding Opleiding

Voorbereiding Voorbereiding Voorbereiding

6. Dissipel Ander 6. Dissipel Ander

Onderskeiding van Leierskap Span Onderskeiding van Leierskap Span

Leiers Opleiding Leiers Opleiding

7. Ontdek hulle Doel

Betrek Studente in Normale Diens

aan Jonger Kinders

Laat Studente toe om Kinders te

Dien Gee Groter Verantwoordelikhede

97

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Aanhangsel I:

VOORBEELD: Leierskap Opleidingskedule Basiese Opleiding van Leierskap (Moet weet om te Begin)

L.I.O. Bedieninge Missie en Visie

Die Hoof Beginsel

Roep alle leiers op om hul lewens ten volle oor te gee aan Christus. (Lukas 9:23; Romeine 12:1) Die Dissipelskap en Toerusting Wiel Proses

1. God en Kerk

• Herken die Besondersheid van Kinders in die Kerk Vandag

• N.K./L.I.O. Volwassene en/of Tiener Leierskap Posbeskrywings

2. Familie

3. Dissipelskap en Toerusting Wiel

• Lei Kinders na Geestelike Diepte met God (Fase Een)

➢ ABC Beradingskaart

Leer alle leiers met die eerste opleiding sessie hoe om berading aan ‘n verlore kind te gee.

4. Bediening Opleiding/Betrokkenheid

(Bestel Nuwe ABC Beradingskaarte)

Fase Twee: Hersien Weekliks met Leierskap • Leer Geestelike Dissiplines

• Die Kruis

➢ Jesus is Here (Heerskappy)

➢ Lees die Bybel (God se Woord)

➢ Praat met God (Gebed en Persoonlike Aanbidding)

o Lei Soldate op vir die Koning

o Gebed en Aanbidding: Goddelike Ontmoetings

o Gebed Soldaat Joernaal

Hersien ‘n bladsy van die Gebed Joernaal weekliks en beklemtoon die belangrikheid. ➢ Vertel ander

o Die Heilige Gees bemagtig Kinders om te Deel

o Leer Kinders hoe om die Evangelie te Deel

o Berei Kinders voor om die Evangelie te Deel/Berading te gee

o ABC Beradingskaart

➢ Gawes en Bediening

o Help Kinders om hul Geestelike Gawes te vind en te gebruik

➢ Lewe van Gehoorsaamheid

5. Sendings: Handelinge 1:8

6. Dissipel Ander

7. Ontdek hulle Doel

• Gee God-grootte Uitdagings

98

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Baba Stappe: Esegiel Beginsel Opleiding Hersiening

September-

Oktober

November-

Desember

Januarie-

Februarie

Maart-April Mei-Somer

Ek Doen,

Jy Kyk

Ek Doen,

Jy Help

Jy Doen,

Ek Help

Jy Doen,

Ek Kyk

Jy Doen

99

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Aanhangsel J:

Bediening Opleiding Handboek

Bygedra deur Keri Meek

Bedieningspanne is ‘n essensiële aspek van die N.K./L.I.O. program. Die doel van

bedieningspanne is om kinders te lei in die ontwikkeling van hul gawes en talente tot

eer van God en die Evangelie te deel. Deur hul bedieningspanne sien kinders nie net

hoe hul gawes gebruik kan word om die kerk op te bou nie, maar die tyd wat in

bedieningspanne spandeer word bied ook verdere geleentheid vir dissipelskap. Ware

effektiewe bediening spruit voort uit ons verhouding met God. Bediening spanleiers het

die geleentheid om kinders te dissipel in wat dit beteken om deur die krag van God

spanne te inspireer om deur hul gawes die harte van ander aan te raak. In stede

daarvan om op menslike krag staat te maak, herken bedieningspanne dat dit die Heilige

Gees is wat deur ons werk om ons gawes te gebruik om ander na God te lei. Bediening

spanleiers dissipel ook hul kinders deur die kinders toe te laat om te skep. Wanneer

hulle by ‘n struikelblok kom, word leiers aangemoedig om kinders te lei om die Here vir

wysheid te nader deur gebed. Bedieningspanne bied ‘n groot weg vir dissipelskap in

gebed en om te luister na God se leiding soos ons God se werk doen.

In die skep van ‘n atmosfeer vir jou spesifieke bedieningspan, is dit belangrik om tyd te

neem om aan die voorpunt duidelike instruksies aan jou span te gee alvorens daar met

die skeppingsproses begin word. Die eerste twee weke van bedieningspan opleiding

van elke semester moet op die volgende gefokus word:

1.) Leer elkeen van die spanlede ken 2.) Deel die doel van die bedieningspan 3.) Bid tot God om die span te gebruik tot Sy eer 4.) Instruksie aan spanlede oor die “hoe om” van die bedieningspan 5.) Stel hulle bekend aan die skeppingsproses van die bedieningspan

Regdeur die semester, bid elke week saam met jou bedieningspan vir die wat die Nag

van Aanbidding gaan bywoon, die kerk, die gemeenskap en die wat op ‘n sendingsreis

gaan. Spoor hulle ook aan om gedurende die week met hul stiltetyd te bid en die Here

te vra vir idees om Sy boodskap duidelik te maak.

Hieronder is ‘n paar voorbeelde van verskillende bedieningspanne wat jy kan oorweeg

om te inkorporeer gebaseer op die gawes en talente van jou vrywilligers:

Poppe

Hierdie is ‘n opvoeringsgroep. Met die gebruik van poppe, kan hierdie span ‘n

musiekroetine van ‘n gekose lied opvoer, of die poppe kan gebruik word as hulpmiddel

om die boodskap van die Evangelie aan te bied.

100

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Swart Ligte Stokkies (Dowels)

Hierdie is ‘n opvoeringsgroep. Deur die gebruik van stokkies/stawe (dowels) wat verlig

raak in swart lig, kan hierdie groep ‘n roetine skep volgens ‘n gekose lied.

Sonbalke

Hierdie is ‘n opvoeringsgroep wat sonbalke gebruik om ‘n roetine te skep volgens ‘n

gekose lied.

Grappige Kunsprojekte

Hierdie is ‘n nie-opvoerings kunsgroep wat kunsprojekte skep wat in die kerk uitgestal

kan word sowel as projekte wat kinders huistoe kan neem of met ander kan deel.

Spat

Hierdie is ‘n opvoeringsgebaseerde kunsgroep. Saam skep die groep een groot

kunswerk met ‘n gepaardgaande lied.

Perkussie

Hierdie is ‘n opvoeringsgroep wat basiese perkussie aanleer om met ‘n gekose lied of

aanbiddingspan saam te kan speel. ‘n Reeks van perkussie instrumente en basiese

perkussie kan aangeleer en in die groep gebruik word.

Stamp/Trap

Hierdie is ‘n opvoeringsgroep wat basiese perkussie leer om ‘n “musiek” roetine te skep

deur die gebruik van alledaagse items (bv emmers, besems, ens.) Hierdie span het die

potensiaal om met ander bedieningspanne saam te werk vir ‘n gesamentlike roetine (bv

drama wat agtergrond klank/effek benodig).

Lego

Hierdie groep gebruik Legos om stop aksie animasie/videos te skep om Bybelstories te

vertel of stories wat Bybelse waarhede leer. Hierdie videos kan gedurende Nag van

Aanbidding gewys word en/of gebruik word tot voordeel van kinderbediening gedurende

aanbidding of Sondagskool.

Dienaar Ninjas

Hierdie is ‘n nie-opvoeringsgroep wat deelneem in diensprojekte. Hierdie projekte kan

tot voordeel van die kerk of die breër gemeenskap wees. Voorbeelde van projekte wat

hierdie groep kan aanpak is die volgende: pak van rugsakke om te skenk aan die begin

van die skooljaar, kaartjies te maak vir weduwees in die kerk en pakkies te maak vir

haweloses.

101

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

Drama

Hierdie is ‘n opvoeringsgroep wat enige vorm van drama kan gebruik om die Skrif, die

Evangeliese boodskap, Bybelstories of Bybelse waarhede aan te bied. Voorbeelde sluit

in dramatiese Skrifvoorlesing, opvoerings, lewende beeld of dramatiese storievertelling.

Kitaar

Hierdie is ‘n opvoeringsgroep wat die basies van kitaar leer om saam te speel met ‘n

gekose lied of ‘n aanbiddingspan.

Skaduwee Kuns

Hierdie is ‘n opvoeringsgroep wat ‘n storievertel roetine skep wat gepaardgaan met ‘n

lied. Die storie word vertel deur die gebruik van silhoëtte en skaduwees.

Gloei Muur

Hierdie is ‘n opvoeringsgroep wat ‘n roetine skep wat gepaardgaan met ‘n lied. Die

groep gebruik ‘n “gloei muur”, wat ‘n “gloei-in-die-donker” weergawe van ‘n gewone

skaduwee muur is. “Hoe om” instruksies en videos is maklik bekombaar aanlyn.

Fotografie

Hierdie is ‘n nie-opvoeringsgroep wat basiese fotografie vaardighede leer om die

kinderbediening te dien asook die breër kerkgemeenskap deur geleenthede te

dokumenteer deur fotografie. Geleenthede vir die fotografie span sluit in die neem en

redigeer van fotos van doop geleenthede, spesiale geleenthede of gedurende

Woensdagaande vergaderings om ander bedieningspanne se vordering te

dokumenteer.

“Ballooning”

Hierdie is ‘n nie-opvoeringsgroep wat ballonne op ‘n kreatiewe wyse gebruik om die

Evangeliese boodskap te deel. Die groep leer verskillende ballon-maak-tegnieke en leer

hoe om dit te gebruik as objekte of visuele lesse in die deel van die Evangelie met

ander.

Houtwerk/Meester Ambag

Hierdie is ‘n nie-opvoeringsgroep wat saamwerk om houtwerk projekte te loods tot

voordeel van die kerk of ‘n ander kerk/gemeenskap met wie die kerk in vennootskap is.

Kook

Hierdie is ‘n nie-opvoeringsgroep wat kook en bak om ‘n verskeidenheid van potensiële

groepe in die kerk te bedien. Sommige idees sluit in: maaltye vir mense in nood,

gebakte goedere vir ‘n groep wat ‘n wegbreek het, gebakte goedere om leiers te

bedank, ens.

102

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Aanbiddingsdans

Hierdie is ‘n opvoeringsgroep wat ‘n dansroetine skep wat gepaardgaan met ‘n lof en

aanbiddingslied.

Evangelie in Aksie

Hierdie is ‘n opvoeringsgroep wat die Evangelie kreatief aanbied deur die gebruik van

hulpmiddels en ander visuele middele.

Gebed Krygsmanne

Hierdie is ‘n nie-opvoeringsgroep wat daarop fokus om vir verskillende mense of groepe

mense te bid. Hierdie groep kan deur verskillende interaktiewe gebedstasies regdeur

die semester bid om in tree vir hul leiers, die kerk en uitreike.

Klank Visueel

Hierdie is ‘n nie-opvoeringsgroep wat leer hoe om basiese klank visuele toerusting te

gebruik. Lede van hierdie span kan dit wat hulle leer gebruik om te dien op

Woensdagaand, Sondagoggend of by enige ander spesiale geleenthede.

Lof en Aanbidding

Hierdie is ‘n opvoeringsgroep wat leer hoe om saam te werk as ‘n span om lof en

aanbidding te lei saam met hul leiers, deur te leer hoe om aksie tot liedere te skep, om

nuwe liedere te leer en wat dit beteken om ander in te lei in ‘n tyd van lof en aanbidding.

Hierdie groep kan aanbidding lei op Woensdagaand of Sondagoggend.

Gesigverf

Hierdie is ‘n nie-opvoeringsgroep wat verskillende tegnieke vir gesigverf leer en gebruik

gedurende uitreik geleenthede soos feesvieringe. Hierdie groep kan ook leer hoe om

gesigverf of lyfverf (bv Henna) te gebruik om die Evangeliese storie te vertel.

Welkom Span

Hierdie is ‘n nie-opvoeringsgroep wat saamwerk om poskaarte/briewe te skryf en

besoek te bring aan kinders wat afwesig was van kerk op Woensdag of Sondagaande.

Verdere geleenthede vir kinders om te dien in die kerk sluit die volgende in:

• Uitsit van kratte met oordenkingsboeke

• Uitdeel van plakkers

• Opstel vir geleenthede

• Skoonmaak

• Uithandiging van bulletins op Sondag

• Verwelkoming op Woensdae en Sondae

• Deel wees van ‘n verwelkomingspan by inteken/registrasie

• Hulpbronkamer koördineerders

103

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

• Junior helpers in voorskoolse klasse

• Aanbiddingspanleiers

• Maak van oproepe na nuwe kinders of kinders wat vir ‘n wyle nie bygewoon het nie

• Skryf van poskaarte aan nie-aktiewe en aktiewe lede

• Help onderwysers met Sondagskool klasse

• Om ’n missie spanleier te wees

104

Kopiereg © L.I.T. Ministries 2016

“Skyn – Sien – Verheerlik” Matteus 5:16

L.I.T. MINISTRIES OPLEIDING

Aanhangsel K:

VOORBEELD: L.I.O. Oordenkings

(bladsy 36-40)